Nuuskommentaar: Word Caster-glorie ’n tragedie?

Caster Semenya Foto: Google Olympics

Caster Semenya Foto: Google Olympics

Caster Semenya het vir Suid-Afrika goue glorie by die Olimpiese Spele gebring. Veel gewag word gemaak oor die vrou wat uit erge armoede kon uitstyg en haar land met trots verteenwoordig. Dat die arbitrasiehof vir sport in Junie verlede jaar die IAAF gelas het om te toon dat hoë testosteroonvlakke by vroue-atlete aan hulle ’n voorsprong bo ander vroueatlete gee, is nie nou gewilde leesstof nie, en die IAAF-president, Sebastian Cole, word gestriem omdat hy die kwessie – ook onder groot druk van ander vroueatlete – wil laat opklaar. Suid-Afrika moet Caster in die moeilike tyd wat voorlê, ondersteun, maar die styl waarvolgens dit gedoen word, moenie vir die wêreld die indruk van ’n middelvinger vir reg en geregtigheid gee nie.

Terwyl Suid-Afrikaners, ook aangevoer deur die media en die politici, baai in die glorie van Caster Semenya se goue medalje in die Olimpiese Spele se 800 m vir vroue, pak wolke saam wat geen pratery gaan wegpraat nie.

Uit respek vir Caster se privaatheid word min in Suid-Afrika berig oor die mediese redes wat haar deelname en prestasies in soveel kontroversie plaas. Danksy die gemak waarmee oorsese mediaberigte via die internet hier gelees kan word, en per e-pos en die sosiale media hier versprei kan word, is die mees intieme aspek van haar biologiese samestelling egter nie meer ’n geheim nie.

Nog voor die wedloop het Guy Walters in die Daily Mail omvattend geskryf hieroor. Aan die wortel van die probleem is dat Caster se manlike hormoonvlak, waaronder testosteroon, weens ’n toestand bekend as “interseks”, ongeveer drie keer so hoog is as by vroue, en byna net so hoog as by mans.

The Guardian (na afloop van die wedloop) berig ook oor wat nou voorlê. In 2011 het die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) juis in reaksie op Caster se prestasies, regulasies uitgevaardig wat vroue met te hoë vlakke van testosteroon gedwing het om middels te gebruik om dié vlakke na normaal af te bring. Caster het hierby ingeval, en haar prestasies het verswak. ’n Indiese naelloopster in dieselfde posisie as Caster, Dutee Chand, het met die bystand van haar regering die arbitrasiehof vir sport genader. Die IAAF se reëls is in die uitspraak van Junie verlede jaar geskrap omdat daar nie genoeg bewyse was dat testosteroon aan vroueatlete ’n voorsprong bo ander vroue gee nie. Caster het na berig word opgehou om die middels te gebruik en haar prestasies het begin verbeter.

Sebastian Coe, president van die IAAF, het vroeg gedurende die huidige Olimpiese Spele aangedui dat dié liggaam teen daardie bevinding gaan appelleer. Hy is uit talle oorde, veral uit Suid-Afrika, verguis hieroor. Wat sy kritici egter verswyg, is dat die arbitrasiehof die IAAF gelas het om binne twee jaar met die bewyse vir onregmatige bevoordeling na vore te kom.

Intussen kon die atleet wat die hele proses aan die gang gesit het, Chand, self nie hond haaraf in die naellope maak nie, en het nog voor die eindronde uitgeval. Die IAAF se kommer is egter meer op die middel- en langafstande gefokus.

Kortom, ongeag hoe Caster se glorie in Suid-Afrika besing word, en hoe haar persoonlike en menseregte beskerm word, daar was reeds ’n regsproses aan die loop wat die triomf in ’n tragedie kan verander.

Teen vanoggend was daar bykans 100 000 trefslae op Google oor Caster en “intersex”, meestal in buitelandse koerante, en om nie kennis hiervan te neem nie is om volstruispolitiek te speel. Anders as die twee artikels vroeër in hierdie nuuskommentaar vermeld, ontbreek die sensitiwiteit vir Caster as persoon in ’n groot deel van die stortvloed nuwe berigte. Heelwat aandag word gegee aan ontevredenheid in die geledere van vroue-atletiek oor die “onregverdige” voorsprong wat Caster sou hê.

Vele morele vrae duik ook op. Sou die huidige posisie gehandhaaf word; wat verhinder ander vroueatlete om hul testosteroonvlakke met hulpmiddels so hoog soos Caster s’n op te jaag? Dit word tans streng verbied.

Daar is ook reeds vrae oor die feit dat die eerste drie vroue in Caster se wedloop almal uit Afrika kom. Atlete wat nié onder die eerste drie gekom het nie, word byvoorbeeld reeds deur ander atlete met onder meer hul “derde” en “tweede” plekke gelukgewens. Die IAAF kan nie die onvrede wat Caster se oorwinning veroorsaak het, ignoreer nie.

Die meer simpatieke berigte maak heelwat gewag daarvan dat Caster so gebore is, en self niks gedoen het om dit in die hand te werk nie. Daar word op gewys dat Caster ná bitter beproewing en die mees intieme ingrepe op haar privaatheid, nou rustigheid in haar persoonlike lewe ervaar en ook rustigheid in haar huwelik met ’n vrou het.

Tog moet Suid-Afrika daarteen waak, veral weens die regering se rol hierin, dat die eendragtige laertrekkery agter Caster, en die uitdagende houding teen die IAAF, nie as ’n middelvinger vir regverdigheid en sportmangees ervaar word nie.

Daar word steeds in rubrieke met kommer verwys en in besprekingsprogramme gewys op die “skeut van rassisme” wat uit Wayde van Niekerk se goue medalje en nuwe wêreldrekord gespruit het. Dit het skynbaar veral betrekking op mense van die Kaapse Vlakte wat Wayde as een van hul mense en ’n rolmodel opneem. Die teenvraag aan die kritici hiervan is of die regering dan nie gereeld breëbors spog oor die prestasies van swart sportlui nie, en dan boonop in die proses bruin mense by hierdie swart uitsluit?

En was die regeringspolitici se reaksie op Wayde se weergalose prestasie nie tot dusver maar louerig in vergelyking met die vreugdevure wat vir Caster aangesteek is nie?

Dit is so jammer dat daar reeds ’n wolkie oor die vreugdevure van ’n persoon wat uit uiters arm omstandighede kon uitstyg en presteer, getrek het. Dit gaan deernis en goeie balans kos om die komende regsproses in almal, ook die land, se beste belang te bestuur.

In die jongste verlede is al verskeie kere gesien dat die ANC-regering sy vrypas tot die wêreld se liefling verslons het en eintlik onder pres. Jacob Zuma se leiding dikwels internasionaal bespotlik staan. Caster verdien nie om deur ’n gediskrediteerde regering lomp misbruik te word nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Columbiana ·

Herman Toerien jammer maar die wêreld verdien die middel vinger in hierdie geval. Caster is inderdaad so geskape en sy het niks gedoen om haarself te bevoordeel nie. Ek verstaan nie wat jy regtig met die artikel wil se nie? Moet ons dan nou nie laer trek om een van ons eie nie. Asseblief die vrouens wat deel geneem het kan gaan kers opsteek by Semenya oor sportsmanship. Sy het haarself met waardigheid en ware sportsmanship gedra en dieselfde kan defnitief nie gese word van haar mede atlete. Veral daai een wat so gegrens omdat sy 6de gekom het praat van swak sportsmanship sy het nie eers Semenya se hand geskud nie.
Wat onregverdig sal wees is om mense soos Caster wat so geskape is uit te sluit omdat die sogenaamde mense bedreig voel. Ag nee wat wêreld kry vir julle inderdaad die middel vinger. Acceptance en tolerance asb

DewaldS ·

Ek dink Herman Toerien probeer maar net sê dat dit ‘n saak is wat wetenskaplik (maar natuurlik met empatie) benader moet word en ook inderdaad so benader gaan word – of ons daarvan hou of nie. Die wetenskaplike antwoorde sal uiteindelik deurslaggewend wees.

Herman Toerien ·

@Columbiana. Omdat ek self die afgelope jaar, en die volgende jaar nog, hormoonbehandeling vir kanker kry, is ek traag om weens my eie subjektiwiteit hieroor te skryf. Ek vertrou dat iemand wat wel die skakels volg wat in die rubriek voorsien is sal lees en jou dat sal antwoord oor die onduidelikhede wat jy beleef.

Leatitia ·

Absoluut in ooreenstemming! Caster het elke deelnemer se hand geskud, haar gedrag was onberispelik. Sy LYK 100% meer vroulik as die atlete wat 2e en 3e gekom het. MIDDELVINGER wêreld, sies vir julle. Ryan Lochte het Rio2016 se beeld verniel en Caster het daarentee haar Olimpiese glorie dubbel en dwars verdien.

Loeis ·

Niemand het gese daar is enigiets fout met Caster se sportmanskap nie, Columbiana.

Die vraag is of Caster deur haar ongewone testostoroonvlakke bevoordeel word – en duidelik is hare ongewoon. As sy daarmee gebore is, het sy nie reels oortree nie, maar dit laat mens onwillekeurig dink aan so paar jaar gelede toe sy ‘n dokter moes besoek of vas te stel of Caster se anatomie wel vroulik is. Daarna is gese dat die verhouding tussen dokter en pasient vertroulik is, en die verslag is nie bekend gemaak nie. Dit laat mens wonder ne? Daar is immers ‘n afdeling vir vroue, en een vir mans, en dit het niks te doen met jou idee van laertrek nie.

Niemand ontken dat hierdie publisiteit ‘n ernstige aantassing van Caster se privaatheid is nie, ander atlete voel dalk net dat Caster ‘n onregverdige voordeel het, ingebore of nie, en Herman se artikel is een van die meer geballanseerdes wat ek al gelees het.

James ·

“So geskape”… So amal wat dan “geskape” is moet dan deelneem in een groep wat mans en vroue insluit.

BREEDT ·

Ek voel jammer vir Caster maar die feite is dat sy 3 keer meer testo in haar het is die normalle vroue en dis onregverdig.Dan moed die wet se dat alle vroue mag testos gebruik so veel as hulle wil. Tweedens waaroor die ander goed gaan soos die vroulikke delle is nog n vraag stuk en waar die manlikke delle ten volle daar is ???Dis n moelikke tyd waar sy haar self in is.Sy het nie haar self geskappe nie. Ek hoop dit word gou op gelos en dat almaal dit kan aanvaar.STERKTE CASTER

Bloues ·

Columbiana. Die hele sage rondom Caster is baie uiteenlopend. Dit is egter so dat oor die algemeen mans, weens redes, sterker is as vrouens. Daarom is daar aparte items vir elk. Sou n vrou bevoordeel word deur vlakke van manlike hormoon, is dit mos nie reg dat sy teen vrouens deelneem nie. Jip jys reg dit is nie haar skuld nie, dit bly egter onregverdig. Dit is hoe ek dit sien.

Kiepie ·

Bloues, is dit nie juis ons ginetiese diversifiteit wat maak dat sommige mense beter presteer in sekere items as ander mense nie. As alle vroue presies dieselfde hormoonvlakke moet hê kan ek mos redeneer dat almal ook presies dieselfde longkapasiteit en spiersamestelling en rooibloedseltelling ens moet hê. Hoekom sê ons dan nie sommer almal wat vinniger as ‘n sekere tyd hardloop of verder as ‘n sekere afstand gooi mag nie toegelaat word om deel te neem nie omdat dit nie “normaal” vir vir ‘n gewone mens om so te presteer nie. Elke nou en dan gee die natuur vir ons ‘n uitsonderlike individu en dit is juis waarom hierdie mense so prestasies vir ons merkaardig is. Hulle is nie “normaal” nie maar solank hulle natuurlik is kan ek nie sien wat fout is daarmee nie.

Nic ·

Kiepie, jou punt oor genetiese diversiteit is waar maar – twee jong boksers is as seuns dieselfde groot gemaak, op twintig weeg die een 90kg en die ander 65kg (geneties divers?)… testosteroon vlakke en gewig/liggaamsbou is tog geneties bepaal?

Sum ·

‘middelvinger’- jinne maar vandag se liberale sg afrikaner of eerder suid-afrikaner en hul media is platvloers. Kan net my kop skud…

Kobus ·

100 % Herman. Dat dit ongelukkig die realiteit is, soos jy dit beskryf het, is so, ook dat die aangeleentheid omsigtig en met empatie hanteer moet word. As dit nie aandag kry nie, gaan ander deelnemers voel hulle moet iets aan hul eie testosteroon vlakke doen om kompiterend te wees. Die speelveld moet gelyk wees. Die regering gaan verseker die IAAF die vark in die verhaal maak en dit gaan nie Caster help nie.

SkarrelKind ·

DewaldS, ek stem saam met jou. Ek is baie trots op Caster, en ek verstaan sy is so geskape maar as dit haar ‘n reuse voorsprong gee (soos dit wel ongelukkig lyk want sy wen ‘n 800m sonder inspanning), dan is dit mos nou totaal onregeverdig teenoor ander dames. Ek hoop die wetenskaplikes kom vorendag met ‘n regevrdige toets/formule om dit te bepaal.

Bloues ·

Dankie Herman vir n goeie artikel. Soos gewoontlik baie puik.

Kiepie ·

Ek herhaal wat ek in ‘n vorige plasing gesê het, daar is ‘n onlangse artiekel in die tydskrif Pose Tech verwys daarna dat Usain Bolt die langste tree gee (2.44m) van enige atleet in die geskiedenis en dat dit die rede is waarom hy vinniger is as bv. Justin Gatlin is wat dieselfde frikwensie (treë per sekond nl. 4.1) as Bolt het. Studies het ook al bewys dat die Keniane wat die langafstande oorheers almal van dieselfde bergagtige area in Oos Afrika kom en dat hulle longe daarom gineties aangepas is om suurstof meer effektief in hul bloed op te neem as “gewone” mense s’n. Net so is gevind dat die Wes Afrikane (Nigerië ens) waar die Jamaikane en Amerikaanse slawe oorspronklik vandaan gekom het se femurs as ‘n norm langer is in verhouding tot die res van hul liggaame as enige ander streek in die wêreld en dat dit bydra tot hulle spoed. Moet ons dan nie ook redeneer dat hierdie mense ‘n onregverdige voordeel het bo ander atlete en dat hulle dus nie mag deelneem nie. Die sportveld is ongelukkig nie gelyk nie en party mense is geneties net beter toegerus om uitsonderlik te presteer en solank dit natuurlik is en nie kunsmatig bekom is nie is dit ook juis die rede waarom die res van ons hulle bewonder.

antonet ·

Kiepie kan jy asb jou hele verduideliking op fb se comments plaas? Uitstekende redenasie, beter kan dit nie gestel word nie!

Herman ·

Behalwe dat dit nie oor genetika of testosteroon gaan nie maar oor geslag. Is dit regverdig dat ‘n persoon wat tweeslagtig is teen ‘n persoon wat eenslagtig is gemeet word?

Marius ·

En tog kon Caster nog nooit naby die wêreld rekord, wat sedert 1983 staan kom nie. Ek dink sy verdien die medal he.

Herman ·

Ek het ook nooit naby daardie rekord tye uitgekom nie. Kan ek ook maar ‘n medalje kry?

Therese van Schalkwyk ·

Die IAAF se Sebastian Coe is heeltemal reg dat hierdie netelige kwessie behoorlik uitgeklaar en opgelos moet word.

Soos met die Russiese opkikker-skandaal word daar met alle sake egter gesloer en gewik en geweeg met geen doelgerigte besluitneming van die owerhede se kant nie. Dis uiters swak en neem glad nie persoonlike gevoelens in ag nie.

Dis vir enigeen met goeie sig heeltemal duidelik dat Caster Semenya, en ander vroue met dieselfde hoë testosteroon-vlakke, ‘n onregverdige voordeel bo die ‘normale’ vrouens het. Die blote feit dat Caster se prestasies afgeneem het tydens medikasie bewys dit tog.

Skep ‘n afdeling vir vrouens met hierdie mediese toestand, want daar is sekerlik baie ander wat dan met groter vrymoedigheid sal deelneem.

Kiepie ·

Therese, ek stem saam met jou dat hierdie saak spoedig uitgeklaar moet word vir almal se beswil. Ek verskil egter van jou as jy sê daar moet ‘n apparte afdeling geskep word vir sulke atlete, want waar trek jy die streep. Gaan mans met ‘n laer testosteroon vlak ook toegelaat word om in hierdie katogorie deel te neem? En wat maak jy as daar oor ‘n paar jaar gevind word dat die gemiddelde vrou se testosteroonvlakke gestuig het weens moderne diëte en ander omgewingsfaktore? En hoekom net testosteroonvlakke en nie ook ander genetiese faktore soos rooibloedseltelling en longkapasiteit nie? En hoekom net vrouens en nie mans ook nie? Is dit nie onregverdig dat “gewone” mansatlete moet kompiteer teen super humans soos Usain Bolt en Michael Johnson en Edwin Moses en Haile Gebrselassie en Mo Farah nie?

Therese van Schalkwyk ·

Kiepie

Jy voel duidelik baie ernstig oor die saak, maar met alle respek, jou redenasies grens aan die belaglike. Jy vergelyk appels met pere.

Naslaanwerk oor “Hiperandrogenisme” oortuig my net meer en meer van die totale ongelyke veld waarop hier meegeding word.

Andrea ·

Ek stem saam met jou, Therese. Waar is die glorie in Caster se wen? Dis mos nie regverdig dat sy deelneem teen vroue wat nie daardie hoē vlakke van testosteroon het nie. Natuurlik is dit n moeilike situasie, want moet sy dan teen mans deelneem? Die punt is net dat vokgens my sy meer man as vrou is. Dié wat dit wil ontken, doen dit om n spesifieke rede wat niks met bewyse te doen het nie.

rr ·

ń tragedie. Onthou meisies soos sy word hier gestenig wat met ń vrou trou. Maar dit is onregverdig teenoor ander atlete. Of het sy deure oop gemaak vir ander vroue soos sy om deel teneem en goud te verower in die toekomstige Olimpiese spele. J

Denise ·

O gaats hier is dit alweer die testosteroonvlakke in vrouens ai tog ek het al van twaalf af die probleem ek het pille geneem vir dit maar ag dit het my nie rustiger laat voel nie !!! Nou gan ek maar net aan met my lewe en probeer my bes om rustig te bly !!!! Dit is die inerlikke wat tel nie die uiterlike nie en sterkte vir Caster!!!!!!

EN ·

Suster Sêra, sou jy enigsins beter vaar teen enige van die ander atlete wat in die finaal gehardloop het? Indien nie is jou kommentaar van nul en gener waarde.

TDW ·

Hier gaan ek vra dat daar oor nog iets navorsing gedoen moet word wat verband hou met hermafrodiete. DDT!! DDT is ‘n plaagdoder wat verban is in die grootste gedeeltes van die wêreld agv die skade wat dit veroorsaak in die natuurlike omgewing sowel as die newe effekte in mense. DDT is van die 40s tot die 70s gebruik in die malaria projek (veral in Afrika) wat gehelp het teen die bekamping van malaria. Hierdie plaagdoder is in die informele areas gebruik, binne en buite die hutte. Jare later is daar ‘n verband gevind tussen hermafrodiete in paddas en ddt. DDT is ook deel van navorsing wat verband hou met ddt en abnormaliteite van seks-organe in babas sowel as chromosoom abnormaliteite. En Afrika was die meeste blootgestel aan ddt, inteendeel Suid Afrika maak steeds gebruik van ddt op ‘n kleiner skaal. Die eerste 3 vroue wat in die 800m gewen het het al drie “manlike” kenmerke en is al drie van Afrika. Ek sou die ddt effek en hermafrodiete navors. Asseblief Maroela. Gaan delf bietjie dieper daarin. Ek dink die antwoord lê daarin.

vermeende ·

Herman jy vat dit mooi vas.
Testosteroon is die bassis waarop alle steroids gebou is.
Caster is wel so gebore en die feite is dat sy wel n voorsprong geniet bo ander vrou. Sou sy steeds goud gewen het indien al die deelnemers se testosteroon vlakke so hoog soos hare was?
Die regering gaan Caster se goud holruk ry, mens sou amper kon sweer dat Caster die enigste SA deelnemer is soos die media aan gaan.
Geluk aan die ander SA adlete wat ook medaljis gewen het en dit sonder n voorsprong.

Lindy Cant ·

Stem volkome saam met jou. Toe Henri Schoeman in die driekamp, n totale buiteperd n brons medalje verower hoor ons NIKS en word daar nerens n ophef gemaak van die nuweling in olimpiese wenners nie maar ja Caster..Caster Caster tot ons wil opgooi daarvan! Genade daar was n SPAN atlete by die spele nie net EEN wat julle so wil verafgod nie!

Kaufman ·

Interseks is nie manlik of vroulik nie. Ek sê weer, dis nie vroulik nie en daarom is dit onregverdig om met ander vroulikes eties te kompeteer. Interseks moet nuwe kategoriee word, dalk soos paralympics, of hul moet by die hoër kerf, met ander woorde by manlik inval.

Betzie ·

As haar testosteroon vlakke so hemelhoog is, haar voorkoms en stem ooglopend manlik is en dit aanvaarbaar is dat sy teen vroue meeding, waarom moet daar dan hoegenaamd onderskeid getref word tussen items vir mans en vrouens? Dink net , dan kan mans met meer vroulike hormone/eienskappe , ook aan die sg. vroue items deelneem . Lekker deurmekaar.

YG ·

Ja nee kyk. Hoekom hardloop sy nie n paar keer teen die mans nie sodat mens kan sien hoe vaar sy teen hulle…

MCS ·

Dis wat gebeur het by toring van Babeln in die bybelse tyd! Toe God almal gestraf het en vreemde tale laat praat het, het die wat mekaar kon verstaan het saam getrek na verskillende plekke en die mense moes aanpad by hul omgewing en die natuur se elemente om tekon oorleef! Kiepie se verduideliking maak heel sin, van hoe party mense ontwikkel is of het oor jare! Ek het dit in n christelike boek gelees ( kan nie nou die naam onthou).

Fyn mannetjie ·

Ek is manlik, kort en klein gebou tedanke aan my Portuguese en Indonesieer voorouers. Dit is my gene, ek is so gemaak. Beteken dit dat ek van nou af teen vroue mag deelneem?

Theresa ·

Nee, want jy is steeds ‘n man , Fynmannetjie. Dankie vir die glimlag na al die baie, baie ernstige kommentare.

Uiltjie ·

Oor die hele aangeleentheid is daar net twee reels wat geld:
1. Kiepie is reg met sy eerste skrywe.
2. Indien u vowel jy’s verkeerd, verwys na reel 1!!
Ek verstaan regtig nie die bohaai rondom testosterone vlakke van nou nie, destyds het Martina Navratilova ook maar die tennis oorheers met ook die sg . manlike hormone en dan was daar Mariah Mutolah van Zim wat ook die 800m oorheers het, maar geen haan het sy bek daaroor gerek nie!!!

Janna ·

God maak ons almal anders ek self is n vrou met hoe vlakke van tesrosteroon. Ek bly egter n vrou maak nie saak wat wie se nie. Ek is dankbaar vir God dat Hy my gemaak het soos ek is. Suur sterte moet eerder ophou hardloop en eerder kyk hoe dit gedoen word. Ek is trots op Caster en ondersteun haar. Sou graag wou he ons Min van Sport moet intree en iets doen daaraan. Dit is nou genoeg.

Magrette Louw ·

Wat van net : Baie geluk Caster, ek is trots op jou. Welgedaan en welverdiend.

Parys ·

Dis volstruisredenasie. Wat van die gelukwens wat van ander vroue wat hard oefen en hul lewe lank droom van sukses weerhou word omdat hulle moet meeding met iemand wat nie regtig vroulik is nie?

Grap ·

Hoekom hardloop sy nie saam met die mans nie maak die speelveld gelyk sodat almal ‘n regverdige kans het

Kiepie ·

Grap, jy antwoord eintlik jou eie vraag as jy vra “Hoekom hardloop SY nie saam met die mans nie?” Juis omdat SY ‘n vrou is.

Kiepie ·

@Herman Toerien, as joernalis kan mens seker vir niks meer vra as dat jou berigte die lesers se belangstelling sal prikkel en gesonde bespreking sal ontlok nie. Baie geluk, gemeet aan die reaksie op hierdie atriekel het jy volkome in daardie doel geslaag.

Kiepie ·

Net ‘n laaste vraag. As Caster se hormone haar so ‘n onregverdige en onoorkombare voordeel gee, waarom is haar persoonlike beste slegs die 11de vinnigste tyd in die geskiedenis? Wys dit dan outomaties ook ‘n vinger na die ander atlete wat die 10 vinniger tye as sy opgestel het? En sou die verloorders (plekke 2 tot 8 by die spele, as mens dit verloorders kan noem) nie ook maar dieselfde deuntjie gesing het as hulle teen een van hierdie atlete verloor het nie?

Herman ·

My tyd was ook baie stadiger. Kan ek ook maar teen vroue deelneem.

Dit gaan nie oor die tyd in vergelyking met ander tye nie dit gaan oor geslag.

Vaalseun ·

Daar is feite, sogenaamde feite, goed gefundeerde aannames, en valse aannames, erkenning en verdoeming, veral wanneer deelnemers van groot en sterk sport lande se base moet voorberei om terug te gaan huistoe en daar verduidelik aan hulle nuusmedia en borge waarom ‘n landjie soos Suid-Afrika met twee baan goue medaljes en ‘n ongelooflike 400m wêreldrekord kan spog en die wêreldmedia se aandag trek. En dan vra ons rustig, “Nou wat is wettig? Natuurlike vermoëns? Indien wel, beteken dit die deelnemer se natuurlike vermoëns mag nie kunsmatig gekikker word nie – nie “op” nie, ook nie “af” nie, of hoe?

Christo ·

Die probleem is dat, en die hof vir arbitrasie in sport (CAS) het dit duidellik gestel, daar geen gelowaardige wetenskaplike bevindings wat dui dat hoe testosteroon vlakke vroue enige voordeel gee in sport nie. As testosteroon gebruik word moet n mens begin na long funksie, die hoeveelheid twitch fibres in spiere (ons kyk na jou mr Bolt), flexibility of joints (mr Phelps) en so aan. Die feit is dat elke atleet by die Olimpiese spele op hul eie manier heeltemal abnormaal is vergeleke met die gemiddelde populasie en hul op vele vlakke fisiese vermoens het waarmee 99.99% van ons nie gebore is nie. Ons weet nie eens hoeveel mense op een of ander manier ly aan intersex nie, party vrouens het die bo bene van n vaskop stut, ander mans hoef eers op 40 te begin skeer… alles tekens dat iets meer “skeet”. Ek dink regtig ons kan maar die middelvinger wys. Die feit is dat die 4 atlete wat ons weet beskuldig word dat hulle nie heeltemal vrouens is nie almal van Afrika en Indie kom, nie een van Amerika of Europa nie!

Kobus ·

Na sy medikasie begin neem het om haar testosteroon vlakke na normaal af te bring, het sy nie meer kon wen nie. Kyk maar na haar resultate, en van wanneer af sy skielik weer ‘ontpop’ het, dit was nie so lank gelede nie.

So terloops, testosteroon, maak nie mense groter of kleiner nie, hul treë langer of korter nie, kyk maar na tennisspelers.

Boksers kompiteer in verskillende gewigs kategorië, ens ens …..

Christo ·

Uhm sy het in 2012 silver gewen in die Olimpiese spele in London (die Russiese atleet wat gewen het is ook betrokke by die steriode skandaal in daardie land en kon nie deel neem in Rio nie) terwyl sy op behandeling was… Kan dit wees dat sy dalk net weer gevoel het daar is n bietjie regverdigheid in die wereld na die CAS se besluit verlede jaar, sy het n nuwe afrigter gekry, is getroud ensovoorts. Miskien is dit nie fisiologiese faktore wat haar aan gedryf het, maar, jy weet, se maar die goed wat jy in die koerant lees hier oor en maak of dit als waar is. Ugh!

Herman ·

Dit gaan nie oor testosteroon vlakke nie, dit gaan oor geslag.

Laat my Dink ·

Ek het simpatie met die normale vroulike atlete. My voorstel is, gebruik ‘n voorgee tyd stelsel.

jean ·

Caster, jy is nou maar eenmaal ‘n doring!….ons is trots op jou!

Deon ·

Belaglik dat almal so kruip. Caster is abnormaal, en moes nie eers deelgeneem het nie. Sy is ‘n verleentheid.
Die blote feit dat “sy” haar VROU moes bel na die wedloop sê tog duidelik dat sy haarself nie eers as ‘n vrou sien nie. Dit stel my teleur dat so baie mense gebreinspoel is om weereens teaanvaar dat ons die narre van die wêreld is en dit maar red so is.

Die Keiser se kleed ·

En daar, Deon, kom jy vorendag met die waarheid en wys die feit uit dat die Keiser kaal is… uiteindeluk iemand wat die waarheid in die oë kyk.

Kiepie ·

Hmm-Hmm Deon, en wat dan van Sunette Viljoen wat ook openlik leef en egken dat sy gay is. Maak dit dan van haar ook ‘n man en moet haar silwer medalje ook weggeneem word? Ek dink nie so nie en ek ondersteun haar net soveel soos vir Caster.

Columbiana ·

En daar kom Deon nou met die waarheid navore. Hy voel bedreig deur ‘n jong vrou. Toemaar boeta ons weet dat die eintlike probleem daarin lê dat jy eintlik skaam is oor jou verlies aan empatie en simpatie vir jou medemens. Caster het duidelik meer menslikheid in haar bicep (dalk groter as joune maar nou ja) as wat jy in jou kleine kleine toontjie het

E.K. - die waarheid ·

African athletics star Caster Semenya‘s participation in the Olympic Games has caused a stir in some circles. Some believe she might have too much male hormone testosterone circulating around her body to participate with the women. But as Silvia Camporesi, a bioethics expert, asks: there are so many other biological features that provide an advantage for sports stars, so where do you draw the line? She has a point. Earlier this week, the international media was awash with details on how US swimmer Michael Phelps manages to beat off the opposition. The Sun, for example, emphasised Phelps‘ disproportionately large wingspan and bucket-like hands and feet that help propel the swimmer through the water. The Telegraph described the most decorated Olympian of all time as a “bio-mechanical freak of nature”, with an ability to “hyper-extend his joints”. In addition, said the publication, Phelps has been “scientifically proven” to generate relatively little lactic acid, a chemical that makes most of us feel tired after a strenuous bout of exercise. Phelps’ biological variations are not regulated by sporting authorities, so why should Semenya’s? An interesting debate that is sure to hot up if the African runner wins gold on Wednesday, as many expect. Jammer ek kan nie alles plaas nie – glo te lank

E.K. - die waarheid, nog iets ·

But even if testosterone did confer an athletic advantage, this advantage would not be unfair. This is because setting a limit on hyperandrogenism and singling it out from other biological variations that may confer an advantage is – at best – an inconsistent policy. There are plenty of other variations – biological and genetic alike – that are not regulated by the IAAF and, even though advantageous for athletic performance, are not considered unfair for competition. Herman ek sou graag dat jy hierdie hele artikel wil lees!

More than 200 genetic variations have been identified that provide an advantage in elite sport. They affect a variety of functions including blood flow to muscles, muscle structure, oxygen transport, lactate turnover, and energy production. Endurance athletes in particular have been shown to have mitochondrial variations that increase aerobic capacity and endurance. An increasing number of performance-enhancing polymorphisms (genetic variations found at an increased frequency only in elite athletes and that make them who they are) are identified by sports geneticists

Herman ·

Dit gaan nie oor genetiese variasie nie. Dit gaan heel eenvoudig oor geslag.

E.K. ·

@ Herman, ek sou graag dat jy die hele artikel wou lees (en al die “kenners” hier ook!) en dan sou ek wou hoor wat julle dan te prate het.

KarooKlong ·

Kan nou nie die naam onthou nie maar daar is ‘n ontbytpap wat maak dat jy verder spring, beter skateboard ry en vinniger hol. Ek gaan dit probeer van nou af.

Paul ·

Daar is slegs vyf opsies:
1. Neem deel saam met vroue.
2. Neem deel saam met mans (Caster se tyd is glad nie mededingend dan nie).
3. Skep ‘n nuwe kategorie vir intersex mense (totaal onprakties).
4. Verbied deelname deur intersex mense (arbitrêre definisies maak dit ook onprakties, en dis ook onregverdig).
5. Almal neem saam deel (dink net hoe gaan die vroue DAN kla!)

So al wat oorbly is opsie 1, en dit gaan gepaard met ‘n geween en gekners van tande – dis onvermydelik, maar raai wat, ons leef nie in ‘n sprokieswêreld nie.

So put up and shut up.

Ben Prinsloo ·

Mooi artikel Herman en goed geskryf. Ja hy is n vinnige atleet oor die 800 meter, ag ekskuus ek bedoel sy. Daar is mense wat trots is op haar al was daar al n foto van haar in Huisgenoot met mans/seunsklere aan wat haar ouers vir haar aangetrek het.

Lindy Cant ·

Die probleem het sy ontstaan toe Caster gebore was. Die ouers het besluit om hom/haar as VROU te registreer en groot te maak. Hulle het nie oor scans beskik om te weet wat inwendig in die liggaam aangaan nie. In vorige artikels tydens die vorige spele is vertel dat sy nooit soos n meisie wou aantrek nie en slegs skool gegaan in seuns skoolklere. Dit was interresant dat die skoolhoof tydens n onderhoud verbaas was om te verneem dat Caster n vrou was want hy was altyd onder die indruk dat sy n seun was. Vandag wil almal die steenig wat verskil van meening en daar word verwys na arme Caster se gevoelens as vrou. Op watter staduim het sy dan besluit voor sy in altletiek wedlope begin wen het dat sy n “vrou” wil wees en vroulike klere wou dra. Sy is selfs nou getroud met n vrou en ek wonder of dalk is sy meer gelukkig in n manlike rol?

Willie viljoen ·

In die sunday Times van laas sondag was ‘n baie interssante artikel. Die vraag hoe bepaal jy ‘n man of ‘n vroue? Sit ons met ‘n historiese miete, dat jy manlik of vroulik moet lyk? Wie bepaal dit? is dit hormoon vlakke? Niemand se vlakke is die selde nie!! is dit dan oorerflik! Ek lyk soos my pa, maar ek is geskape met my ma se gene. en haar gene was in die bloedlyn lang mense oor die 2 meter en Springboeke!!!! Dus is geslagdele die keuse, of mense se leefwyse? Terloops wie bepaal hierdie norme!! Die samelewing , is dit gebasseer op historiese siening! Wat almal vergeet, die spier is saamgestel in wit en rooi spierspoele wat ons erf ,is dus van my ouers!!!!! As ek erf meer rooi spierspoel van my ouers sal ek altyd vinniger en sterker presteer!! En dit het niks met hormone te doen nie!! Wat ons uit die proses vergeet, is die siel van die mense wat God geskape het en jy mag nie daaroor oordeel nie!! Natrolowa – telenisspeler, almal het haar talent bewonder!! Van wie het sy haar talent ge-erf!!

Boeliebrand ·

Ek vermoed daar sal bykans niemand wees wat die ekstreme argument sal voer dat daar geen aparte items vir mans of vrouens moet wees nie.

Die realiteit is dat, indien jy onderskeid tref, moet jy beperkings stel tov hormoonvlakke, om dit regverdig te hou.

Terselftetyd, moet dit opgeweeg word om nie persone wat agv geen fout van hul eie nie die vereistes vd hormoonvlakbeperkings kan bevredig nie.

Die antwoord hieroo is eenvoudig. Skep ‘n derde kategorie, wat geslagsneutraal is, maar stel hormoonvlak beperkings op sodat dit slegs mans met lae hormoonvlakke en vrouens met hoë hormoonvlakke akkomodeer.

suster sêra ·

Ek wonder in watter koor my geleerde vriende op hierdie forum sou sing as Caster sê, van die US of A gekom het – of enige ander land. Ai, die geween en gekners van tande dan as ons arme tannies teen haar moes deelneem.

Chrisstine ·

Ek voel nie jammer vir “sogenaamde haar nie” hy is n man en sal n man bly dis al hoe hy kan goue medaljes wen dis hoekom hy nou kastig n vrou is

Chrisstine ·

Ek voel nie jammer vir “sogenaamde haar nie” hy is n man en sal n man bly dis al hoe hy kan goue medaljes wen dis hoekom hy nou kastig n vrou is

Tim ·

Verreweg die meeste atlete wat medaljes wen wyk geneties op die een of ander manier af van die res van ons “normales”… dis ‘n volslae mite dat almal op gelyke voet deelneem…

Die wêreldrekord vir vroue in die 800m is in 1983 opgestel deur Jarmila Kratochvílová. Google gerus haar naam om te sien hoe sy lyk…

Tim ·

Ta:

“… what of Poseidon … sorry, Michael Phelps? His never-ending legs, flipper-like feet and hands plus his vast wingspan are an unfair advantage too right? His lung capacity is twice that of the average person. What about Usain Bolt? He has long legs meaning he takes fewer but longer strides than his opponents. Should he be disqualified for his natural advantage?”

Lyk my ons moet maar vir Phelps & Bolt ook skors, sodat die “gewone” manne darem ‘n kans staan… !

BREEDT ·

Hi Tim Mr Bolt and Mr Phelps do things do not brake any law .They must still put hart work in and the different Mr Tim is the longer arms or longer legs didn’t make to match.That is proven by DR’S AND PROF’S sometimes that is also against them.But to have any thing what is not normal is wrong .Every person must be fair with sport.SPORT IS WHAT THAT IS ABOUT AND NOT FUNNY STAFF.Let sport be fair to all people and sport must be the winner.

Tim ·

Hi Mr BREEDT, Mrs Semenya also not brokes any laws. She also still puts in heart work. Why are higher testosterone level unfair but higher lung capacity is fair, even when is twice times normal, which is un-normal! Looks like you want one sets rule for the goose, but other sets rule for the gander!

Louwrens ·

OK. Die laaste twee kommentare is die beste. Dit maak die lees van al die vorige stukke absoluut die moeite werd. Dankie julle.

Stefaans ·

Miskien het Julias dit die beste gestel. . “Caster Semenya, he is a woman!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.