Nuuskommentaar: Witvoetjie-soekers, lakeie en staatskaping

Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Op die oog af is pres. Cyril Ramaphosa nie so omring van lakeie soos oudpres. Jacob Zuma nie. Zuma se lakeie, of eerder dié wat witvoetjie soek, loods egter nog aanval op aanval op Ramaphosa, terwyl daar steeds wolke hiervan by onder meer munisipaliteite en semi-staatsinstellings voorkom. Hoe sterk gaan hulle die staatskaping-ondersoek kan ondermyn?

Uiteindelik is ons met die staatskaping-sage waar stellig die meeste Suid-Afrikaners wil wees. Baie sou stellig heelwat verder wou wees, maar die mense wat by die staatskaping betrokke was, het berge voorsorg getref.

Gister, op die eerste dag van die regterlike ondersoek, het ’n analis opgemerk dat nog nie ’n enkele persoon wat geïmpliseer word, met die sak patats vorendag gekom en die lug in hul eie belang probeer suiwer nie. Dis eerder ’n blaamverplasing dat dit ’n naarheid is.

Sommer op die eerste dag het die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sy teleurstelling uitgespreek dat so min mense positief op sy uitnodiging gereageer het om nuwe en bykomende inligting te verskaf.

Intussen het die Guptas se regspan sommer op die eerste dag met vertragingstaktiek begin, en klaarblyklik in die proses netjies uit Zuma en sy lakeie se regshandleiding geneem. Gelukkig is daar oorgenoeg ander aspekte waar die kommissie solank kan begin loer.

Maar is “lakeie” die regte woord? Dié woord is die afgelope Sondag in die RSG-program Kommentaar deur die joernalis Riana de Lange ingespan om oudpres. Jacob Zuma se meelopers of trawante mee te beskryf. In hierdie konteks is “lakei” geen eerbare beskrywing nie en hou dit taalkundig (via Nederlands) verband met bediende, bode of kneg, en selfs met lafaard.

Die Kwêvoël skryf op 5 Augustus verlede jaar die volgende waaruit eiebelang harder as staatsbelang roep: “Hiermee gee die ANC die eerste duidelike tree, vir die beskaafde wêreld om te sien, terug in Donker Afrika in om saam met die ander swart regerings van hierdie kontinent te verval in anargie, armoede, hongersnood, heksery, boendoe-howe en intimidasie deur geweld deur die leiers en hulle uitverkore lakeie.”

Die Amerikaanse joernalis Michelle Malkin het onlangs in ’n artikel dalk ’n effe beter woord opgediep: “gadflies”. Dit is ’n ander naam vir “horse flies” en almal weet waar perdevlieë hou. (Die Amerikaners het nog verskeie woorde wat verwring uit die Nederlandse dae van New Amsterdam en nou New York dateer, soos “coal slaw”, “aardwolf” en selfs “dollar” [rijksdaalder].) “Gadflies” is egter volgens Wikipedia afgelei van die woord “gad” wat “skerp speek” beteken.

Kortom is g*tvlieg eintlik die mees beskrywende woord wat vir hierdie soort “lakei” gebruik kan word.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Afhangende van die spesie kan hulle tot 25 mm groot word. Mannetjies vreet slegs plantaardige materiaal, terwyl die wyfies met sterker monddele die diere kan teister.

Zuma moes waarskynlik die kampioen van die inspan van g*tvlieë gewees het. Hulle het van die kabinet gekom, die SAID, NVG, semi-staatsinstellings en bisarre vriendskappe.

Dit lyk inderdaad of ’n deel van Zuma se lakeie met ’n veldtog besig is om van Ramaphosa as president ontslae te raak. Of Ramaphosa se taktiek om tweede lewens aan ’n deel van die premierliga en verskeie kabinetslede te gun, suksesvol gaan wees, sal die tyd leer.

’n Ipsos-peiling het byvoorbeeld baie onlangs bevind dat die meeste respondente meen Ramaphosa vaar beter as Zuma (ook toe Ramaphosa nog adjunk-president was) maar meen dat hy net strenger moet wees.

Hoewel Ramaphosa (nog) nie die beeld van ’n vliegdraende perd het as Zuma nie, is daar op haas elke ander vlak ’n oorvloed g*tvlieë. Neem byvoorbeeld die horde “politieke adviseurs” waaroor die Mangaung-metro beskik. Het regstellende aksie nie dalk meer van ’n g*tvlieg-situasie afgegee as bemagtiging nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

Beter gestel kan die nie. So is hulle self daarvoor verantwoordelik vir die persepsie wat ander van hulle het, hulle het self daardie etiket om hul nek gehang.

Louis le Roux ·

Geen krimineel sal self gaan getuig nie. Die hele lot moet gedagvaar wird om te getuig anders gaan hierdie ondersoek ook op niks uitloop nie.

Bernie ·

Mens moet maar versigtig wees om in die omgewing van “gadflies” die lug te snuif.

Francois vRvO ·

Die ANC se leuse onder aan sy wapen word vertaal as ‘in gaos regeer” , dus meesters in gaos.
Die gaos veroorsaak dat die gemidelde stemvee nie die bome van die woud kan ondersky nie. Hulle be-arbei hulle vir die armes , maar maak ook seker die stemvee arm bly.
Ons word gevange gehou deur afkop hoenders , maar die gespartel en gespring is te vermaaklik.
Ek wonder waar sou ons vandag gewees het as daar nie media was om ons te vermaak nie. Die politikuste kry gans en al te veel lugtyd en dit veroorsaak dat ons nie van die gemors semuur kan ontslae raak van nie.
Kriminele se systapies word bewonder en kweek ‘n geslag van super kriminele.
Dalk moet die media geblameer word vir ons verval in anargie.

Joe Hall ·

Soms wonder ek of al ons Afrikaners bevoorreg is/was, om in die skoonste taal onderrig te ontvang.

Fanus ·

CR gaan nie ‘n verbetering wees nie, die staatskapingondersoek gaan geen probleme oplos nie, als gaan net verder afspiraal. Selfbeskikking is al uitweg om die verval te keer.

Willie ·

Op die aanvanklikke foto kon ek nie die twee van mekaar uitken nie…

Paul ·

Dit lyk my die twee het die Lotto gewen sonder om ‘n kaartjie te koop. Was ék maar so gelukkig. En die kans is ….. 0,000%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.