Nuuskommentaar: Wit mense met gestremdhede jongste slagoffer van bisarre grondwetlike vertolking

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) gaan tot die weglating van wit mense met gestremdhede uit die Wet op Gelyke Indiensneming se definisie van die aangewese groep lei. Dit beteken dat maatskappye wat ‘n swart persoon aanstel wat op geen manier tevore diskriminasie ervaar het nie, punte op die swartbemagtigingstelkaart kry, maar maatskappye wat wit mense met gestremdhede aanstel, geen punte op die telkaart verwerf nie. Uit ‘n ontleding van die grondwet, is dit duidelik dat die regering se motiewe eerder in rasbenepenheid as in ‘n strewe na grondwetlikheid gesetel is. Daar is ook ‘n duur prys te betaal daaraan om mense met gestremdhede aan verdere diskriminasie te onderwerp. Nie alleen word dié mense dan ook toelaag-afhanklikes nie, sommige soorte gestremdhede neem dramaties toe.

In 1991 was ses uit 10 000 geboortes outisties. In 2009 was dit na raming reeds min of meer 100 per 10 000 en volgens die jongste syfers het dit sedertdien verder toegeneem. Soos met Vigs en klimaatverandering is daar op hierdie terrein ook ontkenners, maar die werklikheid gaan die belastingbetalers tref wanneer die skerp toename binnekort die 18-jarige ouderdom en aanspraak op ongeskiktheidstoelases begin tref. Dit is in die land se belang dat so veel as moontlik mense met gestremdhede geleentheid kry om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Nie almal sal selfstandig, of selfstandig genoeg kan wees nie, maar daar is baie voorbeelde van ongelooflike prestasies deur mense met gestremdhede. Mits hulle die geleentheid gebied word.

Minder geleenthede beteken ongelukkig ook ‘n kringloop, soos mense wat hul gestremde kinders in agterplase wegsteek eerder as om hulle na spesialisskole elders weg te stuur. Bekostigbaarheid speel dikwels ‘n groot rol. Help eerder, soos Solidariteit se Helpende Hand, klippe uit die pad, as in die pad te rol.

Klik hier vir die volledige artikel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.