Nuuskommentaar: Wat maak oom Kallie daar? Hy pluk ’n lat en slat die rassiste op die…

AfriForum-dubbele-standaarde-met-kallie-kriel

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Foto: Verskaf.

AfriForum het weer groot gehap deur ’n eenheid teen rassisme en haatspraak in die lewe te roep, en onder meer die kwaal van onewehandigheid wat die bestaande instansies beet het, onder die loep te neem.

Vir baie jare al probeer lede van die Seunse Weenkoor en sekere akademici die persepsie voed dat AfriForum ’n rassistiese organisasie is. Die destydse rektor van die UV en toe ook rubriekskrywer, prof. Jonathan Jansen, het byvoorbeeld nie geskroom om in sy rubrieke só na AfriForum te verwys as sou dit ’n onbetwisbare feit wees nie. Aan die ander kant het talle koerantlesers in briewe aan die koerant na Jansen as ’n rassis verwys as sou dít ’n onbetwisbare feit wees. Lees gerus Maroela se vroeëre analise hieroor hier.

Nou het AfriForum egter die wind uit sy opponente se seile gehaal deur sélf ’n eenheid teen rassisme in die lewe te roep.

Dié eenheid sal alle vorme van rassisme en haatspraak beveg, maar ook standpunt inneem teen dubbele standaarde as dit by optrede kom. Hierdie laaste aspek sal nie goed afgaan nie, in elk geval nie onder diegene wat verkondig ’n swart persoon kan “per definisie” nie ’n rassis wees nie. Ook nie onder diegene wat rassisme in die Suid-Afrikaanse konteks noodwendig na apartheid terugvoer en weer eens die sommetjie maak dat dit eintlik net wit mense is wat rassisme pleeg nie.

Dit klink sinies, maar dit het werklik gebeur dat ’n bekende universiteit en owerhede besluit het ’n geval van swart rassisme teenoor wit mense – met onder meer T-hemde en graffiti met die woorde  F**& white people” – is nie haatspraak nie, maar spraakvryheid.

Maroela tel onder die verskeie instansies wat al lank wys op die onreg en gevare van onewehandigheid in hierdie saak. Dit is jammer dat van die groot media wat oor die jongste verwikkelinge verslag gedoen het, die kwessie van onewehandigheid in hul beriggewing geïgnoreer het, en so eintlik die hele “pot misgesit” het. Maroela het egter suiwer en gebalanseerd hieroor berig.

Dat dit nodig is om so ’n eenheid in die lewe te roep is baie nodig, maar baie hartseer. ’n Mens sou veel eerder wou sien dat aksies voorkomend eerder as reaktief moes wees. Die mode is deur die ou verhoudingsaksie geskep en ná vele aanpassings afgerond tot die punt waar gefokus kon word op nie-paternalistiese, horisontale kommunikasie. Plek-plek was dit nodig om ook ruim interkulturele kommunikasie in te werk.

Hoe werkbaar die voorkomende kon wees as dit nie vir een oorheersende struikelblok was nie, blyk uit syfers wat dr. Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, verskaf het. Die meeste Suid-Afrikaners wil in vrede met mekaar saamleef, en tagtig persent meen rasseverhoudinge in die land het verbeter. Dieselfde persentasie het aangedui hulle het mekaar nodig.

Dus, waar lê die probleem? Bykans voor die voet het die sprekers soos Rhoda Kadalie die vinger na politici gewys. Sy het na rassisme as ’n daad van wraak verwys en gesê dit word al hoe meer as wapen in die land gebruik.

Soos vandag, is die ideaal deur groepe politici gesink.

Voorbeelde uit die verlede sluit – afgesien van ’n rits uitsprake deur pres. Jacob Zuma – ook in die abortiewe Kliptownberaad van 2012, en verlede jaar se… ag, byvoeglike naamwoorde ontbreek… jaar teen rassisme. Zuma het die hoofgeleentheid benut om na wit mense as “white supremacists” te verwys.

Kortom, dis meer as net ’n bietjie pikant dat dit juis AfriForum, wat so maklik as rassistiese organisasie voorgehou word, sou wees wat met ’n staande aksie van hierdie omvang vorendag kom. Tog behoort dit nie onverwags te wees nie – AfriForum is lank reeds besig om nare rassepraktyke, soos juis die onewehandigheid, op allerlei maniere te pak. Ook kwotas en “affirmative action” kom gereeld onder die loep. In sy advertensies vir die werwing van lede word pertinent gemeld dat die organisasie nie-rassig is.

Dit sal wonderlik wees as die nuwe eenheid daarin kan slaag om onewehandigheid kort te knip. Dit sal nog wonderliker wees as dit sal bydra daartoe dat vrywilligers aksies van stapel stuur om die groot poel van goedgesindheid wat (nog) bestaan te mobiliseer tot kommunikasieprojekte soos pretstappe, kutuurkonserte, simposia en vele meer, sodat rassisme en haatspraak tot die uiterste pole van die samelewing verban kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hans ·

Ons gaan nerens sonder ons God nie.Ons wil net alles he en nie daarvoor vra nie.Ons Vader word telkemale net weer op die kantlyn geplaas.Kan ons Hom asb die begin en die einde maak sodat HY dit wat tussen in gebeur kan uitsorteer.Kom ons staan saam maar vat God saam.1838.

Theresa ·

Wat maak oom Kallie daar? Wat maak oom Kallie daar? Hy vat ‘n lat en slat en slat en netnou raak hul siek en sat? Wat maak oom Kallie daar?
Hiep hiep hoeraaaaa vir iemand wat nie ophou prober regmatigheid en geregtigheid terugwen nie! Mooi so!!

B-man ·

I.v.m. mediahuise wat selektief en onvoldoende rapporteer: Gister op Monitor is gesels oor die BellPottinger-debakel en hoe rasseverdeeldheid deur hulle geskep is deur terme soos wit-monopoliekapitaal (WMK) te gebruik. Anita, die omroeper, het gesê hoe sleg en verkeerd dit van die maatskappy was en hoe hulle aanspreeklik gehou moet word, maar ek onthou hoe RSG self die storie aan die groot klok gehang het ‘n paar maande gelede en lekker sensasie geskep het met modewoorde soos “dekolonialisering” en “WMK”.

Ek verstaan nie hoekom daar nie net aanbeweeg kan word nie. Net as ‘n mens dink dat ons kan vergewe en vergeet, dan blaas die sensasie-soekers die smeulende kooltjies op tot dit ‘n verwoestende brand word. ‘n Wond kan nie genees word wanneer daar heeltyd daaraan gepeuter word nie! RSG/SAUK moet ophou krap en eerder ‘n boodskap van hoop aanhang/promofeer.

Herman Toerien ·

Hallo Jaco. Die jongste weergawe van “Seunse Weenkoor” is so drie jaar gelede deur Tim du Plessis in die lewe geroep. In baie, baie kort kom dit daarop neer analiste wat vreeslik aan die sanik gaan as AfriForum / Soidariteit van iewers af lof kry. Hule kan ook ‘n probleem hê met iets anders wat die Afrikaner as kosbaar beskou.

lollie ·

ha, ha my kommentaar word weer verwyder so gou as dit geplaas word. Ek wonder of Afriforum ons kan laat weet of hulle simpatiseerders en apologete van die rassistiese en afskuwelike apartheidstelsel, soos dit toegepas is, as rassiste beskou. By my is daar geen kwessie nie, diegene wat dit ondersteun, is beslis rassiste.

Johan Schoeman ·

Ek is nie oortuig dat dié inisiatief onder die AfriForum vaandel behoort te staan nie. Ten regte of onregte bestaan daar ‘n persepsie dat AF slegs wit belange beskerm. Eweneens is Kallie Kriel sinoniem met weerstand teen wat baie as noodsaaklike transformasie sien. Miskien sou ‘n geheel afsonderlike eenheid sonder verbintenisse met Afriforum rassisme meer geloofwaardig kon beveg.

Dirk Breytenbach ·

Johan, wat is “noodsaaklike transformasie”? Dis ‘n wye stelling wat gerus verduideliking regverdig. Noodsaaklik volgens wie?

Johan Schoeman ·

Dirk, ek beskou nie transformasie in enige opsig na 23jaar van ANC-regering as noodsaaklik nie. Dis wat my betref ‘n kodewoord vir growwe geïnstitusionaliseerde rassisme. Tóg is daar baie ander wat nie my sentiment deel nie en AfriForum as onnodig reaksionêr beskou. Daarom dink ek nie ‘n anti-rassisme eenheid hoort tuis onder AfriForum nie.

lolliepop ·

Ek twyfel of Afriforum ernstig opgeneem kan word. Daar is baie lede van daai organisasie wat rassiste is, dis ‘n feit soos ‘n koei. Vee eers voor jou eie deur.

Dirk Breytenbach ·

lolliepop, glo dit as jy wil of nie maar Afriforum word ernstig opgeneem, kyk gerus na belangrike menseregte sake wat hulle reeds gewen het ook terwille van minderhede wat uitgebuit word deur die huidige regime. Jy wil dit dalk nie weet nie maar ‘n minderheid mense in die land is rassiste. Deur mense van ‘n spesifieke groepering te stereotipeer as rassiste is tog ook rassisme en se dit iets van jouself.

anton ·

En jou punt is???
Wys my waar in die wêreld is nie rassiste nie!!!

Johan Schoeman ·

Ek is seker dat daar heelparty rassiste in AfriForum is. So ook in die ANC, DA, EFF en byna elke ander organisasie in die land. Mense se denke en gevoelens is nie die kwessie nie…of wil jy mense se gedagtes polisieër? Dit handel hier oor gedrag. As iemand (watter kleur ookal) rassisties optree, behoort die persoon se gedrag reggestel te word.

lolliepop ·

Ek stel voor Afriforum fokus op die dubbele standaarde kwessie. Hulle saal die verkeerde perd op met die rassisme storie want hul sal eers na al die apartheidsapologete en bewonderaars in eie geledere moet kyk. Alle apartheidsapologete is rassiste.

Wat Wie Wat Waar Wanneer Malvark ·

@lolliepop en Johan Schoeman. Ek glo ALLE mense is inherent rassiste. Maar hoe meet jy die bestaan daarvan ook in die gedagtewêreld? Kan tog nie motiewe lees nie. En nog minder gedagtes. So, hoe sal jy die heiliger as heiliges toets wanneer hulle bieg dat hulle anti-rassisties is? Meet hul gedagtewêrelde en hul motiewe. Maar hoe?
Die eintlike vraag is: “Hoe behoort rassisme bestuur te word?”

Eish ·

Daar gaan die nasie alweer. Goeie artikel en ons kommentaar draai binne in die Seunse weenkoor. Genade tog, dit wys jou net, moenie wag op breë goedkeuring vir jou doen en late nie. Née beteken eenvoudig dat ons dit sonder julle doen.
Goeie artikel Herman, wat die hart sommer warm laat klop.
Mooi so Afriforum, geen ander organisasie sal dit beter kan doen as julle nie.

Frikkie ·

Ag ou lolliepop. Waar kom jy daaraan dat Afriforum rassisties is, hoe verduidelik jy dat hulle vir reg en geregtigheid baklei in die howe waar hulle verskeie sake gewen het vir manne en vroue in die SAP en gevangenis dienste. Maak seker van feite voordat daar klippe gegooi word. Soos my ouma altyd gese het pasop jy bly dalk ook in n glashuis. Afriforum dankie dat julle opstaan vir ons . Ek glo julle sal nie onderskeid tref tussen wit swart indier of kleurlinge nie, maar elke saak op mariete benader

lolliepop ·

Jy moet mooi lees Frikkie. Baie van hul LEDE is rassisties. Miskien moet hulle eers probeer om diesulkes se koppe te probeer draai met sekere programme/werkswinkels, ens. Dit sal hulle ook meer kredietwaardigheid gee. Dis al wat ek sê.

Ada ·

Verlede Vrydag het die omroeper op RSG weer duidelik vir President Trump afgebreek oor die muur wat hy wil bou en wie daarvoor moet betaal. Ek is bly dat ek nou ‘n platvorm het om dit te kan noem. Dit was so net na 3nm gewees op RSG. haar aantuiging was heeltemal onvanpas. Sy kan nie haar prsoonlike gevoellens op radio uiblaker nie. Ons stel nie belang vir wie sy staan nie. Sy moet onafhanklik wees . Sy breek dus iemand af deur wat sy te se het.

TDW ·

@lolliepop
Lag ek nou lekker vir jou, jy klink soos een van die grootste rassiste ?
Toemaar ek is ook een. Ek is ‘n rassis van sekerlik elke kleur op aarde, want ek hou meestal net van mense wat min of meer dink soos ek (ongeag hoe hulle lyk). Ek dink nie ek hou van hoe jy dink nie, so ek hou nie van jou nie.punt.stop. So ek is rassisties teenoor jou. Ek noem dit nou rassisties, maar natuurlik is dit nie die regte woord nie. Klassisties miskien? Dinksisties? Ek ken nie jou ras of klas nie, en jy ken nie myne nie. So wat sal ons dit dan noem? Apartheidsapologete tel vir jou as rassiste, want hulle dink nie soos jy nie, jou denkwyse tel vir my as rassisties, want jy dink nie soos ek nie. Wat sal nou met my en jou gebeur lolliepop? Ons sal moontlik in die toekoms hof toe gevat word agv rassisme. Eintlik is ek en jy maar net onverdraagsame mense, en kan ons mekaar aankla van rassisme.

Andre ·

@lolliepop: ek dink jy en jou mede-liberaliste soos du Plessis, Robinson, du Preez, et al moet werkswinkels bywoon om JULLE koppe te laat draai. Ons onderlinge probleem lê presies by mense soos julle.

Ada ·

Daar is nie plek in my lewe vir libs nie.Hulle is n swaar las vir die land en sal op n stadium afgeskud word en dan sal ons ligter kan loop.

lolliepop ·

Alle apartheid simpatiseerders is rassiste en hoort agter tralies. As hulle nie wil hoor nie moet hulle voel.

Adam ·

Lolliepop, eers klassifiseer jy alle “apartheidsapologete”as rassisties en later weer alle “apartheidsimpatiseerders”. Jy besef natuurlik dat die twee groepe direk teenoor mekaar gestel kan word ( in Engels: “polar opposites”) Is dit ‘n fout of is jy etnies en polities bipoler?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.