Nuuskommentaar: Vullis-video – ’n land van orde of anargie?

‘n Skermskoot uit die video van Eckhard Binding wat die rommel op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat optel.

Veel meer kwessies as wat met die eerste oogopslag gedink is, spruit uit die voorval van ’n Kovsiestudent wat rommel op die kampus in die vullisdromme gegooi het, terwyl twee betogers die rommel uit die vullisdrom gehaal en weer op die grond neergegooi het.

Die student, Eckhard Binding, het baie lof kry, en selfs aanbiedinge om sy studiegeld te help betaal. By goed opgevoede mense is daar ’n drang om in ’n netjiese omgewing te leef, en ’n afkeer aan morsjorse.

Voorts wil Binding help om die land se kritieke probleme op te los deur die geld te gebruik om wit en swart oor en weer mekaar se taal te laat aanleer. Hy is volkome reg dat daar ’n enorme behoefte aan gesprekvoering is, maar of politiekery en historiese wanpersepsies op die maniere wat hy beoog nie dalk die planne kan verongeluk nie, kan nou net bespiegel word. Die punt is dat sy ideale lofwaardig is.

’n Vraag wat nou aandag geniet, is of protes ooit nie-gewelddadig kan wees. Vir mense in die EFF-dampkring is dit skynbaar nie moontlik nie. Onder die Jansen-bewind op Kovsies was daar volop gevalle van vandalisme, beeldbestorming, uitlokkery tot geweld, intimidasie in klaskamers en veel meer tydens wat as “vreedsame betogings” bekend gestaan het, of immers formeel vreedsaam begin het.

’n Morele vraag het selfs ontstaan wie nou die grootste sondaars is – diegene wat met geweld ’n stadion binnejom, ’n vrouestudent aanrand en ’n rugbywedstryd gaan onderbreek en probeer stopsit waarvoor die toeskouers betaal het. Of die studente wat in reaksie, nadat die polisieteenwoordigheid passief gebly het, skynbaar op versoek van die rektor, die studente wat die ontwrigting veroorsaak het, gaan verwyder het? Ja, van die studente wat gereageer het, het oordadig gewelddadig opgetree, maar as hulle die betogers sagkens behandel het, sou dit die kritiek op hulle versag het?

Julius Malema se reaksie op ’n twiet van ’n EFF-lid wat haar EFF-hemp met trots wil dra, laat die hare rys: “We can’t, how do you call workers protest to order. There’s no formula to peaceful protest, the question should be, was it a peaceful protest, and if the answer is yes, we move on. We can’t allow the elite to dictate the form and content of the picket lines.”

Met studente wat in hul klasse, en onder meer ook die biblioteek, geviktimiseer word, is dit duidelik dat Malema probleme ondervind om te onderskei tussen vreedsame en gewelddadige protes.

Met verwysing na Binding se optrede meen die Vryheidsfront Plus dat Binding ’n opbouer en die EFF-studente wat hom getreiter het, slopers is. Die EFF-studente se optrede word as anargie beskryf, wat ook al talle ander kere geblyk het een van die EFF se vernaamste pyle in sy koker te wees.

“Die VF Plus vind Binding se optrede lofwaardig. Dit getuig van karakter, integriteit en die behoefte om orde te skep teenoor vernielsug.”

Die VF Plus trek vervolgens ’n verband met die wangedrag van EFF-parlementslede in die parlement.

EFF-leier Julius Malema se twiet.

Ironies wys die jongste meningspeiling, dié van die Instituut vir Rasseverhoudinge, dat die EFF en die Vryheidsfront Plus, van die sterkste groei in die aanloop tot die komende algemene verkiesing trek. Die EFF se steun het landswyd van 6,3% in 2014 tot 12,2% nou toegeneem, terwyl die VF Plus se steun in die Wes-Kaap van 0,6% in 2014 tot 2,8% toegeneem het.

Terwyl die data heeltemal ontoereikend is om besliste afleidings te maak, lyk dit of wanorde en orde elk neig om steun te trek van mense wat ooreenstemmend dink. Partye nader aan die middelgrond neig om steun te verloor.

Die VF Plus sluit daarom ook sy mediaverklaring af met die volgende: “Net een persoon het stilweg ʼn klipharde boodskap aan Suid-Afrika en die wêreld gestuur: Anargie mag nie toegelaat word om oor ordelikheid te seëvier nie.”

Dit maak nogal baie saak of ’n land die beeld van anargie of van orde uitdra. Anargie kan nie bevorderlik wees vir die lok van buitelandse beleggings nie, iets waarsonder die land allermins kan klaarkom.

En dis nie asof die anargie al is wat beleggers kopsku vir die land kan maak nie. Die skade wat die regering se grondgrypplanne, geaksentueer deur die standpunte van onder meer die EFF en die BLF al aangerig het, is ongelukkig nie meetbaar nie, maar dis te betwyfel of instansies se oproepe vir boikotte wat regstreeks teen die grondgrypplanne gemik is al naastenby soveel potensiële beleggers kopsku kon maak soos die regering self en die deurlopende gewelddadige proteste teen onder meer dienslewering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

honurable member ·

Ja n land van totale chaos en wanorde wat veroorsaak word deur n sekere groep wat geen respek het vir enige iets in die lewe nie, nie eers vir hulle self nie. tragies!!

HPV ·

Mens kan niks anders as om afbrekers en plunderaars te minag nie. Dit moet egter verskriklik wees om so reddeloos vasgevang in kleingeestelikheid te wees, ‘n nag of gevangenis so ellendig en donker dat al wat jou lewe rig is die destruktiewe van jou patetiese en jammerlike bestaan.

Haan ·

“om af te breek is geen kuns nie. n Klein babatjie kan n blommetjie verniel wat dit n God gekos het om te maak” – Langenhoven

Daar is bouers, en daar is brekers. Geen grondwet kan die diepgewortelde geaardheid van n volk herskryf nie. Om anders te glo is dwaas.

goeie voorbeeld seuna ·

ek wens ek was daar om hom te help, en vir die die wat so mors en vernietig -as mens nie eers selfrespek het nie watse respek het jy dan?

Nel ·

Rudyard Kipling het oneindig insig gehad toe hy sy beroemde gedig “The Ballad of East and West” geskryf het en gesê het ; “0h, East is East, and West is West, and never the twain shall meet…”
Die slotsom is ons is verskillende kulture met verskillende denkpatrone en visies en tensy daar nie iewers in die middel ‘n konneksie gaan kom nie kan almal vergeet van ‘nasiebou’ en vreedsame naasbestaan.

Hanna Hoekom ·

Jy is SO reg! Op die ou end is ons kulture maar net te verskillend. Een kultuur is nie noodwendig beter as n ander kultuur nie, maar verskillend is hulle beslis. En ek behoort die reg van assosiasie te mag uitoefen sonder om as n rassis gebrandmerk te word.

Michael ·

Op die foto is dit n student of n ma wat saam —aanjaag?

Marius ·

Bou op en maak reg wat verkeerd is boetie… Dis wat ons wit mense doen. Ons wil vooruit… Dis wie ons is. Mooi so!

Dries du Toit ·

Dink daai arme man dat hy enigsins iets behaal het. Al wat hy nou hopelik besef het is. Ons is totaal verskillend van mekaar en dat hierdie net n bevestiging is daarvan. Hierdie pypdroom van een nasie gaan die einde beteken van die sagte kruiperige witman. Voete was en smeek vir versoening het in die hele Afrika geen dividende gelewer nie. Afrika is leeu wereld en soetkoekies bak sal nooit werk nie

Johannes ·

Dries, ek stem nogal saam met jou opmerking. Ek dink dit het tyd geword dat ons almal die realiteite reguit in die oë begin kyk. Sedert die blanke se aankoms in Suider Afrika was hy begroet met konflik en geweld en plundery deur die swarte. Ons beste pogings om op ‘n beskaafde manier, ten spyte van ons totaal verskillende kulture, saam te woon en te werk in een land het tragies misluk. Al taal wat Afrika werklik verstaan is een van geweld en dat net die sterkste oorleef. Soos hulle sê: Afrika is nie vir sussies nie…

Blaarman ·

Maroela

Ek kan verstaan dat julle julle forums wil modereer. Maar asseblief, julle is TE erg. Sinvolle gesprek kan nie plaas vind nie want kommentaar wat geensins redelikerwys kan aanstoot gee nie word blokkeer.

Hennie Roets ·

Ek was deur my ouers geleer, as jy oorweeg om enige iemand in diens te neem doen jouself die guns, begin by sy/haar tuislike kombuis

Cornelia ·

Waarom word anargie deur énige regering wel toegelaat, vra ‘n mens met belangstelling. Is dit nie tog maar die eeue oue simptome van ‘n doelbewuste en sinnelose rewolusie teorie nie. Orde is eie aan ‘n denke wat verantwoordelikheid aanvaar vir die hede en toekomstige uitdagings met die oog op ‘n tasbare en sigbare bydrae tot oplossings in ‘n ratwerk van beskikbare talente en gawes in diens van ‘n Land en sy mense nie? Anargie is niks minder as ‘n verwerping van elke vorm van gesag. Selfs die diereryk toon ‘n lewensstyl waarin “Orde” van kardinale belang is. Wanneer anargistiese terreur groepe toegelaat word om ‘n hele samelewing se bestaansnorm te bedreig en bespotlik te maak, skuil daar gewis bonuspunte in vir die regering van die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.