Nuuskommentaar: Willemse-voorval los dalk niks op

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Die Willemse-voorval bied nou ná die finale uitslag van ’n ondersoek die geleentheid dat die land die rassismekwessie kan begin verteer, en vorentoe beweeg.

Op Maroela Media is daar die afgelope weke baie moeite gedoen om die sensitiwiteit rondom rassisme vanuit verskillende hoeke aan te spreek. Daar is onder meer gekyk hoe die raskwessie via swart Amerikaners na Suid-Afrika oorspoel, en selfs Fanon is onder die vergrootglas geplaas.

Tog, so lyk dit, is daar net aan die oppervlak gekrap. Wat ’n mens diep aan die hart gryp, kan nie altyd mooi verstaanbaar bekend gemaak word nie. Baie skade is boonop aangerig toe ’n minister van sport die twee wit “beskuldigdes” sonder ’n ondersoek skuldig bevind en gevonnis het.

Willemse het geweier om aan die finale ondersoek deel te neem, en tog met die uitslag foutgevind.

Wat nou?

SuperSport kan nou regstegnies presies reg optree, maar dit is duidelik dat van die rassedrywers dit nie sal aanvaar nie. Niemand kan hartsake in wetgewing vasvang nie, en dit het ook uit Maroela Media se stroom navorsingstukke geblyk.

Die handhawing van die nasionale vredesverdrag het van talle kante onder druk gekom, sodat tereg gevra kan word of dit nog hoegenaamd bestaan, hetsy amptelik of informeel.

Gelukkig weet ons dat leserskommentare nie altyd verteenwoordigend van ’n meerderheid is nie. Vir aanhangers van sekere idees is daar dikwels selfs ’n “skare” wat skielik deelneem wanneer die saak ter sprake kom. Hierdie georkestreerdheid staan dikwels duidelik uit weens gebruik van terminologie wat onderling posgevat het. Intimiderende vitrioel word ruim ingespan. Soos ander publikasies probeer Maroela Media ook voorsorg tref om nie vir afbrekende sake misbruik te word nie.

Tog bied die Willemse-insident die geleentheid om ’n mylpaal te maak staan van waar verantwoordelike mense vorentoe kan beweeg. Akademici wat so gou die pen aan Willemse se kant opgeneem het, sal moet besin oor hul posisionering.

Ook bruin meningsvormers wat so gou ’n historiese apartheidsassosiasie getref het, sal versigtiger moet trap. ’n Mens wil ander nie die reg om te rou oor dit wat gekwets het ontneem nie, maar dan sonder ’n roede vir mense wat geen aandeel in die orkestrasie van die verlede gehad het nie. Almal moet oplossingsgerig optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Linda ·

Ek stem saam wat Herman Toerien hier se. Dit is n baie eerlike en n opregte opinie !!

Paul ·

Ongelukkig het als by die woord kwotas, wat die ANC regering begin instel het die oorsprong. Die regering moet hand in eie boesem steek en besin wat hulle daardeur aan ‘n anderkleurige doen, in hul kop, op alle vlakke. Party aanvaar dit, steek die hand uit en vra net nog, ander wil hulle as gelyke sien, nie as kwotaspeler nie, al is hulle nou deur die kwotastelsel erens langs die pad weer bevoordeel tot daar waar hulle in die nasionale span gekies is en as kwotaspeler beland het.

Ten minste wat sport aan betref sal dit die heel beste wees as met kwotas toetentaal weggedoen word. Sielkundig doen dit niemand goed as jy jou daarteen vasstaar nie.

Willem ·

Ek steun die reenboognasie en goeie verhoudings met alle mense van RSA. Maar betreur dit dat sodra ons nie saamstem die rassekaart uitgepluk word om ons saak te sterk. Nie net versteur ons goeie verhoudings ,maar blankes kan haas geen kommetaar lewer of hul tas iemand se menseregte aan. Die polarisering tussen bruin en swart word gerieflikheidshalwe onder die mat ingevee en behoort ook onder vergrootglas gesit te word om verdraagsaamheid te kweek. Het ons as Suid Afrikaners die begeerte om n reenboog nasie te wees of wil ons maar net op ons eie
mishoop sit?

Paul ·

Terloops, ongeag rassisme, het die ANC ‘n persepsie by baie mense laat posvat, en dit is dat hulle onbevoeg is om te regeer of die regte besluite te neem. Daar is al te veel negatiwiteit gekoppel aan al hul besluite, soos met kwotas. Hoe meer hulle swart probeer bevoordeel, hoe meer skiet hulle hulself in die voet. Ras het nou al so in almal se kop ingeklim, vir die geringste dingetjie moet op die raswa gespring word.

Niks is opgelos nie. Ashwin gaan hof toe en almal wag vir die uitslag wat net nog meer konflik in die hand mag werk. Hier kan nie ‘n wen-wen situasie uit ontstaan nie.

Supersport moes al in 2016 opgetree het.

Mielie ·

Het Multichoice dan nie n griewe prosedure nie, Hulle het beide die twee aanbieders gefaal en ons as publiek onstel oor iets wat hulle kon uitwerk en oplos. Klaarblyklik nie gedoen nie. Daar is krapperigheid in alle werk plekke en ook prosedures en etikette wat gevolg moet word, wat gaan aan by Multichoice?

Wouter ·

Wilemse kon nie eers die rasse kaart speel nie wat nog te se vir n Nasionale span. Sonder om as kwota deel te neem.

Cornelius du Rand ·

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar ‘n meerderheid deur wetgewing klaarblyklik teen ‘n minderheid beskerm moet word. Dit is logies dat sulke wetgewing vêr van die werklikheid verwyder is en gebasseer is op leuens. Kyk na al die ” incentives” van Multichoice soos die besighede wat hulle produk mag verkoop en bemark. Sovêr my kennis strek het dit nog nooit enige witmens bevoordeel nie en is altyd net beskikbaar vir “mense van kleur”. Hierdie is weereens ‘n sprekende voorbeeld van ‘n gekleurde persoon wat sy onvermoë of versuim after sy ras wil wegsteek terwyl ras niks met die feite te doen het nie.

Hettie ·

Wat ook die uitslag van enige saak wat ondersoek word sal dit gesleep word van hof na hof todat die uitslag die wit persoon betrokke skuldig bevind !

Jan ·

Jammer dat dit nou in die hof gaan opeindig, Willemse vs Supersport. En waar gaan die land staan, wat ras aan betref, as die hof hom nie gelyk gee nie? Gaan dit ons nader aan mekaar bring of net verder verwyder? Genadiglik gaan dit Willemse teen Supersport wees, en nie hy teen Mallet nie.

Alida ·

Daar moes nooit van kleur gepraat word nie. KIES DIE BESTE SPELER ONGEAG KLEUR. Wat verstaan hulle nie?

Botterblom ·

Ek kan met baie saamstem.. Ek kan intelegente kommentaar lewer… Ek kan afbrekend en beledigend raak… Ek kan myself in die “joh sy is cool”, “limelight” sit en teen my mede afrikaanse mense draai… Ek is nie n rassis nie.. Ek haat geweld en onregverdigheid… Maar eerlik ek weet werklik nie of enige antwoord of mening enige verskil gaan maak nie… My hart bid… My brein voos… Die eenkant stook mense kole op n atoombom… Aan die anderkant kom die mense met die wyste en waarste woorde… Soooo wat nou?? Gaan al die kommentaar van 1994 af tot nou n verskil maak… Al die hofsake.. Gaan dit moorde stop en mense se harte(welke kant jy ook al is) verander? Wie van julle het werklik n oplossing… Behalwe op ons knieë en nou vra ek na al die gebedsaamtrekke ens. Wie bid werklik elke dag en indien jy bid hoeveel tyd spandeer jy en is jy alleen in jou binnekamer met smeking en gebed… Gee iemand vir my n werklike antwoord anders is dit maar net n emosionel oorlog vol wind…

Wessel ·

Wat verwag mens in ‘n multikulturele land as die inwoners so deur ‘n regering ras-gedryf word, dat jy vir die blankes een stel reëls het en vir swart mense ‘n ander stel, van laerskool af word swart mense se eksamenpunte gemanipuleer, verskillende standaarde geld, kwotas word op alle gebiede in sport en werkplek ingestel. Dit gee vir die swart mens die heel tyd ‘n gevoel van minderwaardigheid. Of as jy wil, die blanke persoon kan dit as ‘n swakheid van die swart mense sien.

Woorde soos uitkomste en uitdagings word dikwels in die proses gebruik. Kyk selfs na die uitsprake van nie-ewehandigheid in howe, geen wonder die land sit in ‘n ras gemors nie. En met elke regulasie om dit gedwonge te probeer reguleer, sit die regering hul voet al dieper daarin.

Geskiedenisboeke moet nou selfs herskryf word soos op Maroela berig.

Swart en wit in SA was nog nooit so gepolariseerd soos nou nie en dit raak net al erger.

Fanie ·

Die enigste person wat rasisties was is , Willemse.
Ek hoop nie hy gaan daarmee weg kom nie !

Casper Labuschagne ·

Ek luister toevallig vandag weer na Willemse se beswaar voordat hy uitgestap het. Volgens Willemse speel hy al lankal hierdie spel en vir ‘n lang tyd was hy die etiket as kwotaspeler gehad, maar het hard gewerk om sy eie respek in hierdie spel te verkry. So hy gaan nie beskunstig wees (patronised) teenoor twee individue wat in die Apartheid era gespeel het en wil kom ondermyn nie.

En dit is presies waaroor dit gaan, sonder om iets te doen is Naas Botha en Nick Mallett skuldig, want hulle is wit en het tydens Apartheid gespeel, en daar kan geen moontlike verweer vir hulle bestaan nie.

Dieselfde dinamika speel deesdae in die werkplek af waar die boodskap toenemend word dat wittes nie welkom is nie.

Hoe kan jy jouself verdedig, of ‘n gunstige klimaat skep as jy uit die staanspoor beide beskuldig asook veroordeel is en daarom is die oordeel oor jou gevel.

Nico ·

Ek wonder maar net toe Willems teen die grond was, en n man van n ander ras hom gehelp het toe aanvaarbaar was vir hom .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.