Nuuskommentaar: Vuurhoutjies, buitebande, kontroversie en owerspel

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Te midde van die stroom lofprysinge vir die afgestorwe Mama Weto, of te wel Winnie Madikizela-Mandela, was verwysings na een van haar bekendste uitsprake aanvanklik so skaars soos hoendertande. Terwyl “necklacing” met die gevolglike wrede dood aan die orde van die dag was, hits sy die opstandelinge aan met die uitlating: “Met ons vuurhoutjies en buitebande gaan ons die land bevry.”

Later volg meer objektiewe artikels en berigte wat almal op kontroversie dui. Die Nederlandse Trouw vat dit goed saam deur te skryf dat sy in haar eie land geliefd (was) en verguis is. De Standaard van België skryf sy het tydens die donkerste dae van apartheid voor geloop, maar kon self nie die kontroversie wat haar omring het, heeltemal afskud nie.

The Telegraph haal emeritus aartsbiskop Desmond Tutu aan: “Tutu said he and generations of activists were ‘deeply’ inspired by Winnie Madikizela-Mandela, who died in a Johannesburg hospital on Monday, despite controversies that dogged the anti-apartheid struggle veteran until her death.” The Guardian skryf onder meer… “a hero of the anti-apartheid struggle in South Africa but also one of its most controversial figures, has died aged 81”.

Te midde van al die lofprysinge skryf Andrew Donaldson ’n besonder objektiewe artikel oor haar lewe, en skroom nie om negatiewe feite te opper nie. Hy skryf onder meer: “By the mid-1980s, however, she had become a public relations disaster for the mass democratic movement. Imperious, aloof and a law unto herself, the renegade Madikizela-Mandela not only endorsed such brutal acts as the ‘necklacing’ of suspected police informers, but was revealed as having been personally responsible for the murder, torture, abduction and assault of a number of men, women and children through the infamous Mandela United Football Club.

Wyle oudpres. Nelson Mandela op die dag van sy vrylating, 11 Februarie 1990, saam met sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela Foto: Allan Tannenbaum/Time Life Pictures/Getty Images)

Led by her bodyguard, Jerry Musivuzi Richardson, these thugs conducted a reign of terror over parts of Soweto as resistance to apartheid intensified.”

Haar betrokkenheid by die moord op die jonge Stompie Seipei het haar reputasie effens geknou, maar sy het uiteindelik ook hieruit heelhuids daarvan afgekom. Sy is skuldig bevind aan ontvoering en bystand aan aanranding. Haar ses jaar gevangenskap is onder appèl versag sodat sy nie tronkstraf uitgedien het nie.

Na berig word het veterane vir pres. Mandela ingelig oor sy vrou se huweliksontrouheid tydens sy aanhouding op Robbeneiland. Die huwelik was kort daarna daarmee heen.

Kort voor haar dood het sy nog haar radikalisme bevestig deur te sê sy beywer haar aktief daarvoor dat Julius Malema na die ANC sal terugkeer. ’n Glimlaggende en skynbaar instemmende pres. Ramaphosa het toegekyk.

Die optrede en uitsprake van Ramaphosa na Winnie se dood, laat egter geen twyfel nie – hy self sien net die goeie in haar raak, en daardie trompet gaan nou in Suid-Afrika geblaas word.

Of dit Ramaphosa se posisie ook kan deurmekaar krap, moet nog gesien word. Deur met die verering van Winnie oorboord te gaan, gaan die verhoudinge tussen wit en swart heel waarskynlik weer geknou word. Nie almal deel die euforie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Han ·

Dit is nie verbasend dat korruptes ander korruptes in Suid-Afrika ophemel nie – dit is aan die orde van die dag. Hierdie euforie oor Winnie Mandela kan nie vir ewig voortduur nie. Die sogenaamde “struggle” is deurspek met haat – daar is nie wenners nie. Almal sal eendag voor die groot Regter moet staan.

Alida ·

Ek hoop regtig nie ons gaan nou versmoor word met al haar “goeie dade” nie. Sy was oud en het gaan rus maar asb sy was nie ons almal se heldin nie.

snoefie ·

makisaki wat die paddaman sê nie, ons sal ons dosie buurhoudjies omhoof hou om die braaivleis vuur aan die brand te steek. want braai gaat ons braai.

Peet Schabort ·

Aan die voet van die Vrouemonument lê my HELDIN. In my voorhuis pryk haar foto al vir jare ongeteld. EMILY HOBHOUSE (1860-1926).

Jerry ·

Stilswye is die beste kommentaar mbt die gruwelike dade waarby die sogenaamde “mother of the nation” betrek was. Haar ophemeling is n siek klug.

Willem ·

Dankie aan organisasies soos Solidariteit, Afriforum se mense, mense, soos Herman, wat op Maroela die realiteite aan ons uitlig.

Jaycee ·

Dankie Herman. Die berig plaas die verwagte ophemelling van Winnie in perspektief.

Helena ·

Moet op prinse nie vertrou nie….. Sy het baie goeie dinge ook gedoen. Sterkte aan haar geliefdes.

VanAfrika ·

Wat se goeie dinge en vir wie, AS sy enigsins enige iets goed gedoen het?

Nel ·

Maar ongelukkig kanselleer al die gruwelikhede waarby sy betrokke was die “goeie” dade – as daar hoegenaamd enige was.

Elvira ·

Ek het al opgehou om TE PROBEER verstaan hoe hierdie mense dink en goed doen EN dan daarmee wegkom. Gelukkig glo ek dat haar tyd van afrekening nie in HIERDIE lewe was nie maar wel in die volgende.

Natan ·

Die wetteloosheid wat Winnie en die ANC bevorder het sal Suid Afrika se nek nog breek. Enige protesaksie het buitebande en vuurhoutjies. Met gisteraand se petrolbom aanval op ‘n bus is swart op swart geweld. Pleks dat sy dissipline gepredik het, want wanbetaling is ook hoog op die lys en maak dienslewering bankrot. Deurdat die ANC die struggle gewen het hoor ons net hul goeie kant, terwyl ons weet dat die wat nie met hulle saamgestem het verwyder is op maniere wat die sg. Waarheids -en Versoeningskomissie nooit aangeraak het nie. Die ANC is maar ‘n groep misdadigers wat die land plunder van sy seëninge, sien maar min positiewe gebeure na 1994, net selfverryking en haat.

Nou Winnie weg is sal haar monument van afbraak by elke protesaksie blom. Hopelik dra dit nie die kiem van burgeroorlog nie, selfs swart teen swart want onder die ANC word geen werk geskep nie en landelike gebiede verval in agteruitgang en armoede.

Leon Kaltwasser ·

Fokus – Ek kan dink aan 1 – sy het haar kinders as alleen grootgemaak – onder veel moeiliker omstandighede as waaraan die gemidelde enkelouer onderwerp word. Maar ons gaan tot na haar begrafnis toegegooi word met haar rol in die ‘struggle’. Maar ek dink nie dat dit daar gaan bly nie. Haar dood gaan momentum verleen aan die EFF en linkses in ANC om hul agenda punte te bevorder en selfs deur te voer (oa grondgrype). Tot haar gedagtenis.

Nel ·

Leon, ek twyfel sterk of sy haar kinders alleen groot gemaak het, onthou in die Afrikakultuur help die oumas, oupas , ooms en tannies en wie nog almal met kind grootmaak. En buitendien sy was tien teen een so besig met haar komplotte en politiekery dat sy seker in elk geval nie veel tyd vir haar kinders oor gehad het nie.

Hendrik ·

Dit is skok my elke keer tot in my tone as ek fotos van die halsnoermoorde te sien . Dit is egter baie erger as onthoofding en die slagoffer gaan baie stadig en pynlik dood…

Oom Kalahari ·

Herman Toerien se uiteensetting hierbo is mooi saamgestel en al die kommentare is so positief as moontlik wat waarheid weerspieel en “Helena” is of nog baie jonk en die sogenaamde Mandela kind of droom nog van daardie vooruitstrewende Utopia. Almal wil graag positief wees en die graag ‘n pragtige land en toekoms nastreef en tog weerspieel die werklikhede daagliks wat die toekoms in geheel plaas. Die dame “Winnie” se verlede het maar ‘n donker radikale prentjie en was daar nie veel aan gesag omgegee nie en ook was daar maar vele geraamtes in die kas. Julius M is die klei beeldjie wat deur haar gevorm is en vandag die gedrag en optredes voortsit. Sal graag verneem watter positiewe bydrae sy gelewer het om alle gemeenskappe te laat verenig en vrede en stabiliteit daar te stel met haar Ikoon / Mamma van die nasie identiteit.

Oom Kalahari ·

Daar sal nou sekerlik oral gebiede, straatname en beelde oprys ter ere van die Ikoon en heldin van Afrika. Belasting betaler gelde sal weer handig te pas kom en ‘n Staats begrafnis sal sekerlik ter ere van hierdie groot Apartheids vegter gehou word. Dit is mos nou ‘n land van melk en heuning terwyl misdaad die oorhand geneem het en minderheids groep verdruk word tot werkloosheid, vertrapping, verkleinering, verarming en uitwissing van ‘n Godsdiens, Taal en kultuur. Alles te danke aan die Ikoon. Sterkte aan die familie.

lizl ·

Ek het nou na `n video gekyk van `n necklace… 3 persone op een slag aan die brand gesteek. jammer ek kan dit nie hier deel sodat meer mense dit kan sien

Casper Labuschagne ·

Net soos ek vermoed het, tree “St Winnie, die heilige” nou in die media na vore en enige protes daarteen word as rassisties afgemaak. Tyd om die media af te skakel tot lank na haar begrafnis.

Gerhardb ·

Was ook ‘n SAP lid tydens haar uitsprake. Het die halsnoer moorde self gesien en geruik….Jammer maar niks goeds te se oor haar nie. Ek stem maar saam met Snoefie.

E.K. die eerste ·

Nou-ja…sy het weggekom sonder om tronkstraf vir die Stompie Sepei saak te kry, maar aan die “Anderkant” gaan dit nie so maklik wees nie. Wag ook nou vir strate, skole, winkels ens wat na haar vernoem gaan word.

Willem ·

Die ANC soek helde en daar is nie, nou verhef hulle maar kriminele tot heldestatus, vir jare al klap hulle hande vir sodaniges.

Chris ·

Ek het die vrou so ongeveer 10 jaar gelede persoonlik in haar huis in Soweto ontmoet. Dit was na die “sokkel/struggle” jare. Sy het op die oog af gemaklik geleef en niks het haar tekort gekom nie. Daar was motors in die oprit en daar was “sekuriteitswagte” wat daar rondgehang het. Geen spoor van vyandigheid was van haar of haar personeel te bespeur nie. Ek het haar as ‘n baie aangename persoon ervaar en was daar geen arrogansie of antagonisme in haar optrede of houding teenoor ons te bespeur nie. Ons is gul en hartlik in haar huis ontvang. Die vrou is nie meer daar nie. Ek vra myself net af wat het sy “deurgemaak”. Ek was aanvanlik baie negatief op die besoek ingestel maar het van mening verander. Mens moet nie alles vir soetkoek opeet nie. Ek dink daar was ‘n media veldtog teen die vrou. Het sy in enige hof verskyn en is sy bo enige twyfel skuldig aan enige misdaad skuldig bevind. Kan nie so iets onthou nie. Ek sal nou nie ‘n huldeblyk aan haar kan bring nie, maar sy was seker vir baie “the mother/mugger of the nation”. Sy was met Mandela getroud. Sy het ook seker soos elke mens behoeftes en drange gehad, maar wie is ons om te oordeel.

Johan ·

Mense vergeet, sy was skuldig bevind op Stompie se woord maar geen tronkstraf uit gedien ?, sy was skuldig bevind op aanklagtes van bedrog en diefstal met die Saambou sage, Moolman wat saam haar skuldig bevind was moes tronkstraf uitdien. ?

Elsa ·

Ons het nou ‘n OORDOSIS winnie mandele, genoeg is ook genoeg, sy is bewus van niks en vrouedag hoop ek gaan nie nou ge met haar naam bederf word nie…sy moes haar roos gekry het toe sy gelewe het….ook al haar dade , nee genade, kry nou end

Theresa ·

Haar opstandigheid en manier van doen leef voort in die man wat seker binnekort openlik weer deel van die ANC sal wees. In tussen is dit arm in die lug, vuis gebal, gesig vertrek en haat en moord wat geskree word.
So nee, het nooit van haar gehou nie. Hoef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.