Nuuskommentaar: Waarheen met pleitende landbou en Reserwebank te midde van ANC-rebellie?

Ace Magashule (Foto: ANA)

Is die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, besig om openlik die party uit president Cyril Ramaphosa se hande te wring? Kom Ramaphosa self die mas op, of pas hy beleid daagliks aan om verskillende magsbasisse in die ANC so rustig as moontlik te hou, en in die proses eenvoudig vertroue wat hy self pas geskep het, soos by die landbou, in die steek te laat in pogings om interne rebellies te probeer voorkom? Vir sommige van die sektore wat in werklikheid aan hul lot oorgelaat word, handel dit nie net oor welvaart – ook die land se welvaart – nie, maar om die betrokkenes se lewens.

Veel meer as die landbou dra nou by tot ’n gees van post‑euforiese trauma. Hierdie trauma het die opgewondenheid van ’n Zuma-bevryde land se gees van bevryding met trauma vervang – heel gepas vir ’n land wat begin ontrafel in hoe verre ’n mate die land gekaap was.

Dink maar aan die bekendmaking van ekonomiese syfers vir die eerste kwartaal van vanjaar wat pas verskyn het, met die ekonomie wat met meer as drie persent gekrimp het. Dit val saam met die Proteas se sukkelvertoning by die Krieketwêreldbekertoernooi in Brittanje. Die enorme droogte is nog nie oral gebreek nie. Rassisme lééf, maar nie altyd daar waar die regering en meelopers ander probeer wysmaak waar die probleem eintlik ontstaan en vetgevoer word nie.

Maar so erg soos dit alles klink, die landbou se lot is veel erger. Terwyl die land met net meer as drie persent die kreeftegang gegaan het, is dieselfde syfer oor dieselfde tydperk vir landbou 13,2%, dus tien persent hoër as die land in geheel.

Voeg hierby dat AfriForum se plaasaanvalsyfer ook nou bekend gemaak is, en dit raak moeilik vir boere en hul gesinslede om optimiste te wees. Boonop word Ramaphosa nou gelooi oor hy weier om hom oor plaasmoorde uit te laat, nadat hy onlangs nog bemoedigende uitlatings oor die landbou gemaak het.

En dan is daar natuurlik die omvattende skade wat die planne vir grondgryp sonder vergoeding reeds aan die ekonomie aanrig, ten spyte van “gerusstellings” deur Ramaphosa, sy Ramaforiese beeldpoetsers en die Seunse Weenkoor.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Maar ’n nog groter probleem is die verklarings wat die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, nou “namens” die ANC uitreik, maar wat in wese Ramaphosa lynreg weerspreek oor sake soos onder meer die funksies van die Reserwebank (wat hy wil uitbrei, maar deur die ekonoom Dawie Roodt as hoogverraad beskryf word), en die warbeelde van die ANC net vergroot.

Die land het nou beleidstabiliteit nodig – nie ’n intra-burgeroorlog in die ANC waar beide partye aanspraak maak hul weergawe is die amptelike nie.

Hierdie Babelse verwarring is vanoggend goed deur RSG se nuus om 07:00 saamgevat. “Volgens die presidensie is verskeie kritieke kwessies uitgelig wat die staatsinstellings kniehalter in hulle pogings om groei en ontwikkeling te bevorder. Dit wissel van gebrekkige finansiering en swak bestuur tot uitgediende wetgewing en politieke inmenging. Ramaphosa het na afloop van die vergadering gesê die regering is daartoe verbind om met die bestuurstrukture en belanghebbers saam te werk om oplossings vir die probleme te vind. Ramaphosa se strategie om groei te bevorder sukkel om momentum te kry en word onder meer belemmer deur die haglike finansiële toestand van maatskappye soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens.”

Kundiges meen dat Ramaphosa, strydig met die ANC se gebruik, die kwessie in die openbaar sal moet takel, omdat die gebruiklike hantering van tweespalt agter geslote deure net die publiek se wantroue sal laat toeneem.

Intussen begin Ramaphosa se metodiek om vertroue te skep teen ’n versnelde tempo uit te rafel, omdat sodra hy ’n sektor gerus gestel het, hy soveel aandag elders moet skenk dat daardie brûe van pasgeskepte of pasherstelde vertroue verbrand word.

In die proses is dit dikwels juis die landbou wat die spit afbyt. Nie alleen word die basiese beginsels van eiendomsreg, en die stabiliteit wat deur eiendomsreg bewerkstellig word, kliphard gerysmier deur die grondgryp nie, maar ook deur die sekerheid van verblyfreg-wet, die ontneming van aansprake van mineraleregte (eintlik die sogenaamde ondergrond), ondergrondse water, en ’n magdom ander miskennings van regte wat met die besit van eiendom behoort te geld.

Netwerk 24 berig vanoggend dat die twis in die ANC oor die Reserwebank ’n groot toets vir die leierskap van Ramaphosa gaan wees. Beleggersvertroue word geskaad en skaad die ekonomie wat reeds in die waaksaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jr ·

Mmmm ek onthou daai woorde by die Loftus party. I will be a president for all in SA. Ja en ek is die president van die VSA

Marthie Armstrong ·

Blyk soos ‘n verdere kaping – Nog voor die kabinet bekend gemaak is was dit al duidelik dat die president nie uit sy eie sterk oorweging besluite kon neem nie.

Gert ·

Net soos met Zuma is daar oor al hierdie kwessies dawerende stilte vanaf die President.

ne ·

CR ‘n leier??? NEEEEEEE!!!!!! ‘n Marionet, almal trek toutjies en hy dans…

Gert van Wierdapark ·

Al wat vir die sluwe kaart speler van die OVS sal werk, is ‘n paar pille, gelaai met potlode!!!

Grassie ·

Herman – jy skets ‘n donker prentjie van ons land, maar ek dink dit is reeds baie donkerder as wat jy sê. ‘n Spreekwoord sê ‘n vis vrot van sy kop af en dit is besig om te gebeur. As die regering in ‘n warboel is en onbevoeg om te regeer sypel die kwaad deur na die hele bevolking. Die toename in gewelddadige optredes, uitbrand van voertuie en treine, plaasaanvalle en veral plaasmoorde, huisaanvalle soos waar daardie egpaar sommer met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan is, die twee jongmense wat doodgeskiet is net omdat hulle “umlungus” is, is alles simptome van ‘n vrot regering wat totaal beheer oor die land verloor het. Ek glo die pad wat nou gestap word na totale anargie is onomkeerbaar en as ons wittes dit wil oorleef sal ons ‘n groot kopskuif moet maak en weer as volk begin saamstaan en na mekaar moet omsien.

Deon ·

Toe die ANC beheer oorgeneem het in 1994 was SA ‘n hoogs gesofistikeerde ekonomie, met ‘n sterk staatsdiens. Die ANC regeerders en hul kaders kon dit nie bestuur nie. Hulle het eenvoudig nie die talent daarvoor nie. Dit is nou alles vernietig en dié van ons wat dit besef moet ander planne maak. Wat meer onstellend is is dat blankes nou ‘n probleem word vir die ANC. Of die VF+ iets gaan bereik in die parlement is hoogs onwaarskynlik. Daar sal sal dus buite die politieke baan gewerk moet word, op verskeie terreine. Die opsies is beperk, maar dit gaan radikaal wees wat almal se lewens sal raak.

John ·

Vertel ons tog, hoekom die Reserwe Bank nasionaliseer, as ingryping nie beoog word nie… dit maar soos voorheen kan aangaan? Dis mos twak. Die kommissie wat so sit en luister, watter doel as dit net by praat en praat bly. Die ANC smokkel met hul skape se koppe… Die stemmery is verby… die kamma-demokrasie… nou gaan ons maar weer aan soos voorheen.

Zoro ·

Hierdie verskillende uitsprake vd ANC laat een wonder of die bevoeg is om die land uit fie gemors kan red waarin hulle ons gelaat het. My siening is dat Ace benoud is en chaos wil veroosak om die land te ontwrig. Een kan duidelik sien sy voorlesing van die “Imbiso” verslaag dat hy sy eie woorde by gevoeg het waar hy begin strotter en nie lees wat op die verslaag staan nie – Ace maak n grap van due ANC stuur hom tronk toe – die land skuld hom niks hy’t niks om te verloor nie

humor ·

Hoe meer tou aan hierdie magashule gegee word hoe meer mag bekom hy . Weerspreek hy Ramaphosa of gebruik Ramaphosa hom om die anc se uiteindelike doel te bereik. magashule moes al lankal agter tralies wees.

Stephen Namibia ·

Afriforum waarom nie massa betogings by die Parlement met die buitelandse nuus teenwoordig nie.?????
Almal kla net en niemand doen iets nie. Die wereld moet kennis neem!!!

Erick ·

Die wêreld gee nie om nie. Ons is ongelukkig die jong kind op die speelterrein wat deur die ouer, groter leerders geboelie word, en as dit kan, doodgemaak word.

humor ·

Stephen baie reg. Ons sal ons sitvlakke uit die gemakstoele moet lig en meer agressief en strategies moet wees. Die tyd van materialisme wat ons so koester is in elkgeval besig om uit te loop.

ROMMEL ·

Al wat ek sien is n verdeelde Vyand.
Devide and conquer…..

Adam ·

Die groot probleem is dat Bang Cyril deur die NUK en Luthuli huis gery word soos ‘n perd met saal en toom. Dit verklaar sy rondvallery om aan almal te vertel wat hulle wil hoor. Cyril kan nie en sal nie iets doen nie, want anders is sy presidentskap in sy tjops.

Gollie ·

Hy kom niks oor nie ,wat van sy melkplaas skandaal .Jakkals hulle almal.

Andreas ·

Kom ons probeer nog ‘n manier en die keer iets anders wat ek van hierbo aangehaal het:
“Maar ’n nog groter probleem is die verklarings wat die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, nou “namens” die ANC uitreik, maar wat in wese Ramaphosa lynreg weerspreek oor sake soos onder meer die funksies van die Reserwebank (wat hy wil uitbrei, maar deur die ekonoom Dawie Roodt as hoogverraad beskryf word), en die warbeelde van die ANC net vergroot.”

Erika ·

Elke sakkie aartappels het sy vrot aartappel in…hierdie een is verrot!
Wil ook altyd belangrik lyk en iets sê, maar ten koste van ons land.
Kan nie glo hy kry ‘n spreukbeurt nie..laat hom miljoene verdien maar los hom in sy kantoor asb!!

Ontsteld ·

Dit is waar, soos deur die jare bewys, dat nie een van hulle vertrou/geglo kan word nie. Van Ramp tot heel onder. Die wittes sal moet begin saamstaan , maar dit is ook bykans onmoontlik. Ander planne is dus noodsaaklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.