Nuuskommentaar: Watter keuses gaan Ramaphosa maak?

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Saakmakende instansies het dit bykans eens dat die landwye afsondering weens die verklaarde ramptoestand sy doel gedien het en ter wille van die ekonomie opgelos moet word. Maar erodeer ’n interne magstryd binne die ANC wat deur ’n groep ontleders, noem hulle maar die kopdoekbrigade, gelei word, nie pres. Cyril Ramaphosa se waagmoed nie?

Dit is ’n paar sekondes voor middernag, en die sekondewyser tik onverbiddelik op die syfer 12 af. Hoe gaan Ramaphosa in terme van die ramptoestand sy keuses bepaal? Tans lyk dit of die rooi, of rooierige spektrum die meeste leiersteun geniet … so asof die ander kant meningsgewys amper ondergronds moet opereer of onder hewige vuur deurloop.

Dis seker nou die belangrikste keuses van Ramaphosa se lewe. Gaan middernag die aanbreek van die sogenaamde “doomsday” aandui, of die aanbreek van ’n nuwe daeraad?

Gaan die magstryd binne die ANC ’n keuse na links wees waar meer staatsentralisering en sosialisme, asook ’n verskerping van nieu-apartheid in onder meer die vorm van SEB en transformasie “gekies” word, of eerder ’n verdieping van markkragte, volledige grondwetlike demokrasie en nierassigheid?

Ongelukkig is die uitkoms van wat nou aan die gebeur is, nie so duidelik nie. Ons leef in ’n tyd waar fopnuus hom skynbaar weens verskeie faktore in ’n binnebaan bevind, en erg kwesbaar is vir allerlei teorieë wat weer deur talle rolspelers weens “verdomming” openbare menings meer beïnvloed as wat dit in ’n volwasse demokrasie veronderstel is om te doen.

Ons is nou min of meer halfpad na die einde van die nuuskommentaar, en die woorde Covid-19, korona en die gemuteerde virus wat die hele pandemiediskoers geïnisieer het, se regte naam, SARS-CoV-2, is nog nie eens een keer genoem nie. Dit toon dat die virus veel, veel meer as net die siektetoestand en sterftes behels – die mensdom se ganse bestaan word op vele terreine geraak, van die (skoon) omgewing, die ekonomie, magspele (sodat selfs die woord “geopolitiek” weer afgestof is), regeringsvorme en politiek tot sport, en selfs staatkundige modelle, landbou en vele meer wat hulle in splinternuwe speelvelde bevind.

Hoe word die anti-Ramaphosa-groep geïdentifiseer? As iemand hom in die Magashule-dampkring bevind, is die persoon byna vir seker deel van dié groep. Ramaphosa het van die lede van dié groep, soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma en dr. Naledi Pandor gekoöpteer, en hulle tree gereeld op asof hulle kante geruil het.

Vanuit hierdie groep is daar enorme steun vir Kuba en China. As iemand sy mond oor die IMF en sy beweerde imperialistiese/kolonialistiese agenda uitspoel, is hulle byna vir seker in die Magashule-dampkring, wat weer moeilik onderskeibaar van Julius Malema en die EFF word. Die rassetamboer word luidrugtig gemoker. Dit is deurspek met kommunistiese terminologie en populistiese retoriek. Dit teer op die mees bisarre narratiewe.

Wat, hartseer soos dit mag wees, hierbo beskryf is, is ’n erg gepolariseerde gemeenskap waar ideologie eerder as ras die vernaamste rol speel, veral as ’n mens, vasgevang in die stryd tussen realisme en ideologiese blindheid, so aangetas raak dat ’n mens begin glo die opvatting dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie, is in die kol. Nee, twee plus twee maak nie drie nie. Daardie opvatting, wat by Fanon uitgebroei is, en glo via die swart bewussynsbeweging in Suid-Afrika beslag gekry het, is blatant rassisties. Heel pikant is dit deel van hul “strategie” om instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Vryheidsfront Plus deur die ergste rassistiese retoriek as rassisties te beskryf.

Intussen word ’n beroep op Ramaphosa gedoen om deeglik ag te slaan op die reaksies van instansies wat reeds op sy terugvoering aan die nasie sinvolle aanbevelings gemaak het, instansies soos die Vryheidsfront Plus (lees hier), die TLU SA (lees hier), die DA (lees in Engels hier) en Solidariteit (lees hier). Almal het dit min of meer eens dat die afsonderingsmaatreëls wat vrye handelsbedrywighede inperk, se doel uitgedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos10 ·

Hy gaan geen keuses maak nie. Hy het dit self gesê gisteraand, deur die ministers toe te laat om aankondiginge oor alles te maak.

Jaco ·

As die eintlike doel met inperking die ruïnering en totale onderdrukking van wit mense is: fine. Dis ok. Ons weet dit anyway lankal.
Maar wat van ramaphosa se eie mense; sy eie ras; sy “our people”? Daars gerugte van tot 7 miljoen mense wat hulle werk gaan verloor. Die totale wot bevolking is iets soos 4 miljoen waarvan seker 2.5 miljoen ekonomies aktief is. So uit daardie 7 miljoen werkloses gaan 4.5miljoen swart wees. Hoe gaan Cyril vir hulle sorg? R350 per maand grant geld per persoon is te min. Iewers gaan ‘n bom in Cyril se gesig ontplof en dit gaan niks met die gehate wit mense te doen hê nie. Dit gaan sy eie mense wees.

Willem ·

Nee wat CR is nie deel van die besluite nie,al het Melanie Verwoerd so gese Hierdie vlakke is daar om die ekonomie te verwoes dis al.

JohanR ·

You have been an total disappointment, and have failed dismally! You are the weakest link….GOODBYE!

Fedup ·

Ever heard if giving someone enough rope?
Well, i have a lot more to give. One of these days i will be adding the tree.

Archie ·

Soos gewoonlik was nr 1 weer laat en eintlik het hy baie gepraat en niks gesê nie. Hy, CR, is nie in beheer nie en hy is net ‘n “puppet”. Groot is sy verlange na die dae waar hy ‘n “baas” was in die korporatiewe wêreld.

Alida ·

Die enigste keuse wat hy moet maak is om n parlement skommel te maak en gou ook. Hy is die baas van die land en behoort te weet die narre onder hom is besig om bollie aan te jaag. Ons is moeg om te hoor van die goeie dade wat die ANC aan sy mense doen. Ons ander kulture wil ook ingesluit word. In ons kultuur drink ons soos beskaafde mense en draai nie zolle nie. Daar is baie beskaafde mense in hierdie land afgesien van kleur. Asb CR luister na ons, ons woon almal in hierdie mooi land. Honger ken nie kleur nie.

Adam ·

Herman, onstandighede soos die is sosialiste se droom. Die regering deel die aalmoese uit en die aalmoese is niks ander as politieke mag nie en so word die begunstigdes deur die staat afhanklik gehou. Die “saakmakende” instansies, wetenskaplike modelle ingesluit, is deurgaans reg oor die wereld bykans altyd verkeerd. Ons regering het ondanks vinnige optrede, bloot die onvermydelike uitgestel. Daardie besluit gaan ons nog duur te staan kom want die sosio-ekonomiese impak daarvan gaan katastrofaal wees.

Alida ·

Ek hoop my skrywe bereik die President. Ons blankes het geweldig baie respek vir u. Die kalm en rustige wyse waarop u optree dwing respek af. Daar is egter een ding wat pla en dit is u keuse van ministers wat soos narre tekere gaan en nie weet wat hulle doen nie. Ek kan aan heelwat persone in die ANC dink wat die take en besluite op n volwasse manier sal kan hanteer. Ek respekteer tannie Zuma se kultuur van die kopdoek maar rerig sy probeer haar bes om u te ondermyn en die hele land na bloeddrukpille gryp. Asb doen iets.

katerinadiekat ·

Speak for yourself Alida. Enige respek wat ek vir Ramaphosa kon gehad het, het verdwyn toe hy in die buiteland gaan rondvertel het dat daar geen plaasmoorde in SA is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.