Nuuskommentaar: Wie rassisme stook gaan die pyp nie rook

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto

Die verguising van Helen Zille oor haar twiets waarin sy, moontlik lomp, realisme in die rasse-woorde-oorlog probeer twiet het, het één ding duidelik laat blyk: Daar is diegene wat alles in die stryd werp om te keer dat nugterheid en realiteit die beheer oor die rassedebat oorneem. Almal wat haar en ander met soortgelyke ingesteldhede na die skavot begin sleep het, het dít gemeen – slegs dít wat as die oorwegende swart narratief bekend staan durf ’n fatsoenlike plekkie onder die son inneem.

Iemand wat skynbaar opportunisties op die Black Lives Matter-beweging se rug wou ry, is pres. Cyril Ramaphosa wat pas met wydlopende en skerp mediakritiek op sy regeervermoë begroet is. Die bekende Tim du Plessis het die afgelope naweek in Rapport onder meer geskryf dat Ramaphosa “die paaier dink ons is ’n spul skape”. Verder: “Donderdagaand toe Ramaphosa op nasionale TV die soveelste keer sotlike besluite van sy chaotiese regering met ingeoefende geveinsdheid verduidelik, wonder ek, as Mandela destyds geweet het watter soort ‘leier’ Ramaphosa sou word, sou hy hom steeds gekies het?”

Die waarheid

Die een narratief oor hoe dit met Suid-Afrika gaan moet noodwendig die waarheid en nie-rassisties wees; die ander, dikwels gerugsteun deur baie, en stewige feite, is noodwendig vals, rassisties en boos.

Maar wat nou as die persepsies oor waarheid en leuens uit teenoorgestelde narratiewe spruit? Peilings het immers getoon dat bykans 85% van alle swart mense glo dat wit mense in Suid-Afrika hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Uit wit geledere het die ad hoc-komitee oor eiendomsbesit, dit weer as die “Groot Leuen” beskryf. Dis ook ’n opvatting wat deur baie van die wit mense geglo is. Twee opeenvolgende peilings oor dié kwessie wat in die Matie Charl Swart se meestersgraadverhandeling opgeneem is, het getoon al meer wit mense begin die “swart narratief” aanvaar. (Lees meer hier).

Soos uit die skakel hierbo gesien sou kon word, sou die groeiende konflik oor die voorgenome grondgryp sonder vergoeding- twis opnuut voorkom gewees het sou die verskillende narratiewe geharmoniseer kon word, en dit was trouens deur hierdie rubriek bepleit dat energie hieraan bestee moes word. Dr. Pieter Mulder, destyds leier van die Vryheidsfront Plus, het dit selfs probeer deur ’n geskiedenisles in die parlement te lewer. Sy les is deur ’n groot deel van die parlementslede en ook Zuma, bitterlik gekritiseer. Ook swart DA-lede het Mulder gaan verkla – al was hulle lede van ’n party wat ook op die ad-hoc-komitee gedien het.

Dié narratief weeg in sy verdelende “rol” swaarder as ras as politieke party of belangegroep. Die spreekwoord lui immers al loop die leuen hoe snel, die waarheid agterhaal dit wel. By terugskoue is dit duidelik net ’n wonderwerk vanuit God se hand sou ’n gemeenskaplike narratief kon laat voortvloei. ’n Toekomstige breekspul lyk nou nog byna onafwendbaar, tensy buitelandse druk voortspruitend uit die internasionale reg en internasionale konvensies wat Suid-Afrika geteken en geratifiseer het, met of sonder die “aanstigting” van AfriForum, die Vryheidsfront Plus, Solidariteit, die Instituut vir Rasseverhoudinge en ander die regering tot ander insigte dwing.

Die afgelope Vrydagaand het daar egter ’n splinternuwe verslag die lig gesien wat ’n standpunt staaf wat al lank in hierdie rubriek onderskryf word: Rassisme wat onder die vaandel na nie-rassigheid gepleeg word, gáán boemerang.

Maar eers ’n bietjie agtergrond. Die agtergrond is kompleks, maar dit kom in wese daarop neer dat die mense wat so maak, hul eie optrede, ongeag hóé rassisties dit mag wees, as nie-rassisties beskou, weens iets wat in die verlede gebeur het en waar rassisme wel onderliggend was. Die patroon word in die VSA bestendig gehou, en het sy wortels in die slawe-era, wat deur die Amerikaanse Burgeroorlog beëindig is. Dit het sy stimulus behou met die instelling van die beleid van segregasie.

Van die plaaslike manifestasies is die BLF se beswaar weens sy deregistrasie as politieke party omdat dit onwettig net swart lede toelaat. Die einste entiteit verwys egter deurlopend na homself as nie-rassig, en verwys na onder meer die Vryheidsfront Plus as rassisties, ongeag die lidmaatskap van Peter Marais en talle volgelinge. Die EFF maak talle soortgelyke stellings, maar ook hulle wys die vinger na ander.  Die ANC is uiteraard die “rolmodel” hiervan, sodat Helen Zille haar irritasie uitgetwiet het.

Maar het Zille werklik die waarheid aan die stert beet? Want dié stelling is al dekades lank sonder teenspraak deur bekendes gemaak. Lees byvoorbeeld die artikel van James Myburgh hier, asook ’n artikel van Willie Spies onder die veelbetekende titel van “Korrek, maar nie polities korrek nie” wat in verskeie publikasies verskyn het.

Die raakvatter en doyen van Suid-Afrika se kommentators, Leopold Scholtz, wys weer sy waarde met ’n artikel wat nóg ’n element goed belig – die opskrif lui: “Laat ons wedersyds sensitief wees.” Volg asseblief die skakel – sy skrywe is goud werd, ook oor ewehandigheid.

Met dié agtergrond in die sakkie, nou na die belangrike artikel waarna hierbo verwys is. Dit handel oor ’n onlangse peiling deur Rasmussen wat daarop dui dat die meeste Amerikaners nou voel dat swart Amerikaners meer rassisties is as die wit Amerikaners, die Latyns-Amerikaners en die Asiate. Amerikaners se siening van wat rassisme beteken verskil heelwat van die onewehandige beskouing van die Menseregtekommissie hier, en waarmee Ramaphosa skynbaar vrede het: “A new Rasmussen Reports national telephone and online survey finds that 75% of American Adults think the term “racism” refers to any discrimination by people of one race against another. Just 15% say it refers only to discrimination by white people against minorities…. Among Americans who identify racism as any discrimination by people of one race against another, 15% say most whites in this country are racist, compared to 27% of blacks.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner ·

Mandela sou hom steeds gekies het want hy het dieselfde mentaliteid gehad . Hulle is komuniste

Isabella ·

Wat verwag hul na 1994 was ons ALMAL bly en gedink ons gan n rainbow nasie wees …kort was ons verwagting want omgekeurde apartheid ht ingetree…bee …regstellende aksie ….wreedste moorde op boere ens ens rassistiese uitlatings van anc en eff ht n negatiewe uitwerking dat daar konflik kom …

Pieter ·

So n goeie berig. Daar stem ek saam. Die wat oogklappe het is maar so. Daar is wit rassiste, maar in my lewe kan ek se met oplet, dat die swart volk (meerderheid) geweldig meer rassisties is, en ongelukkig leer hulle,hulle kinders dit ook. (Hulle is die beeld van die woord). Onthou geen rassis word gebore nie, kyk maar om jou na die klein kindertjies.

Jerry ·

Jy word nie gebore as n rassis nie, onderdrukking , skending van regte, geen vaste regering met enige beginsels, moord, diefstal, korrupsie ensv. kweek n hart van bitterheid en rassisme!

JohanEtz ·

Peilings het immers getoon dat bykans 85% van alle swartmense….? Hoe omvangreik was die opname om so stelling te maak. Weer net onder ‘n 1000 uitsoektes?

KB ·

“Narratief”:
Ek is, deur ‘n ervare joernalis geleer, om ‘n spesifieke woord vir ‘n sekere begrip, nie telkens in ‘n opstel, brief of berig te herhaal nie.
Gebruik ‘n sinoniem.

Simon ·

Rassisme sal tot in lengte van dae gestook word. Dit is deel van mens-wees en as bewys kon dit vanaf die mens se bewuswording tot vandag toe nie uitgeroei word nie. Die wat andersins oortuig is, leef in ‘n droomwereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.