Nuuskommentaar: Wat het SA voor grondpaaie gehad? Teerpaaie

Argieffoto

Argieffoto

Versekerings wat die regering gee dat maatskaplike toelaes wel op 1 April betaal sal word, beteken nou bitter min teen die agtergrond van ander beloftes waarvan daar dadels gekom het. Dit help ook nie juis dat minister Pontia Pilatus haar hande in onskuld was nie – haar party is oor ’n te breë front nou in die moeilikheid.

’n Afgevaardigde by die kongres van Agri-Noordwes het ’n aantal jare gelede in sy toespraak gevra wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad, en toe self geantwoord: “Teerpaaie.” Tydens die kongres het veral boere uit die Molopo gekla dat die paaie nou so sleg is dat hulle nie meer hul produkte op die mark kan kry nie.

Die beelde van destyds is onlangs weer opgetower toe die SAUK beeldmateriaal vertoon het oor hoe van Noordwes se paaie nou lyk ná die goeie reën daar. Die begrote geld vir die herstelwerk is in ’n heel ander orde te min om die herstelwerk te kan doen, en die private sektor gaan gevra word om hand by te sit.

In dieselfde orde lui ’n opskrif van Netwerk 24 se hoofartikel vroeër die week: “Staatshospitale plekke waar die dood nou wink.”

Reg of verkeerd, dit is aan die hand van sulke nuusdekking, waarvan die twee voorbeelde maar die oortjies van die seekoei is, maklik om te verstaan hoekom baie mense die persepsie ontwikkel dat die land se infrastruktuur vir die ashoop bestem is. Wanneer die ANC dan kort voor verkiesings weer met hul “goeie storie” kom, ervaar baie kiesers dit gewoon as ’n feeverhaal ongeag of daar hier en daar voorbeelde sal wees wat, sonder aanbieding buite konteks, die waarheid kan wees.

Die feit is, daar lê vir die ANC ’n paar baie ernstige slaggate voor op pad na die algemene verkiesing van 2019. Dit is egter interessant waar die ANC dié slaggate gaan soek. So meen Jesse Duarte die ANC kan onderweg na die verkiesing skeur weens die leierskapstryd. Dit het al ’n paar keer in die verlede gebeur.

Ja, die ANC hét ’n probleem. Met die verkiesing van 2019 nog ’n ent weg moet die ANC ingevolge sy eie grondwet aan die einde van vanjaar reeds sy eie opvolger vir pres. Jacob Zuma kies. Zuma self kan nog tot met die volgende algemene verkiesing president van die land wees, maar die land gaan dan ongeveer twee jaar lank twee leiers hê – een wat die land se president is, en ’n ander wat die ANC se president is. Die ANC het juis ’n probleem om die grense tussen regering en party te bepaal. Dit gaan veral ongemaklik wees as die nuwe ANC-leier uit die anti-Zuma-kamp kom.

Onthou, Zuma het volle gesag nodig om uit die tronk te bly. Beland die ANC-presidentskap in die anti-Zuma-kamp, val die boom onder die Zuma-kornuite uit wat Zuma uit die tronk probeer hou. Hulle kan beswaarlik besluite en stappe neem om Zuma te beskerm en so weet hulle, hulle wek die argwaan van Zuma se opvolger.

Daar is geen sprake dat die opvolgstryd volgens die reëls gespeel sal word nie. Juis om die tameletjie te voorkom het die ANC formeel versoek dat daar nie nou reeds voorbrand vir kandidate gemaak moet word nie. Zuma, vir wie te veel op die spel is, verbreek egter self hierdie instruksie.

En as dit so moeilik is om die ANC onder beheer te hou, is daar eintlik min sprake van genoeg energie om te verseker dat die land ook nog behoorlik regeer word. Die alewige getjommel met staatsentiteite kry byvoorbeeld maar nie end nie.

Die Sassa-debakel word nou op die spits gedryf. Die uitkoms hiervan is baie moeilik voorspelbaar want net te veel los drade bly loshang, en die media hou aan daaroor verslag doen, iets wat die minister hewig ontstel. Sy probeer verwoed die indruk skep dat daar nie los drade is nie. Maar wat gebeur as die grondwetlike hof sy vroeëre bevinding bekragtig dat die kontrak wat die hof self as onwettig bevind het, nié na 1 April voortgesit word nie? Al is dit tegnies ʼn nuwe kontrak (wat sonder tenderprosedures hanteer is).

Die minister demonstreer nou die laagtepunt van weiering om verantwoordbaar gehou te word. Dit te midde van stywe kompetisie uit byvoorbeeld die SAUK-sage wat nou ook sy einde behoort te nader.

En dis moeilik om te sien hoe die ANC nie groot skade gaan opdoen as daar wel op 1 April probleme met die uitbetalings is nie. Dis nie net die 17 miljoen ontvangers van toelaes wat geraak gaan word nie. Na raming leef gemiddeld vier mense van elke toelae wat uitbetaal word.

Nog ’n warm patat is die kwessie van grondonteiening sonder kompensasie. Dit lyk of Zuma dit nou sommer eiehandig ANC-beleid probeer maak om te “pas” by sy “radikale ekonomiese transformasie”. Die feit is egter dat sy uiteindelike opvolgers die land baie moeilik uit die moeras sal kan neem as die implementering van die beleid die ganse ekonomie laat inplof het.

Kan hierdie, en ander gevalle van waar die wiele weens jare lange wanadministrasie nou loskom en afval, genoeg wees om die ANC so te reduseer dat dit ná 2019 die bewind sal moet afstaan?

En, o ja, dis alles Jan van Riebeeck se skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AL ·

Waarom moet n kontrak gesluit word vir die SASSA toelaes met tenders? Kan SASSA nie die betalings self laai op die SASSA kaarte nie? Wat is SASSA se funksie nou eintlik?
Ons moet deurdringend en deurlopend bid hierdie volgende 2 jaar – vir positiewe veranderinge en uitkomste. Dawid het vir Goliat verslaan – ons hoef dus nie te vrees nie.

Hierdie is nie net n maak of breek vir die ANC nie, maar vir die hele land en sy toekoms.

Koos1 ·

AL, nee hulle kan nie. Daar is verskei redes hiervoor maar die twee hoof redes is:
1. Die mense wat aangestel is om die werk te doen, kan dit nie doen nie, want die begrip: werk vir jou salaris is mos Westers.
2. As hulle die betalings self doen is dit soveel moeliker om geld in broeksakke te laat verdwyn. As dit gebeur is die Tesorie op hulle. Dis makliker om iemand te betaal om die werk te doen en dan net ‘n “fooi” te ontvang. Onhou hier ook dat die konsep van korupsie ook Westers is!
Hoekom dink jy wil Zuma van Gordan ontslae raak?
Ek persoonlik dink alles wat nou gebeur is om as rookskerm te dien om die Tesorie te “kaap”.

Lou ·

Baie goed gese, Herman. Ek stem saam, natuurlik sal dit mos oom Jan se skuld wees. Verantwoordbaarheid bestaan nie in hul verwysingsraamwerk nie. As jy opneuk, gee iemand anders die skuld. Dit trek die aandag van jou eie onvermoe af.

Lynette ·

Ja AL, dis net n manier om geld te mors. Jy is reg, hulle kan dit self doen of deur banke in mense se rekenings inbetaal.
MAROELA geen epos gaan deur na die adres wat julle verskaf het vir rasklagtes by AfriForum .

Janie Monsieur ·

Dagsê Lynette,

Dankie vir jou kommetaar. Ons is jammer dat jy sukkel. Dalk het ek die verkeerde e-pos adres na jou gestuur. Ek stuur dit graag weer:
[email protected]
As jy steeds nie regkom nie,kan jy gerus vir Afriforum bel op 086 10 200 30.

Ek hoopp dit help!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Antionette ·

More. Wat ek nie kan verstaan (seker te blond) is dat die poskantoor vir jare die pensioene uitbetaal sonder probleme. Dit is tog ook n staatsinstelling wat huidelig swaar trek. Hoekom dit nie weer vir die poskantoor gee om dit uit te betaal. Probleem opgelos of is dit dat hulle nie dan nie kan skep?

william ·

As dit nie vir Jan was nie, het hulle nou ge kripeer van ellende en heel waarskynlik sou daar glad nie 80 miljoen van hulle gewees het nie.
Maar te dom om dit te sien. As die boere nie hier was nie sou hulle in elk geval onderdanig gewees het aan Brittanje, wat heel waarskynlik soos in Australie, baie meer van hulle weggemaak het om die rykdomme van die land te bekom.
Hulle moet dankie se, want hulle spandabelrige leefwyse word deur ons gevonds.

Rynhardt ·

Baie mense verstaan nog steeds nie die Anc nie! Anc gaan nie mag oorhandig nie.Anc se vryheidsmanifes spel rewolusie uit en Zuma weet hy kan nie tronk toe gaan nie.Hy moet uitvoering gee aan daai opdrag van vryheidsmanifes! Onthou,ekonomie is reeds vernietig volgens die vryheidsmanifes se beginsels!Lande waar kommunisme heers, diskrediteer eers hul opponente, vernietig die ekonomie en dan breek rewolusie uit.SA het onder Anc reeds voldoen aan twee van bogenoemde aspekte!

Carien ·

Ek weier om so negatief te raak.Ons moet die olifant stuk vir stuk vreet. Negatiwiteit gaan nie help nie.Ons moet dit baklei want dit is ons land ook

Hannes ·

Baie goed gestel Herman geen emosies wat oorneem nie net feite. Wel gedaan.

John ·

Ek wonder nou al vir weke wie die oorgewig antie is wat by ons privaatklub onder streng bewaking van ‘n donkerbril-draende swartpak-brigade swemlesse neem. Dit gaan maar moeilik, hoor. Maar sy is elke oggend terug met ‘n nuwe bikini in die kleure van die landsvlag. Toe Herman skryf oor die moeras wat wag, toe snap ek vir die eerste keer. Nou wonder ek net of swaer Mogabe nie dalk die ware jakop daar het vir doeltreffender opleiding nie?

Charles Rossouw ·

Soos die tyd aanloop en al minder blankes oor bly sal die regmatige inwoners die land bring tot sy min of meer sy oorspronklike toestand. Wild en ongetem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.