Nuuskommentaar: Word deel van ‘totale aanslag’ teen grondgryp sonder vergoeding

Argieffoto.

Na berig word is tot Chinese beleggers nou kopsku om in Suid-Afrika te belê, en speel die regering se grondgrypplanne sonder vergoeding ’n belangrike rol om die land van sy beleggingsekuriteit te stroop. Trouens, die regering se hardkoppige volharding met die anarkaliptiese (anargie + apokalipties) planne, vuurwarm gestook deur die EFF en BLF, het ’n klimaat geskep waarin die doodnoodsaaklike totale aanslag hierteen nie meer kan sloer nie. In hierdie nuuskommentaar word na van die jongste boustene van die teenstrategie gekyk.

Terwyl die regering vasbeslote is om deur te druk met die prosesse om sy selfvernietigende planne vir grondgryp sonder vergoeding, word belangrike planne aangekondig, soos die TLU SA se Rooivlae-projek, en wat kwalik as iets anders as die slagoffergemeenskappe se totale aanslag teen die regering se planne aangekondig.

Maar daar word ook beroepe gedoen op diegene wat waarskynlik meen die regeringsplanne raak hulle nié, soos stadsjapies, om hulle van die teendeel te vergewis en betrokke te raak. Een manier waarop almal betrokke kan raak is deur bydraes te lewer aan die TLU SA se regsfonds wat veral gebruik sal word vir regsaksies.

Die totale aanslag, soos uiteengesit deur die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte, maar sonder om die naam “totale aanslag” per se te gebruik, behels dat die komiteelede gesamentlik en afsonderlik die regering se planne beveg. Trouens, van die lede is reeds met aksies besig, soos om stemme in die buiteland daarteen dik te maak.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte* is ʼn informele groepering van organisasies wat sedert 2008 gereeld vergader om oor sake van gemeenskaplike belang te besin, en veral pogings tot onteiening van grond en ander eiendom teen te staan. Die Ad hoc-groep het op Vrydag 16 Augustus 2019 in Pretoria vergader, aldus ’n mediaverklaring van die groep wat ná die vergadering uitgereik is.

Die groep se lede is voorheen aangegee as die Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus, die DA, Agri SA, die TLU SA, AfriForum, die ACDP, die ATKV, Regslui vir Afrikaans, die FW de Klerkstigting en die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Uit die jongste mediaverklaring, waar die dagbestuur wat die projekte sal aanpak gelys word, blyk dit dat verskeie ander instansies intussen hul gewig by die ad hoc-komitee moes inwerp. Hiervolgens is die nuwe landbou-organisasie, SAAI van dr. Theo de Jager, Sakeliga van SA en die SA Instituut vir Rassebetrekkinge nou nie net lede nie, maar deel van die dagbestuur.

Die somtotaal bied nie net ’n ongelooflike bron van kennis en kundigheid nie, maar deur affiliasies toegang tot selfs nog sterker instansies. AfriForum en Sakeliga is byvoorbeeld albei lede van die Solidariteit Beweging, wat onder meer toegang bied tot Solidariteit se navorsingsinstituut, Akademia, se kundigheid, asook Maroela Media se mediakapasiteit.

Intussen, ten spyte van omvattende regeringspropaganda vir grondgryp, stapel kritiek daarteen uit onder meer akademiese geledere op. Tydens ’n bespreking oor die verslag van die president se grondpaneel wat by die UV gehou is, het dr. Frikkie Maré van die UV se Departement Landbou-ekonomie onder meer gesê die beleidsonsekerheid wat die bespreking van die paneel se verslag tot gevolg het, verhinder beleggings. Daar is byvoorbeeld nou meer landbougrond in die mark as ooit tevore, maar niemand wil dit koop nie weens onsekerheid oor die eiendomsreg.

Die Ad hoc-groep nooi alle organisasies en Suid-Afrikaners wat erns het oor die toekoms van ons land om deel te word van die breë burgerlike opposisie teen die destruktiewe ideologiese beleidsrigting van eiendomsregteskendings. Die basiese uitgangspunt van die Ad hoc-groep is dat eiendomsregte, binne die internasionaal gevestigde beginsels van menseregte, die basis van ekonomiese groei en vooruitgang is. Die Ad hoc-groep moedig alle Suid-Afrikaners aan om saam te werk met lidorganisasies van die Ad hoc-groep om die fondamente van ’n suksesvolle Suid-Afrikaanse toekoms te lê.

Die TLU SA se Rooivlae-projek skakel pragtig hierby in.

Die volledige mediaverklaring van die TLU SA waarin die Rooivlae-projek bekend gestel word, kan hier gelees word.

Die TLU SA draai geen doekies om dat dit nie net boere is wat kan skade ly nie en sit dit soos volg uiteen: “Hoewel ons, as die landbougemeenskap, uiters bekommerd is oor die implikasie en gevolge van die voorstelle in die Grondpaneelverslag vir kommersiële landbou, is ons ook baie besorg oor die publiek se gebrek aan kennis hieroor,” sê mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA. “Ons het die verslag deeglik bestudeer en dit is duidelik dat die voorstelle ook vir stedelinge, inderwaarheid enige grondeienaar, rooi vlae moet laat wapper.”

Die belangrikste elemente waaroor alle grondeienaars bekommerd behoort te wees, sluit in:

  • Die voorgestelde eiendom vir onteiening sal die volgende groepe teiken: kommersiële boere, agri-ondernemings, mynhuise, kerke, finansiële instellings en ander grondeienaars;
  • Die grondeienaar moet onteiening sonder vergoeding finansier;
  • Die regte van ʼn grondeienaar ten opsigte van uitsettings word nog meer beperk;
  • Private besitreg word verander na ander vorms van eienaarskap met die uiteindelike doelwit van nasionalisering; en
  • Die staat is in beheer van die landbou-waardeketting, insluitend die produksie en verspreiding van voedsel, asook die prosesse en infrastruktuur vir voedselproduksie.

Die belangrikste punte van die lywige verslag is op TLU SA se webwerf beskikbaar.

Dit is lank geen geheim meer dat die beoogde grondgryp die potensiaal inhou om die land se ekonomie te verwoes nie. Trouens, ekonome wys daarop dat die planne self, nog voor implementering, reeds skade aan die ekonomie aangerig het en duidelik in die ekonomiese syfers gereflekteer word. Trouens, dit blyk dat selfs Chinese beleggers kopsku is om in Suid-Afrika te belê, weens kommer oor die destabiliserende uitwerking van die grondgrypplanne op beleggingsekuriteit.

Hef aan lê egter nog voor.

Dit is daarom belangrik dat elke Suid-Afrikaner die jongste planne van instansies bestudeer en kyk waar hulle ’n bydrae kan lewer om grondgryp te diskrediteer soos dit hoort, maar ook alternatiewe as lewensvatbaar te ontwikkel en te bemark.

Die volledige verklaring van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Arno Scheepers ·

Die sjinese bang??? Dan moet jy weet hoe laat in die dag dit is.

Pieter ·

Herman ek sal julle ondersteun ek is nie so slim soos julle manne nie maar as ons as blankes net kan saam staan en ons belasting geld terug hou wat gaan die anc dan maak ons almal in die tronk gooi dit wil ek nog sien vat hulle daar waar dit seer maak julle kan nou maar praat en praat en julle kan na die buiteland toe gaan dit gaan niks help nie baie van hierdie buitelande het die anc ondersteun hoekom gaan hulle nou teen hulle draai as hulle dit moet doen dan erken hulle hulle het n fout gemaak en dit sal hulle nie doen nie ons blankes se probleem is julle praat en julle praat dit gaan ons niks help nie as ons nie nou drasties iets gaan doen nie en as ons nie gaan saam staan nie gaan hulle bly vir ons lag ons regstelsel is nou ook nie meer van die beste nie maar sterkte ek sal my bydrae gee met liefde

Jähn Ployer ·

Pieter jy slaan die spyker op die kop, dit is tyd om te doen. Ek is reg en gereed vir aksie neem. Klaar gepraat.

Swannie ·

Ek raak so siek en sat om amper daagliks te lees wanneer mense voorstel dat belasting teruggehou moet word.
DOEN dit as jy so voel, maar moenie huil wanneer jy aangekla word en die balju jou besittings opveil nie.

Petrus ·

Nee, vergeet eers van belasting. Weerhou jou arbeid sodat die land ekonomies tot stilstand kom. Dan is daar in elk geval geen belasting om te betaal nie.

GL ·

Stem 100% saam Pieter. Kom Ons hoor hoeveel nog saam met jou stem.

Ander Pieter ·

Van my vroegste jare af het ek geleer as jy iets gedoen wil hê doen jy dit self of begin minstens. Woorde wek. Voorbeelde trek. En as jy hulp soek, soek iemand wat ewe besig is – daar is goeie rede waarom so baie mense ledig is maar baie saampraatlustig. Ek is 84 en kannie meer dóén nie – tot my spyt. Maar my ervaring in en met stryd oor baie jare (volk, land, kerk….) het my geleer die Bybelopdrag. Doen wat jy, ja jŷ, vind om te doen. Doen dit met alle mag. Dink aan die vermetele seun Dawid wat tot wrewel van Ouboet gedóén het deur dit wat voor hom gekom het. Nie gesoek en gevind het nie, maar wat DIE HERE voor hom gebring het. Daar is talle en talle voorbeelde van sulke dade en daadjies wat tot groot uitkomste gelei het.
Soos Pieter en ander het ek ook ‘n hekel in die praat-praat-praat sonder daadgerigtheid. Maar dan leer die ouderdom my om geduldig te wag en te bid tot die dag van ons eie Gideon en Dawid maar intussen elkeen te doen wat in sy hand gegee word om te doen. Soos die TLUSA-Aksie te ondersteun. En op die HERE te wag (Psalm 131 ensovoorts). Nie ledig nie, maar biddend-doenend en doenend-biddend.

Pieter ·

Ek glo so broer hulle maak mos net soos hulle wil dit is mos hulle land maar as dit by belasting betaal kom dan is dit ons land skrik net wakker mense asb

Mossie ·

Ja, enige eiendom wat in blanke besit is, landbou of stedelik, solank dit blanke eiendom is gaan dit onteien word.

Pieter ·

Manne ek stem ek voel soos julle maar kom ons los die stories ons moet kom met n drastiese plan ons moet saam staan soos hulle so nie kan ons maar los ver geet van ons laat ons aan ons kinders dink want ek belowe julle hulle gaan dit glad nie doen nie

Judge Dredd ·

Korrek ja, en dan wonder ek hoe lank Agri SA gaan saamstaan voordat hul wegbreek om n beter “deal” vir hul lede te beding en in ruil daarvoor sal die res van ons onder die bus gegooi word.

Die regte Grassie. ·

Die wetgewing gaan deur gestoomroller word, al doen ons wat. Ek ondersteun TLU se veldtog en sal doen wat ek kan, geldelik en anders, binne my vermoë maar ons gaan dit nie gekeer kry nie. Dit gaan oor meer as bloot grondgryp, dit gaan om die totale verguising en vertrapping van die witmense in die land in alle opsigte. Dit was van die begin af die ANC en hul meelopers se kwalik bedekte agenda. Dit gaan ook nie daar stop nie. Hulle het die afgelope week reeds gesê dat pensioenfondse moet “belê” in die instandhouding van “staatsentiteite” (lees Eskom en SAL). Dan was CR nog vermetel genoeg om te sê dat sulke “beleggings” goeie dividende kan oplewer aan die beleggers.
‘n Baie bekende ekonoom het onlangs gesê ons land is soos trein sonder remme onstuitbaar op pad na ‘n afgrond.
Sela.

John ·

Dankie, maar nee dankie, nie een sent by enigiets waar De Klerk se naam by staan nie.

Louis Meintjes ·

Die Rooivlag veldtog is n TLU SA projek Dit is ons inisiatief en nuemand anders is dasrby betrokke nie. Gaan kyk op TLUSA se webblad

Herman Toerien ·

Jammer Louis. Ek het die twee dokumente amper gelyk gekry, terwul die ad hoc-groep se verklaring kort daarna deur TLU-Noord en TLU SA versprei is. Ek het aanvaaar dat dit doelbewus was, hoewel ek al tevore agtergekom het dat lede van die ad hoc-groep nie altyd ewe entoesiastis is om met mekaar geassosieer te word nie, en trouens meer as net half kopsku is om hul name by die “ledelyste” te sien. Ek het bv die betrokke oggend baie tyd spandeer om ‘n relatief op datum ledelys te probeer vind, maar kon nie. Ek het uit beide dokumente die indruk gekry dit is ‘n kombinasie van gesamentlike en eie prokekte, en dit ook so probeer laat blyk. Die wydverspreide woede teen FW en sy derdespan se reserwe-onderhandelaars (aldus ‘n uitstekende rubriekskrywer) maak samewerking baie moeilik.

Vryheid ·

Soos daar al tot vervelens toe gese is… Die anc voel niks vir groei, vooruitgang, belegging of enige iets anders as mag, korrupsie en verwoesting.

Adam ·

Die woorde “totale aanslag” het my lagspiere geprikkel. Ek hoop net nie daar word gedink dat die destydse “swart gevaar” nou in “wit gevaar” gaan verander nie.

Realis Thailand ·

Daar is net een manier om weg te kom van die ellende wat sa word en dit is ,hoe tragies ookal, maar om die land te verlaat en maar die agteruitgang van ver te sien gebeur
In die 6 jaar hier het ek al baie terug verlang na sa en seker al so tien keer gekuier maar ek wil nie my siel versondig deur terug te kom nie.
Salig geen rassisme ,geen misdaad en geen vrees vir dat ek n verkeerde woord kan se en aangekla word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.