Nuuskommentaar: Wanneer Ramaforia selfs vir Ramaphosa taan

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

President Cyril Ramaphosa se toespraak aan die nasie Saterdagaand was een van die belangrikstes tot dusver. Enersyds oor die nood waarin die oorgrote meerderheid van die land hulself in hierdie stadium bevind – die ANC is uiteindelik gedwing om tot die stappe oor te gaan wat Ramaphosa aangekondig het. Andersyds oor die snydende impromptu opmerkings wat die president gedurende sy toespraak oor sy eie party gemaak het.

Net voordat Ramaphosa die ekonomiese vooruitsigte en omstandighede getakel het, het hy eers ʼn minuut geneem om fel kritiek teenoor sy party uit te spreek.

Ramaphosa het genoem dat die Covid-krisis ons as ʼn nasie verenig het teen ʼn gemeenskaplike vyand. Ten spyte hiervan het die krisis ook van die slegste neigings in ons samelewing na vore gebring. Die twee sake wat Ramaphosa daarna uitgelig het, is soos volg:

  • Die korrupsie wat tydens hierdie krisis herhaaldelik opgeduik het; en
  • Geweld teen vroue en kinders.

Hoewel albei sake aandag verdien, is dit die eerste een van die twee wat werklik noemenswaardig is. (Dit is immers nie vreemd vir die ANC of Ramaphosa om die saak van geslagsgebaseerde geweld openlik te kritiseer nie.)

Ramaphosa het korrupsie veroordeel en verseker dat skuldiges verantwoordbaar gehou sal word. Daarmee saam sal die regering deurgaans die nasie op hoogte hou van dié vordering. ʼn Deursigtige proses sal verseker dat skuldiges aan die pen ry.

Dit is belangrik om daarop die let dat hierdie geensins ʼn saak was wat Ramaphosa veronderstel was om in dié toespraak aan te roer nie. Die vorige keer wat Ramaphosa die nasie toegespreek het, is die helfte van die tyd bestee aan dié onderwerp. Dit is immers die toespraak waarin Ramaphosa die ANC se amptelike stappe teen Covid-korrupsie aangekondig het.

Saterdagaand kon Ramaphosa egter nie met ʼn skoon gewete die nasie toespreek sonder om korrupsie vlugtig, en onbepland, aan te raak nie. Hy het spesifiek ʼn gedeelte van sy toespraak daaraan gewy om sy party se korrupte aard te kritiseer. Boonop het Ramaphosa dié korrupsie bestempel as een van die slegste neigings teenwoordig in ons samelewing.

Sy opmerking het gespreek van ʼn leier wat ten diepste geloof in sy eie party verloor het. Vir die eerste keer begin dit werklik lyk asof Ramaphosa wreed ontnugter word deur diegene by wie hy homself skaar. Ramaphosa begin besef dat hy waarskynlik sy siel verkoop het om deel van dié party te wees. Daarmee saam verklaar die ANC se diepliggende strukturele korrupsie hom vir alle praktiese doeleindes ongedaan. Selfs al sou hy graag die party tot ʼn morele herlewing wou lei, is die taak te groot vir ʼn enkele mens.

Ramaphosa was nog altyd Nelson Mandela se gekose opvolger en sodoende byna ʼn uitverkorene. Hy is die laaste paar jaar ook gesien as die land se enigste hoop vir ommekeer. Sodoende het miljoene Suid-Afrikaanse burgers met die aanvang van sy presidensie hul laaste hoop in Ramaphosa geplaas.

Die sogenaamde Ramaforia wat daarmee saamgegaan het, was nie noodwendig blindelingse entoesiasme vir die ANC nie, maar eerder desperate geloof in Ramaphosa self. Mense het vasgeklou aan die gedagte dat Ramaphosa se ruggraat sterker sal kan wees as die ANC se ruggraatloosheid. Ramaphosa self het dit waarskynlik ook geglo.

Saterdagaand het sy oë egter gespreek van ʼn leier wat dié tuig neerlê. Nie omdat hy self moreel korrup geword het nie, maar eerder omdat hy naïef genoeg was om tot ʼn volslae ongewonne stryd toe te tree. Ramaforia het selfs vir Ramaphosa getaan.

Ramaphosa het homself ongelukkig met die semels gemeng – die varke het nie geskroom om hom op te vreet nie. Weens hierdie krisis verwerp mense selfs die man wat eens die laaste baken van hoop was. Nie omdat hulle deur die ANC se aard ontnugter is nie, maar eerder deur die magteloosheid van Ramaphosa.

Hierdie ontnugtering is ʼn ongelooflike wrede een. Diegene wat Ramaphosa aanvanklik ondersteun het, het oorwegend so gedoen uit noodsaak. Mense se laaste hoop is werklik in dié president geplaas. Met hy wat misluk, is mense se opsies ook tot ʼn groot mate uitgedien – minstens indien jy jou heil steeds in die regering wil vind.

Hoewel die ontnugtering met die eerste oogopslag skynbaar hopeloos mag lyk, is dit nie hopeloos nie. Dit is wel waar dat Ramaphosa se mislukking ons regering as stuurman finaal nutteloos verklaar het. Die regering is egter nie die alfa en omega nie.

Die wegkwyning van Ramaforia is dalk een van die beter dinge wat met ons as burgers kon gebeur. Diegene wat hul hoop in Ramaphosa geplaas het, het sodoende ook hoop in die regering as geheel geplaas. Mense het stelselmatig deur hierdie krisis egter afstand gedoen van Ramaphosa en daarmee saam finaal afstand van die regering. Dit is nie net angswekkend nie, maar ook bevrydend. Die oomblik wat jy van die regering afstand doen, hang jou lot nie meer van hulle af nie.

Met die vryheid kan jy self kies waarin jy jou heil wil vind. Hetsy in jouself as individu, jou gesin, jou gemeenskap, die vryemark of ʼn gebalanseerde kombinasie van dinge. Gedurende die krisis het gemeenskapsorganisasies en die vryemark die land staande gehou. Na afloop van hierdie krisis sal die sfere van die samelewing voortgaan om hoop en geleenthede te bied daar waar die regering telkens tekortskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Het nie gesien of geluiter nie. Slaap meer belangrik as Cyril en die ANC. Het Sondag in 5 minute gesien wat hy te se het.

Werner ·

Al hoekom hy diep teleurgestel is in sy party se korupsie is omdat hulle uitgevang is

Persheks Adri ·

Bewys aan ons dat jy korrupsie gaan aan vat en jou eie mense laat betaal vir dit dan sal ons jou miskien glo, want nie 1 van ons glo ‘n woord nie! Begin by kopdoek en maak ‘n voorbeeld van haar en haar kinders!!! Ek sou my kop in skaamte laat sak het as ek so op getree het en al jou kaders met als laat weg kom het. Shame on you Cyril!!!

Johann ·

So asof die een van niks geweet het toe hy langs sy Comrade Zuma gestaan en gesit en geheul het nie? Hys so min skandvlek vry as daar n kaas fabriek op die son is? Hys part en parcel van n kern korrupte terroris organisasie wat vat en gryp soos hulle wil. Gewetenlose anargis wat n wereld pandemie misbruik as verskoning om sy ANC magsbasis vêrder te laat vasbyt. So kanptig “me fellow South Africans”? SHAME ON YOU! Jys rugraartloos en so skelm soos jou pelle om jou.

Waar is jy op watter manier benadeeo deur jou en jou COMMAND CENTRE se drakoniese inperkings? Behalwe die waar jy en julle geskep het van die fondse bedoel vir die bekamping van die aanslag? Of julle paybacks op onwettige sigaret en drank verkope!!!!!

En ons is uitgelewer aan die boosheid en sy mede wolwe wat verwoes en misbruik.

Manie ·

Miskien moet Ramapara begin deur vir hom eers ‘n ander speach skrywer te kry. Seker stories het on nou meer as 7 keer gehoor en nou as ‘n doring in die vlees vasgesteek. Goeie stuk inligting. Miskien het hy ook binne ondersoek gedoel gedurende die aftyd, wat hulle baie van het, en tog besef die heiland het eintlik ‘n hel geword.

Kosie ·

Ek dink hierdie skrywer sit die pot totaal mis. Die indruk word geskep dat Ramaphosa een of ander ontnugterde slagoffer is; dit is glad nie die geval nie, hy is deel van die probleem.

Ou gees ·

Ek wil nie deur hulle regeer word nie. Tans voel ek of ek vir my ‘n vliegtuigkaartjie wil koop na Europa en net daar verdwyn en tussen die berge gaan bly soos ‘n bosman.

Kerneels ·

My seun sê dit so mooi: “Move to Tibet and live as a goat.”

Kerneels ·

Lippetaal, gerig op die IMF se ore… Die IMF sal wel die “regte” ANC leer ken aan hul dade.

Veronika ·

En ek wil nogsteeds weet, WAT van die plaasmoorde en aanvalle????

Jack ·

Onthou altyd dat die party se hoofspelers ingesluit die sakp die taxi warlords en die vakbonde sy besluite neem en hy net uitgehang word om te droog. So wat ons in sy plek gaan kry gaan veel erger wees. Ons weet wat ons het maar ek glo ook ons weet wat ons gaan kry. Neem n groot korporatiewe mpy wie neem die besluite nie die BD nie maar die aandeelhouers.

annie ·

Is Cyril werklik die ‘goeie’ man wat die ‘goeie’ Mandela opgevolg het? Hy wou graag wees maar hy kon nie of was nie? En nou dat ons steeds nie weet nie, is ons vry om te kies en te doen? Is dit ‘n afgrond hier voor ons? Of was dit?

john ·

Ramaposa is reg Covid vereenig die nasie teen n gemeenskapplike vyand naamlik die ANC

Judge ·

Nee Monica, onthou wit mense is die padda in die pot. Squirrel se eie woorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.