Nuuskommentaar: ‘Wilde stakings’ en Solidariteit se antwoord op rasuitsluiting

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Die blatante rassisme wat onder meer twee projekte onderlê, moet so gou moontlik begrawe word. Die projekte is Sasol se personeelaandeleskema en die president se Yes4Youth-werksoekprogram wat wit mense blatant uitsluit. Gelukkig tree Solidariteit baie verantwoordelik op in ’n sage wat tot ’n baie groot regsaksie kan lei.

“Suid-Afrika gaan egter in ’n morele moeras beland as ’n rassetoekoms sy antwoord op die verlede is,” skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in ʼn artikel op Netwerk24.Die agtergrond is ’n rassistiese personeelaandeleskema van Sasol, waarvan wit werknemers uitgesluit is. Selfs ’n wit werker wat 30 jaar diens het, kry niks nie, terwyl ’n swart werker met drie weke diens aandelewaarde van R500 000 kry.

“’n Wilde staking veroorsaak indirekte skade aan die passasiers, mense wat niks met die konflik uit te waaie het nie.” – Laurent Levaux, voorsitter van Aviapartner.

Levaux, wat ook vra dat “wilde stakings” verbied word, verwys na die staking van lughawepersoneel wat gelei het tot die kansellasie van 960 vlugte van Brussel se lughawe, en byna 115 000 passasiers wat geraak is.

’n “Wilde staking” in België is ’n staking waarvoor nie toestemming gegee of gevra is nie, en dus tegnies ’n onbeskermde staking is. Dit beteken, soos Levaux dit stel, dat die werkgewer nie bewus was daarvan dat dit op hande is, en dus die staking om die onderhandelingstafel kon oplos nie. Kort nadat die onderhandelings begin het, is die staking inderdaad afgelas.

’n “Wilde staking” in die Suid-Afrikaanse konteks sou na iets heel anders kon verwys, selfs ná ’n wettige staking. Stakings in Suid-Afrika gaan net te veel gepaard met saakbeskadiging, aanvalle op mense, en selfs moord soos met die vragmotorstaking enkele jare gelede. Wilder as die wildtuin. Selfs die destydse president, Jacob Zuma, met sy eie klein weermaggie van lyfwagte, moes verlede jaar die aftog blaas tydens Cosatu se hoof-feesvierings in Bloemfontein.

Dit is egter nie Solidariteit se styl nie. Dinge word volgens die (wet)boek gedoen. So ook met die sogenaamde oranjegolf-optog in Sandton om te betoog teen die Sasol-skema. Niemand, ook nie die publiek nie, het die gevaar geloop om beseer te word nie, en nog minder om doodgemaak te word. In teenstelling met tsotsigedrag is regstukke aan Sasol oorhandig wat kan lei tot een van die grootste hofsake oor hoe ras regtens hanteer moet word.

In die artikel verwys Hermann ook na pres. Cyril Ramaphosa se jeugbemagtingsprojek, Yes4Youth, wat wit mense blatant uitsluit. Tammy Wessels, jeugleier van die Vryheidsfront Plus en Vrystaatse LPW, vat dit akkuraat saam:

“Pres. Ramaphosa se jeugbemagtigingsnetwerk, Yes4Youth, is blatante rassediskriminasie teen jong werklose wit Suid-Afrikaners en die VF Plus het by die Menseregtekommissie (MRK) ’n klag van diskriminasie ingedien rakende die program wat jong wittes bloot op grond van hul velkleur uitsluit. Die program help jong mense om werk te kry.

Wit aansoekers kry ’n boodskap wat lui: “Jammer, Yes (4Youth) is slegs beskikbaar vir swart, Indiër of bruin Suid-Afrikaners.” Die skakel na die webblad: https://www.yes4youth.co.za/for-youth/

’n Regsgeleerde het pas nadat die huidige Grondwet aanvaar is, gesê die Grondwet laat soveel ruimte vir vertolking dat ’n wa en span osse daarin kan draai. Dit is gebiedend noodsaaklik dat die huidige vertolking van die ANC rakende die raskwessie juridies nek omgedraai word. As die regering dan nie die knie buig voor wettige optogte en stakings nie, is ’n epiese hofsaak noodsaaklik.

Optogte, as dit reg gereël word, is belangrik, nie net om ’n boodskap na die opponente uit te stuur nie, maar om ’n lojaliteitsgevoel en saamstaan onder die deelnemers te kweek. Dit moet egter ook die simpatie van die publiek wen, en dus ’n soort advertensie wees.

Wangedrag soos die omkeer van vullisdromme en beskadiging van straatsmouse se stalletjies, met ander woorde ’n wilde massa-optrede in die Suid-Afrikaanse konteks, laat enige simpatie van die publiek eenvoudig verdamp.

Ter afsluiting die vraag: “Is ’n mak optog die teenoorgestelde van ’n wilde optog?” Nee, ’n ordentlike optog moet steeds baie energie uitstraal sodat die opponente kan weet ons is nie katjies wat sonder handskoene aangepak kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Wanneer jy beskaafd optree verdien jy meer respek, dit weerspieël ook jou opvoeding. Ek is trots Afrikaans.

Wouter. ·

Dit is so jammer dat mense van die verlede wat aan n party behoort het en dieselfde christelike
waardes gehad het en besluit het op die woord apartheid wat mense laat sukkel wat wat niks daarmee te doen het nie.

m.d.r. ·

Die doel van die yes4youth is tog baie duidelik—hoe meer wit jongmense werksgeleenthede geweier word, hoe gouer gaan hulle emigreer na waar daar wel
werkgeleenthede is.
Massa Wit emigrasie is lankal die duidelike doelwit.
Dit herinner sterk aan Adolf Hitler wat die Joodse etniese minderheid tussen 1933 en 1939 uit Duitsland probeer dwing het.
‘n Voorbeeld hiervan was dat wanneer ‘n Jood aansoek vir ‘n werk wou doen, moes hy eers ‘n permit van die regering kry. om aansoek te doen.
Wat is nou die verskil tussen yes4youth en Hitler se permit stelsel…..?
Besef mense werklik nou nog nie waarmee ons te doen het nie…?

Stuiwer ·

Hoe meer jongmense die land verlaat, hoe beter, want dan gaan dié wat nie vir hulle geleenthede wou gee nie, besef dat hulle hulle eintlik nodig het. Wie gaan die werk doen en dinge aan die gang hou? En wie gaan belasting betaal om die luies te onderhou?

Johan ·

Meer belangrik is om te kyk na wie die webtuiste ondersteun, en steeds ondersteun ons blankes die Firmas…..LOL
Investec
SASOL
Standard Bank
Netbank
Woolworths
Sanlam
Netcare
Telesure

Jerry ·

Doen maar eerder die hofsaak en kry dit agter die rug, want om die ANC uit n westerse beskouing tot ander insigte te wil dwing is n absolute niksseggende oefening. Die ANC versterk net doodeenvoudig sy “its payback time” diskriminerende aanslag teen Solidariteitslede dmv meer intense regstellende aksie. Solidariteit beskik nie naastenby oor die midele tot die doel nie en het realisties gesproke net die howe na wie hy hom kan wend. Hoe gouer daardie besef begin inskop, hoe beter sal dit vir die werkers eindig! Die dag gaan kom wat die howe ook teen Solidariteit gaan begin draai en dan gaan daar geen beweegruimtes meer oor wees nie. Versoenende optredes teenoor die ANC sou ten minste meer publieke ondersteuning en bedingingsmag gebied het teen diskriminasie. Daardie opsie is egter reeds by die venster uit en nou bly net die howe oor tot wie Solidariteit homself kan wend of eintlik gedwing word om homself na toe te wend! Die ANC is besig om die toue uit te rol en pasop vir die dag wat hulle Solidariteit gaan begin inkatrol!

Onafhanklik ·

Ek dink Solidariteit is heel opgewasse om hierdie saak in die hof te beveg. Miskien kry hulle nie altyd hulle sin nie, maar hulle is soos ‘n kefbrakkie wat die ANC se hakskene sal bly byt en hulle irriteer. Die howe is ook nie bevooroordeeld nie en is ‘n onafhanklike entiteit.

Uhm Nee ·

m.d.r – Ek stem nie 100% saam nie, en die redenasie hier rondom maak ook geensins sin nie. Ek is van mening dat Paddapot nie ‘n vlenter omgee waarheen en of ons enigesin hierdie land verlaat nie – hierdie initiatief maak dit bloot net makliker om blanke mense nie inag hoef te neem nie. In elk geval hoe kan ‘n jong mens SONDER werk of werksgeleentheid sommer net so hul tassies pak en die waters oorsteek? Het jy al bietjie huiswerk gedoen oor die kostes om te emigreer? Ek het…. R100 000.00 minimum, en wat nog erger is, ek is ‘n jong wit mens tussen die ouderdom van 18-34 met ‘n werk, ‘n goed genoeg salaris en self ek kan nie bekostig om hierdie stukkie grond te verlaat nie. As hul wil hê ek moet waai – wil ek dan graag ophou belasting betaal en daai geld gebruik om my vliegtuig kaartjie te koop, ek is mos nie hier welkom nie so hoekom moet my geld wees?

Mekaar ·

Uhm Nee, ek stem ook nie 100% met jou saam nie. Nie alle jongmense sukkel finansieel nie en diê wat wel sukkel, het dalk ouers wat kan help. Dit beteken dan wel dat ‘n mens finansies nodig het, maar ten minste is hier dan al ‘n hele paar jongmense wat in die buiteland kan gaan werk. Die regering sal gou besef dat hulle hulle nodig het. Hoekom vry Zimbabwe dan so graag na die wit boere om terug te keer? Want hulle het hulle nodig. Ons het mekaar nodig.

Vrugte ·

Ek kan nie glo dat die regering kan toekyk hoe blatante rassisme toegepas word nie. Gelykheid is ook net op die Agenda as dit sekere groepe raak, maar as ander groepe benadeel word, dan is dit ok. Daar is al soveel keer gepraat van dubbele standaarde wat in hierdie land toegepas word, maar ongelukkig is dit nou ‘n voorbeeld daarvan. Ek kan nie glo dat Sasol se aandele so baie kan werd wees nie. As Sasol vou, gaan die bevoordeelde werkers inelkgeval niks kry nie. Kom ons kyk maar wat gebeur. Ek hoop Solidariteit kan help om hierdie wa deur die drif te trek. ‘n Pluimpie aan die werkers vir die vreedsame manier hoe hulle hierdie staking hanteer. Dit bewys net weereens hoe goeie opvoeding vrugte kan afwerp.

Jaspaas met sy stil geraas... ·

VIVA ons grondwet Viiiiivaaaa!

….lees gerus artikel 9 van ons grondwet en wat dit spesifiek meld rakende Diskriminasie…

RG ·

Solank ons verdedigend optree sal ons nêrens kom nie. Die Boer/Wittes se sterkpunt as ‘n Minderheidsgroep in SA bly “beweeglikheid”.

Waarom sien ons nie ‘n ware Leier na vore tree wat eerder fokus op ‘n onafhanklike bestaan van een of ander aard vir ons wittes in die land nie. Dis duidelik die ANC wil ons uitsluit. Al ons leiers hou hulle besig met enkele aksies om dit te probeer verhoed. DA is meer in die Hof as iets anders, Solidariteit, Afriforum, VF Plus noem maar op, almal het hul arms in die lug om die dak te probeer stut wat dreig om in te val terwyl die kaders onder hulle neuse rondhardloop en besig is om die land te stroop, letterlik en figuurlik… met ons belasting geld.

Churchill het gesê: “Mens moet baie geduldig wees om langer te wag as ‘n boer.”

Jerry ·

Churchill was reg. Die egte, regte, opregte boer is geduldig, want hy sal weet wanneer dit tyd is. Die boer weet waarvandaan sy hulp kom. Daar is nie haas nie. Die boer het nog te veel om te verloor indien hy nou sou opstaan en dan was dit dalk nie eers nodig nie!

Annie ·

Indien hulle kan “Blacks only” wat keer ons dan om te “Whites only”? Die ooreenkoms was ons beweeg vorentoe in ‘n nie-rassige samelewing. Hulle verbreek daardie ooreenkoms. Ideale geleentheid vir selfbeskikking.

Anoniem ·

Hierdie is net n omgedraaide rassisme. Eers was dit whites only nou is dit black only. De Klerk en sy narre het ons uitgelewer en daar is niks maar niks wat ons kan doen nie tensy ons begin besef dat die witman moet se genoeg is genoeg. Ek is bereid om van julle werk te gee in my onderneming maar op n gelyke basis en dit is persentasie gewys want kyk hoeveel miljoene is hulle in vegelyking met ons want die wit vrouens het die pil gebruik en die mans kondome en so het hulle nie die volk opgebou nie omdat hul besluit het twee of selfs geen kinders is genoeg vir hulle terwyl die res van SA soos n konyn land aangegaan het en nie besef het dat n land kan net soveel mense vat en dan is daar nie plek vir meer nie en dan nie eens gepraat van die instroming van buurlande af nie. Cyril get rid of the infiltrators who where not born in the Rebublic of South Africa then you can start looking to build up a nation the so called rainbow nation but at this moment your rainbow nation are missing a colour and that is the” whiteman” who you are treating as a dog but Cyril do not forget it was the white dog who enriched you. My grandfather always had the saying it is the dog you feeding who will bite your hand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.