Nuuskommentaar: Vonk in die kruitvat

Betogings in Kleinmond in die Wes-Kaap (September 2017). Foto: Twitter via @diverene

Die onluste op Kleinmond moet deeglik ontleed word en aandag kry voordat dit na ander plekke met soortgelyke situasies versprei.

Vir baie Suid-Afrikaners is Kleinmond die bestemming van heerlike vakansies. Vir die permanente inwoners is dit ’n dorp met ’n hart, een waar talle inwoners betrokke is by projekte soos sopkombuise vir dié wat minder het, oor die kleurgrens heen.

Binne ’n week is dié beeld geskaad en word erg kopgekrap oor hoe nou oor die einste dorp gevoel moet word: Mense wat dié ken wat nou die dorp inkom en moles maak sodat die hoofstraat gesluit moet word, mense wat benoud sien hoe die geweld al nader aan hul huise kom.

Dat daar ’n vonk vir die kruitvat was, verbaas niemand nie. Nou ter sprake is die feit dat skoonmaakdienste in die dorp per tender aan ’n inwoner van Zwelihle in Hermanus toegeken is, en nie aan iemand van Kleinmond nie. Formeel is daar nie fout mee nie – Kleimond, Hermanus, Hawston en verskeie ander plekkies val almal onder een munisipaliteit, naamlik Overstrand. Die tender is dus in teorie aan ’n “inwoner” toegeken, maar vir Kleinmond is dit so goed as dat dit aan ’n buitestander toegeken is.

Die vonk kan dus maklik verklaar word, maar die kruitvat? Het dinge op grondvlak werklik só ontaard dat ’n kruitvat ontstaan het terwyl baie welmenendes gemeen het hul onbaatsugtige werk en uitreik het vrugte afgewerp?

Soos wat die betogers se griewe nou aangehoor word blyk dit dat daar eintlik lankal griewe aan die broei was, wat veral met behuising verband hou. En toe die betogings begin het die polisie en ander rolspelers glo erg provokatief opgetree dat die woedende perdebye uit die nes gestroom het en niks in hul woede ontsien het nie.

So eenvoudig as om skouers op te trek en te sê die tenders was regmatig toegeken en kan nie sonder regsreperkussies opgeskort word nie, is net een deel van die prentjie. Kon daar nie byvoorbeeld op ’n kompromie van subkontrakte ooreengekom word nie? Weens politieke korrektheid is dit moeilik om uit berigte te bepaal of bruin onvrede met “inkommers” tot die situasie bygedra het. Kleinmond is immers nie baie ver van Grabouw af nie waar dit duidelik wel ’n rol speel.

Terselfdertyd was daar onluste by George nadat die Rooimiere ingeroep is om plakkerstrukture af te breek op grond wat vir ’n behuisingskema bedoel is.

“Dinge het by Coligny begin,” skryf iemand in ’n WhatsApp-boodskap wat op talle groepe gedeel is. Talle reageer ergerlik en sê die verspreiding van die stuk, wat glo in ieder geval oordrewe sou wees, skep onnodige pessimisme en selfs paniek.

Voeg hierby die nuus dat ’n bejaarde vrou tydens ’n plaasaanval vermoor is en haar man erg beseer is.

Tumi Morake. Foto: Facebook

En voeg verder by dat dit in die kuberruim behoorlik gons oor uitlatings van ’n Jakaranda FM-omtoeper, Tumi Morake, toe sy wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het. Dit volg kort nadat die Kaapse joernalis Caryn-Ann Nel geskryf het sy wil liggies in haar mond kots elke keer as sy die woord “blanke” hoor.

Natuurlik, en gelukkig, is tot hiertoe eenogig geskryf. Dr. Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge sê sowat 80% van alle Suid-Afrikaners het in ’n peiling aangedui dat hulle meen rasseverhoudinge het verbeter, en dat almal mekaar nodig het.

Ongelukkig manifesteer die werklikheid net te dikwels anders as wat die versoenende syfers op dui. Die harde realiteite durf nie weens die politieke inkorrektheid daarvan begrawe te word sodat almal telkemale met die broek op die grond gevang te word nie. Dink maar aan hoe onluste in die Oos-Vrystaat verskeie kere langs die Zoeloe-Suid-Sotho-korridor op en af gedomino het – munisipaliteite wat uit oorwegend Suid-Sotho-bevolkings sowel as dorpe wat oorwegend uit Zoeloe-meerderhede bestaan.

Daar hoef maar net ’n persepsie te bestaan dat die munisipaliteit wat ’n Zoeloe-burgemeeter het die Zoeloes voortrek, of omgekeerd, dan is die vonk en kruitvat sommer naby. (Op die oog af het dit nou gestabiliseer.)

Daar rus ’n dure verantwoordelikheid op elkeen om nie ’n kruitvat, lont of vuurhoutjie na die gespanne situasie te bring nie. Horisontale kommunikasiekanale wat saak maak moet deurlopend bestaan en iets moet gedoen word aan griewe of klagtes voordat dit wiele van hul eie kry.

Anders gaan ons meer keer hoor: “Nou die dag was hy op sy eie by my om my stem te werf. Nou kom hy, al skuilend agter die polisie hier aan.”

En alle goedgesindheid verdwyn soos mis voor die son.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Met alle respek teenoor dr. Cronje en die aangehaalde syfers, ek glo dit eenvoudig nie. Daar bestaan eenvoudig nie n gematigde stille meerderheid nie en die bewyse manifesteer hom daagliks in die praktyk. Kyk hoe volgepak is die hofsake sodra minderheidsgroepe wat n ligter skakering van rooi is, in die beskuldigdebank staan. Owerheidsinstansies het hul deur en deur bewys as on konsekwent in die tipe sake. Née, hierdie leunstoelopnames is nie wat daar buite aangaan nie. Meesal kom ons almal oor die weg in die normale gang van sake maar meneer, maar wat in ons harte broei kan jy net sien wanneer ons emosie oorloop tydens betogings.Ek is baie jammer maar ek verskil van die bevinding.

John ·

Wat moet dus nou eintlik na dese in Kleinmond gebeur, moet die dorp sy naam na Grootmond verander en almal wat kla hul sin gee… gee… en sien een deel van die bevolking altyd net hul kant van die saak en is altyd die verontregte en moet dus altyd wen. Die ANC wil graag oorhand kry in die Kaap met sy baie DA-setels. Sy hand is dus nie ver van die stookketel nie…

Marisa ·

Alles is ‘n uitvloeisel van wat in die regering aan die gang is.

HPV ·

Beskerm jou eiendom. Koop ‘n hoëdruk brandspuit, die tipe wat boere agter op hul bakkies laai om veldbrande te veg en gebruik dit as ‘n waterkanon in die geval van onluste. Mens kan jou swembad of ‘n drom water vir watertoevoer gebruik. Sou wapens ter sprake raak, gebruik ‘n goeie wind of verfbal geweer. Gebruik vuurwapens slegs as ‘n absolute laaste uitweg as jy of jou gesin se lewens bedreig word.

Jan Gunter ·

Die oplossing vir ons land is maar: elke hoenderhaan op sy eie mishoop. Wyle dr. DF Malan het gesê: “voeg bymekaar wat bymekaar tuishoort. “n Gemengde samelewing sal nooit werk nie. Ons het almal ons eie voorkeure, gelowe, kulture, tale ens. Ons as Boere Afrikaners moet ons ernstig beywer vir ‘n blanke volkstaat. Hoe vinniger hoe beter.

Amelia Rehman ·

Gaan kyk na die Cape Party manifesto. Hul wil Weskaap en Noordkaap saam as Republiek laat verklaar.

Amelia Rehman ·

Gaan kyk na die Cape Party manifesto. Hul wil Weskaap en Noordkaap saam as Republiek laat verklaar.

madels ·

Daar hoef maar net ’n persepsie te bestaan dat die munisipaliteit wat ’n Zoeloe-burgemeeter het die Zoeloes voortrek, of omgekeerd, dan is die vonk en kruitvat sommer naby. (Op die oog af het dit nou gestabiliseer.)

Ons is ongelukkig die “scapegoat”, maar vat al die wittes uit hierdie land en dan sal zoeloes teen sothos baklei en sothos teen Xhosa. Hulle HAAT mekaar maar almal se aandag is op die wittes. Miskien moet ons begin se, die zoeloe het die sotho vermoor, of die Xhosa het die zoeloe vermoor want dan sal die aandag afgetrek word van ons wit mense en hulle sal mekaar doodmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.