Nuuskommentaar: Vryheidsdag: Was vryheid se prys te duur?

Argieffoto

Argieffoto

Vandag word Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier, maar nie almal is ewe opgewonde hieroor nie. Sedert 1994 het verskeie kommentators die stelling gemaak dat die Afrikaner saam met die res van Suid-Afrika bevry is. Nie almal stem met dié stelling saam nie. Het dit nie hoog tyd geword om meer genuanseerd na die konsep van vryheid in ’n heterogene land te kyk nie?

Verlede jaar het ’n interessante persoon die president van die Kanadese Assembly of First Nations geword. Perry Bellegarde is tot dié amp verkies nadat hy jare lank ’n byna aktivistiese rol in die Kanadese politiek gespeel het, en in die besonder die politiek van die Kanadese inheemse bevolkings, veral die Indiane. In sosiale kommentare word hy uit liberale kringe gereeld erg gestriem en daaraan “herinner” dat Kanada een land, een nasie en een regsbegronding het.

Maar is daar noodwendig soveel vryheid in hierdie konsep opgesluit? By geleentheid het die vermaarde politikus, wyle Harry Swartz, iets soortgelyks tydens ʼn politieke vergadering uitgeroep. Hy was op die plek siende kwaad toe iemand uit die gehoor dit in Duits vertaal: “Ein Volk, ein Land, ein Führer!”

Maar dit is duidelik dat minstens sommige mense in Kanada nie voel dat die “regsbegronding” (law) almal ewe billik behandel nie. Afgesien van die inheemse bevolkings is daar voortdurend woelinge in Quebec, met aanpassings om vir dié provinsie se eiesoortigheid voorsiening te maak dat daar in wese nie van een regsbegronding vir almal gepraat kan word nie.

Dwarsoor die wêreld word daar voorsiening gemaak vir minderhede, wat die “first nations” insluit. Soms word hierdie maatreëls as ontoereikend beskryf, terwyl lande wat nie hiervoor voorsiening maak nie, gereeld erg deurloop oor hoe sulke minderhede behandel word – die sogenaamde onverteenwoordigende volke van die wêreld.

Hierteenoor is daar diegene wat die fokus op die geheel plaas, en die geheel tot ’n tipe volmaakte ideaal verhef. Binne hierdie denke is enige amptelike minderheidsaspirasies erg politiek inkorrek, en grens dit selfs aan ’n tipe landsverraad.

’n Interessante aspek van Suid-Afrika se beeld as ’n etnies-juridiese eenheidstaat is dat die swart tradisionele leiers hier al hoe meer ooreenkomstig die “first nation”-konsep begin optree. Die ironie is dat die swart mense ook maar laat-aankomelinge in die land was, en dat dit eintlik die Khoisan sou moes wees wat ’n erkende liggaam vir tradisionele leiers moes gehad het.

Onder die bewind van pres. Jacob Zuma het die lede van die Huis van Tradisionele leiers baie prominensie begin kry. Die mees opspraakwekkende is waarskynlik die (R60 miljoen per jaar se) Zoeloekoning se uitsprake rondom die xenofobiese kwessie in Suid-Afrika. Die invloed op die ANC word egter ook goed gedemonstreer deur die konsepwet op tradisionele howe wat landelike vroue se regsverskyningsbevoegdhede ernstig sal inkort – mits dit natuurlik die toets van grondwetlikheid sal deurstaan. Die tradisionele leiers, wat almal in ’n mindere of meerdere mate “salarisse” uit die belastingbetalersakke verdien, dring daarop aan. Deur hul “vakbond, Controlesa, is hulle ’n beduidende mag.

Verskeie faktore maak dit moeiliker om duidelike tradisionele leierskapsidentifikasie binne die Khoisan-gemeenskappe in Suid-Afrika te doen, vir insluiting in die Huis van Tradisionele Leiers. Waar sommige taamlik onbetwis is, is hul stamme so klein dat daar eintlik ’n dispuut is of hulle nog werklik bestaan, maar dikwels is dit teenstrydige aansprake wat sake vertroebel.

Dié probleem kan natuurlik ooreenkomstig internasionale gebruik opgelos word – met die hou van demokratiese verkiesings. Byvoorbeeld, op dieselfde dag as wat die VSA sy jongste midtermynverkiesing gehou het, het die Navajo-Indiane ’n nuwe president verkies, Ben Shelly. Hierdie amp is in 1991 geskep.

Maar wat van die Afrikaner? Toenemend word gehoor dat Afrikaners soos vreemdelinge in hul eie land voel. Ritse rasdiskriminerende wette beperk die demokratiese regte van die Afrikaner. Maar die Afrikaner het geen tradisionele leiers nie – die Afrikaner het sedert sy beslaglegging die demokratiese konsep gekoester, soos blyk uit die ritse republieke, soos dié van Swellendam en Graaff-Reinet, Stellaland en Gosen, en die Boererepublieke van getuig.

Trouens, artikel 235 van die grondwet maak daarvoor voorsiening dat groepe met onderskeidende tale en kulture, territoriale of korporatiewe selfbeskikking kan hê.

Kortom, sou die Raad van Tradisionele Leiers nie meer statuur en geloofwaardigheid hê as al die volke van die land daarin ingesluit was nie? Volgens die grondwet is almal immers gelyk voor die reg.

Die doel van hierdie oefening was nie om ʼn moontlike koers aan te dui nie, maar bloot om te toon dat baie Afrikaners nie aan die een kant steen en been kan bly kla oor vervreemding en diskriminasie nie, maar aan die ander kant te “politiek-korrek” bly optree in byvoorbeeld stemkeuses, terwyl daar inderdaad ander opsies is.

Net so help die geraas oor hoe die NP-regeringsonderhandelaars te lig in die broek was, en van hul mandaat in die onderhandelings afgewyk het, en ’n tweede referendum wat soos mis voor die son verdwyn het, net mooi niks as nie daadwerklik van die grondwetlike opsies wat wel bestaan, gebruik gemaak word nie. Daar is net mooi geen kans dat ’n galbrakery op die internet die horlosie na 1990 sal terugdraai nie.

Dit is net so futiel soos die “politiek-korrektes” wat enige vorm van selfstandigheid slegmaak, omdat die oplossing volgens hulle in die geheel geleë is. Dit sou miskien ’n ander prentjie kon wees as die regering werklik in algemene belang, en nie in belang van die (swart) meerderheid regeer het nie. Dit sou miskien water hou as die strewe na om deel van hierdie eenheid te wees, nie uitgebuit is om Afrikaans in die staat- en private sektor eenvoudig in onbruik te laat verval nie.

Hoe meer minderhede en hul kultuurbelange weggekalwe word, hoe moeiliker raak die oortuiging in die motivering dat minderhede – en so ook die Afrikaner, ook in 1994 bevry is. Hoe meer die regering aandring op kwotas vir “etniese swartes” in sportspanne, hoe lawwer klink gekussingde bruin intellektuele se aansprake dat hulle self swart is.

Daar is nog ’n toets of die Afrikaner inderdaad nou meer vry is as voor 1994, en dit is die mate waartoe die Afrikaner weer kultuurbande met sy stamlande herstel kan kry. ’n Deel van die probleem is dat die Afrikaner tydens sy isolasiejare in ’n sin “Afrikaanssprekende Engelse” geword het en baie só totaal kontak met Nederland, België Duitsland en ander stamlande verloor het, dat daar ook by baie nie meer ’n behoefte aan die herstel daarvan gevoel word nie.

’n Tweede faktor wat hiertoe bydra is dat staatsliggame soos die Nederlandse Taalunie, moeilik regstreeks met die Afrikanergemeenskap kan skakel, en ooreenkomste via die Suid-Afrikaanse regering sluit. As die regering dit afskeep, is dit daarnatoe. Immers het die Afrikaner nie ’n soortgelyke statutêre liggaam soos die Vlaamse regering wat dié Belgiese segment volwaardig verteenwoordig nie.

Het daar nie ’n geleentheid oopgegaan toe Suid-Afrika internasionale nuusdekking oor die beeldestorm wat op veral Afrikaanse geskiedkundige figure gemik is (en die Afrikaner so in wese van die “res” onderskei is), en toe deur die xenofobiese aanvalle (waaraan die Afrikaner nie meedoen nie), dat die Afrikaner en ander minderhede groter buitelandse empatie kon bereik nie?

Of is die wil om hierdie yster te smee terwyl dit warm is, net afwesig?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

M van Dyk ·

Al wie “vry” is, is die regering en hul maaitjies wat maak en breek soos hulle wil. Moordenaars is vry om te moor en vekrag. Diewe is vry om te steel. Meeste “vry” mense sit vandag in hul eie tronke by hul huis en werk. Selfs ons Kerke lyk eerder soos tronke. Vry ? Dis ‘n mite.

Bert ·

Die wil is daar, maar hoe gaan ons te werk? En by wie kla ons of waar doen ons aansoek vir wat? Ons yster is ook steeds warm vir die Volksmoord wat gedurende 2015 in intensiteit toegeneem het. Ons het geen Leier nie.

Peet Schabort ·

Ja, van alles vry behalwe die duiwel. En die bewyse daarvoor sien ons elke dag.

Pretorius ·

Ek kan nie glo die die ANC regering net kan doen wat hulle wil nie as dit kom by korrupsie is hulle die meesters. Elke dag word daar gelees hoe hiedie mense miljoene rande steel en verduister asof hulle geregtig is om dit te doen. Wat vir my so snaaks is hoe hulle altyd daarmee wegkom. Dan is daar die honderde ondersoeke wat gelots word teen die korupsie maar daarvan kom ook net mooi niks. Hulle steel en steel en die korupsie hou net nie op nie. Wanneer gaan ons iets daaraan kan doen, wel soos ek dit sien nooit!!
Ek is seker dat ons een of ader belasting biokot begin sal die ANC mense vinnig agter kom waar hierdie geld wat hulle so steel vandaan kom.

Bertha ·

“vryheid” vir die BLANKE Afrikaner bestaan nie, en die prys wat ONS moet betaal vir Volksveraad is Volksmoord en onderdrukking. JA die prys is te hoog!

Grassie ·

Een sinnetjie in hierdie uitstekende bydrae van Herman het in my gedagtes bly vassteek, nl ” die Afrikaner het geen tradisionele leiers nie.” Dit is ‘n feit, daar is niemand wat namens ons kan praat en ons saak stel nie. Die VF+ is die enigste Afrikaners wat nog geleentheid het om te praat, maar as ek op TV na hulle kyk as hulle daar in die parlement sit, kom daar onwillekeurig ‘n versie van Jan F Celliers in my gedagtes op:
“Ek slaap in die rus van die eeue gesus
Ongesien, ongehoord
En dof en loom in my sonnedroom
Ongewek, ongestoord.”
Wanneer ons Volk ‘n leier kan oplewer wat sekere eienskappe van Malemma het – nie die kruheid en onbeskaafdheid nie maar wel die vuur en vreesloosheid – glo ek die Afrikaners sal bakvas agter hom/haar staan.
Iets wat my baie pla is dat daar al hoe minder na die Afrikaners as ‘ n volk verwys word. Die Zoeloes is ‘n volk, die Xhosas is ‘n volk maar daar word na ons as ‘n “gemeenskap” verwys, ook in eie geledere. ‘n Voorbeeld daarvan kan gesien word in Solidariteit se berig op hierdie selfde bladsy. Ons is ‘n VOLK, en basta!

Chris ·

Ek sien baie keer Afrikaners wat se wie is So en So om namens my te praat . Ek stem nie vir SO en So nie want wie dink hy/sy is hulle om vir my te besluit. Die Afrikaners is kleinlik, gemeen, bakleiering, veroordelend en sien tog te graag neer op ander, is vol van hulleself en dink hulle opinie maak alleen saak. Hoe kan ons dan ‘n leier he as niemand Nooit Ooit goed genoeg is nie. Dit is tyd om op te hou om te baklei en saam te staan. Maar dit kan die Afrikaners ook nie eens doen nie. Tot en met ons leer om saam te staan en op te hou om kleinlik te wees en die slagoffer mentaliteit onder sy hees te skop dan sal ons ‘n leier he.

jacques ·

Dit is erg hier ja maar gelukkig nog nie soos dit vir die christine in die middel ooste moet wees nie.Ek kan my self nie indink watse lewe hulle daar moet he nie,maar ons is ook op die selfde pad al vir n hele ruk.Gaan ons ook refugees raak?

Marianne ·

Herman, selfs jy sien die Afrikaners as “n groep” en nie n Volk nie, geen wonder die wereld kan nie vereenselwig met ” groepsmoord” versus “Volksmoord” nie. Die “groep” wat leierloos is. Die mess gehate “groep” in die wereld. Die “groep” wat knak onder verdrukking, maar steeds belasting betaal aan heidene wat nie dieselfde god dien as die God wat hulle dien nie. Die EENS TROTSE Afrikaner Volk het n ” groep” geword. Niemand geen om oor hierdie “groepsmoord” nie.

Herman Toerien ·

Marianne, dis bloot toevallig. Ek het deurgaans die woord Afrikaner gebruik, wat tog ‘n volk impliseer. Die verwysing na Afrikanergemeenskap was in die konteks van die Nederlandse Taalunie, waaraan die inwoners van verskeie lande wat Nederlands praat, behoort.

david ras ·

Diegene wat die VF+ se optrede in die parlement so graag kritiseer, onthou asb die volgende:
‘n parlementslid kry net 3 minute om te praat. Diegene wat dr Corne Mulder se toespraak oor die Xenophobia gehoor het, sal onthou dat hy aan die einde daarvan verskoning gevra het oor die kort tydjie.
Nie almal kry ‘n spreekbeurt oor ‘n spesifieke onderwerp nie. Daar is vier VF+ LP’s in die parlement, met ‘n gesamentlike spreek tyd van 12 minute. Vergelyk dit met die getalle van die DA, of die EFF.
As daar natuurlik MEER lLP’s was, sou dit heel anders gelyk het………….! Dit is ongelukkig in die hande van die kiesers, war hulle keuse uitoefen op sterkte van die inligting uit die daaglikse koerante en televisie, As die media ‘n eie agenda het en ‘n politieke party blatant ignoreer, is dit ‘n opdraande stryd,
Dit ongelukkig waar dat die Afrikaners soos in ‘n ander bydrae “kleinlik. veroordelend en gemeen” geword het. Die ou storie–elke man sy eie kommandantjie.Ek wil hier byvoeg dat Afrikaners deesdae ‘n klaaglike gebrek aan begrip oor oor ‘n geskrewe mening van iemand anders vertoon. Sommiges laat my wonder of hulle ‘n gr10 begripstoets sou slaag……!
Dan is daar nog diegene wat tog te graag mense wat protesteer oor volksmoord as “verregses” of erger as RASSISTE verdoem. Geen wonder dat ons na groep-status gedaal het nie

Petro Venter ·

Dis tipies om die slagoffers te blameer. So as ek kla dat ons Volk uitgemoor word is ek outomaties n rassis.

Steens ·

Die digsbewaarde geheim in die wereld: die Volksmoord op die Afrikaner Volk. Om te dink dat die die 2de Volksmoord op ONS Nasie is en die vorige Volksmoord in 1899 -1902 is ook geignoreer. Baie interresant as jy mooi kyk sal jy sien dis pressies dieselfde moordenaars.

Janine du Plessis ·

Dat die wereld nie van ons saak kennis neem nie is omdat ons nie groot byeenkomste reel nie. Kyk wat het Nederland reggekry met die herdenkingsdiens oor die MH17-slagoffers; die herdenking van die Eerste Wereldoorlog gister; die Armeniese-Turkse konflik, ens. Alles word op DSTV gebeeldsaai, maar as hulle oor die Xenofobie rapporteer, is dit maar baie effentjies. Daar word nie eens gese dat dit swart opswart is nie. Geen in-diepte gesprekke oor die werklike oorsake nie; geen woord oor die Xenofobiese aanvalle op Blankes, veral die Boere nie! Dis waar ons leierskap ons faal. Die gewone mens ken nie die kanale nie en het dus nie die stem nie.

david ras ·

Janine, het jy al ooit gehoor van die “4TH Estate?”. In 1783, in ‘ n toespraak in die Britse parlement verwys die eerste minister Edmund Burke na “the three estates of the realm-the royalty, the clergy and the commoners” daarna draai hy na die persbanke en wys na die koerantmense met die woorde: “and yonder sits the fourth estate, more powerful than them all”
Dit is waar ons is. Die media is eintlik magtiger as die regering, Hulle is eintlik aan niemand verantwoordelik vir wat hulle skryf of doen nie,
Dis eintlik onregverdig om ons leiesr te verkwalik–die media beheer alle kommunikasie tussen die burgery en die owerhede. Die media vertel vir jou wat jy moet dink en optree,
In Afrikaner geledere het ons die ongesonde toestan dat alle inligting deur een Media groep beheer word–Naspers. Selfs DSTV behoort aan Naspers.
Sonder enige alternatiewe sal ons nooit ons saak aan die onder die wereld se aandag kan bring nie.
Ons enigste hulp op hierdie stadium is via die internet en dis ook maar baie riskant soos Sunette Bridges nou weer ervaar het. Sy vra die vraag waarom een minuut stilte oor die Xenofobie en niks oor al die moorde op witmense nie. Skaars verskyn dit op facebook, of ‘n paar naamloos en gesigloses kla daaroor en dit word summer verwyder met ‘n hoogs twyfelagtige verskoning, sonder om Sunette se motivering aan te hoor.
Dit is die ongelukkige situasie waarin ons verkeer.

snip ·

Daar word gesê niemand staan vir ons op nie, maar as Steve Hoffmeyer en Sunette Bridges hulle monde oopmaak om op te staan vir ons, dan word hulle ook deur baie gekruisig. Ons grootste problem lê in eenheid en dit gaan nog ons down fall wees. Dit is soos Chris sê, ons sê mekaar vinnig sleg, nêrens gaan mens ooit 100% met iets saamstem nie, maar ons almal moet begin saamstaan om bo alles uit te kom en ons volk te red, ons verskille op die agtergrond skuif en hande vat.

jaycee ·

Nehanda Radio het vanoggend die volgende kommentaar in a rubriek gehad: “Really nothing to talk about or write home about. Ask anyone in Zimbabwe or anyone who has visited recently, they will tell you that it is not the Zimbabwe of the 80’s. The hope and promise of the 80’s has turned into despair, disillusionment and utter horror to some”. Vervang net die woord Zimbabwe met Suid-Afrika en die sentiment in hierdie kommentaar is ewe geldig. SA het Maandag Vryheidsdag gevier maar vryheid van wat? En net soos Mugabe op sy een-snaar kitaartjie tokkel dat alle probleme in Zim veroorsaak word deur “onwettige” sanksies, net so tokkel Zuma op sy kitaartjie dat die groot probleme in SA na 21 jaar steeds apartheid se skuld is. Beide Zuma en Mugabe loop hand aan hand na die afgrond en sleep hulle lande agter hulle aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.