Nuuskommentaar: Wanneer boere rebelleer  

Gister se optogte in Senekal sal waarskynlik deur die geskiedenis onthou word as ʼn keerpunt. ʼn Keerpunt vir Afrikaners self en ʼn keerpunt vir die regering se houding teenoor ons.

Hordes boere, plaaswerkers en ander briesende gemeenskapslede het gister opgeruk na Senekal in solidariteit met Brendin Horner, sy gesin en gemeenskap. In die verlede is daar al talle optogte en aksies teen plaasaanvalle en -moorde gehou. Gister se optog was ánders. Die onderliggende sentiment van die Afrikaner was hierdie keer ánders. ʼn Pruttende woede en byna onbeheerbare rebelse gees was hierdie keer by die betogers teenwoordig.

Dit was daarom nie heeltemal verbasend dat chaos uitgebreek het tydens die optog nie. Polisiekarre is weggejaag, omgekeer en aan die brand gesteek. Skote en skokgrenate is afgevuur.

Die vermeende moordenaars is glo ou veediewe wat baie bekend aan die gemeenskap is. Die gemeenskap self sukkel al vir twee jaar om die polisie se aandag op dié probleem te vestig. Tydens gister se optog was die gemeenskap uiteindelik keelvol.

Hierdie geweld en verset is grootliks vanuit eie geledere verwelkom. Mense het gevoel asof hierdie opstand uiteindelik daarin slaag om hulle uitgelewerde woede teenoor plaasmoorde te verwoord. As konserwatiewe Westerlinge het ons nog altyd ʼn ontsag vir waardes soos werksetiek, verantwoordelikheid, spaarsaamheid en preservering gehad. Hierdie gewelddadige en afbrekende gedrag is daarom nie eie aan die Afrikaner nie.

Dit is dalk ook die hele punt.

Die Afrikaner wat met afkeur op sulke afbrekende gedrag neerkyk, is uiteindelik te ver gedruk. Hoewel ons eintlik hierdie tipe gedrag verag, het betogers gister gevoel dat hulle geen ander keuse het nie. Redelike, wetsgehoorsame opsies is in die verlede probeer en mense het gevoel asof dit bloot ongehoord verby gegaan het.

Daar is egter belangrike lesse te leer uit gister se betogings.

Die aggressie en geweld wat in die betoging teenwoordig was, het die ANC se aandag getrek. Hierdie ontploffing van gemoedere deur die Afrikaner sal die ANC ook baie bang maak. As vryheidsorganisasie kan die ANC ʼn ander vryheidstryd op ʼn myl herken. Hulle weet wat hierdie tipe optrede beteken en wat die gevolge daarvan kan wees.

Hoewel gister se geweld verstaanbaar is, is dit nie ʼn volhoubare taktiek nie. Die ANC was onder die apartheidsregime ʼn vryheidsorganisasie – met die regimeverandering het hulle so ook een gebly. Hulle het nooit die vermoë gehad om by die veranderende werklikhede aan te pas nie.

Aangesien die ANC ʼn vryheidsorganisasie geblý het, soek hulle deurentyd na iets om tee te baklei. Wat is ʼn vryheidsorganisasie dan nou sonder ʼn vyand?

Die ANC het waarskynlik nog nooit so vinnig op iets gereageer soos wat hulle op gister se gewelddadige betoging gereageer het nie. Minister Bheki Cele het reeds geëis dat die wettelose betogers vasgetrek word. Minister Ronald Lamola het die geweld veroordeel en gesê dat so iets geen plek in ʼn vrye en demokratiese samelewing het nie. Selfs die EFF het in volle hoogheiligheid verklaar dat hulle grondmagte volgende week in Senekal sal opdaag om openbare eiendom te beskerm.

Die ANC se reaksie is eintlik lagwekkend gegewe die gereeldheid waarmee gewelddadige protes – dikwels ook suksesvol – in ons land gedoen word en ongesiens verbygaan.

Die ANC het gekies om net op die geweld van gister te reageer, sonder enige ware agting vir die rede waarom mense daar was. Die teenwoordigheid van geweld het dit vir die ANC maklik gemaak om ʼn vyand van die betogers te maak. Sodoende gaan die polisie en ANC soveel te meer by die volgende optog teen plaasmoorde paraat wees.

Dit is daarom belangrik om te leer uit gister se geweld. Hoewel dit die aandag van die ANC getrek het, gaan dit in die toekoms bloot die geweld van die regering uitlok. Noudat die regering ʼn goeie vyand gekry het, sal hy waarskynlik ook nie skroom om vinnig teenoor toekomstige geweld in optogte teen plaasmoorde te reageer nie.

Die ANC bly steeds ʼn vryheidsorganisasie – hy verstaan aggressiewe protes.

Daar is ʼn goeie rede waarom Suid-Afrika die protes-hoofstad van die wêreld genoem word. Die afgelope twee jaar was daar meer as 200 groot diensleweringsbetogings in die land. In 2018 was daar vir elke ses uit tien dae van die jaar ʼn groot betoging aan die gang. Alle ander groepe in die land – veral militante vakbonde – het lank reeds vergeet wat ons nog moes leer. Die ANC reageer op militante protes.

Dit is belangrik dat ons leer om die fyn balans te handhaaf tussen aggressiewe protes wat die aandag van die regering uitlok en gewelddadige protes wat bloot die geweld van die regering sal uitlok. Met aggressiewe protes kan ons deurgaans die aandag van die regering behou, sodat hulle weet dat ons ernstig is. Gewelddadige protes gaan bloot geweld onder die regering uitlok en die belangrike saak van plaasmoorde in die spervuur laat beland.

Die ANC sal weet dat die Afrikaner wat tot hierdie tipe optrede gedryf is, tekenend van ʼn finale verset is.

Die verset moet nie ten doel hê om enige iets anders omver te werp, enige iets af te breek of enige iemand anders te onderdruk nie – dit is nie wie ons is nie. Dit is nie nodig om tot die ANC se vlak te daal om óns vryheidstryd te bevorder nie. Dit ís moontlik om die ANC se taal te praat sonder om soos hulle te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Zombie ·

“Dis nie nodig om tot die ANC se vlak te daal om óns vryheidstryd te bevorder nie.” Ware woorde van die berigskrywer.

Hendrik ·

Wat se Afrikaner vryheidstyd is dit? Is dit ‘n vryheidstryd om eie gebied te regeer of is dit nou om vryheid in die huidige demokratiese bestel? Ons moet mooi dink wat ons wil doen en as dit om selfregering in eie gebied is moet ons volheid daarvoor gaan met alles wat ons doen.

Jakkelsjagter ·

Dis hoekom die protesaksies van die ANC en EFF nie uitgesaai mag word nie. Almal weet van dit en almal weet wat daar aangaan, maar as dit nie op tv is nie dan bestaan dit mos nie. Geweld lok geweld en die ANC gaan seker die weermag ontplooi in Senekal volgende week. Die regering se agressie wys sy vrees

Dries ·

Hoe tragies dit ookal is wil dit voorkom asof dit in hierdie land die enigste manier is om die ANC te laat besef hoe dit voel as daar gebreek word. Dit is op hierdie wyse wat hulle hierdie land oorgeneem het. As jy daardeur gewalg word omdat die boere ook kwaad kan word stel dan n ander manier voor. Ons sal jou dan volg.

Persheks Adri ·

Gister was net die begin! Ek hoop die regering sien dit raak en gou ook. Hulle druk ons boere om te reageer en nou hou hulle nie daarvan nie…

Derek ·

Dit is tyd om op te staan vir God se geregtigheid om weer die Woord van God te eerbiedig en te respekteer in Suid Afrika. Die vryheid van godsdiens, artikel 15.1 van die handves van menseregte die doring in die vlees van SA, die gruwelike afgodsoffer wat geoffer is in die tempel beaam deur Christus in Matheus. Suid Afrika het afgode aanbid sedert 1994. Hoekom is die kerk in stilswye en hoekom neem hulle nie deel aan die protes aksies nie, waar is die herders? Hulle het predikers geword en nooit die opdrag van Christus uitgevoer nie. Die EFF weet nie wat demokrasie beteken nie, hulle het nog nooit misdaad veroordeel nie en ook nie die moord op alle Suid Afrikaners nie, want hulle tonge is gevul met haat net soos die ANC. Die minister van Polisie is vinnig om te oordeel, maar met sy tong spuug hy haat. Ons het nie hierdie tipe mense in SA nodig nie en daarom het ons die reg tot vryheid van Assosiasie, wat deur die grondwet ons reg is. Ons kan ons nie assosieer met goddeloses nie.

Adrian ·

Toe die swart seun in Coligny dood is, het “hulle” sommer ‘n hele dorp af gebrand. Ek glo steeds dat daardie twee boer seuns onskuldig was…

Michael ·

Ja presies! En waarom is daar nie sterk uitsprake gemaak en daadwerklik opgetree deur Beke Cele, Cyril Ramaphosa en ander van die regerende ANC nie? Waarom word daar dan hierdie onderskeid getref wat so vêr verwyder is van mekaar soos die ooste van die weste? Waarom word daar met dubbele standaarde gemeet? Waarom word plaasmoorde en plaasaanvalle nie geprioritiseer nie? Nee wat, hulle politieke speletjies is boos en het net te veel veeskuilde agendas! Die EFF en die ander klomp doe hulle vuilwerk. Dit is duidelik.

Rentia ·

Geweld? Regtig? Watter geweld was daar? Wie is fisies met ‘n pistool geskiet of vermink en geslag gister? Wie het gister sy lewe verloor in die “geweld”? Weereens geld dit net na een kant toe?

Maryna ·

In die nag/oggend van 16/17 Junie 2019 het ‘n DUIDELIKE GODDELIKE STEM met my gepraat en gese: ROEP HARDOP UIT NA DIE HERE ! Gaan kyk gerus hoeveel keer het God se Kinders UITGEROEP na HOM – EN DAN HET HY ALTYD GEHELP ! (Kry sedert 2001 Woord van God oor Suid-Afrika en die herstel daarvan)

SAL DIT NIE WONDERLIK WEES AS ONS BY DIE VOLGENDE HOFSITTING IN HARDE STEMME UITROEP NA DIE HERE! (EN OOK OP DIE RAMSHORING BLAAS – OPROEP TOT OORLOG) (En daarmee SMEEK ons HOM om op daardie dag uit te trek met SY SWAARD en ONS OP TE ROEP OM “MIGHTY WARRIORS” TE WEES.

AAN GOD ALLE EER !

Toktokkie ·

Ware, ware woorde – so ongelooflik goed geskryf. Hoop die mense lees en luister. Dis belangrik om te besef hoe om hierdie geveg te veg. Ons wil die “oorlog” wen nie die “geveg” nie. Onthou waaroor dit gaan.

Werner ·

Die ANC en al die sogenaamde vryheidsvegters van SA dink as kulle bande brand en klipgooi het hulle n hengse oorlog baklei.Hulle weet nie werklik hoe om oorlog te maak nie . Het nog nooit een baklei nie.Ons boere is nou moeg om verkrag en vermink en vermoor te word.Hou daarmee aan en julle sal ervaar wat oorlog beteken.Jy daal nie na n vlak toe as jy genoodsaak is om terwille van oorlewing te baklei nie.As jy met goeie maniertjies en hoogheiligheid wat jou omstraal wil baklei sal jy nie n toekoms he nie want jy gaan verloor.En niemand het die bakkie aan die brand gesteek nie

Jacova ·

Goeie berig maar ek stem nie heeltemal saam nie. Ek stem nie saam met die onnodige beskadiging van eiendom nie maar as dit al manier is om die boodskap uit te dra dan moet dit gedoen word. In gister se geval was die polisie die agressors en was dit ook hulle wat die skote afgevuur het. Hulle het gesoek daarvoor. Wanneer die ANC en EFF voertuie en geboue beskadig en af brand dan word niks daaroor gese nie. Dit is bangmaak taktiek van die ANC en EFF al die uitlatings

Dolf ·

Dit verbaas my gladnie dat die boere gister met die protes in Senekal opstandig geraak en selfs ‘n polisievoertuig omgekeer en aan die brand gesteek het nie. Van ons mede Suid Afrikaners gebruik al vir lank die taktiek om opstandig te raak, skade aan te rig of voertuie aan die brand te steek wanneer hulle voel dat hulle nie gehoor word nie. ‘n Mens moet ver gedryf word voordat jy hierdie tipe van optrede en geweld by sekere mede Afrikaners aanleer, omdat jy ook sal voel dat sonder geweld en oproerigheid daar geen ag aan jou ontevredenheid gegee sal word nie. Dit lyk of daar in hierdie verband ‘n keerpunt bereik is. Die Afrikaners en boere is tradisioneel wetsgehoorsame landsburgers wat nooit geweldadig en opstandig sou raak nie, maar as die regering en polisie wat veronderstel is om jou te beskerm nie bereid is om iets daarwerklik omtrent die plaasmoorde te doen nie, kan die regering ook nie verwag dat die boere maar net moet stilbly en sagte burgertjies moet bly nie.

Dup ·

Dit is ongelukkig ñ feit dat die Weermag en Polisie in die regering se hande is.So hulle het die mag om,indien hulle so voel,enige geweldadige optredes teen te staan.Enige verset sal dus oordeelkundig gedoen moet word.Ons moet hoop dat die meerderheid mense in die land nugter en regverdig sal dink en sodoende verhoed dat die minderheid in n konfrontasie met die meerderheid gaan beland.Daar kan net een verloorder wees.

Hercules ·

en as ek dit reg verstaan is die eerste boer reeds geareesteer en as iemand nie gou optree nie, gaan hierdie ou seerkry!!

Vlooi ·

Die Blanke Suid Afrikaner het lank genoeg die wang gedraai, waarom is dit steeds ons wat die veroordeeldes is, waarom word daar nie met dieselfde mag opgetree wanneer ander betogings dieselfde pad loop nie. Daar is en sal ‘n blywende vrees wees vir die boerevolk van hierdie land. Genoeg was genoeg, kyk mooi ek kon nie een wapen sien nie, hulle het daar opgedaag net soos hulle is. Die onderligende gedreun van ‘n minderheidsgroep is besig om vrees in te boesem en is dit lankal nie meer individue wat raas nie, hierdie is nou die bymekaar bring van groepe wat dieselfde voel en sal geen optrede van hier af sonder behoorlike beplanning en strategie plaasvind nie. Die EFF veral het reeds aangedui dat hulle sal sorg vir beskerming aan infrastruktuur ens, hulle sal ook seker daarop uitwees om die beskuldiges los te kry. Hierdie is nie oorlog nie, dit is ‘n oproep van ‘n volk wat genoeg gehad het. ‘n Volk wat nie meer kan nie. As 3 manne ‘n Caspir so aanvat, dink net..

Zellie ·

Kon nie beter gesê gewees het nie. Wat ‘n goeie artikel. Die ANC moet besef dat enige mens, maak nie saak of hy pienk, wit, swart of groen is nie, net tot op ‘n sekere punt gedruk kan word voordat iets net bars. Ja om geweldadige goed te doen bring net negatiewe reaksies, maar hel, wanneer kan ons OOK sê dat genoeg is net blêddie genoeg! #alllivesmatter!!!!!

Herman ·

Ons is nie mense wat goed brand en tot die ANC en ander se vlak daal nie. ELKE AFRIKANER MOET SAAM TOT GOD BID EN VRA VIR LEIDING. ONS MOET N GELOFTE AAN HOM DOEN. HY SAL ONS N UITWEG GEE. ONS MOET NET GLO. ONS MOET TERUGKEER NA ONS CHRISTELIKE WAARDES EN HOM IN ALLES KEN EN VERTOU DAT HY ALTYD BY ONS SAL WEES.

cornelius ·

Maak hulle seer waar dit saak maak. Sny landbou produksie sodat hulle honger ly en dalk maarder word. As hulle geweld wil afkeur van keelvol Boere dan moet hulle maar die gevolge dra vir hulle “goedgekeurde” geweld teen Witmense.

Pim die Skim ·

Ek verskil ten sterkste met Zombie se skynheiligheid – Zombie en sy soort is welkom om die vals profeet Angus en sy soort waarna daar in 2 Kor. 11:14 verwys word, oor en oor te “join” – Mat 7:21-23 voorspel reeds hulle lot. Dit sal naïef wees om te dink dat alles nou ten goede gaan verander. Dit sal naïef wees om te dink dat die ANC en die EFF nie in die oortreffende trap volgende teen die blanke in enige toekomstige optog gaan optree nie. Die benadering wat Zombie voorstel, is reeds vir dekades gebruik en hoe het dit uitgewerk? Hoeveel hout kruise het dit opgelewer? Ek sou dink dat dit logies is dat die volgende betoging gerat moet wees en voorbereid daarop moet wees, om die ANC en EFF se optrede, (in oortreffende trap), met die minagting wat dit werd is en verdien, te gemoed te gaan en om beslis nie onvoorbereid te wees nie!

Nico ·

Indien blankes nie van rassehaat beskuldig wil word nie, moet hulle swyg as swartes hulle Christelike norme aanval en probeer vernietig. Blankes moet swyg as swartes hul beproefde eerste wêreld standaarde goedsmoeds aftakel. Blankes moet swyg as swartes vrouens en skoolmeisies aanval, molesteer en verkrag. Blankes moet swyg as swartes hulle besittings roof. Blankes moet swyg wanneer weerlose bejaardes gemartel en wreed vermoor word. Blankes durf ook niks sê wanneer onbevoegde swartes op kundiges se werk beslag nie. Want as jy iets sê, is jy ‘n rassehater.

Boerpampoen ·

Boere se geweldadige optrede?? Nee wat, dis niks in vergelyking met die manier waarop boere vermoor word nie en dit is die rede hoekom hulle daar was in die eerste plek. Jare wat hul pleit op dowe ore val, met al die ander rasse faktore in hierdie land. ‘n Bakkie is omgestoot, so what!? ‘n Kind is gemartel. Handjies gevou staan maak nie geskiedenis nie.

JJ ·

om voertuie te verbrand en skade te berokken, dra zero tot die debat by, trouens daardie handeling is ‘n misdaad. Skade aan enige eiendom moet verdoem word – dit vernietig kapitaal en in hierdie geval plaas dit meer druk op SAPS wat met een minder voertuig moet klaarkom en nog swakker diens moet lewer. Bly koelkop en kry koel kop leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.