Nuuskommentaar: Waarde van die Solidariteit Beweging

Terwyl ‘n groot deel van die land saam met die Gautengers gejuig het oor ‘n dringende hofbeslissing dat die e-tol nie nou geïmplementeer kan word nie, het rubriekskrywers en koerante se hoofredaksies byna voor die voet hul penne in gal gedoop om die pas-afgelope Vryheidsdag te gedenk.

Aan die spits van die e-tolsege staan ‘n organisasie wat pas hiervoor tot stand gekom het, bekend as Outa, maar kort tevore het nog ‘n sosiopolitieke beweging tot stand gekom wat dui op ‘n breë persepsie van die verkrummeling van die owerheidsektor. Hierdie nuwe beweging staan as die Solidariteit Beweging bekend.
Die skielike ontstaan van die Wall Street-protesbeweging het duidelik getoon hoe wantroue in die bestaande orde die vorming van sosio-ekonomiese bewegings stimuleer.

Die breë pessimisme wat rondom Vryheidsdag in die lug losgelaat is, is nie sonder empiriese gronde nie. Al die ekonomiese en politieke faktore is in Suid-Afrika teenwoordig sodat meer en meer inisiatiewe die lig sien om ander maniere te soek om die land, of ‘n sektor van die bevolking, se sake reg te ruk, eerder as om te vertrou op ‘n regering wat geen vertroue inboesem nie.

Volgens Markinor het 45 % van die Suid-Afrikaanse bevolking in Desember verlede jaar gemeen pres. Jacob Zuma vaar goed as regeringshoof. Dit beteken die vertroue in sy vermoë het sedert hy as president ingehuldig is, skerp gedaal. Op ‘n Galluppeiling verlede jaar het Zuma wel nog beter gevaar, naamlik 57 %, maar het in die proses die omstrede Swazi-koning net met een persent geklop, maar darem heelwat beter as Mugabe gevaar.

Sosiopolitieke bewegings het egter nie net ‘n geskikte sosiopolitieke klimaat nodig om te bestaan nie, maar moet ook oor eie goeie bestuurs- en organisasievaardighede beskik. Uiteindelik moet dit ‘n duidelike doel en beleid hê. Oor al hierdie eienskappe het die Solidariteit Beweging ‘n bewese vermoë. Verskeie kwessies gaan dit vir die beweging nie maklik maak nie. Politieke partye neig om nie al te opgewonde te wees nie, omdat dit enersyds as bedreiging vir hul eie steun beskou word, maar dit ook as ‘n tipe mosie van wantroue beskou in hul, die partye, se vermoë om via die politiek en burokrasie die demokratiese regeringstrukture iets te vermag.

Lede van die beweging sal op hul beurt ongemaklik wees wanneer die beweging te na-aan ‘n politieke party of partye beweeg na hul sin. Dit gebeur veral as dit ‘n party is wat nie deur die ongelukkiges gesteun word nie, of wat hulle voel se doelwitte te veel van die beweging se eie verskil om gesteun behoort te word.

Die volledige artikel kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.