Nuuskommentaar: Wat gaan in VSA verander ná verkiesing?

Nancy Pelosi, die Demokrate se leier in die huis van verteenwoordigers, word deur ondersteuners toegejuig by die Hyatt Regency Hotel in Washington (6 November 2018). Foto: AP Photo/Jacquelyn Martin

Pres. Donald Trump beskryf dit as ’n klinkende oorwinning vir die Republikeine, maar die meeste ontleders meen die Demokrate het, soos die meeste peilings voorspel het, die beste daarvan in die Amerikaanse midtermyn-verkiesing afgekom.

Die werklikheid is dat die Demokrate nou in beheer van die huis van verteenwoordigers is nadat die Republikeine voor die verkiesing in beheer van die senaat sowel as die huis van verteenwoordigers was. Dit gaan Trump se vermoë om “ongehinderd” te regeer, aansienlik inperk.

Die mate waartoe dit geskied hang af van Trump en die Demokrate se wil om saam te werk, eerder as om mekaar knaend te dwarsboom. Die Republikeine het hul meerderheid in die senaat effe vergroot. De Standaard berig dat Trump inderdaad die olyftak uitgehou het. Uit dié konteks wil dit lyk of Trump eintlik steeds die rug styf maak, veral met sy aansprake van ’n klinkende oorwinning.

Die Demokrate se leier in die huis van verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het nadat dit duidelik geword het hoe die wind nou waai, gesê die kiesers wil vrede hê, asook resultate. “Ons het genoeg van die verdeeldheid.”

Pelosi het voorts opgemerk: “Môre sal ’n nuwe dag in die VSA wees.”

Of Pelosi egter haar posisie as speaker van die huis van verteenwoordigers, wat sy onder die bewind van pres. Barack Obama beklee het, gaan herwin, is onseker. Verskeie Demokratiese verteenwoordigers het aangedui dat hulle haar nie weer daar wil hê nie.

Pres. Donald Trump saam met Sarah Huckabee Sanders, die Withuis-woordvoerder, en Kellyanne Conway, ʼn raadgewer van Trump (5 November 2018). Foto: AP Photo/Michael Conroy

Vooraf is die verkiesing as ’n referendum vir Trump beskou. Dit is egter moeilik om te bepaal in hoe ’n mate dit kan wees. Terwyl Trump ooglopend ’n hou in die verkiesing weg het, dui ’n Rasmussen-peiling nou daarop dat tevredenheid met Trump se werk in Oktober die hoogste vlak in ’n jaar bereik het, naamlik 49%. Ongelukkigheid met sy werk het in dieselfde tydperk met 2% afgeneem, en staan op 50%. Voorts dui peilings daarop dat Trump al minder as ’n “drawback” beskou word om kongres- en goewerneurskandidate in verkiesingsveldtogte by te staan.

Trump kon nie behoorlik munt slaan uit die sterk Amerikaanse ekonomie nie, waarskynlik hoofsaaklik omdat baie Amerikaners volgens peilings bekommerd is dat die ekonomie binnekort negatief kan omswaai.

Vroue het besonder aktief aan die verkiesing deelgeneem, en veral die Demokrate het hieruit voordeel getrek.

Daar is nog twee jaar oor voor die volgende presidentsverkiesing. As in gedagte gehou word in hoe ’n mate die politieke toneel in die voorafgaande twee jaar verander het, gaan dit moeilik wees om die pas-afgelope verkiesing as “referendum” te gebruik om Trump se kanse vir herverkiesing te bepaal.

Dit moet in gedagte gehou word dat Trump in die vorige verkiesing met 2,8 miljoen stemme deur Hillary Clinton afgeransel is, en net deur ’n kombinasie van “gelaaide en ongelaaide” setels en die kieskollege kon wen. Hier lyk dit of nie veel verander het nie, hoewel meer middelklasbuurte nou Demokraties geneig het.

Trump sal egter moet werk aan die persepsies wat veral vroue oor hom het.

Voorts hang dit af of vrese vir ’n duik van die ekonomie werklikheid gaan word. In ’n onlangse peiling is die ekonomie as die meeste kiesers se bekommernis uitgewys.

  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JC ·

Baie dankie Herman, jou artikel is tops!

My opinie: Pres. Trump gaan herverkies word in 2020. Die resies om die Withuis het sopas afgeskop, en dit lyk nie of die demokrate – met ‘n groot veld van mededingers wat nie Trump se nasionale teenwoordigheid (“Beto” bv. het slegs vir “Hollyweird” EN DIS AL) en verkiesings “savvy ” besit – oor hom sal kan seevier nie.

Hy is net te veel van ‘n grootse karakter en president, wat sy kleim behoorlik in die VSA die afgelope jare afgesteek het.
Die Republikeine sal egter moet hard werk aan hul agterstand in die voorstedelike en wel-af blanke gebiede – anders kan dinge vir hul moeilik raak in 2020, nieteenstaande die feit dat Pres. Trump geprojekteer kan word om weer te wen- maar wat doen hy dan in Januarie 2021 met ‘n kongres wat hom vyandig is en waarvan die Senaat dan miskien, bykomend tot die Huis, in Demokrate se hande is- dan sal die poppe regtig dans!!

Jerry ·

Geen ware leier saai verdeeldheid nie. Die dinge wat Trump wel goed doen strek nie tot voordeel van alle Amerikaners nie. Ongelukkig is hy n president net vir die republikeine en dit gaan hom beslis kelder! Nancy Pelosi wat nou die septer swaai in die Huis van Verteenwoordigers gaan Trump aan die kaak stel deur sy russiese verbintenisse en onderdrukking van vroueregte geraamtes in sy kas te ontbloot en die arme ou se lewe hel maak en oor twee jaar gaan Trump nie meer president wil wees nie! Die kanse is dus goed dat Amerika se volgende president n vrou gaan wees, wie dan die poppe behoorlik gaan laat dans!

JC ·

Ek stem met respek nie saam nie, Pres. Trump is ‘n ware leier, hy sweep passies en emosies op, hy kry mense (teenstanders- meestal) warm onder die kraag- wat hul in hul onnadenkende oomblikke hul hand laat oorspeel en hul tekortkominge laat openbaar-, hy staan nie terug nie, hy baklei, hy lewe 24 uur per dag huurvry in sy teenstanders se koppe, hy’s aktueel, kry debat aan die gang, is ‘n vurige patriot, en aktief! Hy trek (soms) mense nader van die ander kant v/d politieke ideologiese spektrum , hy’s ‘n “go-getter”. Hy PRAAT NIE, HY DOEN. Na meer as waarskynlik 3 jaar is daar zero bewyse van “russiese sameswering” maar tonne bewyse daarvan i.v.m. die DNC en Clinton.
Hy’s die beste VSA president in ‘n lang tyd en die afgelope middeltermyn verkiesings-i.v. waarin slegs Pres. Reagan beter kon doen- is ABSOLUUT bewys daarvan, ek lief hom, hy’s ‘n MEESTER politikus wat die loopbaan politikuste ‘n ding of twee geleer het!

Allan ·

Soos ek dit verstaan: Die senaat is die Hoër Huis en die Huis van Verteenwoordiging is die “Laer Huis”. Dus is die Senaat in beheer is van die “Land” in sy geheel insluitend die Juridiese sêgenskap (wette), aanstel van Kabinet, Ambassadeurs, en verdrae. Die Huis van Verteenwoordiging verteenwoordig die mense op “plaaslike vlak” en maak aanbevelings wat dan deur die Senaat goedgekeur moet word. DUS neem die Senaat die finale besluit wat uitgevoer moet word.

Dus volgens bg is Trump nou beter in beheer van die Land as voorheen, of is daar iets wat ek misverstaan?

Blybaar het hy klaar die volgende belangrike verander gedoen om my punt te bewys – dat hy nou beter in beheer is:

“US President Donald Trump has requested – and received – the resignation of Attorney General Jeff Sessions. The Department of Justice will be led by his chief of staff Matthew Whitaker until a permanent replacement is nominated. The Acting Attorney General is in charge of all matters under the purview of the Department of Justice”

John ·

Hillary het Trump afgeransel…. ja, die fopnuuskultuur dwing joernaliste om uit sy woordeskat te tap wanneer Trump in die spervuur is. Watter joernalis wat sy daaglikse sout uit die Soros trog vreet sal dit waag om, byna soos met ewolusie en wetenskaplikes, onnosel voor te kom deur die teenpool te ondersteun. Hillary en haar man is geplooid en aan’t bewe, maar hul kooitjies moet terug Withuis toe. Daar is egter ‘n groot moontlikheid dat al die gemor en moddergooi na Trump gaan sorg daar nooit weer ‘n wit president sal kan koningkraai nie. Die so nederige Obama kan ook nie iets vind om sy mond mee besig te hou nie en hy bly roer aan die heksebrousel. Opgewarmde poeding bly ongelukkig altyd maar aan die droe kant.

Adam ·

John, kyk gerus na die VSA se bevolkingsamestelling. Daar sal vir baie, baie jare wit presidente wees. SA se situasie is presies die omgekeerde; daar sal nooit weer ‘n wit president in SAwees nie.

Twakkie ·

Dit lyk tog of Trump die suksesvolle sakeman sy opponente altyd ‘n treetjie voor is. Hy het baie sterk campaign vir sy ondersteuners in die Senaat, waarmee hy dan sy aanstellings van konserwatiewe regters ens. kan deurvoer en mal idees van die Demokratiese Congress kan blok. Sessions is gevra om te bedank en sy tydelike plaasvervanger sal hopelik die Mueller-ondersoek hanteer. Trump gaan sukkel met befondsing deur die Kongres maar hy het reeds gesê “They know I will just blame them” vir dinge wat nie gedoen kom nie. Lyk asof konflik Trump juis woema gee, so hou vas julle hoede. En Jim Acosta sien toe kans om ‘n vroulike intern weg te stoot wat sy mikrofoon wil vat oor Trump so sê, dus is Acosta se press pass ingetrek. Hou maar jou hoed styf vas.

Erwee ·

Die probleem met feministe is dat hulle nie van sterk mans en vroulike vrouens hou..alla holly weird

Lola ·

Om jouself te label as enige iets, soos bv om ‘n feminis te wees, het jy al klaar die balans in jou lewe en in die wereld verloor.

Allan ·

@Jerry, Lees my vorige opmerking – daar is NIKS wat die Demokrate/Nancy kan doen om Trump van die Presidensie kan ontneem nie of om hom “sinsvol” te kan ondermyn nie. Die HVV kan hom nie uitkry nie, net die Senaat kan. Hy is daar tot sy termyn verby is en dalk nog vir die volgende een.

Die HVV kan net optree as soos ‘n “lastige vlieg/muskiet”. Maar op ‘n stadium word dit doodgeslaan.

JC ·

Ek stem, dankie Allan, die nuwe verteenwoordigers gaan die Huis bestyg vir ‘n skamele twee jaartjies- die nuut verkose senators die Senaat VIR ‘N VOLLE 6 JAAR. (tot en met begin 2025, waarna die nuwe senators van einde 2024 se verkiesing-wat ook ‘n presidensiele verkiesingsjaar is saam met die gebruiklike twee-jaarlikse middeltermyn verkiesing-, die vaandels gaan oorneem)

Die grootste grappie is bv. Joy Behar op die View wat se dat die GOP a.g.v. “gerrymandering” gewen het terwyl dit juis die Demokrate is wat groot gewen het in o.a. Pennsylvanie ag.v. “gerrymandering” ! O, die ironie!

Feit is, Trump oorheers nuusflitse en die wereld heeltemal. Die demokratiese media kompleks het hul beste probeer om hom te onttroon maar hulle kan eenvoudig net nie- en enige “impeachment” pogings sal slegs simbolies van aard wees en Pres. Trump se ondersteuning bevorder en konsolideer- aangesien dit en skuldigbevinding “doodgebore” is wat betref die Senaat. En wag dat die demokrate probeer om Regter Kavanaugh te “impeach” dan gaan daar regtig sports wees!

Die Demokrate het dalk die 4de stand, “hollyweird” en die akademici, maar Pres. Trump het die breer volk.

Ek sien uit na die volgende ses jaar…

JC ·

Ek stem met respek nie saam nie, Pres. Trump is ‘n ware leier, hy sweep passies en emosies op, hy kry mense (teenstanders- meestal) warm onder die kraag- wat hul in hul onnadenkende oomblikke hul hand laat oorspeel en hul tekortkominge laat openbaar-, hy staan nie terug nie, hy baklei, hy lewe 24 uur per dag huurvry in sy teenstanders se koppe, hy’s aktueel, kry debat aan die gang, is ‘n vurige patriot, en aktief! Hy trek (soms) mense nader van die ander kant v/d politieke ideologiese spektrum , hy’s ‘n “go-getter”. Hy PRAAT NIE, HY DOEN. Na meer as waarskynlik 3 jaar is daar zero bewyse van “russiese sameswering” maar tonne bewyse daarvan i.v.m. die DNC en Clinton.
Hy’s die beste VSA president in ‘n lang tyd en die afgelope middeltermyn verkiesings-i.v. waarin slegs Pres. Reagan beter kon doen- is ABSOLUUT bewys daarvan, ek lief hom, hy’s ‘n MEESTER politikus wat die loopbaan politikuste ‘n ding of twee geleer het!

Marie Visser ·

Dank God vir Trump se oorwinning. Stem saam met jou Erwee. Tog so skandelik dat sommige hedendaagse vroue (femministe) nie hul Godgegewe gawes tot voordeel van die opvoeding van hul kinders, die ondersteuning van hul gades en tot eer van God gebruik nie. Wat het ou Hillary sodanig tot positiewe wêreldverandering bygedra – NIKS!

JC ·

Ek stem, dankie Allan, die nuwe verteenwoordigers gaan die Huis bestyg vir ‘n skamele twee jaartjies- die nuut verkose senators die Senaat VIR ‘N VOLLE 6 JAAR. (tot en met begin 2025, waarna die nuwe senators van einde 2024 se verkiesing-wat ook ‘n presidensiele verkiesingsjaar is saam met die gebruiklike twee-jaarlikse middeltermyn verkiesing-, die vaandels gaan oorneem)

Die grootste grappie is bv. Joy Behar op die View wat se dat die GOP a.g.v. “gerrymandering” gewen het terwyl dit juis die Demokrate is wat groot gewen het in o.a. Pennsylvanie ag.v. “gerrymandering” ! O, die ironie!

Feit is, Trump oorheers nuusflitse en die wereld heeltemal. Die demokratiese media kompleks het hul beste probeer om hom te onttroon maar hulle kan eenvoudig net nie- en enige “impeachment” pogings sal slegs simbolies van aard wees en Pres. Trump se ondersteuning bevorder en konsolideer- aangesien dit en skuldigbevinding “doodgebore” is wat betref die Senaat. En wag dat die demokrate probeer om Regter Kavanaugh te “impeach” dan gaan daar regtig sports wees!

Die Demokrate het dalk die 4de stand, “hollyweird” en die akademici, maar Pres. Trump het die breer volk.

Ek sien uit na die volgende ses jaar…

Jerry ·

Allan, jy is reg dat die demokrate soos n muskiet vir Trump gaan pla. Dit is egter die republikeine self wat van Trump gaan ontslae raak oor twee jaar, wag en sien!

JC ·

Waarom sal hulle van hom “ontslae” raak as hy hulle die oorwinning in die Senaat gegee het? (plus, die meeste van die “oopgrens- goedkoop arbeid” lobby is verslaan asook mense soos Vert. Curbello in Florida wat na sy mede Republikeine as “white supremacists” verwys het-jay!)

Op 6 Nov 2018; het die GOP werklik Trump se GOP geword. Die “swamp” is heelwat “gedrain” en die konserwatiewe revolusie kan ONVERPOOSD voortgaan.

nico k ·

Ek wil net vir Allan verduidelik die verskil tussen die hoër huis en die laer huis. Die laer huis het eintlik meer mag. (Soos die Volksraad in die ou SA.) Hulle maak die wette. Die Senaat (Hoër huis) kan die wette veto, maar nie wette maak nie. Hulle kan dus nie eintlik veel doen nie. (Die woord hoër huis kom uit Brittanje toe dit al die Lords en adelikes bevat het. Dit het hulle laat goed voel, maar in werklik het het die laer huis meer mag.) So Trump sal geen wet kan maak as die Demokrate nie daarmee saam stem nie.

Frans C ·

Dit blyk uit die afgelope 21 ‘midterm elections’ die insittende president gemiddeld 30
setels in die ‘House of Representives’ verloor en 4 in die ‘Senate’. Dit is slegs in 2 gevalle dat ‘n insittende President sy meerderheid in beide huise vergroot het.

So gemeet aan dit het Pres.Trump nie te vrot gevaar nie,al het veral CNN ‘n ‘oorlog’ teen hom gevoer.

Allan ·

@nico k – Dankie, ek het gaan oplees. Altwee kan ‘n wet voorstel – maar die ander party moet dit ook goedkeur, hoewel die President die mag het om dit te veto. Maw hulle moet maar saamwerk om ‘n wet te implimenteer.

How Federal Laws Are Made
The U.S. Congress is the legislative branch of the federal government and makes laws for the nation. Congress has two legislative bodies or chambers: the U.S. Senate and the U.S. House of Representatives. Anyone elected to either body can propose a new law. A proposal for a new law is called a bill.

Steps in making a law:
A bill can be introduced in either chamber of Congress by a Senator or Representative who sponsors it. Once a bill is introduced, it is assigned to a committee whose members will research, discuss, and make changes to the bill. The bill is then put before that chamber to be voted on.
If the bill passes one body of Congress, it is then presented to the other body to go through a similar process of research, discussion, changes, and voting.
Once both bodies vote to accept a bill, they must work out any differences between the two versions. Then both chambers vote on the same exact bill and, if it passes, they present it to the president.
The president then can approve the bill and sign it into law or not approve (veto) a bill.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.