Nuuskommentaar: Wêreldbeker-glorie se euforie

Foto: (AP Photo/Denis Farrell)

Suid-Afrika beleef dit net te gereeld dat daar periodiek groot inspanning is rondom ’n spesifieke gebeurtenis om die land op die lugkussing van euforie vooruit te neem. Nog elke keer begin die harde werklikheid praat en boemerang dit in die vorm van post-euforiese trauma. Gaan dit wéér gebeur presies soos ná vorige groot gebeurtenisse?

Suid-Afrika het pas ’n broodnoodsaaklike inspuiting van euforie gekry met die verowering van die William Webb Ellis-trofee. Ook pres. Cyril Ramaphosa, om wie se nek die strikke van die staatskapers daagliks stywer trek, het waarskynlik nou ’n blaaskans gekry wat hy baie goed moet hanteer.

Daar is groeiende ongeduld dat die stryd teen die staatskapers mense in oranje oorpakke moet begin oplewer.

Die Wêreldbeker-sokkereindtoernooi het getoon hoe gevaarlik die volgende stap kan wees – post-euforiese trauma of depressie. Ná die euforie kom die volgende aanslag van die ontvanger, skroef die disfunksionele munisipaliteit die inwoners op vir die betaling van ’n reeds betaalde rekening, “dag zero” dreig met die water wat begin opraak terwyl lekkasies water in strome deur die slaggate vloei, nog plaasaanvalle vind plaas, die Proteas (en die sportliefhebbers) betaal die prys van onnosel kwotastelsels, die Menseregtekommissie verklaar blatant dat dit ras as norm aanwend om te bepaal hoe erg iemand gestraf gaan word omtrent net twee jaar kort duskant die 30-jarige herdenking van die skrapping van die laaste apartheidswet, naamlik die een op bevolkingsregistrasie. (Die ANC het hierdie skrapping egter deur onregstreekse wetgewing oor onder meer kwotas wesenlik nie net op die wetboek behou nie, maar versterk.)

Met die ANC wat verbete werk om die moeder van rasgedrewe wette op die wetboek te kry – naamlik grondgryp sonder vergoeding, stellig die grootste faktor om beleggersvertroue te verongeluk.

Die sokkertoernooi was egter nie al geleentheid wat Suid-Afrika post-euforiese trauma laat beleef het nie. Met die verkiesing van Cyril Ramaphosa eers tot ANC-president, en toe tot staatspresident, het die euforie hoog geloop, en het die begrip “Ramaforie” allemansgebruiktaal geword. Kort voor lank het post-Ramaforiese trauma egter ingetree, want Zuma was steeds nie in die tronk nie. Die verwagtinge van regruk was net te groot om met die werklikheid tred te hou.

Maar is daar werklik iets soos post-euforiese trauma? Die meer erkende begrip, maar nie met dieselfde betekenis nie, is post-traumatiese euforie. Hier word die trauma deur euforie opgevolg, in wese die teenoorgestelde van wat hier onder die loep kom.

Die moeilikheid met post-euforiese trauma is dat die gemoedstoestand ná so ’n episode maklik veel negatiewer as voor die euforie kan wees. Die meganisme word goed uiteengesit in ’n hoofartikel op Praag se webwerf. Lees gerus ook hier.

Intussen word diegene wat die naderende post-euforiese trauma sien kom as pretbederwers beskryf. Tog word die beginsels hiervan in verskeie vakgebiede aangetref, byvoorbeeld die pastorale. ’n Goeie voorbeeld is die meestersverhandeling van Llewellyn LM McMaster, Die trauma van geweldsmisdaad op die funksionering van geloofsgemeenskappe. Die aanraak van die probleme is dat dit deur die improvisering van terapieë en strategieë moet geskied.

Die beste analoog om post-euforiese depressie of trauma te verstaan, staan as postpartum- (oftewel nageboorte-) depressie) bekend. Dit beskryf die trauma of depressie wat ’n ma ná die geboorte van ’n kind kan ervaar. Dit is nie ’n toestand wat ’n mens doelbewus ontwikkel nie, maar weens invloede van buite wat op die persoon inwerk.

Met die bohaai oor die sokker het koerante so in die euforie gebaai dat koerante behoorlik om die sentrale sokkernuus saamgestel is, en na berig word naderhand ’n gemiddelde 20%-daling in sirkulasie beleef het.

Wanneer al die toutjies bymekaargetrek word, moet op die volgende gelet word:

  • Of dit korrek is dat koerante ná die sokkertoernooi ’n daling van 20% in sirkulasie gehad het of nie, daar moet gewaak word teen die oormatige dryf van die kwessie. Dit kan wees dat die euforiejagters die gevolge in klinkende munt voel as die leserspubliek nie meer die “ophemel” deel nie.
  • Waak teen die bevordering van ’n politieke narratief wat nie noodwendig almal se ideaal verteenwoordig nie. Ná die afgelope toernooi is die afrigter, kaptein en ander rolspers aangehaal as sou hulle ’n politieke standpunt deel wat besonder baie klink na een van die DA se vernaamste slagspreuke met die pas afgelope verkiesing. Die kiesers het onsagkens daarmee omgegaan (hoewel dit nie noodwendig die hoofrede vir die wegkalwing van kiesers was nie).
  • Gaan die Menseregtekommissie met Salomo se wysheid geslaan word in die aanloop tot die Etzebeth-sage? Of gaan die kommissie toegelaat word om deur die demonstrasie van onewehandigheid wel die drywer van post-euforiese trauma te word? Daar was reeds ’n slegte begin.
  • Versigtig met politiek in sport. Die krieket-Proteas is die afgelope ruk erg verneder, en die effek van kwotas in plaas van die ontwikkeling van krieket, en veral krieketgeriewe op grondvlak (soos by swart skole) kom op die bou van lugkastele neer. Die feit dat geld die oorsaak is dat sportsoorte soos rugby en krieket wesenlik net vir die welvarendes toeganklik is, is sport-selfmoord. En inkomste-ongelykheid is ’n ernstige saak in Suid-Afrika.

Suid-Afrika kan kennis neem van die slotopmerking van die duidelik meegevoerde redakteur van die Daily Insider. Nie almal sal oor alles saamstem nie, maar in vandag se uitgawe skryf hy oor die politiek in die toernooi. “Omens aside, Saturday’s milestone also reflected how far Nelson Mandela’s Rainbow Nation has progressed. In 1995’s matchday squad of 21, Chester Williams was the only Black Springbok. Not surprisingly, many South Africans felt a closer affinity with the opposition than the Springboks – and publicly displayed it. This time ‘one nation, one team’ was uncontrived. But areas for reflection remain. Clearly, about rugby, the Young Democracy can learn little from the Oldest. But it can take some guidance on the approach to citizens’ melanin levels. Their (the English’s) best player, Maro Itoje, is simply English. It’s the same with the country’s other athletes, politicians, celebrities and neighbours. They’re a better nation for it. As SA will be.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Frm ·

Wat n wonderlike dag sak dit nie wees as ons (sa) by die punt sou uitkom nie soos gestel soos gestel in die Daily Insider. Maar nou ja dit is nie deel van die Anc se manifes nie.

Dawie ·

Ek het nie eers die artikel klaar gelees nie, dit is een rede hoekom dit so sleg gaan met die land, ons verslaggewers wat so negatief is, lewer net slegte nuus. Dit is hoekom van die politieke partye floreer, want hulle kry te veel aandag. Ons gaan nou in die tyd van Chrislike tydperk in, kom wees net verslag positief en konsentreer op die goeie goed veslaggewers.

Herman Toerien ·

Hallo Dawie. Ek persoonlik maak seker dat ek so gereeld moontlik iets positief skryf – maar nie sommer kunsmatig nie. En dan is daar heelwat lesers wat kwaad is omdat mens nog iets positief sien. Ek het groot bewondering vir die sonskynskrywers, want hulle is broodnodig, maar dit lyk my hulle het nou stilgeraak.

Johan ·

Jammer Dawie, maar jy weet nie waarvan jy praat nie. Lees jou Bybel, die ware Christen se brutale vervolging begin nou eers…

Charles ·

Watter “euforie” praat jy van Mnr Toerien? Ek sal graag wil weet.

Herman Toerien ·

Hallo Charles. Na ek vanoggend se nuuskommentaar geskryf het is ons Volksblad afgelewer. Dis omtrent een groot euforie aanmekaar. Op radio en elders het ek ook daai indruk gekry. Gisterand nog op RSG se Kommentaar ook. Maar jy is welkom om te verskil.

Dolf ·

Baie van van die euforie word ook deur bestuur op personeel afgedwing. “Julle sal positief wees of…” Koerante het seker goed verkoop vandag. Dit bly maar alles kosmeties in ‘n siek land.

KaterinaKat ·

Nee wat dit sal veel meer as n rugby oorwinning vat om my eufories te maak. Vir die gewone gemiddelde Suid Afrikaner verander dit niks en beteken dit niks. Vliegtuigkaartjies vir my en my familie en n lewe oorsee, weg uit hierdie hool, sou my wel eufories laat voel.

Avokado ·

Nou maal ‘n plan en gaan kat! As jy nie deel van die oplossing is nie is jy deel van die probleem. Vaarwel!

Piet left the Building ·

Advokado, hou op snedig te wees. Emigrante kan ‘n bydrae lewer om jul saak te sterk. Ek het verlede week ‘n huisvergadering bygewoon waar my Republikeinse senator gepraat het. Tydens koffie en tee hoor hy my snaakse aksent en toe hy hoor ek kom van SA vra hy my uit oor dinge daar. Ek was baie negatief, maar hy het tog geluister. My buurman sê toe die ou dien op verskeie komitees in die kongress, insluitend buitelandse sake en handel. Ek glo op my manier het ek skade gedoen vir julle. So, Advokado hou maar aan met jou snedige opmerkings. Dit gaan terugkom om julle te byt. Die wêreld is klein.

Andre ·

Piet, my houserep besoek ons vroeg Desember. Indien ek die geleentheid kry sal ek dieselfde doen. Kleinserigheid word net beantwoord. Die AGOA bedeling kos ons in elk geval baie jobs en geld hier.

Clem ·

Ja, die artikel van Dan Roodt, Praag het dit so mooi saamgevat maar dis alweer bykans 10 jaar later en nog steeds is korrupsie en staatskofferdiefstal aan die orde van die dag. Ramaphoza sal nou sy staal moet begin wys, die regsbank sal ook die proses moet voorkeur gee want die reg loop heeltemal te stadig sy loop. Dit is uiteraard BAKGAT dat SA die wereldbekerwenners is maar die “euforie” is glad nie gekoppel aan ‘n reenboog SA nie, daar is te veel aspekte wat elke man, dit is ongelukkig so dat dit oor die kleurgrense heen gaan, nog steeds na sy beursie wil laat gryp en land uit te wil vlug. Die cANCer in die land moet uitgeroei word! Korrupsie en witboordjie-misdadigheid asook die MRK se eenogige (lees ras) benadering sal nie vir my of enige ander landsburger laat eufories voel nie want ons leef nog steeds in ‘n land van onwaarskynlikhede. Dit is onwaarskynlik dat die sosialisme wat so aan die ANC kleef dit enigsens moontlik maak om as ‘n reenboognasie samehorigheid te wil aankleef.

marous ·

Soos om wildtuin toe te gaan vir die naweek en terug te keer na die huisie reg langs die vullis terrein . Lekker gewees maar dis nou klaar .

Charles ·

Herman, jy noem dat die “euforie” in die geledere van die skynheilige hoofstroommedia en “RSG” ‘n lêplek gekry het – dit verduidelik alles, en daarom is jou antwoord derhalwe ietwat selfverduidelikend.

K P ·

Ek het dieselfde euforia beleef in 95. Die euforia en nasiebou het my werk gekos omdat ek te wit is. My kinders het die land verlaat want hulle kan nie werk kry alhoewel hulle goed. gekwalifiseerd is. My taal word vertrap in die skole. Die anc dink die tyd wat die wittes so bly is oor n bekertjie moet gebruik word om hulle in die grond in te ploeg. Hierdie keer het my euforia n paar sekondes geduur

Goue Rugbyholbol ·

Nes ons nasie, is ek en rugby een, diknek, bierpens en al. Solank ek elke dag kan goed voel met my goue rugbybol diep in my lae dikderm, dan is ek gelukkig.

Staaltjie ·

Ek wonner van watter “staal” praat Clempie hierbo. Ek het nog nooit so iets by effrika se lyers waargeneem nie. Al wat ek sien is riool.

Johan ·

Ek, as Boer in hierdie land, probeer BITTER hard om positief te bly. Maar ongelukkig praat die REALITEITE die hardste. Bokke se oorwinning of nie….

Runice ·

Ek het vir al die vreesbevangenes, swartgalliges, negatiewe anti-sport jannies en sannies, gratis prozac…

Maggie ·

Euforie bestaan net vir die mensies wat droompies droom. Daar is geen gevoel van euforie in hierdie hell hole nie. Geen oorwinnings stryd skep vir my ‘n euforiese gevoel nie, die harde werklike realiteit is hier. Wakker word dromers en sien die situasie vir wat dit is. Die skip sink stadig maar seker

Neels ·

Euforie is soos ‘n dwelm. Dit word opgevolg met depressie. Dan kom die honger vir die volgende “fix”.

Avokado ·

Nou maal ‘n plan en gaan kat! As jy nie deel van die oplossing is nie is jy deel van die probleem. Vaarwel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.