Nuuskommentaar: Wat gaan met Malema en politieke korrektheid aan?

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

In die VSA is ’n warm debat oor politieke korrektheid en die spesmaas dat dit spraakvryheid as reg aantas. In Suid-Afrika kom te veel heethoofde met radikale en opruiende uitsprake weg deurdat hulle deur “politieke korrektheid” ’n soort vrypas kry. In die proses is Julius Malema se drywer skynbaar vir ’n spoedoortreding en die wegjaag van die verkeersmense dieper in die sop as Malema wat ná sy hofverskyning wesenlik oorlog teen die Afrikaner verklaar het. Penny Sparrow word veel harder geslaan as die dosent wat wit mense kakkerlakke noem, en steeds wag ’n mens vir ’n gerekende kommentator om ’n woord hieroor te rep.

Malema verskyn (al weer) in die hof, en (al weer) maak hy uitlatings wat hom tien teen een in die sop kan laat beland, en logies gesproke hom wel in die sop moet laat beland. Met sy laaste hofverskyning, dié keer in Bloemfontein, het hy die grens getoets met wat baie maklik as ’n oorlogverklaring van die EFF teen spesifiek die Afrikaner beskou kan word.

In die proses is die grens van spraakvryheid ruim getoets.

Maar waar pas politieke korrektheid in die prentjie in? Die vermaarde rubriekskrywer en menseregte-aktivis, Rhoda Kadalie, het by geleentheid geskryf politieke korrektheid is die wapenrusting van die liberalis. En ja, daarvan het Suid-Afrika toe reeds emmersvol beleef met sekerlik die groep swart redakteurs en ’n paar bekendes, ook wit mense, meelopers wat gewaarsku het dat voortgesette kritiek op die ANC tot ’n bloedbad kan lei.

’n Paar maande tevore is van hierdie einste redakteurs by name geloof vir hul rol om politieke korrektheid te sloop, wat die deur vir wit redakteurs geopen het om ook so te maak. Op die oog af wil dit voorkom of die swart redakteurs basies kritiek op pres. Thabo Mbeki verwelkom het, maar toe Jacob Zuma oorneem, was kritiek nie meer welkom nie.

Op internasionale skaal lyk dit egter of politieke korrektheid ten minste deels ’n groot swaai beleef het. Politieke korrektheid is deeglik op die ontleedtafel.

’n Amerikaanse rubriekskrywer, Lindy West, het die hele kwessie probeer saamvat in ’n artikel in The Guardian, wat ook in ander tale soos Vlaaams verskyn het. Sy het ook kritiek ontlok soos deur ’n persoon wat haar beskuldig daarvan dat sy die saak deur ’n liberale bril bekyk.

West se artikel verskaf egter aan die buitestander ’n omvattende, hoewel gebrekkige, begrip oor die debat oor politieke korrektheid en spraakvryheid, en die vraag of dit teenoor mekaar staan. Die volgende som die situasie in die VSA dalk baie goed op:

“The American university system is currently the battleground for what looks to be our next great culture war: free speech versus political correctness. On one side are the ever-harrumphing Reasonable White Men, such as New York Magazine’s Jonathan Chait, who fretted extravagantly over “political correctness”… The other side – which is not really a ‘side’ at all so much as a vast, multifarious crowd of marginalised people all advocating for their own humanity with varying degrees of success and silliness – includes trauma survivors requesting trigger warnings, feminists criticising rape jokes, people of colour trying to explain cultural appropriation to white people who think the earth is their toy chest, and black students sick of universities gobbling their tuition money but treating them like dangerous interlopers.”

Klink dit nie bekend in vergelyking met ons eie studente-onluste nie?

Die grootste waarde van haar artikel is moontlik geleë in die skakel wat sy voorsien na ’n onderhoud met die “reasonable white man”, Jonathan Chait van die New York Magazine. Chait se opsomming dui ’n belangrike koers aan:

“I would define political correctness as a new ideology that is completely intolerant of dissent on issues relating to race and gender. So, it’s an illiberal kind of politics that does not grant any political legitimacy to criticism on identity issues. So, even if it’s made in response to legitimate racism and legitimate sexism that people have every right to be concerned about, it shuts down democratic politics in a way that we should be concerned about.”

Waar Kadalie politieke korrektheid as die wapen van die liberalis beskou het, meen Chait weer juis dat dit ’n “illiberate” soort politiek is.

Wat Suid-Afrika betref, is dit eintlik irrelevant of dit van “links” of “regs” neig.

Suid-Afrika het sy eiesoortige probleme, en watter gedaante politieke korrektheid ook al inneem, dit mag nooit skeeftrekking en die toegang tot die waarheid belemmer nie. Wat “beweerde” skeeftrekking betref, word gereeld in die sosiale media verwys na die lot van Penny Sparrow en haar “monkey”-uitspraak teenoor ’n swart dosent wat na wit mense as kakkerlakke verwys het. Maroela Media het inderdaad lank reeds, en deurlopend, gewaarsku oor die potensiële gevolge van onewehandigheid. En wie nou nog die sosiale media onderskat, het nie die Amerikaanse presidentsverkiesing gevolg nie.

Die verskillende persepsies tussen rasse oor grondbesit en die geskiedenis daarvan is gister deur Maroela breedvoerig in ’n nuuskommentaar behandel. Malema buit nou ’n persepsie uit wat wyd onder swart mense bestaan (en die persepsie is deur navorsing bevestig), dat wit mense hul grond sou bekom het deur dit van swart mense te steel. Die “feite” word onder meer deur die ad hoc-komitee oor eiendomsreg betwis. Die leier van die Vryheidsfront Plus het by geleentheid ’n geskiedenisles in die parlement hieroor afgesteek. Hy is erg deur die ANC verkwalik en selfs Zuma, wat ook meen wit mense het die grond oorspronklik gesteel, het bitter uitgepak. Meer nog, verskeie LP’s van ’n opposisieparty wat die meeste wit stemme trek, het ook bitterlik teenoor dr. Mulder uitgepak. Die media se reaksie was hoogs interessant, om die minste te sê, want dié kwessie kan maklik delikate, “groter” kwessies omkeer.

Die gevaar is egter dat solank wanpersepsies deur politieke korrektheid “ter wille van” toegelaat word om te prut, so lank sal Malema en ander die opening gebied word om vyandigheid en rassehaat te stook.

Om omsigtig, diskreet en strategies te werk te gaan, is iets heeltemal anders as om wanpersepsies deur politieke korrektheid te voed, en veral te bly voed. As politieke korrektheid, soos nou, die vlam van ’n tragedie voed, moet dit as metodiek, filosofie of wat dit ook al is, ashoop toe gaan.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Penellope Jones ·

Mens begin die idee kry dat die ‘studente-onluste en hierdie uitsprake wat Malema nou maak op ‘n manier iets met mekaar te doen het – amper asof dit beplan is.
Die DA probeer hul bes om dinge uitgeroei te kry, soos Nkandla, en al die ander ontstellende dinge wat ons van lees en mens moet dalk nie gerus wees en dink dat die anc en andere dit gelate sal aanvaar nie.
Dis te stil van regeringskant – wat presies broei agter die toe deur?

Stoppit ·

Terwyl die President en ander Ministers niks sê nie blaas ons almal anders in die wind. Afriforum probeer darem nog, maar die ander sit agteroor en kyk hoe hy haatspraak en revolusie verkondig, hoe hy minderheidsgroepe dreig. Ek vra weer waar is die MRK? Waar is al hierdie menseregteorganisasies en regslui wat so graag mense sue? Hoekom moet Afriforum alles doen? IS wat MALEMA doen reg vir julle? Hy mag rassistiese uitsprake maak, maar waag ‘n witte dit is hy in diep moeilikheid .. lyk my almal het slaprug geword, is te bang om aan die ‘verkeerde’ kant gesien te word, te skaam om blank en Afrikaans te wees, wonder wat gaan gebeur as Malema uitvoer wat hy dreig om te doen .. waar gaan julle dan wegkruip want dit wil voorkom of hy ALLE blankes insluit, nie net die konserwatiewes nie, ook die liberales en meelopers. In SA mag jy so LINKS as moontlik wees, jy mag net nie na REGS neig nie ..dan het die geringste uitspraak vreeslike gevolge, as jy LInks is kan jy oor alle grense heen gaan, jy kom absoluut NIKS oor nie, jy raak net sterker en jou uitsprake meer liberaal en dreigend. Malema is soos ‘n kind, hy het begin met iets, en nou raak dit net erger omdat niemand hom stop nie.

Johann ·

Stoppit, jy is reg, dit is basies wat ek onderaan die vorige rubriek van Herman wat gehandel het oor versoening en Malema, in my kommentaar onderaan gesê het. (Ek sien terloops Herman het daar onderaan geantwoord.)

Henry ·

Stem allie pad saam Stoppit!
FW de Klerk behoort vir Malema aan te kla oor al die onsin wat hy van de Klerk kwytraak. FW kan van talle ander dinge beskuldig word, maar hy en sy pelle wat so papperig in Kemptonpark onderhandel het, kan kwalik van massamoord en al die ander strooi* waarna Malema verwys, beskuldig word.
Hy wat de Klerk is behoort namens homself en die res van ons Afrikaners die vent hof toe te sleep!!!

*self gesensor

Denise ·

Die eff leier wil die volgende president word dit is hoekom hy al die haatspraak uitbasuin teenoor ons wit mense ons sal moet WAKKER SKRIK hy is defnitief besig met n PLAN!!! Ek se dit without prejudice !!!!!

Rita ·

Denise ek se dit al lank al. Mense moet wakker word en dit sien vir wat dit is.

Se maar net ·

Die eff is niks anders as die anc se militere vleuel nie

Johann ·

Herman, terwyl jy die Penny Sparrow aangeleentheid en haar “monkey” uitspraak ophaal, ek verwag nie dat jy op die volgende reageer nie, dit is net vir kennisname.

Ek het al vir ‘n tyd agtergekom, en dit vir Maroela geskryf, dat hulle geen kommentaar plaas as daar ‘n woord, selfs ‘n idioom, in gebruik word waarin die woord aap of apie in voorkom nie. Die Engelse pers het hoegenaamd nie ‘n probleem daarmee om ‘n Monkey idioom te gebruik nie (soos ek nou in die geval van Zuma geskryf het, dat die aap op sy skouer is die aanklag van Staatskaping), ook het die swart rubriekskrywers en kommentators nie daarmee ‘n probleem nie, ek lees dit gereeld daar. Dit is net Maroela wat so behep met die woord is. Plaas dat hulle, die redigeerders, aan beweeg, na die Penny Sparrow sage en die aap van hul skouer afkry.

Kewer ·

Ek kan nie glo dat Malema se volgers hom glo nie. Of toelaat dat hy so haatspraak verkondig in n “demokratiese” land nie.

Hoeveel meer sy teenstanders in die regering?
en ander opposisie?
en die wereld?

Hoeveel meer EK, JY, en ons VOLK ?!

Uiltjie ·

Wie’t nou die day gese Malema mask net geraas, one moet hom nie kop toe vat nie?

Kewer ·

Ek kan nie glo dat Malema se volgers hom glo nie. Of toelaat dat hy so haatspraak verkondig in n “demokratiese” land nie.

Hoeveel meer sy teenstanders in die regering?
en ander opposisie?
en die wereld?

Hoeveel meer EK, JY, en ons as VOLK ?!

Bloues ·

Mense julle moet wakker skrik. Of jy dit wil aanvaar of nie, die feit is dat Suid Afrika aan die swartmense behoort. Maak vrede daarmee. Dit is hoe dit is en vir lank nog gan wees. Jy gaan jouself siek maak as jy begin redeneer oor die onregverdigheid ens ens. Maak vrede daarmee en pas jou lewe daarvolgens aan. Dis hoe dit is en geen mens kan dit verander nie

Perd ·

En as hulle jou besitting vat plaas tot town house ? Hoe dan nie almal kan oorsee heen trek , moet ook nie onder die indruk wees hulle gaan na die grond en town house daar stop nie , en PS dis nie hulle land nie as GOD ons hier nie gesoek het nie sou ons skepe in die see vergaan het.

Jonathan ·

Suid Afrika behoort aan al sy mense , die probleem is dat party mense net saam ry en kla maar niks doen om sy of haar bestaan reg te beskrem nie Die vermoe om te doen om die uitdaging van die dag te gebruik om by more uit tekom

Alida ·

Sy volgers is almal ongeskooldes. Kan nie anders nie want hulle is gedurig om en by hom. Wanneer gaan hulle skool en werk toe?

Santie ·

Hulle het niks om te verloor nie. Hy belowe grond en wat nog. Natuurlik sal hulle hom aanghang.

Rynhardt ·

Die politiek korrektheid is die geloof van die Nuwe werekdorde wat dit afdwing op wereldleiers, en die dwing dit af op die mensdom! Malema en Zuma kan enige iets nadelig van wittes se en daarmee wegkom, terwyl hul gebreinspoelde ondersteuners dit glo! Enige nadelige uitsprake wat blankes raak word opsetlik deur die Menseregtekommissie geignoreer! Media 24 met Tim du Plessis, Waldimer Pelser, Piet Croycamp, Leopolt Scholtz, Bun Booyens en Max du Preez sal nie vir Afrikaners oor enige kwessie in die bres tree nie! Dieselde geld by radiostasies waar daar van Theo Venter en ander liberale kommentators gebruik gemaak word.Polities korrektheid moet seevier, al is dit vals.Steve Hofmeyer het onlangs op Facebook gese:”Hoofstroommedia is lankal dood in SA.Ek gee nie om wat hul skryf of wys nie”.Raai wat? Ek moet hom hiervoor 10 uit 10 gee!

connie de klerk ·

Ek vra maar net, kan ons wittes nie n poging tot moordsaak teen hom oopmaak nie, is dit nie wat hy probeer se nie, en hy is ook nie bang om dit te se nie dat die hele wereld hom hoor nie. So is daar nie genoeg getuie nie.

Hier is alreeds groot moeilikheid! ·

Ek stem hy hits moord aan, hy malematjie is te bang om dit self te doen die lafhartsoos die satan stook hy maar!
Die is gemik op alle blankes van Suid Afrika ,vat hom ok hof toe oor die rassistiese / moord en geweld aanhitsing! Hy se mos sy goedkeuring kom van hom af om die blankes binnekort uit te wis .
Hy agent malema toets die grondwet van die land en breek die dit af stukkie vir stukkie. Die “Ethnic cleansing “gebeur alreeds net stil stil hier en daar sodat die res van die wereld nie sal intree nie want dit is mos net n “GEWELDIGE LAND” met n baie hoe misdaad syfer of so wil hul die anc jou maak glo!
Wannneer die land wel gaan val soos Zim sal hy malema die rassis homself trommel dik gesteel het nes ou Mugabe en in weelde leef maar die res van sy volgelinge gaan kreppeer en misdaad gaan nog erger wees op die blankes wag en kyk.. Die blankes wat so stil stil die verbale diaree van malema opvreet en kop in sand staan en se hy blaf net passop mense jul bly in Afrika en die plek is onvoorspelbaar!
Ja as hul die van noord Afrika oorspronklik nou alles terug gevat het kyk maar hoe boer hul agteruit,dit is maar so tot almal se nadeel maar malema propageer net vir eie gewin sonder om bekommerd te wees oor die nagevolge.

Annelize ·

Malema het mooi geleer by Mugabe…Ek se al lankal dat SA op dieselfde pad is as Zimbabwe, en Malema is stewig aan die stuur van sake….

Kwaak ·

Het hierdie maaksel maer geword? Lyk dan so vir my. Op tv in pak klere het hy baie maer vertoon. Is hy dalk nie gesond nie?

Gemsbok ·

In Suid-Afrika beteken ‘liberalis’ sosialis, oftewel links.

In die VSA beteken ‘liberal’ vryheid in die sin van vrye mark en klein regerings wat nie in die privaatsektor inmeng nie.

Dit is dus twee uiteenlopende begrippe wat nie verwar moet word nie. Khadalie en Chait het mekaar dus nie weerspreek nie; hulle het paradoksiaal presies dieselfde gesê.

Deon ·

Hierdie hele artikel en debat rondom Politieke Korrektheid is eintlik van min of geen waarde. PK is ingevoer vanuit Amerika en Brittanje – dis ‘n sentrale pillaar van Liberale Demokrasie van die laaste 70 jaar. Die Media en Akademia was die dryfvere hieragter.Die AltRegs het die argument hierom gewen deur die mees on-PK kandidaat in die geskiedenis van Westerse politiek as POTUS verkies te kry en beide die Media en die in akademia te ontman. Maak geen fout – die AltRegs was die katalisator vir Trump se oorwinning. Wanneer PK in die Weste sterf sal dit hier ook sterf. Die laaste hoop vir die Linkse Establishment in SA vir PK om te oorleef is die sg Haatspraak Wet. Dit is duidelik uit die geskiedenis dat hierdie eensydig teenoor blankes toegepas sal word en daarom ‘n mislukking sal wees.

mari ·

Vir elke moord wat nou op blankes gepleeg word, moet ‘n moordsaak teen Malema geopen word.

Theresa ·

Of ten minste ‘n ondersoek ingestel word om vas te stel of dit a g v die opruiende toesprake uitgevoer word. Om die ware angel te ontbloot?

blommie ·

Ons kan net bid en vra dat God ons land kan red want hy het meer mag en krag as die op die aarde. En ja ons sal moet wakker word en saam staan.

vytjie ·

VAS EN GEBED VIR MALEMA SE VAL. IEWERS SE DAWID IN DIE WOORD HERE DAT EK SIEN HOE MY AANVALLERS BESWYK

Madri ·

Ek is al so g@tvol vir Malema se dreigemente! Wanneer gaan hy nou sy dreigimente uitvoer? Ja FW De klerk moetvir Malema in die tronk stop met sy onsin en stories wat Malema so op maak! Waars jou bewysse Malema!? Wat van al die onskuldige wit mense wat jy en jou ANC regering dood gemaak het deur bomme te plant in PTA? Hoekom word daar niks daarvan gesê nie? Ek dink jy moet eerder terug gaan skool toe en gaan leer van die geskiedenis in ons land voordat jy jou mond oop maak en as jy weet wat is die betekenis van die woord waarheid dan kan jy weer jou mond oop maak. Hou asb op aandag soek met jou vloermoere wat jy so gooi! Staan eerder saam met ons ander wat ten minste probeer om n beter plek vir almal te maak in SA! Hou op om klippe te gooi en dinge te noem waarvan jy geen kennis het nie!

Dirk Breytenbach ·

Ek is ‘n nasionalis (niks te doen met die politieke party van die verlede nie!). Ek is oortuig van Afriforum en Solidariteit se geloofwaardigheid tov menseregte en opregtheid. Dit laat my nou by die omgekeerde rassisme en wraak aangevuur deur Malema en verbitterde linkse liberale kommentators wat hoogty vier: ek gaan aan met my lewe en sal aanhou om SA ‘n beter plek vir almal in my daaglikse omgang te probeer maak ten spyte van julle geraas. Ek ondersteun nie liberale lamsakkigheid nie en weet my toekoms is in my eie bevolkingsgroep se hande en nie in andere s’n nie. Ek vra nie meer verskoning vir my bestaan nie en het reeds ‘n prys betaal vir die onregte van die verlede. Ek neem kennis van Malema se oorlogsverklaring en die linkse liberale kommentators se pessimisme en wag nou maar vir die uitbreek daarvan. Hy sal in elk geval 2de beste daarvan afkom en indien hy dit polities kan oorleef sal hy daarna nog steeds ‘n kompromis moet aangaan met ander minderhede wat ‘n reg het in SA. Die Afrikaner is nie ‘n gas in sy eie land nie, het nie massamoorde gepleeg nie en sal ook nie toelaat dat ons uitgerangeer word nie. Dis nou genoeg, doen wat jy wil doen Malema as jy kan, ons hanteer dit van daar af verder want ons het sterk leiers en geregtigheid is aan ons kant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.