Nuuskommentaar: Werkersdag nou politieke slagveld danksy Zuma?

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Gaan die verwagte skare by vandag se Cosatu-hooffunksie ter viering van Werkersdag in Bloemfontein vir pres. Jacob Zuma uitjou? Of dan net ’n deel van die skare?

Die simboliek hieragter, al sou dit nie die eerste keer wees dat Zuma as president deur ’n deel van die skare uitgejou wees nie, oorskadu eintlik enige ander simboliek wat meer regstreeks met Werkersdag verband hou. Soos dat daar bitter baie Suid-Afrikaners is wat nie werk het nie.

Die vorige keer wat Zuma uitgejou is, was tydens ’n gedenkdiens vir oud-pres. Nelson Mandela nadat dié ikoon kort tevore gesterf het. Die geleentheid, in die FNB-stadion in Soweto, is onder andere deur pres. Barack Obama bygewoon, en toegespreek. Min Suid-Afrikaners het egter die uitjouery gehoor omdat persone met bedenklike joernalistieke integriteit besluit het om dit uit die plaaslike uitsendings te sensor.

Op die gevaar af dat die kameel agter die bult gehaal gaan word (die gebruiklike gedierte van hierdie spreekwoord kan nie ingespan word nie omdat Zuma dalk rassisme daarin kan lees) word die volgende moontlike scenario geskep:

Sou die verrigtinge vandag in Bloemfontein ’n ongewenste afloop hê, kan net die ANC daarvoor blameer word. Met dié verrigtinge, waarvoor die ANC se geaffilieerde vakbondfederasie Cosatu tradisioneel die eienaarskap neem, word nie net sy eie president nie, maar ook die leiers van die ander alliansievennote, die ANC en die SAKP as sprekers genooi.

Om Zuma steeds af te vaardig terwyl beide Cosatu en die SAKP formeel aandring dat Zuma die tuig moet neerlê, is doodgewoon om realiteite uit te daag. Enige intelligensieverslag wat sy sout werd is, sou ook daarteen waarsku.

Na die gevolglike polemiek waar minstens drie groot vakbonde stem dik gemaak het, het die ANC steeds besluit om Zuma af te vaardig. Die veiligheid van slegs een persoon tel, en dit is Zuma, en voldoende voorsorg vir sy veiligheid word getref.

Die Vrystaatse ANC, onder die leiding van die Zuma-pion, premier Ace Magashule, bring ook sy kant, en na berig word, word groot getalle ANC-ondersteuners wat Zuma-aanhangers is, na die verrigtinge opgevorder. Of iemand in die gehoor nog sal kans sien om Zuma in Comrade Eisj se intimiderende skare teen te gaan, moet nog gesien word.

Min mense sal werklik na Zuma se rede wil luister, al is dit bloot omdat dit wat hy na verwagting gaan sê, niks nuuts is nie. Hy sal weer die kwessie van radikale ekonomiese transformasie noem, hy sal “wit monopolistiese kapitaal” vir als wat verkeerd loop met die ekonomie blameer, en hy sal swart solidariteit probeer aanblaas, onder meer deur die grondkwessie op ’n verdraaide manier voor te hou. (Hiermee volg hy presies die patroon wat politieke wetenskaplikes al voor 1994 gewaarsku het – wanneer dit nie meer so goed werk om alles wat verkeerd loop op die vorige bedeling te plaas nie, sal ’n populistiese aangeleentheid soos grondgryp benut word soos in Zimbabwe gebeur het.)  Ook die gevolge – ’n meer rasgepolariseerde samelewing, is voorspelbaar, en meer belangrik, ’n regstreekse vergryp teen sy ampseed.

Dus wie wil nou luister?

Veral omdat twee van die ander sprekers, Comrade Eisj en die Cosatu-president, Sidumo Dlamini, nog dit wat Zuma gaan sê gaan eggo. Dlamini is argaïes as Zuma-pion as president van Cosatu ontplooi, en is onlangs deur Cosatu gerepudieer vir sy openbare steun aan Zuma. Maar baie mense sal die verrigtinge op TV wil volg om te sien of daar ’n saakmakende protes teen Zuma se teenwoordigheid, en onder die wakende oog van Comrade Eisj, sal wees.

Want dit wat buite-om vandag se verrigtinge op die spel is, is veel meer as ’n (beperkte) uitjouery, ’n paar bolle wat mag rol, of selfs potensiële vandalisme aan motors in die nabygeleë parkeerarea van ’n groot winkelsentrum. (Ja, daar gaan meer as genoeg mense wees wat niks van die potensiële moleste by Loch Loganpark weet nie, en die vakansiedag op betaaldag wil gebruik vir inkopies.)

Sou alles rustig verloop, beteken dit nie die spanning is weg nie, bloot opgebottel vir latere probleme.

Die groter konteks is dat daar uit bykans elke oord druk is dat Zuma moet bedank. Verskeie bekendes het onlangs in koerantartikels Zuma se “sondes” gelys (en dis ’n baie lang lys) en gevra dat hy moet bedank of die trekpas moet kry, waaronder die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, en die voorsitter van die moderamen van die NG Kerk, ds. Nelis Janse van Rensburg.

Die bekende Tim du Plessis waarsku dat dit nou belangriker is om eers die verkiesing van 2019 te beveilig en motiveer dit deeglik.

Maar durf die moontlikheid dat Zuma en sy ondersteuners die 2019-verkiesing op die een of ander manier kaap of manipuleer te veroorsaak dat die druk op Zuma verslap word? Sekerlik nie, maar dit moet ook oordeelkundig aangepak word sodat Zuma nie onnodige skietgoed kry om die rassetamboer te moker nie.

Wat baie belangrik is, is dat die Nasionale Stigtingsdialoog Inisiatief van onder meer die stigtings van FW de Klerk, Jakes Gerwel, Thabo Mbeki, Phumzile Mlambo-Ngcuka, hoofman Albert Luthuli, Desmond en Leah Tutu, Helen Suzman en Robert Sobukwe gesteun moet word om die Zuma-nalatenskap op te ruim.

Net so het die Afrikaner en ander minderhede ’n baie groot belang daarby dat die Solidariteit Beweging se Plan B nie in die warboel vergete moet raak nie, maar juis nou behoorlik beslag moet kry om ’n behoorlike verskil te maak.

En laat ons nie vandag die miljoene vergeet wat nié werk het nie – nie omdat hulle werksku is nie, maar bloot omdat daar nie genoeg werk vir veral ongeskooldes is nie – en so ook aan hul gesinne wat broodgebrek ly. Dit verhoog die druk op ’n (politieke) omgewing wat bevorderlik is vir die skep van werkgeleenthede – en daar staan Zuma breed in die pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grassie ·

Dit is nogal verstaanbaar dat Zuma spesifiek Bloemfontein gekies het vir sy toespraak. Ek is seker dat Magashula & kie duisende ANC-ondersteuners (kanonvoer) van heinde en verre met busse gaan aanry om die illusie te skep dat Zuma gewild is in die Vrystaat.
Hierdie twis en vyandigheid tussen die “ANC” mense gee vir ons wittetjies ‘n blaaskans – sodra daar vrede en eenstemmigheid by hulle kom gaan al hul kragte saamgespan word teen hul groot vyand, die “kolonialiste”. Malema het dit al uitdruklik verklaar. Ek dink nie ons gebruik die tyd tot ons beskikking behoorlik nie – ons baklei liewers met mekaar.

zahn ·

Wat sit en skryf zuma daar? Insiggewend dat die pen se punt agter die blad versteek is. Ek dink nie die pen se refill is ingesit nie… Buitendien tel hy sy beeste sommer met die hand.. One miljon, two thousand and three hundred and twelve, listen properly, one miljon, seven hundred and one hundred thousand, two and four hundred, SIWENTIE!!

w ·

Ek weet hier is baie mense wie NIE wil werk nie. Hoor dit heeldag onbeskaamd hier opi platteland. Se hul vi jou wie wil dan werk as jy kan bedel.

humor ·

Dit sal nie n verrassing wees as z weer as n held seevier nie.

snipes ·

nie wil werk nie? wat van die ouer blanke mans wie se gehoor nie meer goed is nie? by die myne word hulle vir elke onsinnigheidjie aangekla en afgedank. kom hulle vir n onderhou by die volgende plekke is dit eers medies. sodra hulle name en id nommer in die rekenaar gevoer word kom hulle medies onbevoegdheis agv SWAK gehoor onder die kollig en verloor hy die kans om te werk ongeag hoe bekwaam hy is. maar daar is ook nie n nota om te se hy was agv SWAK gehoor aangekla van n nietigheidjie en afbetaal nie. maar due aidsgatte loop en hoes oor alles en almal. gebruik toilette kort kort en maak los die vloer met n plas en spoel niks weg nie. maar hierdie wandelende gevaar is welkom om toilet toe te gaan heeldag want hulle kan buitendien nie enige werk doen nie. want hulle is nie wit nie. great stuff. raai sweep gaan land. hy kan nie our die wit rue bly nie.

Jannie van Niekerk ·

En daar word ou Stortkop toe werklik weggejaag deur ‘n klomp uitjouende Cosatu ondersteuners….(Giggel-giggel). Nou gaan ou Zoempies seker beweer dat dit ‘n klomp “wit rassiste ” is wat hulself as Cosatu ondersteuners vermom het wat dit gedoen het. (Giggel-giggel) Ag ja, ek is nie eers so ver geleerd soos ons Pres nie (ek het net standerd een deurgekom) maar ek sou lankal die boodskap gekry het. (Giggel giggel …Hie-hie-hie!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.