Nuuskommentaar: Waarheen met ras en rassisme?

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Terwyl baie Europeërs bekommerd is dat die stroom immigrante uit Afrika rasseverhoudinge in Europa kan beduiwel, moet Suid-Afrikaners ook die oog hierop hou.

“Is rassisme die nuwe normaal?” Só wou die skrywer van ’n artikel in die bekende Nederlandse koerant, Trouw, onlangs weet. Ongelukkig was dit ’n artikel wat net vir die oë van betalende intekenare bedoel was, en kon die slotsom dus nie gelees word nie. ’n Kykie na Google toon egter dat dit ’n onderwerp is waarmee Europeërs al meer as ’n dekade lank spook. Konsensus is nog lank nie gevind nie.

Nou plaas die Vlaamse koerant, De Standaard, ’n reeks artikels oor die Africa Museum wat Sondag sy 120ste bestaansjaar vier, maar terselfdertyd sy deure as “nuwe” Africa Museum open. Die museum is oorspronklik deur koning Leopold II as propaganda-instrument vir kolonialisme gestig. Daarin word swart mense onder meer “afgebeeld als dom, lui, wild of gevaarlijk. Dat beeld slijt verdomd traag,” skryf De Standaard. Dié stereotipes ken ons in Suid-Afrika ook baie goed.

Dit sal interessant wees om te sien of die museum se nuwe benadering en beskouing nog betyds is teen die agtergrond van groeiende rassisme wat klaarblyklik deur strome immigrante uit Afrika gevoed word. Of gaan dit bydra tot die dialoog om rasseverhoudinge te verbeter? Gaan dit toekomstige bande met die Kongo (DRK), die voormalige Belgiese kolonie, verbeter?

Slegs die stiksienigste sal ontken dat rasseverhoudinge in Suid-Afrika nie daagliks onder enorme druk geplaas word nie. Media-opskrifte herinner ’n mens deurlopend dat geweldsmisdaad, soos plaasaanvalle, byna altyd oor kleurgrense heen plaasvind. Dikwels gaan dit met enorme wreedheid gepaard. En dit geskied teen die agtergrond van optredes soos grondgrypplanne sonder vergoeding. Boonop dra die wyse waarop die kwessie nou gedryf word nie by tot versoening nie.

Nie dat dit saak behoort te maak nie, maar géén politieke model, van sesessie en partisie tot ’n reënboogmodel tot volledige integrasie gaan werk as rasseverhoudinge skeefgetrek is nie.

En dan is daar die geval van Mita wat tydens ’n huisrooftog haar lewe opgeoffer het in ’n poging om haar huismense te probeer red. Die belangrike kwessie hier is die honderde lesers wat in hul leserskommentare so simpatiek gereageer het. Slegs enkeles, wit en swart, het negatief gereageer.

Min of meer samelopend met die totstandkoming van die nuwe Suid-Afrika was daar ’n duidelike poging om ras as norm in staatkundige verband af te skaal. Ook tydens die tydperk van die Volkstaatraad was dit duidelik dat die meeste deelnemers weg van ras as norm probeer beweeg het en die volkeregtelike kriteria probeer volg het waar taal en kultuur die erkende en aanvaarde norm was.

Hierdie kommentaarskrywer kon vir etlike jare volhou met die strewe om glad nie na ras te verwys nie. Maar dit is lank nie meer moontlik nie. En wie moet ons bedank? Die regering, en deesdae die EFF. Omtrent geen saak of wetgewing word nié deur ’n rasbril gemotiveer of bekyk nie. Number One het selfs tydens ’n byeenkoms wat spesiaal belê is om reasseverhoudinge te probeer verbeter alles opgekoffie deur na wit mense as “white supremacists” te verwys.

Die rasbenepenheid word baie goed gedemonstreer in ’n onderhoud wat Beeld met die destydse sekretaris-generaal van die ANC en nou minister, Gwede Mantashe, gevoer het. In die onderhoud wou Beeld weet wat die kanse sou wees dat die Afrikaner minderheidsregte sou bekom. Mantashe het dit dadelik afgemaak, maar in sy antwoord nie meer na die Afrikaners verwys nie, maar na wit mense. Was dit moedswil of staatkundige ongeletterdheid?

Die ironie is dat die destydse NP-regering die laaste apartheidswet reeds jare voor 1994 afgeskaf het. ANC-lede maak gereeld daarop aanspraak dat dit hulle is wat van apartheid ontslae geraak het, maar die harde werklikheid is dat die ANC dit in byna elke opsig teruggebring het. Dit het wel ander vyeblaarname soos transformasie, asook “geregverdig” onder die dekmantel van “onafgehandelde sake”.  

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

16 Kommentare

Pietsepan ·

Gelukwense aan die beriggewer wat sy geskiedenis ken en die waarheid weerspieël. Die rasse probleem word slegs deur diegene wat die probleem veroorsaak een aanwakker toegepas. Konsentreer liewer op die mense van alle rasse wat deel van die oplossing uitmaak.

Erika Ochse ·

Wittes is duidelike onwelkom hier. As ek van Europa was en vandag sou aansoek doen om hierheen te immigreer, wil ek wed dit nie toegestaan sou word nie. Sou daar dan ‘n kabbeling op die water wees? Dis ‘n vreeslike issue tans waar Europese lande al minder gretig is om Afrikane te akkommodeer. Hoe nou gemaak?

John ·

Miskien moet ons meer aandag skenk aan ons verskeidenheid van kulture, maar Afrika maak ons heeltemal deurmekaar met die nuwerwetse aanbieding van die Westerse kultuur as sou hulle dit uitgedink het en dan probeer om die eintlike skeppers weg te werk, dit ipv hul eie erfgoed en tale te omarm en nie as minderwaardig af te skryf nie. Toeriste soek andersheid en wil nie betaal om hul eie buurt elders te gaan besigtig nie.

Erika Ochse ·

Wat ek nie verstaan nie is dat ons van ons swartes die idee kry dat wit westerse waardes nie welkom is nie. Wittes is duidelik on welkom. Nou is dit ‘n vreeslike issue as die Europese lande nie gretig is om Afrikane as immigrante toe te laat nie. Ek is hier gebore en wil hier sterf en begrawe word. Dis my vaderland, maar ek wed as ek nou vanuit Europa sou aansoek doen om hierheen te immigreer, dit nie toegestaan sou word nie. En sou jy ‘n kabbeling op die water sien?

Thinus Erasmus ·

Kan ek dit maklik en duidelik en eenvoudig stel: Die ANC het nie apartheid afgeskaf of oorwin nie – hulle het dit bloot suksesvol omgedraai!
Daar heers duidelik politiese skeiding tussen meerderheid en minderheid, al is dit nie op sosiale vlak nie, maar op elke staatsvlak en magsbasis. Kyk maar of daar enige wit bekwame persone iewers aangestel word in uitvoerende posisie.

Geregtigheid ·

Die rassisme van POLITICI is vreeslik. Op grond probeer mense saam met mekaar leef maar die POLITICI wil rassisme weer laat lewe. Die ANC regering het meer as 2 keer meer rassisme as die Nasionale party van ouds. POLITICI moet verantwoordelik gehou word vir die toestand in ons land.

Arie ·

Die anc is honderd keer slegter as die ou NP en meeste van ons inwoners stem saam dis koekom hulle nog aan bewind is

JohanL ·

Eerstens aan Herman – baie geluk met nog ‘n uitstekende stuk werk. Ek wens eintlik dat jou werkstukke deurlopend in Engels vertaal kan word en op ander forums gepubliseer kan word.

Gergtigheid slaan die spyker op die kop. Deur rassisme lewend te hou, behou die ANC die politieke mag wat hulle weer toegang tot geld gee (munisipale begrotings, die land se begroting, ens), wat hulle misbruik vir korrupsie. Maar op grondvlak wil meeste mense van alle rasse in vrede leef en werk goed saam.

Paul ·

Kyk, sal dit dan nou nie wonderlik wees as die ANC, die EFF en die BLF met hul ondersteuners ook na Europa emmigreer nie?

Jandre ·

“Rasisme” Uitgevind in 1927 deur Leon Trotsky. Om teenstanders van die komminustiese idiologie die mond mee te snoer. N verwapende woord. Word steeds vandag gebruik deur Komminuste vir dieselfde doeleindes.

Cornelia ·

Die konflik tussen verskillende volke word oorwegend deur groeps leiers, stam leiers of volksleiers georkestreer. En as u die geskiedenis van nasie wrywing en gru vergrype selfs net bolangs volg, is die werklikheid daarvan in lyn met God se Woord. Want ons stryd sê die Here, is nié teen vlees en bloed nie. Al staan ‘n mens op om onskuldige bloed te vergiet en die gruwel te bedryf wat ons ook in plaasmoorde gedwing word om te aanskou, staan diesulkes tog in diens van die duistere magte van die hel. Hulle het aanvoerders. Dit sluit leiers in wat die instruksies volg wat in hulle siel en gees teen God rebelleer. Hulle is die lewendige dooies. Maar terwyl die nasies bruis en skuim, werk God voort om enkeles en skares daagliks by Sy ewige volk te voeg. Tot dan, sal die oorlog tussen Lig en duisternis tot hoogtepunte van groot smarte voortduur. Want só sê die Woord.

Eddie de Jager ·

Die ANC het as bevrydingsbeweging die mense vir wie dit vir bevryding geveg het meer gevange geneem deur hulle meer bewus te maak van ras as ooit tevore. Vyeblaar wette is ‘n sagte manier om tekortkominge met strooisuiker te versier sodat die publiek moet dink geregtigheid, en slagoffer identiteit kom my toe. Die realiteit is egter dat dit rassisme normaliseer in die naam van geregtigheid. Die groot slagoffer in hierdie geval is die algemene swart publiek wat deur ingeburgerde vrees vir witmense deur die ANC, EFF en organisasies soos die BLF beweging dink hulle het ‘n saak en dat dit vir ewig gaan hou. Die realiteit is dat die wêreld se oë oop gegaan het vir die waarheid en dat die edel en wyse ANC van die Mandela era nie die momentum kon vol hou van vrede en vooruitgang nie. Instede het hulle gekies om voort te gaan met segregasie politiek, “ons en hulle.” Dis wat die ANC ken. Die “mense” is in die afgelope 24 jaar opsetlik weerhou van skoling en basiese behoeftes om die volgehoue “vrees” vir witmense tot op die spits te dryf tot waar mense sal oorgaan tot moord om hulle self beter te laat voel. As daar genoegsame skoling en opvoeding was sou ‘n generasie se oë dalk oop gegaan het vir die opsetlike vervreemding van rasse en kulture vir politieke gewin. Die ANC kan nie transformeer na ‘n poltieke party nie want dan stort sy kern ineen, ‘n kern suiwer gebasseer op ras.

Cherokee ·

Herman, soos ek gewoond is al die jare, staan niemand neutraal teenoor my nie. Mense òf hou van my of hulle kan my nie verdra nie. Daaraan is ek gewoond en en soort van verkies dit so. Want draadsitters het nooit gepas in my woordeskat nie. Dit gaan my nie die minste aan hoe jy oor my kommentare voel nie maar as jy sou aftree, sal ons jou mis! Hou asseblief aan met skryf want ek geniet jou artikel-tipe kommentare sonder ophou. Én.. ek het ook hope geleer uit jou wye kennis. Jy word waardeer in hierdie forum.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.