Nuuskommentaar: Wie regeer nou die land?

vlag suid-afrika

Argieffoto

Die afgelope paar dae is segmente van verskeie regeringsvorme gesien – ’n patetiese gefladdder van pres. Jacob Zuma, die bemoedigende tegnokratiese optrede van min. Pravin Gordhan, die anargie van die EFF op kampusse en die positiewe betrokkenheid van AfriForum oor ’n verbasend wye front.

Die afgelope paar dae is verskeie vlakke van regering in die land getoon. Van die veronderstelde regering onder pres. Jacob Zuma is daar eintlik net ’n nuttelose gefladder. Die vermeende de facto-regering waarvan min. Pravin Gordhan glo ’n sleutellid is, maak meer indruk, soos blyk uit die begroting. Dan heers die EFF skynbaar met anargie oor verskeie kampusse en ander brandpunte. Ten slotte verstom AfriForum oor waar hy oral bykom om owerheidsdienste te laat vlot – soms deur die hande uit die moue te steek en soms deur hof toe te gaan.

In die parlement het min. Gordhan sy begrotingstoespraak gelewer. Hoewel een van die moeilikste knyptangjare in baie jare het hy skynbaar met gemak deur lokvalle gestap, sy stempel afgedruk, en in die omstandighede ’n begroting voorgehou wat verrassend baie vertroue inboesem. Natuurlik was daar leemtes, soos die aard en omvang van die droogtehulp. Die DA se David Maynier sê hy weet ook nie of die minister genoeg gedoen het om rommelstatus vir die land af te weer nie.

Die toespraak was ook nie die geleentheid om die werklike staatsrede te lewer nie, maar teen die agtergrond en leemtes van Zuma se onlangse staatsrede was dit duidelik dat die land tot gister sou moes wag om te weet watter koers die land inslaan.

Gordhan moes noodwendig op eiers trap. Al is hy een van die hoekstene van ’n beweerde groepie wat die land skynbaar van agter die skerms regeer met Zuma bloot ’n losserige marionet, kon hy nie die eerste opvallende besparing aanpak nie, naamlik om Zuma se belaglike groot kabinet met meer as die helfte te sny nie. Maar deur die loop van die toespraak het hy moeite gedoen om ministers wat daarvan verdink word dat hulle ’n skadelike ekonomiese agenda bevorder by die naam genoem, én verduidelik hoe hulle in die uitvoering van die begroting om die ekonomie te laat groei, ingebind is. Die opvallendste was seker min. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en tot dusver openlike skeibreker met sy missie van oorregulering. Davies is, in leketaal, die taak opgelê om beperkende regulasies te sloop.

Die rand het gedaal en so ook die Johannesburgse Effektebeurs. Ekonome het aangedui die rand verdien in die omstandighede beter.

Die lakmoestoets gaan egter kom om te sien of daar by onder meer die besparingsmaatreëls ingeval sal word. Daar is byvoorbeeld vantevore beperkings op die aanskaf van luukse motors deur onder meer burgemeesters aangekondig, waaraan talle hulle eenvoudig afgevee het. Korrupsie het nie sy kop teruggetrek te midde van die een aankondiging ná die ander dat dit wel vasgevat gaan word nie.

Pas het Outa byvoorbeeld ná ’n omvattende ondersoek aangekondig dat hulle bevind het Sanral het kontrakteurs aan die e-tolpaaie R10 miljard te veel betaal, omtrent dieselfde tyd as wat Agri SA aangekondig het die landbou het sowat R12 miljard nodig om die negatiewe uitwerking van die droogte te oorkom.

Duur oorsese reise bly maar die doodsteek van ’n paar ministers en premiers, en dit gaan hare op die tande kos vir die minister om hierdie gewoontes te verbreek. Daar is selfs planne vir die minstens gedeeltelike privatisering van staatsondernemings, hoewel verdoeselde terme hiervoor gebruik is.

Indien die land rommelstatus wil oorkom, sal dit vanuit die staanspoor duidelik moet wees dat alles gaan gebeur wat die minister gesê het.

En Gordhan is tot groot mate op sy eie stoom aangewese. Dit is te betwyfel of hy noemenswaardige en vrywillige steun van Nommer Een gaan kry, wat ná die Nene-debakel skynbaar tot Nommer Zero gereduseer is. Zuma het sy nukkerigheid met sy geknipte vlerke duidelik laat blyk deur vlak voor die begrotingsrede wyd te gaan verkondig dat hy steeds glo Des van Rooyen was die bes gekwalifiseerde persoon vir die werk as minister van finansies. Gordhan moet van gewone ministers en die ANC-leierskap voldoende steun kry om nukkerige ministers ingebind te kry en in pas te hou.

Maar gaan die musketiers van wie Gordhan ’n sleutellid sou wees, daarin slaag om die studente-onrus tot bedaring te bring?

Die gees van anargie wat kampus ná kampus se deure sluit, is nie bevorderlik vir die afweer van rommelstatus van die land nie. Dat dit elke keer volgens die universiteitsowerhede “’n klein groepie belhamels is” wat sake ontwrig, klink uiteindelik nie geloofwaardig teen die agtergrond van die onvermoë om hulle in die bek geruk te kry nie. ’n Belangrike lakmoestoets vir die owerhede lê voor nadat die “drukgroep” Reform PUK gedreig het om Maandag se Varsity-bekerwedstryd tussen Kovsies en die Pukke te ontwrig as dit nie afgelas word nie. Trouens, daar word geëis dat alle wedstryde waaraan die Kovsies deelneem, afgelas moet word, asof dit die rugbyspelers is wat die molesmakers op die Kovsiekampus van die veld verwilder het.

Hoe selektief-anargisties het die land geword? Ná afloop van die onlangse internasionale eendag-krieketwedstryd tussen die Proteas en die Engelse het vyf jong mans in voetboeie in die hof verskyn. Al vyf het die wedstryd met wettige kaartjies bygewoon, en nie ’n hek afgebreek om sonder betaling in te kom nie, en hulle het nie ’n vrouestudent met ’n megafoon oor die kop geslaan nie. Nie een het die wedstryd onderbreek toe hulle op die veld gekom het nie, en vier het eers nadat die wedstryd weens reën onderbreek is saam met baie ander mense op die veld gekom.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle die veiligheid van die toeskouers in gevaar gestel het!

By Kovsies word die indruk gewek dat daar gefokus gaan word om diegene wat die molesmakers van die veld verwilder het aan die pen te laat ry eerder as diegene wat met hul provokatiewe optrede veel erger opgetree het as die vyf pretmakers by die krieket. Trouens, die molesmakers is blykbaar deur lede van die studenteraad, onder wie die voorsitter, na die wedstryd en op die veld gelei. Hulle is reeds geëien en dis onnodig om videomateriaal vir uitkenning hiervoor te bestudeer. Hulle was intussen weens hul griewe (wat die bedanking van die rektor insluit) in gesprek met die bestuur. Nie een is vir húl aandeel aan die gebeure in hegtenis geneem en in voetboeie voor die hof gebring nie.

En nou dreig Reform PUK om dieselfde te doen.

En as die studentemoleste grootliks deel van die EFF se verkiesingspropaganda is, wat die vorm van gewelddadige propaganda aanneem, dan is dit slegte nuus, want die verkiesing lê nog ’n ent weg en daar is baie tyd om polarisering aan te blaas.

Opsommend. Word die land deur Gordhan en sy maats regeer en heers daar anargie in ander dele van die land? Dis immers nie net universiteite wat letterlik brand nie.

Dis egter nie net die de facto-regering (wie dit ook al almal mag wees) en die anargiste wat die regeerbaarheid van die land bepaal nie. ’n Burgerlike instelling soos AfriForum raak oor ’n toenemend wye veld betrokke daarby om te keer dat wiele loskom, en waar ’n wiel reeds uitgeval het, dit weer aan te sit en vlot te maak. Dikwels gaan AfriForum hof toe om grondwetlike regte te herstel. Dit maak weer deel uit van ’n nog groter kring van aktiwiteite deur die Solidariteit Beweging waarvan AfriForum lid is.

Maar sekere voorsangers van die Seunse Weenkoor het ’n behoorlike fiksasie met AfriForum en sy motiewe (waaroor glo blatant gelieg word) ontwikkel. Die een skerp aantyging ná die ander wat dikwels aan laster grens, word gemaak. Die minstens 90 persent goeie werk wat AfriForum doen, word geïgnoreer of verdag gemaak, en daar word gefokus op die enkele gevalle waar die wenslikheid van AfriForum se optrede debatteerbaar is. Een het selfs die twee pers-gesig-rolspelers nadat hulle onskuldig bevind is weer gaan swartsmeer.

Sies!

Hierdie anargie, en die voortdurende bysleep van Afrikaans of Afrikaners na gelang van hoe die wind die dag waai, maak die Solidariteit Beweging se Plan B net elke dag aantrekliker, met ook Akademia wat op die punt staan om amptelik geopen te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alida ·

Baie goeie artikel. Akademia sal sy gebou BAIE groter moet maak om die toestroom van studente te kan huisves. Wie in sy regte denke wil nou weer na enige van die ander Universiteite toe gaan.

Winston ·

Klein groepie met groot ondersteunings basis besig om die land se kruitvat lont aan die brand te steek. Puik geskryf Herman en oral raak gevat. Stem saam met “sies!”

MCS ·

Die eerste gedagte wat by my opgekom het toe ek die opskrif lees “Wie regeer nou die land” is Juanita se lied “Ons Koning Kom” ! Wie regeer, wie is in beheer? Hy is die begin en einde, die Een wat was en wat kom! Suid Afrika draai terug na God ! ANC, DA , EFF wie ookal vra God om hulp! Nie jou toordokter of wie ookal jy raadpleeg vir hulp! Roep MY NAAM en EK sal jou help! Dit is God se belofte! Jesus is nie n God wat ons wil laat swaarkry ! Sy belofte aan ons is voorspoed! Hoekom gebruik ons dit nie, waarom wil ons swaarkry?

VerVanRyn ·

Ek stem: God regeer. Ek stem ook saam dat almal hulle moet wend tot God in nederigheid en op Hom alleen moet vertrou. Ek stem egter nie saam dat God wil hê ons moet net heeldag elke dag voorspoed op hierdie aarde geniet nie. Gaan lees Romeine 8 oor wat die wêreld is en waarheen dit oppad is. Daar is dit duidelik dat hierdie ‘n lewe van swaarkry is en dat die “voorspoed” vir ons voorlê. Die kry ons eers wanneer ons die ewige lewe ontvang. Dit is nie ons keuse om gemaklik te lewe of swaar te kry nie. Dit is ons plig om te vertrou dat God vir ons moeilikheid en gemak gee volgens sy Wil.

Kaspaas ·

Dit is al lankal duidelik dat Zuma en dalj die ANC net n pion is. Iemand anders trek die toutjies. Die ANC het totale beheer oor die mense, ekonomie, land ens verloor hulle ploeter maar net voort. Het hulle 20 jaar terug alles instand gehou soos hulle dit ontvang het en die geld op nuwe ontwikkeling, huise en werkskepping gespandeer het sou die land nie in Anargie gewees het soos nou bie. As die ANC minder korrup en minder op doen weg met wittes ten alle koste en meer wat is die beste vir die armes en mense wat in plakkers hutte gefokus was sou ons nie nou gewees het waar ons is nie. Die het min te doen met apartheid maar baie te doen met korrupsie en n regering wat geen benul het om n land te regeer nie. Amerika se kabinet is n 5de wat ons sin is en hulle beheer 320 miljoen mense teenoor die land se 60 miljoen

StopTheMadness ·

Die konstitusionele hof sal dit binnekort duidelik maak wie werklik die land regeer. Die lakmoes toets sal kom wanneer die konstitusionele hof teen die sittende staatspresident beslis en die regerende party sal moet besluit waar hy staan. Dit sal dit duidelik maak of die “Reg” die hoogste gesag is en of die regerende party die hoogste gesag is.

alida ·

Hulle moet vir Zuma en Blade in die kar laai en op die kampus gaan aflaai tussen daardie klomp mal mense (sonder hulle lyfwagte) en kyk wat is hulle reaksie. Die ANC reken mos die media ruk dit uit verband. Laat hulle sien en voel. Die media neem die fotos dit word nie gefrabiseer nie. Daardie breinlose ministers weet niks wat op grondvlak aangaan nie. Van opvoeding en maniere het hulle nog nooit gehoor nie. Patete !!!!

Sarel Strydom ·

Dit wil vir my alhoe meer voorkom asof die EFF die Lakei van die ANC is. Modes operandi ens. is presies dieselfde. Eise saline ophou nie en gaan net van een na die ander.

m ·

Dink nie iemand weet nie, dis so choaties….. Laat weet ons asb as iemand uitgevind …

Trolle ·

Weet nie wie agter hom sit nie Herman,maar kan jou se wie hom wil uit he,maar dan word my boodskapie nie opgesit nie.Dis die selfde mense wat mandela ingesit het,maar toe kom Zuma op prenjie en gooi hulle storie omver.Dis wereld wyd geban om daai soort ras te noem,in hulle eie land word multiculturalsim nie toegelaat nie maar hulle dwing dit af op hele wereld,want hulle het die geld en invloed om dit te laat gebeur.Ons is net hulle goys.Gaan die mense eers wakker word wannneer dit te laat is?Hoe is dit moonlik dat niemand dit raaksien nie,selfs slim proffessors.Gaan kyk wie malema nou geld gee om gahos in die land te veroorsaak.Ek gee moed op ,want die duiwel is klaar bo op ons en niemand sien hom raak nie.Die bybel praat van dat so baie mense in wereld valse profete gaan volg.

anna ·

raak van die nuttelose president ontslae so gou as moontlik en kry iemand wat die titel prisident werd i s en sa sal weer op koers kom

HEVW ·

Daar het nog nooit so iets soos enige instansie, liggaan, party of regering bestaan wat nie een of ander swakpunt koester nie Die huidige anc wat die eintlike amptelike regering uitmaak koester n baie kwesbare achillishiel. Die groot fout wat z in sy onkunde begaan is om hom met ondersteuning van sy eie zoeloevolk staande te hou en as teenprestasie voorsien hy, buitensporig muldadig aan sy kaders. Hy het dit reeds duidelik gestel deur te se die anc (sy eie kaders) is belangriker as die land. Hierdie tendens gaan nog lelik ontplof. Om hierdie kaders nou op allerhande terreine in te perk gaan beslis gevolge he wat nie positief is nie.

Gemsbok ·

Ek is verbaas dat daar so baie Afrikaners is wat na meer as 350 jaar steeds nie Afrika verstaan nie.

In Afrika word daar gefloreer op chaos. Alleen chaos bied die geleenthede waar hulpbronne geplunder kan word en selfverryking in ‘n oomblik kan geskied. Wannee die plaas brand kom niemand agter as iemand die spens leegdra nie.

Enige een wat al probeer het om met en in Afrika sake te doen het dit al by herhaling ervaar. As sabotasie nie werk nie word konflik aangeblaas of valse klagte gelê.

As julle ophou om ‘n Westerse demokrasie te verwag sal jul minder teleurgestel word en meer geleenthede raaksien.

Santie ·

Kan nie meer saamstem nie, Gemsbok. Daar is ‘n enorme gaping tussen ‘n Westerse demokrasie en Afrika. Ons huidige regering is pure Afrika: stamhoof besit alles en deel uit na goeddunke. As hulle stam s’n op is, gaan vat hulle iemand anders s’n en maak hulle dood as hulle weerstand bied. As alles op is, gaan almal dood, of net die sterkstes oorleef. Maar dit is en bly ‘n primitiewe, landelike bestaan waar die Westerlinge in die jaar 50 n.C. laas was. Ons moet maar net hoop die DA of die faksie(s) in die ANC wat reeds in mindere or meerdere mate Westerse waardes aanvaar het, raak die meerderheid, anders is ons terug in die Middeleeue, soos RW Johnson onlangs in Rapport Weekliks gesê het.

pieter ·

Santie. Die DA is net 5 jaar agter die anc. Hulle op die selfde pad en volg die anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.