Nuuskommentaar: Vloermoer in Kaapse voorstad

EFF-lede ruk Vrydag op na die Hoërskool Brackenfell. (Foto: EFF/Twitter)

Klein kinders is nie inherent goed nie, maar is onskuldig. Kinders kan lelik wees, mekaar slaan, skree, byt en ʼn vloermoer gooi om te kry wat hulle wil hê. Dit is egter nie uit boosheid nie – hulle moet net nog leer wat reg, goed en aanvaarbaar is. ʼn Mens moet hulle leer hoe om goeie burgers te wees deur sekere gedrag goed te keur en sekere gedrag af te keur.

Die wêreld sou ook chaos wees as kleuters nie so groot soos kleuters was nie. Indien kinders soos driejariges opgetree het, maar die liggaamsmassa van 30-jariges gehad het, sou die wêreld permanent gebrand het.

In ons eie land sit ons ook nou met ʼn party wat in die lywe van 30-jariges soos driejariges optree. Die EFF is in wese militante kleuters. Hulle skree, huil, bejammer hulself, knou mense af, breek goed en gooi dikwels ʼn vloermoer om te kry wat hulle wil hê.

Dit is presies wat hulle met Clicks gedoen het en wat hulle tans by Brackenfell doen. Debbie Schäfer, LUR van onderwys in die Wes-Kaap, het presies hierdie punt uitgewys. Sy het genoem hoe die EFF nie belangstel om hul kwessies op te los nie – hulle wil net intimideer en ontwrig. Die EFF het vandeesweek ʼn vergadering met die departement van die hand gewys om hul besware te bespreek.

Hulle wil nie met die departement onderhandel nie; minstens nie voordat hulle eers genoeg ontwrig het nie. Dit is ook presies wat hulle met Clicks gedoen het. Hulle het eers ongelooflike skade aan die winkels en maatskappy aangerig voordat hulle bereid was om te onderhandel. Hulle wil hul teenstanders eers absoluut desperaat maak voordat hulle hul samewerking sal gee.

Die oplossing tot die EFF se optrede is skokkend naby aan hoe jy ʼn kleuter se vloermoer hanteer. Ons kan die EFF ongelukkig nie bloot ignoreer nie, daarom moet ons hulle net nie gee wat hulle wil hê nie. Maatskappye en wetstoepassers wat die EFF hul sin gee – nadat hulle soos militante kleuters opgetree het – keur die EFF se gedrag goed. Die oomblik wat die EFF se gedrag die gewenste uitwerking het, leer dit hulle dat dit werk en daarom sal hulle dit weer doen.

Diegene wat die EFF se gedrag goedkeur, is uiteindelik aandadig.

Die blote feit dat die EFF vandag wéér toegelaat is om ʼn optog te hou, is ʼn voorbeeld hiervan. Regter Siraj Desai het Hoërskool Brackenfell se dringende aansoek om ʼn interdik teen die EFF van die hand gewys. Desai het verduidelik hoe belangrik dit is om hierdie reg tot protes te beskerm – veral as daar net ʼn moontlikheid van rassisme in die skool is. Hy het opgemerk dat hy die EFF glo wanneer hulle sê dat hulle vreedsaam gaan staak.

In die lig van die EFF se geskiedenis is dit werklik roekeloos.

Dit is ook dwaas om vas te glo dat die EFF gaan hou by die beperking van 100 protesteerders wat vir vandag se geleentheid gestel is – hulle het reeds vandag met byna 40 busse en duisende mense opgedaag. Dit terwyl hulle self tot hierdie beperking ingestem het.

Die rolspeler wat egter die grootste skuld in hierdie opsig dra, is die establishment media. Hulle gee die EFF verreweg die meeste aandag en sodoende ook die meeste mag. Die EFF se grootste vrees is dat hulle vandag by Brackenfell onderdruk word en daar nie een kamera is om dit vas te vang nie. Hulle leef vir media-aandag en sal daarsonder in ʼn krisis verval. Sommige media-lede is te bang om iets teen die EFF te sê. Ander bewonder weer die EFF se dapperheid om teen rassisme en onderdrukking op te staan.

Die probleem met die media is dat hulle die EFF as ʼn wesenlike gevaar skets, eerder as die byt-is-groter-as-sy-blaf-organisasie wat hulle is. Die oomblik wat die polisie vanoggend die wet begin toepas het, het die EFF ingegee. Hulle is regtig die toonbeeld van sjampanje-sosialiste. Hulle is net bereid om die rewolusie deur te voer solank as wat dit gerieflik en sonder teenstand is.

Die EFF het in wese eintlik baie min mag. (ʼn Mens hoef net na die afgelope maand se tussenverkiesings te kyk om dit te bevestig.) Daarom moet hulle vir hulself mag kry deur te dreig en af te breek. Nes jy ʼn kleuter nie moet gee wat hy wil hê nie, moet ons ook nie die EFF gee wat hulle wil hê nie.

Hulle stel nie in onderhandel belang nie en wil net die onderhandelingstafel tot hul eie voordeel omgooi. Tans is almal bewus hiervan, maar die EFF word steeds toegelaat om saam om die tafel te sit. Dit is wat die EFF in staat stel om steeds soos militante kleuters op te tree. Dit moet eerder die norm word dat die EFF nie tot die onderhandelingstafel toegelaat word totdat hulle bereid is om soos volwassenes op te tree nie.

Die EFF het absoluut geen agting vir wet, orde en ooreenkomste nie. Maatskappye soos Clicks wat wel met die EFF ooreenkomste aangaan, is werklik naïef. Die EFF gaan dit bloot ignoreer en die werklikheid op grondvlak forseer wat hulle wil hê.

Daarom is dit van kritieke belang dat wetstoepassers werklik die moed het om teen die EFF op te staan – dit lyk sover ook asof hulle lus en bereid is om te EFF vandag te stuit.

Dit sal nie net die EFF se militante gedrag in die wiele ry nie, maar sal hulle ook byna magteloos laat.

Hulle is nie gewoond daaraan om teenstand te kry nie – veral nie uit regeringsgeledere nie. Wetstoepassers moet besef dat hulle vandag hierdie situasie moet mitigeer. Indien die regering telkens gaan misluk om wet en orde te handhaaf, bestaan die gevaar dat mense dit uiteindelik in hul eie hande gaan neem. Ons het lank reeds geleer dat ouers min duld wanneer dit by hul kinders kom.

Die EFF se militante gedrag gaan nie geduld word nie – die vraag is dan nou net wie hulle gaan keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

H ·

wel wie gaan hulle keer vra jy ??? gaan na die source . Dit is die begin !

Zombie ·

H, dit blyk jy begryp die strekking van die argument, soos duielik in die artikel uiteengesit, nie so goed nie. Of jy druk jouself nie so goed uit nie.

gatgogga ·

Ek sien Julias was afwesig.
Sy wit prokureur het hom seker verbied, want waar hy ookal gaan, kry hy homself in die moeilikheid.

Susan ·

Ek dink nie hy’s verbied nie, hy is te lafhartig, sit liewer in styl in veiligheid en hits sy skoothonde aan. Beslis meer bek as binnegoed!

Mariana ·

Op die oomblik is hulle onstuitbaar. Geen reaksie van regering om hulle te stop nie maw goedkeuring word gegee om hulle so te gedra en als te ontwrig. Wys net weer die regering is nie die regeerders nie. Hulle is ook bang vir Malema.

Samuel ·

Die regering is bang vir die EFF. Hulle protesoptog vandag was tog vreedsaam. Dit is ‘n witte se skuld dat dit ontaard het. Nes die vakbonde gaan die EFF nog deur hul optrede die land regeer. Ons kan nie tel nie. Daar was net 100 betogers.

Friedrich ·

Onstuitbaar? Jy het duidelik nie gesien hoe hulle weghardloop nie mevrou. Doen jouself die guns en soek die video. Dis skreeu snaaks.

Werner ·

Hulle het nie lank weggehardloop nie toe breek hulle als af wat nou

Genis ·

Laat ons ou weermag manne asb die skare beheer doen assesseblief… N vloermoer kind kort n behoorlikke pakslae…

Friedrich ·

Hoekom? Vandag het gewys hoe die Metro polisie van Kaapstad en die SAPD hulle op hulle herrie laat kry, en almal Blou verf. Rooi golf wat blou word. Dit is skreeu snaaks!

Werner ·

Hulle was maar useless toe die eff die strate ingevaar en amok gesaai het

Adam Adriaan ·

Jy kan hulle niks leer nie. “They are un-trainable’ met ‘n leier wat nie die verskil tussen reg en verkeerd kan onderskei nie. Alles gaan oor die verkryging van mag en om beheer oor “Our People” te verkry. Sodat die sosialistiese beleid geimplimenteer kan word om “Our People so arm en afhangklik as moontlik te hou. Slim en Ryk mense kan jy nie beheer nie. Om dit te doen moet jy slimmeren ryker wees as hulle.

johanf ·

Alle blankes moes, moet wegbly, hulle sal so gat voel, en dalk besef niemand steur hul nie, die SAPD ens is mos daar om die eiendom te beskerm……

Nico ·

Ek stem saam, die blankes weet mos wat om te doen, bly weg, nou is dit die kinders wat eksamen skryf wat daar onder moet ly, wat doen die skool daaromtrent niks.

Jeeper ·

“Die probleem met die media is dat hulle die EFF as ʼn wesenlike gevaar skets, eerder as die byt-is-groter-as-sy-blaf-organisasie wat hulle is.”
Moes dit nie anders om gewees het nie? Blaf groter as byt? Vra maar net.

Cornelius ·

En waar is die wet en orde? Die regering (ANC) se niks en die polisie doen eintlik ook niks nie. Maar wag dat n blank opstaan en sy gesig wys en hy/ sy word onmiddelik gearresteer en van alles moontlik aan gekla.

twaalfboor ·

Duidelik het jy nie die polisie se optrede gesien nie. Soek die fout by die howe wat hulle toestemming gee om “vreedsaam” te betoog. Naief of deel van die probleem?

Werner ·

Duidelik het jy sie polissie se gebrek aan optrede misgekyk toe hulle die strate ingevaar het

judith ·

dt is tipes hulle. Kom weg met als. Heel duidelik sal daar ook seka niks daaraan gedoen word ni. Maar was dt een van ons,dan was j gearresteer. So sal hulle ons land vernietig. Maar ja,,

J ·

The EFF didn’t go to Brackenfell to protest against racism!

The EFF went there to MILK Brackenfell for FREE PUBLICITY.

The media are complicit in the violent crime because they always provide the FREE PUBLICITY!

The media reward the EFF for their violent and disruptive behaviour with free publicity.

When the media boycot the EFF misbehaviour … it will stop. The EFF act for the cameras.

The media have been distracted if they probe the school in stead of the nefarious agenda of the EFF.

gatgogga ·

Die media hits enige moontlike onenigheid aan. En ook nie altyd so subtiel nie. Veral die drie SABC televisiekanale.

Porseleintjie ·

n Pakslae op sy tyd is soos brood en konfyt. Dalk by tyd dat die EFF die waarheid hiervan leer.

Lindsay ·

Hulle saai net onmin waar hle ookal gaan….x baie verbaas dat hle so ingelig is van wat bydie skool aangaan????

Piet ·

‘n Betoging vir 100 is goedgekeur. Hulle daag op in hul honderde en die polisie laat dit toe. HOEKOM? Dis die tipe van toewegings wat hulle laat maak net wat hulle wil.

twaalfboor ·

Piet maak oop jou oë….. Die polisie het dit nie toegelaat nie. Jys so vasgevang in die gedagte van korrupte polisie dat jy nie sien wanneer daar daadwerklik opgetree word nie. Wens ek kon vir jou “clips” laai op dìe platform dat jy kan sien hoe die polisie die vloermoer hanteer het. Inteendeel, as jy op facebook is gaan kyk gerus en kom uit jou volstruis mentaliteit uit.

Piet ·

Ja en toe vaar hulle die strate in en beskadig polisievoertuie, privaatvoertuie, gooi klip en breek ondernemings se vensters, ens. Pragtig man, pragtig. Ons polisie is spoggerig om sulke dinge toe te laat.

Werner ·

Wens ek kan vir jou clips laai om te wys hoe hulle nie die geweld wat uitgebreek het hoe hulle karre verwoes het en die plek aan die brand gesteek het hanteer het nie.Jy moet nie net vaskyk wat by die skool gebeur het nie twaalfboor daar was n groter prentjie

Dup ·

Al is Hoërskool Brackenfell se personeel,onderwysers en leerders 100% swart,sal die EFF nog iets kry om teen te betoog.Dit sal ook nie snaaks wees as die skool dan sommer afgebrand word in die proses nie.Dit is wat die mense doen….brand,verwoes en vernietig.

Friedrich ·

Ek wil weet hoekom dít nie eers die nuus gemaak het nie? Ek is baie teleurgesteld Maroela Media.

Yvonne ·

EFF is die ANC se stout baba…..dan moet hulle mos maniere geleer word of hoe het ek dit….hulle sal nie want die EFF doen hulle vuilwerk

gatgogga ·

Hiedie is die beste kommentaar en ontleding van die EFF se psige wat ek nog ooit gelees het.
My komplimente aan die skryer(s).

Alex ·

En daar het jy dit ook mooier opgesom as wat ek kan. Lankal reken ek die EFF is kinders wat n tantrim gooi. Mooi uiteengesit hier dankie en ek stem saam….

Blomme ·

EFF is klomp NARRE wat dit regkry om die aandag vd land te kry… Of hul gewildheid toeneem.. Bly egter die vraag as jy gaan kyk na hul vertoning tydens die onlangse tussenverkiesing…. Hul eie mense sien deur hulle.. Wind sonder stof.. Oproermakers.. Niks anders as lawaaimakers. Beslis nie ń goeie beeld vir SA by die buitelandse beleggers.

Chris ·

Die EFF werk met buitelanders wat geen idee het waarvoor hul toi-toi nie. Hul word heel moontlik ‘n T-shirt gegee net om op te daag. Vermy asb enige EFF publisiteit, maar ja, die joensliste moet ook salaris verdien as daar niks anders gebeur nie.

Coolbanana ·

Daar is nie politieke wilskrag van die regering se kant nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.