Nuuskommentaar: Woede vir Guptas oor “staatskaping op steroïde”

 

Gupta

Pres. Zuma (foto: Flickr/GovernmentZA- en die drie Gupta-broers (foto’s: who’s Who).

Die gevoel was lankal teenwoordig dat die woede vanuit ’n deel van die ANC-geledere teenoor die Guptas se beweerde staatskaping te wyte is daaraan dat hulle Indiërs vanuit Indië is. Dit sou egter vreeslik politiek-inkorrek wees om dit uit te spel.

Nou is dit met ’n omhaal van woorde deur dr. Blade Nzimande uitgespel. Nzimande is die leier van die SAKP en ook die minister van hoër onderwys.

Oor ’n lang tyd is daaraan gewerk om geleenthede vir swart mense te gee om uit te styg, en dit het selfs deel van transformasiedoelwitte geword wat beteken dat wettiglik teen blankes gediskrimineer kon word om swart mense die kans te gee om uiteindelik mediese spesialiste, ouditeure, regters en vele meer te word.

Wat die wit mens kan doen, kan die swart mens ook doen – en dalk nog beter – was ’n gevoel wat al sterker onder ’n segment van die swart bevolking posgevat het, en tot ’n soort rasgebaseerde elitisme gelei het.

En toe kom ’n Indiese familie hier aan, en nie lank nie, of hulle kaap die staat onder die swart mense se neuse uit, en steel volgens oudministers Derek Hanekom, Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas ’n enorme bedrag uit die ekonomie. Syfers van tussen R90 miljard en meer as ’n R100 miljard is genoem. (Die SAKP-leier, dr. Blade Nzimande, het by geleentheid na die omvang hiervan as “staatskaping op steroïde” verwys.) Hanekom het verduidelik ’n miljoen HOP-huise kon daarmee gebou gewees het, en dit kon onderdak aan sowat 5 miljoen mense gebied het.

Die sogenaamde Gupta-Leaks bring feitlik daagliks nog ernstige getuienis na vore, en plek-plek is al verbintenisse met die sogenaamde “Panama Papers” bemerk. Vandag onthul Daily Maverick hoe die Inkomstediens se ondersoek na die Guptas se power bydrae tot die staatskas, nek omgedraai is. In nog ’n artikel skryf Richard Poplak oor Duduzane Zuma se fel aanval op Pravin Gordhan, en skryf dan dis duidelik dat die “asshole”-geen in die Zuma-geval nie ’n geslag oorgeslaan het nie.

Dit kon nie sonder die medewete van minstens ’n hele aantal van die slim swart mense gedoen gewees het nie. Vytjie Mentor, Jonas en ander vertel hoe hulle met beloftes van ministerskappe en groot bedrae geld aanbiedinge by die Guptas gekry het om in wese deel van die staatskaping te word. Die Guptas ontken dit uiteraard.

Vreemd genoeg het die uitdrukking “clever blacks” juis in hierdie tyd ontstaan. Dit was ’n skeldnaam vir swart mense, duidelik intellektueel goed toegerus, wat fout vind met die wyse waarop die land in trurat bestuur word. Vandag word dit dikwels vertolk as goed opgeleide stedelike swart mense wat nie meer blindelings die ANC steun nie. Dis eintlik ’n nuwe, of bykomende, slegsêery vir die ou sogenaamde “coconuts” – daardie swart mense wat “van buite” swart is, maar van binne “wit” sou wees, en eintlik blanke belange sou dien.

Die konsep “clever blacks” het skynbaar sy ontstaan in 2012 gehad toe Zuma die Huis vir Tradisionele Leiers toegespreek het, en erg van sy geskrewe toespraak afgewyk het: “Zuma also slammed black people ‘who become too clever’, saying ‘they become the most eloquent in criticising themselves about their own traditions and everything’.”

Hierna is die term “clever blacks” gereeld gebruik om Zuma mee aan te val, en die DA het selfs gevra dat die “clever blacks” vir hulle “gegee” word sodat hulle korrupsie kan stop. Swart analiste het ook gemeen die term het teruggekeer om by Zuma te kom spook.

Ongeag of ’n mens nou graag ’n “clever black” wil wees, of dit as ’n skeldnaam beskou, dit het net nie goed afgegaan toe dit aan die lig gekom het dat ’n familie van Indiërs die staat gekaap het, en tot watter mate nie.

Nzimande se aanval op die Guptas is nie nuut nie. Vir meer as ’n jaar lank spoel hy reeds sy mond skerp uit oor dié familie, en om hulle “toksies” te noem het al deel van sy “handelsmerk” geword. Hulle is ook al “parasiete” genoem. Mettertyd het Nzimande se kritiek al meer vir Zuma betrek, soveel so dat Zuma verbied is om enige SAKP-geleentheid toe te spreek.

Natuurlik doen die Guptas iets aan die saak, soos om hul mediabelange aan ’n swart persoon te “verkoop”. So word verseker dat hul beeld deur “ingekoopte” swart mense bevorder sal word.

En die land het regtig nie rasspeletjies nodig nie. Die Vryheidsfront Plus het juis gister in ’n verklaring gemaan oor dubbele (ras-)standaarde in die regspraak.

“Die Vryheidsfront Plus verwerp enige vorm van rassisme. Wat egter kommerwekkend is, is dat die strafregstelsel tans in sommige gevalle met dubbele standaarde toegepas word wat rassisme skep en bevorder.

“Deel van die strafregstelsel is die uitvoering van inhegtenisnemings deur die polisie. Indien die bekende KFC-geval, waar vyf wit beskuldigdes in hegtenis geneem is en waar daar op niemand geskiet is nie, vergelyk word met die Van Staden-geval waar ʼn swart beskuldigde ʼn wit vrou geskiet het, maar nie in hegtenis geneem is nie, skep dit dubbele standaarde en is dit rassisme. In die KFC-geval sit van die mans nou al drie weke agter tralies weens die verpligte proses om by die hof borgtog te kry. In die Van Staden-geval was die beskuldigde nie een dag agter tralies nie en is hy sonder borgtog op vrye voet. Dit is dubbele standaarde,” aldus dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“In terme van regspraak word die beskuldigdes in die doodskis-saak skuldig bevind aan poging tot moord. Dat hulle ʼn verfoeilike daad gepleeg het stem almal mee saam, maar om te bevind dat – sou hulle voortgegaan het – kon die slagoffer vermoor gewees het, laat baie vrae ontstaan. Penny Sparrow word weens haar uitspraak wat swart mense met bobbejane vergelyk – wat die Vryheidsfront Plus ook sterk veroordeel en verwerp – swaar beboet, maar Velaphi Khumalo wat sê wit mense moet uitgemoor word soos Hitler met die Jode gedoen het, word net oor die vingers getik. Dit is dubbele standaarde.

“Daar is baie ander voorbeelde van hierdie dubbele standaarde wat die Vryheidsfront Plus ten sterkste veroordeel. Rassisme word gepleeg deur swart én wit en moet sterk veroordeel word in albei gevalle. Die grondwet bepaal dat almal gelyk is voor die reg, maar dit moet ook in die praktyk toegepas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Baie goed gese . Ek wonder maar net hoekom dit die heeltyd toegelaat word…..

Albaster ·

Is daar nie internasionale organisasies waar ons regering vir hierdie dubbele standaarde aangekla kan word nie?

pieter ·

ALMAL BESKULBIG DIE GUPTAS OF ZUMA MAAR DIE PUNT IS RAAK VAN DIE ANC ONTSLAE EN DIE BOOM SAL VREK VAN DIE WORTELS AF. DIS PUNT NO1 NO2 IS HOE KRY EK MY NAAM VAN DA SE KIESERSLYS AF.

Ekke ·

Hoekom wil jy jou naam van die kieserslys afhaal? Bly net van die stembus af weg as jy dan wil. So maklik soos dit.

adriana ·

Kry die klomp Guptas uit die land uit – hulle hoort nie hier nie. Hulle gaan nog groter probleme veroorsaak. Hulle het ‘n diep vrot in hulle wat nooit genees sal kan word nie.

Ada ·

Ek dink wat Pieter bedoel is dat hy dit baie duidelik vir die DA wil maak dat hy hulle nie meer steun nie. Hulle het sulke oproepe nodig. Ons almal moet dit doen sodat hulle kan sien hulle steun het getaan. Dit is nou vir die mense wat hulle nie meer vir hulle gaan stem nie. – Ek is een van hulle,

Eish ·

Ek kry die gevoel dat hul n ernstige daling in die blanke kieserskorps gaan ervaar. Daar sal die gevryery na die blanke stem wees sodra die verkiesingsalvo’s afgevuur word. Mag ons dan hierdie tyd van swye onthou.

humor ·

Anette maak n voorstel wat V F moet doen. Om vir enige iets te beding moet hy deur n massa gerugsteun word. Staan jy agter die V F?

Adam ·

Dit is eintlik eenvoudig Alida. Vele blankes is verkeerdelik onder die indruk dat die DA ‘n blanke party is, iets wat gewoon onmoontlik is vanwee die bevolkingsamestelling. Die VF+ is ‘n blanke party en hulle is polities impotent vanwee te klein getalle, weliswaar ten spyte van die feit dat hulle goeie werk doen. Om die DA, of enige opposisie party, gedurig aan te val is bloot dom. Daar is ‘n gemeenskaplike politieke “vyand”by name die ANC.

Pokkel ·

Die foto’s is AJ, AJ, Zuma en Atul.
Geen foto van Rahesh?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.