Nuuskommentaar: Waarheen met Geloftedag?

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

As na die beskikbare mediaberigte en nuusverklarings vir Geloftedag en Versoeningsdag gekyk word, lyk dit of die waarheid ’n slagoffer geword het en veral pres. Cyril Ramaphosa se sienings problematies gemaak het.

In verskeie SAUK-nuusbulletins is na Versoeningsdag, voorheen Geloftedag, verwys. In ’n nuusbulletin is selfs na die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, se toespraak by Bothaville as ’n Versoeningsdag-toespraak verwys.

In die proses word ’n prentjie van of die een of die ander geskep. Op amptelike kalenders moes Geloftedag inderdaad plek maak vir Versoeningsdag, maar dit laat bloot die vraag ontstaan: Was Geloftedag ooit vir alle Suid-Afrikaners bedoel? Of was dit eintlik net bedoel vir die naasbestaandes van diegene wat in die laer van die strafkommando die Gelofte opgestel en afgelê het? Of vir alle Afrikaners?

’n Probleem is dat die oorspronklike Gelofte verlore gegaan het.

In ’n goed-nagevorste artikel op Netwerk24 skryf die bekende Neels Jackson, voorheen redakteur van die Kerkbode, in wese dat ’n mens se vertolking oor die inbinding van die Gelofte afhang van wie se rekonstruksie ’n mens aanvaar. Hy brei uit oor die weergawe van prof. Floors van Jaarsveld wie se weergawe hom ’n teer-en-veer-sessie by die AWB-leier Eugene Terre’Blanche en van sy ondersteuners op die lyf laat loop het.

Jackson brei ook uit oor hoe politiek, en spesifiek nasionalisme, die suiwerheid van die Gelofte geërodeer het. Hoewel onvolledig, is dit ter wille van ruimte al oor Jackson se artikel.

Dit is inderdaad moeilik om te verklaar hoekom soveel geskiedenisboeke hierna die deelname van bruin bediendes en swart skerpskutters van Port Natal aan die strafkommando se ekspedisie verswyg, anders as dat dit teen ’n politieke agtergrond geskryf is. Voorts het artikels deur bekendes, onder andere ’n bekende teoloog, onlangs nog na die vroue en kinders in die laer van Bloedrivier verwys, terwyl Andries Pretorius self ’n verbod op die deelname van vroue en kinders geplaas het.

Die bedoeling hier is nie om die geskiedenis reg te timmer of te herskryf nie, maar bloot om te wys dat dit ingewikkeld is as die oorspronklike verlore is, en uit verskeie, of geselekteerde bronne herkonstrueer moet word. Daar is ewe-eens verskille oor weergawes dat die Gelofte inderdaad insluit dat dit jaarliks gedenk moet word, en as ’n Sabbat. Andries Pretorius self het dit byvoorbeeld nie onderhou nie.

Waaroor daar nie verskil behoort te word nie, is die volkeregtelike reg van minderhede om kulturele gebruike te onderhou (met beperkings soos dat dit nie sedisie in die hand werk nie). Dié reg is ook in die grondwet vervat.

As na ander dokumente gekyk word waarvan die outentiekheid nie betwyfel kan word nie, soos Piet Retief se manifes wat in die Grahamstown Journal gepubliseer is. Hierin dui Retief aan dat swart bure gerespekteer sal word. Die sesde rede vir die Groot Trek lui byvoorbeeld soos volg: “We solemnly declare that we quit this colony with a desire to lead a more quiet life than we have heretofore done. We will not molest any people, nor deprive them of the smallest property; but, if attacked, we shall consider ourselves fully justified in defending our persons and effects, to the utmost of our ability, against every enemy.”

Die agste rede sluit hierby aan: “We propose, in the course of our journey, and on arriving at the country in which we shall permanently reside, to make known to the native tribes our intentions, and our desire to live in peace and friendly intercourse with them.”

Terwyl onder Afrikaners geen eenstemmigheid is oor die implikasies van die Gelofte nie, ongelukkig soms moedswillig, lyk dit of Retief self nie ’n konflik tussen die Gelofte- en die Versoeningsdag sou hê nie, was die hele bespreking hiervan bloot oor die strominge aan die een kant van die munt. Die ander kant van die munt moet dieselfde gees adem, en die sterkste aanduider sou wees die inhoud en trant van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak, wat die hoofrede op die amptelike vieringe van Versoeningsdag was.

Die aanloop tot die toespraak was ongelukkig nie baie bemoedigend nie. Maroela het dit gister in sy buitengewone nuuskommentaar onder die loep geneem. In sy toespraak, soos weergegee deur Netwerk24, is dit duidelik dat Ramaphosa nou by die swart Amerikaanse siening aansluit (daar is nie duidelikheid oor hoe wyd hierdie siening werklik onder swart Amerikaners verteenwoordigend is nie, maar dit word as algemeen verteenwoordigend aangebied) dat ’n wit persoon eers as nie-rassig beskryf kan word as hy fisies vergoeding opgedok het vir die onderdrukking van die verlede.

’n Jong wit Amerikaner, selfs al het hy heeltemal nie-rassig grootgeword en met ’n swart vrou getrou, sal as rassis beskou word tot die fisiese boetedoening. Dit sal Ramaphosa loon om ook kennis te neem dat peilings in die VSA daarop dui dat rasseverhoudinge in die VSA versleg.

In sy Versoeningsdag-toespraak het Ramaphosa in wese gesê versoening in Suid-Afrika is onmoontlik solank as wat die meerderheid Suid-Afrikaners steeds gebuk gaan onder die ongeregtighede van die verlede.

Om hierdie rede sal “grondhervorming” (eintlik grondgryp sonder vergoeding) ’n belangrike deel van die versoeningsproses uitmaak. Dit sluit aan by sy verduideliking hoekom hy sekere wyse van die viering van Geloftedag as ’n struikelblok vir nasionale versiening beskou. Sy weergawe van die Slag van Bloedrivier en die gebeure daarna is egter ver verwyder van die werklikheid. Dit kom daarop neer dat Zoeloes in wese uit selfverdediging opgetree het om te keer dat hulle van hul grond beroof word, maar deur die Trekkers “uitgemoor” is.

’n Kontekstualisering van wat Ramaphosa gesê het teen die agtergrond van die algemene verkiesing is moeilik te regverdig omdat dit een van die belangrikste oplossings, die waarheid, in die voet skiet.

Deur die grootliks afwesigheid van gepubliseerde Geloftedag-toesprake, word op die toespraak by Bothaville van dr. Groenewald (VF Plus) gefokus. Die opskrif is klaarblyklik ’n spesifieke vermaning aan Ramaphosa: “Versoeningsdag: Moenie Afrikaner sondebok maak

“Die Grondwet van Suid-Afrika gee Afrikaners die reg om hul kultuur en erfenis te herdenk en uit te leef. Die herdenking van 16 Desember word deur die meeste Afrikaners gesien as Geloftedag binne die konteks van ʼn gelofte wat afgelê is in 1838.

Die Gelofte by Bloedrivier is nie deur ʼn regering afgelê nie, maar deur die voorsate van die Afrikanervolk. Dit is dus die Afrikaner se keuse om Geloftedag te herdenk. Versoeningsdag en die jaarlikse herdenking van die 1838‑gelofte staan nie teenoor mekaar nie. Dit is ’n fout om Afrikaners te probeer dwing om tussen die twee te kies.

Die meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hul kinders. Hulle soek ook die reg om hulleself te wees, as byvoorbeeld Afrikaners, in ’n land met baie tale en kulture.

Daar is groot rede tot kommer oor die wyse waarop die Afrikaner se geskiedenis tans negatief en eensydig aangebied word ter wille van populisme. Die Afrikaner word die sondebok gemaak vir alles wat verkeerd loop in Suid-Afrika.

Verdere brandpunte is die grondkwessie en veldtogte om Afrikaners en witmense as misdadigers in hul eie land voor te stel, asof hulle die land se grond gesteel het.

Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon en Afrikaners het oor eeue ʼn belangrike rol gespeel om die land op te bou tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Afrikaners kan en moet trots wees op hierdie bydrae van opbou en hoef nie verskonend daarvoor te wees nie.

Mense moet nie die Afrikaner die sondebok maak vir hul eie mislukkings en onvermoë om sukses te behaal nie. Versoening en nasiebou sal werk wanneer geen groep of individu beledig, bedreig, onderdruk of gemarginaliseer in die land voel nie, en wedersydse respek vir mekaar se verskille betoon en erken word.

Indien versoening in Suid-Afrika beteken dat sekere volke en kultuurgroepe dit wat hul eie is, moet vernietig, opoffer en verskoning daarvoor vra, is dit nie werklike versoening nie, maar polarisasie en ’n resep vir konflik.”

Grondgryp sonder vergoeding is nie deel van die oplossing nie, maar deel van die probleem. ’n Mens verwag beter van ’n president as om sy ampseed vir ’n ses te slaan en die waarheid uit die speelveld te moker. Moenie die Afrikaner se vermoë tot selfbemagtiging deur nieu-apartheid vernietig nie – laat dit eerder blom sodat die ekonomie kan blom tot voordeel van almal in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hanna Hoekom ·

“Our people” het nog nooit in versoening belang gestel nie. Vergelding, vergelding en nogmaals vergelding! Red nou n nasie…

Retha Bain ·

Geloftedag is n godsdienstige dag en Versoeningsdag is polities. Op 16 Desember 1838 het die God van Israel en die Afrikaner oor die satansmagte geseëvier. Almal in daai laer was nie wit en Afrikaans nie. Vandag word Geloftedag nie deur alle Afrikaners geëer nie. So mag anderkleurige Christene ook hierdie dag gedenk vir wat dit is – God se antwoord op die smekinge van n groep van 700+ Christene oor die goddelose?. Hoekom kan ons dit nie as n Godsdienstige dag laat verklaar , en ook die Versoeningsdag eer. Die 2 dae kan vir die Christen Afrikaner ( en anderkleurige Christene) hand aan hand loop en nie teen mekaar nie. Maar daar word n baie ernstige aanmaning gedoen aan Alle Afrikaners – as julle nie hierdie Gelofte nakom nie, sal julle julle weer in dieselfde situasie bevind! (En die skrif is aan die muur….) Dit is dalk nou so dat die Afrikaner skielik wakker geskrik het en op hulle knieë gedwing is – God red ons Nasie!

Rudolf ·

Hulle kan gelofte dag tot in tot nog in vervelens hou, dit sal geen positiewe uitwerking op die Wêreld probleme en of persoonlike probleme behaal nie, want die gelofte word as simbool voorgehou en verklaar… Vir watter Wêreld werk ons…?

Thinus Erasmus ·

Herman ek stem soveel saam met jou dat ek eintlik verwonderd is dat MM wel die artikel plaas.
My siening is dat daar nie vrede in die land sal wees tussen groepe wat mekaar wantrou, valslik beskuldig en weier om verantwoording te aanvaar. Totdat daar besluit word om ter wille van vrede, aanvaar word dat die verskille onversoenbaar is, en dan ‘n nuwe skikking bereik word.
Ons is nie almal dieselfde nie – die wat almal gelyk en saam wil wees kan en mag nie ons dwing om by hul in te skakel nie. Die wat nie saam een wil wees nie, is noodwendig ook nie net een groep nie. Aanvaar dit, aanvaar die werklikheid en waarheid, dan kan ons vorentoe gaan – ja selfs in vrede!

Spike ·

cyril en comrades stel nie belang in versoening. Hulle vernietig net. Nog ñ patetiese president. Kannie glo dat dit ons weer tref nie.

Apple ·

Skenk gelofte dag vir die ANC. Dit sal hulle so bietjie besighou om dit af te brand.

Johan ·

Die President sê die Slag van Bloedrivier die Voortrekkers se wraak teen die Zoeloes was. Maar dit was die Zoeloes wat die Voortrekkers aangeval het. En nie andersom nie…..

Johan H. ·

Soos iemand tereg verwys het, versoen julle maar,, dankie maar nee dankie!! Net n dwaas maak dieselfde fout tweemaal!!! N boom word geken aan sy vrugte, ,,,

Johanna Botha ·

Ummmm presies die voortrekkers was aangeval …hel die mense weet min en kom met dit weg !

Andre Stander ·

Baie ou gesêgde wat sê “if you repeat the lie enough, it becomes the truth”.

En die kommuniste pas dit met Groot effek toe. “Whites stole the land from blacks”. “Whites raped and murdered our grandfathers and grandmothers, and stole their land”.
En so gaan dit aan. En so laat ons dit maar toe. En so sal die waarheid saam met ons sterf….

Nunu ·

Ons is gatvol omverskoning gevra. Ons kruip al 25jr en sê sorry sorry sorry ons Oupas was onredelik. Kan ons nou net begin bou asb. Gee jong wit kinders ook werk. Ons is terug waar n ambag jou meer gaan help as n graad. Maar hoor nou die laaste sorry en begin bou. Beide kante het kleinkinders wat moet lei in di toekoms.

Gys ·

Ek het nog nooit maar nooit in my 46 jaar op die planeet om verskoning gevra vir my Afrikanerskap of dit wat Afrikaners gedoen het nie.
As ander mense dit wil doen, dan is dit maar tot daarnatoe, hulle laat my koud.
Bygesê, my vel was maar nog altyd aan die dik kant gewees…
Dikvelligheid kom jou goed te pas, hetsy in die politiek, by die werk, of waar ook al.

Charlotta ·

As jy bly terug kyk, sien jy nie die mooi en positiewe dinge raak nie.
Oppas vir die groot rots in julle pad.

Gaitsigubib ·

Geloftes en beloftes verbind jou Charlotta. Dan kan jy mos ook se dat jou man nie getrou aan jou hoef te wees nie, want sy liefde/ belofte was in die verlede? Jy alleen sal weet of die Gelofte vir jou van betekenis is of nie. As dit vir jou niks beteken nie, ignoreer dit, maar as jy wil he dat ander, soos ek wat ‘n direkte naasaat van Piet Retief is, die ketting van hierdie Gelofte sal breek, dan verstaan jy nie wat die waarde van ‘n man se woord vir hom is nie. As daar dan ‘n groot rots in my pad is dan klim ek hom want die regte pad is dikwel nie die maklike pad nie. Vrede vir jou, Groete Piet.

Paul ·

Herman, baie dankie vir mense soos jy, Ernst Roets, Flip Buys, Dr Dirk Hermann, Dr Leopold Scholtz, Dr Pieter Groenewald en andere wat hierdie inligting en die realiteite van die gebeure in die Afrikaner se geskiedenis, soos nagevors, op ‘n deurlopende basis vir ons deurgee, ons wat nie die kundigheid of toegang tot daardie dokumentasie het nie.

Dan is dit sekerlik, daar waar ons, die Afrikaner spesifiek, ‘n volle aanslag van CR, die regering en die ANC beleef, toenemend en in velheid sal beleef, goed dat al hierdie, veral in dié dae uitgelig word, onder die loep geneem is, en dat hierdie inligting en geskrifte in die openbare domein neerslag vind, dat dit in gesprekke en debatte die weg sal vind tot selfs op die lessenaars van diegene wat die Afrikaner en wit mense kwaadgesind is.

Mag dit soos ‘n golf die wêreld oorspoel.

Spike ·

Cyril en comrades weet presies hoekom is daar wraak geneem, maar soos ek saam met hulle groot geword het en hulle ken is hulle nooit skuldig aan enige iets nie. Jy kan hulle redhanded vang.

Erika Ochse ·

As my swart landgenote dan nog steeds gebukgaan onder onreg van die verlede moet ‘n mens jouself afvra watse leiers het hulle . Die wittes kan vir die afgelope 25 jaar nie meer in hulle pad staan nie. Dis bog. hullle wys nou self dat die lleemte in hulle geestelike mondering lê. Dis nie die wittes se skuld nie. Hulle kon al 25 jaar gelede die resep uit die “wit welvaartboek” geskeur het. Die enkeles van hulle wat begin bak het, kyk nie na ander nie, maar sorg vir hullle eie vrugteboord. Ongelukkig help die swart leiers hierdie agtergeblewenes, nie reg en speel nie die opvoedkundige rol in hullle gemeenskap wat die verskil sal maark ne. Bloeddorstige opswepery bring die armes nie ‘n ssent in die sak nie en hulle leiers ignoreer dit.

Piet Piet ·

Hallo Hermann, jy raak iets aan maar dan laat hang jy dit in die lug. Wie is inderdaad verplig om die gelofte na te kom. Net die mense teenwoordig of alle Afrikaners? Soos jy tereg opmerk was daar swartes ook teenwoordig maar ook buitelanders. Is hulle dus uitgesluit of val hulle ook onder hierdie juk?

Gaitsigubib ·

Piet ek is so jammer dat jy dink dat hierdie Gelofte, n “juk” vir iemand kan wees. Ek self vier Geloftedag in blydskap want ek glo in die wonderwerk wat hier plaasgevind het. Ek gaan jou nie die geskiedenis vertel nie, as jy voel dat hierdie dag ‘n “juk” is, moet jy asseblief jouself daarvan distansieer, want dis nie die ANC nie, maar mense soos jy wat die verkeerde idee by ander kweek van wat hierdie dag werklik is. Dankie God vir U genade, Amen.

alwyn burger ·

Laat ons die Gelofte afskaf. Dit is kinderlik mooi maar die tye het verander. Ek meen mans trou nou al met mekaar!!?.Ons Afrikaners , met al ons skubbe ,het nie gedenkdae nodig om staande te bly nie. On s het ons al klaar in die oë van die wêreld bewys as ñ mees indrukwekkende minderheidsgroep.

Johan ·

Alwyn nou help jy die kommunistiese regering om ‘n belofte wat aan God gemaak is te probeer afskaf en te vergeet want daar is nie meer ruggraat in die blankes nie. Nee ongelukkig was die belofte nie aan mense gemaak nie maar aan die Allerhoogste wat hulle die dag bygestaan het om die stryd teen duisende te wen wat hulle wou vermoor het. So dit gaan nie oor hoe tye verander het nie want dit is die mens wat besluit dat mans met mans trou dit is beslis nie Bybels nie. Dit is dieselfde jy se vir my en duisende wat op die grens geveg het en baie broers verloor het vergeet van daai jare, tye het verander ons word nou deur die kommunisme regeer. Dit is teen my beginsel en sal nie my beginsels verander om aan te pas by kommunisme net omdat tye verander het nie.

Conrad ·

Alwyn, ek oordeel dat jy die belangrikste aspek van die gelofte miskyk, nl. dat hierdie gelofte gemaak is aan God en dat ons nie sommer lukraak eers kan raak aan die moontlikheid om dit eensydig sommer te herroep nie. Nee my vriend, ons moet dit sien sien vir wat dit is – ń Gelofte aan God! As sulks is dit vir my kosbaar en moet ons by die letter daarvan hou. In hierdie land is ons (Afrikaners) besig om stukkie vir stukkie prys te gee dit wat vir ons kosbaar is, dit wat ons definieer wie ons is!! Vergelyk die aanslae teen Godsdiens in ons skole, die redusering van die onderwys tot ń niksseggende entiteit, so- ook die redusering van die Christelike dae op die kalender, en so sou mens kon voortgaan. Nee my vriend, Geloftedag kan nie, mag nie net maar “gelos” word omdat ander mense aanstoot mag neem nie. Wanneer God betrokke is, moet ons biddend nader!

Rudolf ·

Dit klink vir my so al na om te verwys wie hierdie verlore skape van Isreal sou wees…

Pieter ·

Volgens Cyril moet die wittes betaal om boete te doen weens kamstige onreg teen die swarte. Wel Cyril, jou argument is bog. Ons betaal van die hoogste belastingkoerse in die wêreld sonder om iets noemenswaardig in ruil daarvoor te kry. Die geld gaan na jou people. Daarby staan Cyril oor $550 Miljoen sterk (ook met steenkoolverkope aan Eskom en vernietiging van waterbronne). Hy kan mos baie bydrae, begin sommer met die Marikana mense.

Die Gelofte is nooit irrelevant nie. Hierdie Gelofte en geloof gaan ons weer red vorentoe. Dit traak my nie wat die kaf doen nie, Jesus het die kaf van die koring kom skei.

Jan ·

Ek vier Geloftdag. Dit is net vir Afrkaners. Die res vd liberalistet kan hulke versoeningsdag saam met terroriste moordenaars staatskapers vier Hulke kan nie eers onder mekaar versoen nie. Lyk dit of daar versoening onder die ANC die DA en politici is. Versoeningsdag is n politieke instellinf wat NIKS beteken.

Irene ·

Cyril wens jul wil tog op hou om altyd wir vir alles blameer oorlog was oorlog word asb groot en bou SA op

Koos Pienaar ·

Hierdie gelofte het niks met wit of swart te doen. Dit was ‘n klein groepe Voortrekkers en ek wil glo dat daar ook swartmense was ,wat ‘n oormag van Zoeloes moes afweer. Al wat julle gedoen het was om vir hulle God te vra om hulle te laat wen. As belofte aan Hom sal hulle en hul nageslag die dag altyd aan Hom opdra. Word ons nou voordeel omdat ons, ons God eer en as nageslag die gelofte nakom. Kyk hoeveel waarde heg swartmense aan hulle voorvadergeeste en as blankes respekteer ons dit. Baie van ons help hulle finansieel om deel te neem aan hulle rituele. Maar nou ja baie mense en politieke partye wil eerder polities reg wees as om aan Hom die erkenning te gee vir Sy genade daardie dag. Party skryf selfs Sy naam uit die politieke party se grondwet.

Sarel ·

Wanneer ons Bloedrivier aanbreek sal ons wel gou besef wie die Gelofte moet en moes onderhou.
Israel het ook deur hul hele bybeltydse bestaan dieselfde as ons gedoen, as daar gevaar, swaarkry en arremmoed dreig onthou ons waar ons hulp vandaan kom, sodra dit goed gaan is dit ons eie vermoe en is die eie ek die belangrikste.
Die wat voorvader geeste en hulself aanbid het geen verpligting om die gelofte te onderhou nie.
Die blanke se krag het nog altyd in hul geloof gele, ons vernietig onsself.
Sarel Cilliers was juis aanvanklik onseker of hy moes toestem tot die doen van die gelofte en was sy vraag, wat as die nageslagte nie die gelofte sou onderhou nie? Hy het egter besef dat op hulle eie het hulle geen kans nie.

Koos de Meyer. ·

Johan ek stem saam met jou. Geloftedag is daar om in ons Afrikaanse beginsels te bly. Dis ‘n gelofte aan die allerhoogste. Politiek het niks daarmee te doen nie. Die joiners moet maar join, maar ek en my huis ons sal geloftedag hou en eerbiedig.

Cornelia ·

Laat die Afrikaner wat die Gelofte eer en onderhou, op God se bevel, dit met blye dankerkent’nis doen. Die Here het behae in ‘n bietjie wat ongeveins volhard eerder as ‘n groot getal wat gedwing voel om voete te sleep. Bly getrou aan die inhoud van ‘n Gelofte soos die Here daarin behae het. Die “Slag van Bloedrivier” getuig van God se getrouheid aan Sy Beloftes in oorweldigende nood en benoudheid en tweedens van die Krag van gebed, geloofsoorgawe en vaste vertroue op God se beskikking en genade. Verskuif maar “versoeningsdag agendas” na ‘n ander dag, datum en maand. Dan hoef die anc nie gebelgd te voel oor die twee verskillende boodskappe op dieselfde dag nie. Die dag en die datum was lank voor Ramaphosa se geboortedag, reeds vasgelê. So sal dit bly. ‘n Gelofte wat in die Hemel aangeneem is en van groter dinge getuig as hierdie wêreld.

Kosie vd Merwe ·

Hoe kan ň mens president van land word en so oningelig wees. Wat het gelei tot bloedrivier mnr Ramaphosa. Het u al gehoor van Piet Retief…Bloukrans waar 180 kinders en 56 vrouens vermoor is. Skrik wakker meneer R. Dingaan het sy toordokters se raad gevolg . Wonder wie adviseer jou?

pb ·

En as God sou besluit het dat die Trekkers die geveg moes verloor….wat sou van die gelofte geword het??

Ek kan slegs n verbond onderhou wat deur God ingestel is. Die Gelofte is daarom nie bindend vir my of my familie nie.

Ek bid wel tot God op daaglikse basis vir versoening en vrede in hierdie land

Sarel ·

Is dit juis nie die esensie van wat teen alle menslike rede in die oorwinning moontlik gemaak het nie. Dit was juis die voortrekkers se besef dat slegs GOD se ingryping hulle kon red. Sou GOD nie hulle gelofte aangeneem het nie en die voortrekkers laat uitwis het was baie van ons nie vandag hier nie en sou geloftedag nie gevier word nie.
Die gelofte was juis dat indien U die oorwinning gee dan sal die gelofte se inhoud herdenk en nagekom word.

Henry ·

N mens moet mooi kyk met wie jy jouself vergelyk. Paul Kruger het sy ” sterrekundiges ” geraadpleeg oor die bou van die voortrekker monument sodat dat die son elke jaar op die 16de Desember te voorskyn kom. So se Elohim dat hy nie in kip geboue woon nie en dan beraad Paul Kruger ook nog met Astrologers. Kink vir my baie heidens. Net so het die Israeliete ook begin valse gode aanbid toe moses op die berg was.En dan het die Voortrekkers beloof om die geloftedag elke jaar te onderhou soos hulle die Sabbath onderhou. Net jammer die Sabbath is nie op n Sondag nie maar n Saterdag.
Ons nasie moet terug keer na Bybel principals. Ons nasie gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis omdat ons die kennis verwerp.

ZAR ·

Henry, jy het die kat aan die stert beet. Die voortrekkermonument is eers in 1937 gebou. Paul Kruger het niks te doen gehad met die bou of argitektuur nie.

Cornelia ·

@pb Het jy opgelet dat God die Gelofte aangeneem het? Het jy kennis geneem dat “as” nie ter sprake is nie! Die uitslag toon dat God die stem wat tot Hom Roep nie ignoreer nie. En dat Hy die Gelofte AANGENEEM het. Moenie aanstoot neem aan wat God geheilig het tot die EER en VERHEERLIKING van Sy Naam nie! Nou ja julle klomp astroloë, dat julle sowaar die sterre so fyn bekyk het dat julle die ster van Betlehem opgelet het asook die betekenis vd ster! En toe spring julle weg om ver te reis om aan die “boodskap” wat die ster “verkondig” het, Hulde te gaan bring? Die Voortrekker monument is die “simboliek” en sigbare herinnering van God se wonderwerk in ons volksgeskiedenis vd verlede. En die Gelofte die belofte dat ons dit nooit sal vergeet nie en Hom blywend sal Eer en dank.

Rudolf ·

Hulle sê vir die wat die verskeining lief gehad het, verlede tyd, hoe klink dit in die hede…? Die insig van om te leef wie hierdie verlore skape van Isreal is…

Ons word tog in die bestel van meer as net al hierdie ingebring en verlaat dit alleen…

Daar moet tog n groter rede wees…

Dienkie ·

In Suid-Afrika kan 16 Desember nie bekend staan “Versoeningsdag” nie en wel om die volgende redes:
*Sinnelose moorde op die Blankeboer – regering doen niks om hulle te beskerm nie
*Diefstal van die Blanke se eiendom sg. “Onteiening sonder vergoeding”
*Onregverdige tronkstraf van Blankes
*Daar is sekere politici wat hulle skuldig maak aan haatspraak teenoor die Blankes maar daar word NIKS aan hulle gedoen nie
*BEE – Blankes word uitgesluit uit die arbeidsmark net op grond van hulle velkleur.

Solank as wat daar deur die regering voortgegaan word met bogenoemde kan daar geen sprake wees van “Versoeningsdag” nie.

16 Desember word deur Blankes herdenk as GELOFTEDAG want die Voortrekkers het ‘n belofte aan God gedoen.

Stephan de S ·

Dankie vir n verhelderende artikel en ook uitstekende kommentare.

Andre Fouche ·

Ergste van alles is as CR se beeste en wild op veilings is dan is dit maar meestal (indien nie altyd nie) wit boere wat dit koop. Ek wonder maar net as die gans wat die goue eiers le se nek omgedraai word wie gaan dan vir die gelag betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.