Nuuskommentaar: Wees sterk

Pres. Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS

Al hoe meer berigte lui dat pres. Cyril Ramaphosa se wittebrood verby is, en dat die kwessie van onteiening sonder vergoeding die land bitter seer byt nog voor dit werklikheid kon word. Twee liedere, “Die lied van Jong Suid-Afrika”, en die Afrikaanse bewoording van “Plea for Africa”, kan dalk ’n herstelpoging inlui wat tot almal se voordeel is.

 Toe Ramaphosa onlangs die Afrikanerbond se hoofraad met die AB se eeufeesvierings toegespreek het, het hy van ’n kateder af gepraat waarop die organisasie se logo gepryk het, met die inskrywing daarby: “Wees sterk.”

Die bewoording was op die AB en sy lede gerig, maar niemand sou Ramaphosa verkwalik het as hy gemeen het dit is aan sy adres gerig nie. In daardie geval sou die president seker reeds in tipiese Ramaphosa-styl aangekondig het dat hy ’n kommissie van ondersoek aanstel om hom te adviseer of dit ’n wyse stap sou wees.

In alle billikheid, daar ís gevalle waar Ramaphosa vinger getrek het, en tot die Ramaforia bygedra het wat baie mense beetgepak het. Selfs Beeld het verklaar dat hy deel daarvan is.

Maar nou lui verskeie koerantopskrifte dat die tyd van Ramaforia iets van die verlede is. Daar is vanuit die ANC ’n aanslag om van Ramaphosa ontslae te raak, en die ongeluk speel saam met die anti-Ramaphosa-groep die een onplesierigheid na die ander te laat plaasvind. Sommiges meen Ramaphosa se wittebrood is verby.

Maar aan die ander kant van die politieke spektrum is daar baie mense wat Ramaphosa teenstaan omdat daar ’n pofadder in die pad is. Dié pofadder is die kwessie van grondonteiening sonder om vergoeding toe te laat. Allerlei gerusstellings word gereeld gegee, maar die land het reeds erge skade gely, en ons ekonomiese syfers dui daarop dat die ekonomie reeds ’n groot deel van die slegte nuus begin verreken het. Sommige meen die land het eenvoudig reeds die bal laat val, onder meer omdat konkurrente die geleentheid gebied het om Suid-Afrikaners se sakegeleenthede onder hul neuse weg te raap.

Die IMF het gewaarsku dat Suid-Afrika ’n gevaarlike koers ingeslaan het, en vandag is die sluitingsdatum vir die indiening van petisies by die parlement hieroor. Duisende petisies is in die kort tydperk ontvang.

Voeg hierby die “gewone” jaarlikse stakings, diensleweringsbetogings en vele meer.

’n Lied waaroor, sover bekend, nog nie gekla is oor die gebruik daarvan nie, soos “Die Stem” en die “Volkslied”, kan gebruik word om dinge te versag. Dit raak ook die kwessie van grondbesit aan (klein wysigings sal dalk aangebring moet word om die hedendaagse werklikhede te ondervang):

Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.
 

Die lied van Jong Suid-Afrika

1. En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van ‘n volk se ontwaking,
Wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.

  1. Waar glorie van songloed die berge
    Oor hul fronsende voorhoof streel,
    Waar winde oor golwende vlaktes
    Met grassaad kerjakker en speel,
    Die land wat ons vaders gekoop het,
    Met bloed tot ons eie gedoop het:
    Dit is die land van Jong Suid-Afrika.

Die Afrikaanse woorde van die bekende lied, “Plea for Africa” (luister hier daarna), bied aan ons die unieke geleentheid om ook mooi musiek te kan inspan om netelige kwessies soos die hantering van die grondkwessie, aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vlugtyd ·

Ek dink ons moet ons paspoorte begin regkry. Iemand moet asseblief ons asseblief help om te emmigreer.

Hanna Hoekom ·

Pratige lied! Onthou dit nog soos gister! Hartseer scenario. Mag ons land en ons volk weer opstaan!

Alida ·

Ja Herman ek dink daardie einste pofadder gaan hom pik. Dit is nou die tyd wat hy sy staal moet wys en hierdie Eskom stakings en bog moet stopsit. Dit gaan die hele land verlam en 1000 mense se lewens ontwrig. Dit is winter en nou wil Eskom beurtkrag instel tussen 6 – 8. Dit is die tyd wat mense kosmaak, kinders bad en ontspan. CR moet vergeet om stemme te probeer werf vir 2019 en doen wat in ALMAL se belang is en ingryp.

Willem ·

Ek lees die lied se woorde, daar waar die staan “van Kaapland tot bo in die noorde”. Dis reg, want die wit mense het vanuit die suide na die noorde getrek, die swart mense (stamme) het uit die noorde die land binne gekom.

Setlaar ·

Ja en daarom moet die land deeglik bewus gemaak word dat swartmense die land vannuit die noorde beset het, hulle het geen meer aanspraak as ons op die grond nie. Die oorspronklike inwoners was die KoiSan, nie swartmense nie.

Willem ·

“Wees sterk”, is veral in hierdie tye juis op die Afrikaner van toepassing, kyk met watter aanslae het hulle mee te kampe, sekere regters van die Grondwethof, die hoofregter lei met voorbeeld, ‘n onbevoegde OB, Taal, Afrikaanse skole, Grond (eiendom?), die land se President wat besig is om die blankes stadig soos paddas te kook. Ons word vertel watter simbole nie deel van ons identiteit is nie, ons kultuur word aangeval, wat nog ……. ?

Die land se leuse was destyds; Eendrag Maak Mag, vandag moet dit wees: “Staan sterk!”

Willie ·

Ek is so meog vir CR se stil swye oor wat regtig in die land aangaan, en sy onvermoe om se genoeg is genoeg!

Jerry ·

Die twee liedere tesame met versoening (neem die hand van vriendskap en bou brue) en versoenende optrede (veroordeel apartheid en spreek spyt uit teenoor ondermynende inisiatiewe) kan dalk n herstelpoging inlei tot almal se voordeel. Dalk sal nuwe liedere en nuwe simbole n nuwe Afrikanervolk vir n nuwe SA teweeg bring tot almal se voordeel. Ongelukkig kan ons nie op dalk staatmaak om enige iets daadwerklik tot stand te bring wat tot almal se voordeel strek nie.

Willem ·

Ek neem aan jy wil die Afrikaner kloon? Los hom dan liewer net soos hy is.

Been there don tat ·

Dis nie 1994 nie. Ons het als klaar weggegee, hulle kom nou vir die laaste besittings wat ons het.

marous ·

“My Sarie Marais vlieg met DDT” is ‘n baie mooier lied ….

Ryan ·

Jip, sterk wees almal wat droom hulle gaan land en huise kry. Soos my vrou sê.. “Droom van koekies in die weeshuis”.. Sterk wees julle..

Casper Labuschagne ·

Jammer, Ramaphosa self het voldoende bewys gelewer dat ek hom nie durf vertrou nie. Daar is verseker ‘n obstruksie in die pad, maar dit is nie ‘n pofadder nie, dit is ‘n landmyn wat op ‘n nasionale selfmoord neerkom sou ons nog net enkele tree vorentoe gaan op hierdie pad. Ek besef op watter mespunt Ramaphosa verkeer, maar ek het geen vertroue in Ramaphosa nie. Aan die een kant sê Ramaphosa vat al die grond sonder vergoeding en aan die ander kant skep hy die indruk dat dit net beperkte onteiening sal wees – nogtans wil hy hierdie swaard van vernietiging darem ook eers op die wetboek hê en wat gebeur daarna? Hou in gedagte dat ons vir hom net paddas is wat in ‘n pot stadig warmgemaak moet word sodat ons nie uitspring nie, maar net totdat ons lekker gaar is.

Reguit ·

Gaan kyk maar mooi wie is hulle vriende en na hulle logo. Dis mos waar hulle ‘krag’ vandaan kom. Wees sterk ja.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.