Nuuskommentaar: Waarvoor deug die Afrikaner en wit mens in Suid-Afrika?

Tekenprent: Jerm

Word die Afrikaner/wit mens nog net in Suid-Afrika geduld om opwinding te bied, soos Julius Malema dit wil hê, of het hy of sy ’n saak om sterk standpunt vir sy of haar volwaardige plek onder die Suid-Afrikaanse son in te neem?

So elke nou en dan sal ’n politikus van hom of haar laat hoor deur te sê die Afrikaner/wit mens het ’n volwaardige plek in Suid-Afrika. By ander politici is dié soort versekering so skaars soos hoendertande. Te midde van sy ruwe sêgoed het selfs Julius Malema gesê hy wil nie die wit mense uit die land weg hê nie, want sonder hulle sou die lewe in Suid-Afrika maar bra onopwindend wees.

Is dit dan nie wys om eerder te kyk hoe die situasie in die praktyk ontvou as om sin te maak uit teenstrydige politieke uitlatings nie?

Presies waar staan die wittes nou met betrekking tot plaasaanvalle ná jare lange pleidooie, gesprekke en selfs buitelandse afvaardigings daaroor? Ja, daar was periodieke ondernemings, en “opflikkerings” in sommige streke, maar die statistieke oor skrikwekkend wrede plaasaanvalle bly ’n heel ander verhaal vertel.

En dan sal daar nog politici wees wat die navorsing en voorleggings hieroor as “goedkoop propaganda” afmaak.

Die grondgryp-sage (onteiening sonder vergoeding) word nou van allerlei hoeke bekyk, hoofsaaklik om ’n baadjie van fatsoenlikheid hieroor vir pres. Cyril Ramaphosa te probeer vind, maar by hierdie berade vloei die strome haat en wanvoorstellings teen die wittes. (Lees hier en hier.)

’n Paar jaar gelede, met ’n nasionale biddag vir reën, het die verskillende kerke ook hul lyste bekend gemaak van sake waaroor hulle voel gebid moet word. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het ingesluit ’n gevoel van vreemdelinge in hul eie land wat deur baie lidmate gevoel word.

Dui AfriForum aan dat hy, sou die Nasionale Vervolgingsgesag versuim om Julius Malema te vervolg, self private vervolging deur sy private vervolgingseenheid sal instel, bars ’n diskoers oor kamtige rassisme los.

In hierdie verbale beskildering van die wit mens, word die Afrikaner en wit mense te maklik as sinonieme geskilder. Internasionaal erkende minderheidsregte word eenvoudig ondergeploeg weens die “onregverdige bevoordeling” van wit mense.

Baie van hierdie voorregte bestaan uit die versigtige oppas van wat in die verlede bereik is, en die oordrag daarvan na volgende geslagte. Die ouer geslag sal byvoorbeeld die hand diep in die sak steek om kinders na goeie skole te stuur en te sorg dat hulle tersiêre opleiding ontvang.

Die aanslag teen Afrikaans wek die indruk dat dit die Afrikaner by uitstek is wat in die visier is. Die konstitusionele hof se uitspraak oor Kovsies se taalbeleid word steeds heftig in regskringe gekritiseer en dit bly moeilik om ’n regsbegronde uitspraak daarin te lees.

Het Malema dan reg in sy stelling: Die enigste gegunde ruimte vir die Afrikaner/wit mens is om vermaak aan die swart mense te verskaf?

Of is die Afrikaner/wit mens se enigste “volwaardige plek” in Suid-Afrika ’n soort “offshore” lendelam tou wat ’n ent die see in gespan is, en waarop hy moet balanseer of ondergaan?

Beteken die EFF se standpunt wat nou gereeld gehoor word, naamlik dat die wit mense na Europa moet terugkeer, dat alle wit mense in die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland ook na Europa moet terugkeer? Dit klink omtrent net so absurd soos die ontkenner wat pas in die sosiale media “aangekondig” het dat Australië nie werklik bestaan nie. Australiese kennisse en vriende wat ’n mens mag hê, is net akteurs of robotgegenereerde wesens.

Boonop is dit ’n mite dat die swart mense die eerste inwoners van die land was. Teen die tyd dat die wit mense in die Kaap aangekom het, was die swart kolonisasie van die hoër reënvalgebiede nog nie voltooi nie. Die Khoi-San was die werklike slagoffers van wit en swart kolonisasie, hoewel verskeie pokke-epidemies baie bygedra het daartoe dat Khoi-San-gebiede in die Wes-Kaap grootliks onbewoon was.

Kortom, moet die swart mense na hul oorspronklike tuistes onder meer rondom die Groot Mere terugkeer?

Daar is die perspektief van ’n land waar ’n vredesverdrag ’n nuwe bedeling tot stand laat kom het. ’n Taamlik oorheersende gevoel was, aanmanings ten spyt, dat ’n nuwe grondwetlike bedeling op sy eie sterk genoeg sou wees om permanente vrede te bewerkstellig. Die sekretariaat en infrastruktuur van die vredesverdrag is dus ook afgeskaf lank voor die land daarvoor gereed was, net soos met die Verhoudingsaksie kort tevore gemaak is.

Die EFF se verklaring dat dié party minder op versoening ingestel sal wees, en meer op rewolusie, moes eintlik beteken het dat die EFF hom self tot die asblik van Suid-Afrikaanse politiek verban.

Die Afrikaner se volwaardige plek in die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie ontken word nie. Dat daar historiese verstellings gedoen moet word, is sekerlik so, maar nie ten koste van internasionaal erkende minderheidsregte nie.

Die regte ding bly om dit in ’n wedersyds goeie gees te bewerkstellig. Indien nie moontlik nie, moet die (feilbare) howe aangewend word, tesame met veldtogte om lande oorsee van die saak te oortuig.

Daar is ’n groot groep Afrikaners wat hul bes doen om die Afrikaner onmisbaar te maak. Verskeie landboukoöperasies, deur aandele eintlik in die besit van boere, skep poste om beginnerboere te help om die mas op te kom. Ander skep werksgeleenthede. Ander raak betrokke by kennisoordrag. Sopkombuise skiet op ná natuurrampe.

Dis nie mense wat ’n skop in die tande verdien nie. Die voorgenome gekarring aan die Grondwet om grondroof moontlik te maak, is eintlik ’n sterk bewys dat gesindhede in die land ernstig onder druk is, al is dit ook soos verskeie instansies beweer, ’n klein minderheid wat die moeilikheid stook.

Ons moet eenvoudig deel van die oplossing, en nie van die struikelblokke nie, wees.

Ons sluit af met dr. Tjaart van der Walt, destyds president van die RGN, se bekende woorde: “As die mense mekaar nie vertrou en aanvaar nie, sal geen Grondwet, nie eens die beste ter wêreld, doodeenvoudig kan werk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Flip Raath ·

Dit hang alles net van die witmens (Afrikaner) self af. Daar is niks daarbo of daarbuite wat hom hiermee gaan help nie.

christa ·

ek myself kan nie glo dat daar nog mense is wat dink ons eens pragtige land wat so vervalle is kan nog herstel word nie. Hulle bly glo dat hierdie verwoestende nasie die land sal opbou al sien hulle en hoor hulle daagliks van die verwoesting wat die goed aanrig. Ons eens skoon geleerde land het verval tot ‘n rommelhoop in alle opsigte. Al waarvoor die wittes nog goed is , is om geld en kos te voorsien. Op gevoel gespeel te word en misbruik te word.

Piet Snot ·

Wees deel van die oplossing.
Anders is jy deel van die probleem.

Gerhard ·

Piet Snot, dit is net waar as jy weet wat die oplossing is. Almal dink hulle weet wat die oplossing is. Vir die laaste 40 jaar het Afrikaner leiers geen idee van wat die oplossing is nie. Miskien as hulle eendag agterkom wat die oplossing is kan ons almal dalk deel van daardie oplossing wees.

Casper Labuschagne ·

@Piet S. – Is dit nie wat hulle ook in 1992 gesê het toe daar van ons almal verwag word om deel van die oplossing te wees nie deur “Ja” te stem nie?

Nee, ek is eerder vir almal ‘n vlieg in die salf en neuk in my eie rigting in as om “eendjies, eendjies, staan in ‘n ry” te speel agter ‘n leier aan wat maak asof hy vir my redding sal bring.

marous ·

Leeg gemelk en nou reg vir slag. Dis waar die Afrikaner is.

chrisjan ·

Geldige en relevante vraag. Dis hoekom so baie Afrikaners, myself ingesluit, ons onsself in die buiteland bevind, waar jy waardeer word en n bydrae kan lewer aan mense wat nie alles wil vernietig en ‘transformeer’ nie.

Jordaan ·

As Malema wil dat Afrikaners / wit mense terugkeer Europa toe, moet hy net so reeling tref met ons stamlande – ek is op die 1ste vliegtuig wat dit moontlik maak!

LB S ·

NOU praat jy, Jordaan, dit maak twee (en my hele familie) van ons.

Gatvol ·

Goeie skrywe! Dankie.
Ek wil net iets byvoeg….
As Afrikaner, het ek nooit haat in my hart gedra vir enige ander kleur of kultuur nie.
Ek was as laerskool kind, deur my skool, en veral my ouers, respek geleer vir almal oor wie God hierdie son laat skyn.
My ma was huisvrou, my pa, ‘n staats amptenaar.
Met bymekaarskraap, kon ons op meeste skool toete en kampe gaan. Ons was op ‘n paar vakansies wildtun, of see toe.
Ons het in ‘n middelklas buurt in die Noorde van Pretoria grootgeword, waar my ouers steeds bly. Sondae is ons kerk, en Sondagskool toe. My pa het in ‘n stadium drie werke gehad om die pot aan die kook te hou, met huispaaiemente, elektrisiteit en water rekeninge en daaglikse onkostes.
By my laerskool het ons Die Stem en Die Vlaglied met trots gesing, en nooit bedoel om iemand sleg te sê daardeur nie. Dit was net
‘N geweldige ‘seer-kry van trots’ gevoel dat jy ‘n Afrikaner is.
Ons het geleer van Racheltjie De Beer en Jopie Fourie…(omdat dit deel van òns geskiedenis was, en is).
Na skool was daar egter nie geld bir myself of my suster vir universiteit, en so het ons dit aanvaar, sonder om te ‘Toi-toi’.
Bitter min van my vriendinne was Uni toe agv fondse….
My broer het wel by TrustBank ‘n lening uitgeneem en gaan studeer.
My pa het vyftig jaar vir die staatsdiens gewerk, en ‘n karige bedraggie ontvang na aftrede.
Swartmense het verkeerde inligting.

Eish ·

En dit Gatvol, is die storie van ons gewones. Goed verwoord.

Ella ·

@Gatvol Wat jy se is die waarheid net, my pa was n boer. Ek moes in 2011 n Diversity kursus bywoon na iets wat by die werk gebeur het met ander. Hulle wou niks weet van wat met ons gebeur het en hulle stories het voorrang geniet. Hulle ondervinding was altyd die ergste. Ek wens ek kon die land verlaat, ons is vreemdelinge in ons eie land maar dit word moeilik gemaak vir ons. Oplossings is min vir ons wat gaan oorbly.

Jerry ·

Suid Afrikaners wantrou mekaar agv historiese asook daaglikse gebeure, polities gedrewe of krimineel. Dit is belangrik om versoenend op te tree totdat jou moeite beloon word of tot jy in die tande geskop word. Terwyl jy versoenend optree, om die wantroue te paai en tyd te wen, sal dit wys wees om voor te berei vir die tandeskop scenario omrede dit die belofte inhou vir die ergste konflik in mense heugenis in Afrika wat geen wenners aan alle kante sal oplewer nie. Daar bestaan geen twyfel dat diegene wat niks het smeek vir wraak en diegene wat wel reeds iets het, daardie wraak sentiment van hulle broeders en susters begin steun soos dit blyk uit politieke uitsprake, sosiale media kommentaar en die algemene standpunte oor grondonteiening tydens debatvoerings. Gierigheid is besig om die oorhand te kry met middelklas en ryk swart Suid Afrikaners wat ook nou nie meer kan wag om ook hulle hande op n wit Suid Afrikaner se grond te le. Die vraag moet dus eerder wees tot wanneer die witmens nog sal deug vir SA en die antwoord is voor die hand liggend, totdat radikale transformasie afgehandel is. Daarna sal jy net deug as jy die sosialistiese ideologie aanhang en ondersteun, maar dis nou te se, indien die popo nie die fan strike nie. Enige Suid Afrikaner of immigrant, wit of swart kan enige tyd die vonk in die kruitvat verskaf, dit is hoe dun die ys geraak het en elke dag raak dit nog dunner.

Werner ·

Al waarvoor die blanke nog deug is om belasting te betaal sodat die voorheen benadeeldes miljoen randse karre kan ry en niks beteken nie

Jordaan ·

En moenie die oorsese reise en ander luukses vergeet nie – kyk nou net weer na hoe Gigaba en sy vrou spandeer op reise!

V ·

Komunisme… Wat ‘n bastion van beskawing en kulturele superioriteit:o Nee wat… laat Malema en CR maar die vliegtuigkaartjies koop vir hulle witnarre, en hulle meelopers met hulle gesplete tonge koer. Onder komunisme wil ek nie verder bly nie…

Hendrik ·

Ons ervaar al marginalisasie van die Afrikaner orals. Ek se gewoonlik watnou? Ongelukkig kan ek nie Gods water oor Gods akker laat loop nie en het aktief al my woonplek verander waar die Afrikaner gekonsentreer is. Dit het my ‘n tydperk van naby 10 jaar geneem om my woonplek te skuif (In die Pretoria gebied) . Hierdie konsentrasie van Afrikaner kan met kort , meduim en langtermyn beplanning gedoen word en dit kan net gedoen word met ‘n groot plan deur ons leier burgerregtegroepe. Dit is tyd dat werklikhede in die gesig gekyk word en daarwerklik planne gemaak word om ons Afrikaners se toekoms te beveilig.

Afhanklik ·

Het iemand al n studie gedoen om te bepaal tot watter mate Suid Afrikaners insluitend die arm masses an regeringsamptenare afhanklik is van inkomste gegenereer deur blanke besighede?

Waarheid ·

Gatvol jou beskrywing pas soos handskoen.
Nou word dit tyd dat regering REGSTELLING ens. ens. totaal moet skraap elke BEE in die ekonomie moet wég, dan SAL RSA kan vorentoe. Grootbekke se vulgere riool uilatings moet STOP want daardie riool besoedel mense verhoudinge en dus ONTBREEK VERTOUE..

johan II ·

Waarheid, skryf dit maar op jou maag. Hulle kan nie van BEE ontslae raak nie. Dan is hul “middelklas” verby. Dit sal aanhou selfs al moet ons 1Miljoen wat nie kon vlug nie saam die ander 75Miljoen hier probeer oorleef. Een woord vir ons situasie: Armenians (Armeniërs in Afrikaans?).

Hendrik ·

Die enigste plekke waar Afrikaners hulle wil kan afdwing is met die hof deur die burgerrgtegroep Afriforum (Hulle het die geld) en munisipale belasting. Munisipale belasting is tans die enigste belasting wat ‘n burger apart betaal en deur weerhouding van die belasting kan ons nogal die hele munisipaliteit/metro se kontantvloei opneuk.

GEEN NUT ·

Ons deug nog NET om vir swartmense werk te gee en persoonlike- en EIENDOMSBELASTING te betaal .. En dit lyk dit my is iets wat Malema en Kie nie lekker verstaan nie . geen plase, geen werk vir werknemers, geen inkomste uit belasting, geen eiendomsbelasting .. SELFDE met enige huishulpe en tuinwerkers .. As ‘n witte sy huis of werk verloor is die eerste persoon/e wat hulle werk verloor die HUISWERKER en TUINWERKER …so ook die plaaswerker nadat die boer sy plaas verloor het .. MAAR volgens hom gaan 30 000 plase tussen 50 miljoen mense verdeel word en dan is ALMAL GELUKKIG .. Wat hy NIE in ag neem nie is dat daar NIE belasting en dinge gaan betaal wat nou betaal word nie, want dit is die POOREST of the POOR wat niks het nie en ook nie mense in diens kan neem nie, en al kry hulle land hulle gaan GEEN geld he nie .. so dan gaan die ou fonteintjie ook opdroog .. GAAN BEDEL weer by MEY! O ekskuus ons het nog ‘n doel, ons kan permanent GEDREIG en BEDREIG en VERMOOR word .. as wittes nie meer hier is nie kan NIEMAND meer die skuld dra vir die ANC se FLOPS nie.

jaco ·

enigeen wat steeds dink dat wit mense se belastinggeld belangrik is vir ons regering, is verkeerd, want as wit mense se belastinggeld regtig vir ons regering belangrik is, sal daar glad nie goed soos regstellende aksie of BEE is nie.

Anti-NDR-NDS Tungstenvark ·

Herman, verduidelik asseblief aan die lesers van die National Democratic Revolution (NDR) wat ten doel het die daarstelling van ‘n National Democratic Society (NDS), ‘n ware South African National Democratic Society Animal Farm en hoe hierdie plaasopset daar gaan uitsien. Hoe gouer Suid-Afrikaners die NDR en NDS verstaan, hoe beter.

Uncle D ·

Almal vra waar heen nou. Terwyl die antwoord voor die handige is. Daar is net een wat alles kan doen en verander. God sê: Was jou geloof maar soos ‘n mosterd saad sou jy vir die berg sê, rig jou op en werp jou in die see en dit sal so wees. Ons het totaal fokus verloor. Ons probleme het vir ons groter as ons 3 enige God geword. Hy het alles gemaak en tot stand gebring deur net te spreek en dit was so. Ons God het nie verander nie maar waar staan ons te opsigte van Hom. Lees gerus Psalm 4. Vertrou op Hom wat hemel en aarde gemaak het en dien Hom met opregtheid en bid tot Hom en Hom alleen en wees stil en rustig. Hy sal die stryd namens ons stry.

Bybels ·

Die mense wat net met oe toe sit en bid sonder om enigiets te doen sal swaar kry. Kyk hoeveel Christenne is al vermoor! Moet nooit net sit en bid nie, DOEN OOK!

Hanna ·

Ek werk ook al 3 jr in die buiteland. Mens kyk nogals anders na Suid-Afrika… Hier word mens waardeer en die speelveld is gelyk. Ek emigreer binnekort na VSA ter wille van my kinders se toekoms. My hart is seer vir my Vaderland, maar genoeg is GENOEG!

Gatvol ·

Daar was hierdie woord APARTHEID.
Soms dink ek die idee agter dit, was nooit om mense te verdruk of minder te laat voel.. dit was bedoel dat volke op hulle eie ontwikkel en floreer, maar dit het hand uitgeruk en het op ‘n punt werklik onaanvaarbaar geword.
Toe is daar die stem..JA/NEE.
Waarheids komissie.
Almal wat kon, het ‘jammer’ gesê, selfs ‘n groot sterk Afrikaner soos oom Adrian Vlok….
Daar is mense uit die vorige regering tronke toe gestuur.. gestraf… ons het dit gevat.. aanvaar ons was verkeerd en die wêreld het ons harder geslaan as wat enige Brit ooit geslaan was oor konsentrasiekampe waar der duisende van ons omgekom het….
Tot daar was ONS VERKEERD!….
Toe kom hulle…
Oumense gebrand met strykysters, babas in die kop geskiet, ma’s voor hulle kinders verkrag… kanker pasiënte in ‘n hospitaal verkrag.. boere verniel.. uitgemoor….
Toe word HULLE verkeerd, en is nou meer verkeerd as wat apartheid ooit kon wees…
Hoe ver gaan dit gaan?
Wanneer gaan daar erkenning vir hulle verkeerd kom… die ‘jammers?…’
Waar is ONS waarheids komissie?
Die onregverdighede…die omgekeerde rassisme… en die wêreld gee niks om.
CNN noem niks oor trokke wat brand, mense wat ‘geslag’ word… NIKS
Die verkeerd het gedraai…wie sien dit?
My volk, ek is lief vir jou.
Ek bid vir ons.
Moet nie God se Hand los.
Al voel ons moedeloos met kere… hou vas… staan saam.. werk saam.
Ons is sterk. SAAM

Eish ·

Weereens deel ek jou sentiment.
Artikelskrywer se laaste paragraaf en aanhaling verwys. Ek kan my nie sover kry om die ANC en sy kankerbestuur te vertrou nie en hul wil ons wittes nie aanvaar nie. Weereens herhaal die geskiedenis homself, integrasie kon nog nooit deur enige land ter wêreld suksesvol bestuur word nie.
Gedurende onmenslike apartheidsjare het die volgende gebeur:
* Nelson Mandela was instaat om n regsgraad te verwerf.
* 10 universiteite is vir swatrmense gebou gedurende apartheid.
* Uitgawebesteding op swart onderwys het met 30% per jaar gegroei.
* Die rassistiese onmenslike wittes het 15 klaskamers vir swartes per dag, elke jaar gebou.
* Indien dit so weersinwekkend was, waarom het Soweto meer motors, taxis, skole, kerke en sportfasiliteite gehad as meeste onafhanklike lande in Afrika en meer privaatmotors as die hele blanke bevolking van Rusland gedurende daardie tyd?
* Wie het die Baragwanath hospitaal gebou? Op daardie stadium die grootste hospitaal ter wêreld met 3200 bedded en op sy piek met 8000 personeel lede met 23 operasie sale toe gerus met die moderns te toerusting van die tyd waar op swart mense geopereer is op volle staatskole vir onbeperkte tyd. Die begroting van die hospitaal was hoër as die meeste klein lid lande van die VN. 450 dokters was voltyds in diens. Die hospitaal het 112000 in pasiente en 1.62miljoen buitepasiente jaarliks hanteer.
Klink vir my allermins na haat. Inteendeel ek wens ons blankes word nou so behandel!

Susan ·

Ek is gelukkig hier in Holland. Ek kan in die aande nog gezellig op die plein sit en ‘n lekker bierjtie drink. Skole is gratis vir kinders en publieke vervoer is uitstekend en dit werk. In die somer is dit heerlik op veilig buite te sit in die stad en as dit die winter maande koud is dan vlieg ons af Spanje toe vir lekker warm strand weer. Heel gezellig hier in Holland ja.

Ella ·

@Gatvol Wat jy se is die waarheid net, my pa was n boer. Ek moes in 2011 n Diversity kursus bywoon na iets wat by die werk gebeur het met ander. Hulle wou niks weet van wat met ons gebeur het en hulle stories het voorrang geniet. Hulle ondervinding was altyd die ergste. Ek wens ek kon die land verlaat, ons is vreemdelinge in ons eie land maar dit word moeilik gemaak vir ons. Oplossings is min vir ons wat gaan oorbly.

Martie ·

Ja, gee net vir ons n dak oor ons kop waar ookal, en sorg dat ons veilig daar kom. Ons sal fluks en vinnig bou en van krag tot krag groei, terwyl ons die agteruitgang van ons geliefde SA betreur.

Casper Labuschagne ·

Waarvoor deug die Afrikaner in SA? As dit van die ANC afhang dan is dit slegs as sondebok vir alles wat moontlik verkeerd mag wees. Maar wag, die ANC is tog barmhartig, as goeie kommuniste is Afrikaners welkom mits hulle nie hulself daaraan skuldig maak om elitisties te wees, hul eie identiteit te wil hê nie, op minderheidsregte wil aanspraak maak nie en nie uit te blink of bokant die standaard van die meerderheid te wil leef of wees nie. Maar bowenal moet die goeie kamerade wat eens as Afrikaners bekend gestaan het, nie net kommuniste in murg en been wees nie maar ook in wese dogmaties stalinisties wees.

Voorwaar, ‘n wonderlike toekoms vir ons in hierdie land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.