Nuuskommentaar: Wie regeer die land?

Argieffoto

Argieffoto

Skaak word ’n oneer aangedoen as die magspel in die Suid-Afrikaanse politiek daarmee vergelyk word, want skaak word volgens reëls gespeel. Tog lyk dit of ’n paar faktore pres. Zuma se magspel beperk, soos dat hy besef die graderingsagentskappe hou ’n wapen teen Suid-Afrika se kop, en moontlik besef hy ook dat hy nou moet begin gou speel om nog voor sy verpligte aftrede ’n soort amnestie teen vervolging te kry.

Die vraag oor wie die land regeer, word ’n taai toffie as die Grondwet en die realiteit nie dieselfde taal praat nie. Is dit die president? Is dit die kabinet? Is dit die parlement? Is dit die howe? Of is dit die ANC? Die blote feit dat ’n mens ’n bietjie kopkrap hieroor gee te kenne dat die Grondwet magte skei, soos om die wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag te skei.

So, idealisties beskou, sou die ANC bloot die regerende party wees, wat rigting aan die uitvoerende en wetgewende gesag moet gee. Maar nou, na berig word, het die ANC ’n beroep op die SAUK gedoen om gehoor te gee aan die hofbevel dat die “bedryfshoof”, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling ongrondwetlik was. Ook na berig word, beplan die SAUK-raad egter om die hofbevel te omseil deur Motsoeneng waarnemend aan te stel.

Die minister skaar haar klaarblyklik by die SAUK-raad, en kan dit slegs doen as sy ’n soort sanksie van “bo” af het. Die vingers wys na pres. Jacob Zuma.

In die VSA is (al weer) ’n soortgelyke situasie aan die ontwikkel. Pres. Barack Obama het in weerwil van peilings wat wys dat die meerderheid Amerikaners daarteen gekant is, besluit om 60 000 Siriese vlugtelinge in te neem. Hy het intussen, in weerwil van meerderheidsteenstand, die proses versnel, wat beteken dat die nagaan van die vlugtelinge se agtergrond afgewater moet word, en boonop dat die getalle uitgebrei word. Obama se op die oog af diktatoriale optrede benadeel nou klaarblyklik Hillary Clinton se kanse om as sy opvolger verkies te word omdat hulle as vennote gesien word. In die nasleep van die voorval in Charlotteville waar ’n swart man deur die polisie geskiet is, word Obama en Clinton as aan die kant van die protesterende gepeupel beskou, en Donald Trump as aan die kant van die polisie.

Maar dat ’n Amerikaanse president oor meer uitvoerende magte sal beskik, is ’n gegewe. Hy word immers elke vier jaar regstreeks deur die publiek verkies, en ná agt jaar mag hy nie weer as president staan nie. Obama het dus min dae. Hy het eintlik ook taamlik baie wetgewende gesag deurdat hy wetgewing kan veto, wat dan deur ’n verhoogde meerderheid aanvaar moet word om die president die koue skouer te keer.

Tydens die Zuma-bewind het dit duidelik geword dat die ANC die gesag in Luthuli-huis probeer sentreer, en dat die parlementslede klakkeloos na die president se wense en grille moes dans. Absoluutheid is selfs probeer verkry deur opposisiepartye te verhinder om wetsontwerpe in te dien – iets wat deur die howe omgekeer is. So is die parlement wesenlik van sy oorsigrol oor die president en kabinet gestroop. Die feit dat die howe die Grondwet kon afdwing, het verskeie kere onder Zuma en sy vernaamste kornuite se tong deurgeloop.

Maar wat is nou aan die gang? ’n Mens kan dit nie ’n skaakspel noem nie, want skaak word volgens streng reëls gespeel. In die spel wat nou plaasvind om Zuma se mag te beperk word die “spelreëls” opgemaak so ver soos die spel vorder. Sy teenstanders se vernaamste wapen is die swaard wat graderingsagentskappe oor die land hou. Dit help dat Zuma klaarblyklik besef dat die graderingsagentskappe se streep in die sand belangrik is al verstaan hy klaarblyklik nie hoekom nie. Voorts het Zuma baie mense se steun nodig om ’n soort amnestie teen vervolging te kry as hy oor ’n paar jaar moet aftree.

Dit wil al hoe meer lyk of die Guptas nie al welgestelde familie is wat van staatskaping verdink behoort te word nie. Presies waar eindig staatskaping en word dit gewoon korrupsie? Soos wanneer ’n maatskappy met verskeie Zumas in die direksie al die nodige permitte en lisensies kry om in ’n verklaarde vleiland te myn, in weerwil van skerp teenkanting van ’n nieregerings-omgewingsgroep?

Op die oog af lyk dit of Zuma nou ’n laerprofiel-rol in die binnelandse politiek speel, en grootliks op buitelandse reise staatmaak om statuur te kry, en te baai in die respek wat buitelandse protokol meebring. Maar Zuma het ’n ou laai om, net soos dit lyk of die ANC-ringkoppe hom tot ’n meer seremoniële rol wil beperk, met mening terug te slaan en sy magte, en vermeende magte, ten volle te rek.

En die land weer enorme skade te berokken.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Raymond Bastone ·

Dit wil voorkom dat die studente die land regeer. Kinders word gesien nie gehoor nie. Praat van ń gemors die land is nou in een

Johann ·

Zuma se aanstelling van die nuwe DG by die SVA is net nog ‘n pion in plek.

Irene ·

Hulle praat van struggel jare ons is nou daarin almal is bang om alleen in aande te beweeg skiet en maak dood soos hulle wil daardie mense wat kla oor struggel jare moet in die nagte alleen bewerg in strate dan sal ons sien war se hulle dan kyk wst doen hulle aan kinders elke dag mense moet wakker word hierdie land kan nie bestuur word deur mense wat hul self verryk nie

Jean ·

Wie regeer die land? Die oproermakers en opstokers, die protesgangers en klipgooiers. Die regeringsamptenare trek net ‘n salaris en draai ‘n blinde oog.

ekke.. ·

Nie net hulle nie.. George Sorros is ook een wat lande se regerings omver wil werp, en het selfs die onlus in Belfour VSA gesponser. Die ou Black Panthers beweging ook in die VSA, nou die onder die vaandel BLM (black lives matter) ondersteun ool die onluste hier, en is een van hul leiers hier, n Somalier en woon in die kaap.

Nel ·

Skaduregering. In sy nuutste artikel, “BRICS Under Attack: The Empire’s Destabilizing Hand Reaches Into South Africa”, beskuldig die bekende geopolitieke analis van New York, Eric Draitser die CIA en Britse geheimediens openlik daarvan dat hulle doelbewus besig is om Suid-Afrika binnelands te destabiliseer. Hulle beoog glo om in Suid-Afrika dieselfde chaos te skep as in Libië.

ekke.. ·

Nel, korrek. Die amerikaanse CIA, die engelse MI6 en die joodse MOSAD, speel saam in die spel, RISK..
Hulle besluit wie is volgende want hul strewe is die NWO. Een regering, een geldeenheid, een ras (sonder identiteit) waar almal as slawe sal dien, om hul geldmag en honger te stil. Alles moet san hulle toegedig word en raak dinge meer en meer ernstig. Selfs zuma se liedjie om die masjiengeweer te vat, word nou plek plek in die openbaar gesing, asook op sosiale media bespreek hul ondersteuners nou nood vooraad ens ens

Basson ·

CIA het die gemors in Angola ook begin, en die naiewe boernasie daarby betrek. Soos altyd lafhartig terug gekruip na hulle donker gate toe die aksie begin.

TTh ·

Black Nobility van uit The City of London – ons is in die laaste fase van die ANC se Rewolusie-program.

Sarie ·

As jy die twee boeke lees wat Wynand Du Toit geskryf het dan kry meer inligting oor wat agter die skerms aangegaan in die vorige regering wat gelei het tot die gemors waarin nou is.

Lance ·

So besig met slinkse planne dat die land gladnie regeer word nie. Kan hy asb vervang word met n kundige persoon wat minstens n beter indruk skep asb. Hoe die mense van SA hom gekies het is net skokkend !

Johannes ·

Miskien is ‘n beter vraag: “Wie moes die land eerder BLY regeer het?”

Loeis ·

Die KP en HNP het ‘n alternatief vir Mandela se Klerk en sy NP gestel. de Klerk het selfs vertel hoe ‘n graad van selfregering nie internasionaal aanvaarbaar sou wees nie. Dus, wie het regtig die besluite geneem? Pik Botha het dit selfs eenkeer in ‘n onderhoud op TV uitgespel, maar om die een of ander rede praat niemand daaroor nie.

Burger ·

Wie regeer werklik die land ? Die wie voor 94 en na 94 reageer het , dien dieselfde orde..

John ·

Diegene wat die land regeer… het… sit in ‘n penarie en hulle gooi nou al hul speelgoed uit die prem. Dit lyk maar net of dit die studente is. En hulle is sooo bly die OB met murg in haar pype tree uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.