Nuuskommentaar: Word ons ongeletterd?

kinders-wat-lees-leesprobleme

Foto: Edubloxsa.co.za

Suid-Afrika het onlangs laaste gekom uit 50 lande wat aan die Progress in International Reading Literacy Study deelgeneem het. In die studie is bevind dat net 22% van alle tienjariges in Suid-Afrika met begrip kan lees. Dit hou uiteraard ernstige gevolge vir Suid-Afrika in wanneer die betrokke generasie eendag die arbeidsmark betree. Rusland, gevolg deur Singapoer, het die beste gevaar.

Suid-Afrika is egter nie al land wat rede het om ontsteld te wees nie. In Vlaandere word nou erg kopgekrap oor hoe dit gebeur het dat Vlaamse leerders ’n 38ste plek losgeslaan het, tien jaar nadat hulle nog die agste plek behaal het. Wat egter die seerste maak is dat Nederlandse kinders in dié tien jaar hul plek kon behou.

Daar is ’n groot verskil tussen die vermoë om te kan lees, en om met begrip te kan lees. Die probleem lê gewoonlik by laasgenoemde.

In die verslag self word redes aangevoer oor waarom sommige lande goed en ander swak vaar. Honger leerlinge vaar gewoonlik nie goed nie, en leerlinge wat in vrees skoolgaan, ook nie.

Die interessantheid is egter hoe dit kan gebeur dat daar so ’n groot verskil tussen Nederlandse en Vlaamse kinders kan wees. Die lewenstandaard is immers min of meer dieselfde en die taal is basies dieselfde.

Soos verwag kan word, het opvoedkundiges en filosowe ingespring om te ontleed oor waar die verskil inkom. Een van die algemene redes wat geopper word, is dat in Vlaandere die fokus val op hoë punte – dit wil sê, papegaaiwerk in plaas van verstaan. In Nederland word spesifiek gefokus op die verstaan van die inhoud.

Een wysgerige opvoedkundige meen dit sal goed wees as onderwysers eers ’n tyd ’n ander beroep beoefen wat hulle meer aan die werklike wêreld blootstel. Volgens hom is Vlaamse onderwysers so in hul beroepe vasgevang, en uiteindelik geyk, dat hulle self nie meer genoeg kennis het om ’n begrip van die werklikheid daarbuite te hê nie.

Oor die rol van die kuberruim verskil die kundiges lynreg. Sommiges plaas die skuld vierkantig voor die deur van die kuberruim, terwyl ander meen daar kan baie by Nederlandse skole geleer word oor hoe om moderne kommunikasiemiddels aan te wend om begrip te bevorder.

panyaza-lesufi

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Oor hoekom Suid-Afrika swakker as ander Afrikalande vaar, is al heelwat gesê. Universiteitsdosente merk gereeld op dat die verskil tussen die gehalte van Suid-Afrikaanse studente, en van buurlande in hul klasse, geweldig groot is. Tog word in Suid-Afrika veel groter bedrae per leerder bestee.

Die Suid-Afrikaanse skolestandaard is egter op sy beurt ’n komplekse probleem, en die vinger van beskuldiging word gereeld na die vakbond, Sadou, verwys wat feitlik enige poging fnuik om onderwysers produktief op dieselfde vlak as die voormalige Model-C-skole te bring. Laasgenoemde skole word eerder ondermyn, soos gestel deur adv. Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus: “Die positiewe wat voortspruit uit my vrae aan die minister is dat sy opnuut bevestig het dat Afrikaanse skole niks te vrees het nie solank hulle vol is. Ook dit verskil van Panyaza Lesufi (Gautengse LUR vir onderwys) se dreigemente dat selfs vol skole bloot sal moet ruimte maak vir anderstalige leerlinge.

“Die feit dat Lesufi nie in lyn met sy gegewe begroting optree en meer skole bou nie, en ook nie dreig om Engelse skole te dwing om bykomende leerlinge in te neem nie, kan ʼn mens met net een afleiding laat, en dit is dat hy Afrikaanse skole wil vernietig.

“Lesufi se oneerlikheid skemer sterk deur en hy tree ongelukkig op soos ʼn demagoog met ʼn eie agenda en nie soos ʼn verantwoordelike provinsiale LUR vir onderwys wat na al die leerlinge in sy provinsie moet omsien nie, ongeag die taal wat hulle praat.

“Die VF Plus is nogtans sterk gekant teen die beoogde wysigings aan die Skolewet aangesien dit skole se taalbeleid uit die hande van die gemeenskap gaan neem.”

’n Groot gevaar vir die grootmaak van papegaaie is dat dié mense kwesbaar is vir propaganda, soos dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel (en dus sonder kompensasie teruggevat moet word), dat swart mense per definisie nie rassiste kan wees nie (en so ’n besonder giftige rassisme openbaar), dat die voormalige tuislande die droogste en onvrugbaarste dele van die land opgeneem het, en vele ander mites.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christa ·

al die onderwysers het nie die nodige geleerdheid nie en die ouers gee mos net elektroniese speelgoed vir die kinders. Jy sien nie meer kinders speel nie. Almal sit met hulle neuse in speletjies op rekenaars en selfone. Wie is dan daarvoor te blameer. So bly my kinders het in ‘n tyd groot geword waar goeie onderrig nog te kry was

Helesti ·

Chista, jy kan ongelukkig nie al die onderwysprobleme oor die kam van elektroniese speelgoed skeer nie. Ons kinders word in ‘n ander tyd groot. As hulle grootgemaak word met blootstelling aan geen tegnologie nie, gaan hulle nog ‘n verdere agterstand he. My seuntjie speel rekenaarspeletjies, het ‘n selfoon, ‘n “smart watch” en kon op ‘n iPad werk toe hy 3 jaar oud was. Hy het ook die jaar ‘n sertifikaat gekry omdat hy die beste leser in sy klas was en het ‘n gemiddeld van slegs 7’s gehad vir sy jaareindpunt. Dit het alles te doen met die feit dat hy in ‘n skool is waar die klasse nog klein genoeg is sodat die onderwysers aan al die kinders kaan aandag gee EN dat kinders geleer word in hulle moedertaal. Ongelukkig is hierdie die steunpilare wat Lesufi met sy politieke agenda wil vernietig. Ouers het nie net die plig om saam met die skool te werk om hulle eie kinders op te voed nie, maar ook die verantwoordelikheid om teen hierdie man en sy swak bestuursvermoe te baklei en te probeer red wat daar nog te redde is.

Basson ·

Korrek Helesti.
Almal hammer alewig op die elektroniese era se euwels terwyl daar navorsing is wat juis toon wat die voordele van rekenaarspeletjies is.
Hou balans in tye van flinke innovering anders gaan jy bes moontlik vinnig agter raak, en agter bly – vra maar die > 60’s (baie 50’s selfs) wat nie weet hoe om ‘n SMS/ WA te stuur, of te bang is vir ‘n rekenaar.
Selfs my kinders wat Ing studeer sien alreeds duidelik die verskil in hulle klasse, maklik om raak te sien wie nie bygehou met tegnologie nie.

Jakkalas ·

Uitnemendheid word nie meer nagestreef nie. Gemiddeld tot swak word aanvaar….sowaar ons jong klomp word inderdaad ongeletterd in ‘n tyd waar die afhanklikheid van rekenaars toeneem. Intussen word vaardighede op skool vlak afgestomp en die basiese beginsels van ons toekomstige “leiers” ontneem deur lui en onbevoegde onderwysers. Die goeies(onderwysers) is by verre in die minderheid en aan die uitsterf. Ek sien dat Afrika donker gaan bly aan die suide kant van die kontinent wat eens ‘n helder ligstraal was……..

Hendrik ·

Ek voel dat ouers verantwoordelik gehou moet word vir die lees probleem. In my huis het ons as ouers baie gelees…en geswot. Dit was normaal vir ons kinders om te lees en te swot want ons het dit gedoen.

De Villiers ·

Dis ongelukkig nie die enigste gebied op skoolvlak waar ons laaste eindig teenoor ander lande nie. As ek dit nie mis het nie, het ons nie lank terug dieselfde prestasie behaal met Wiskunde en wetenskap-geleerdheid. ‘n Vis vrot van sy kop af. Vandat die ANC die land regeer, het ons onderwysstelsel agteruitgaan. Nou blameer hulle, soos gewoonlik, iets of iemand anders, terwyl die feite groot en duidelik voor almal staan. Zuma is dan nie eens syfersgeletterd nie, en hy regeer die land. Hoe kan anders verwag word?

LG ·

Daar is meer faktore wat ‘n rol speel in Vlaanderen. Die afgelope 10 jaar was daar elke jaar ‘n toenemende persentasie kinders ingeskryf vir graag 1 wat van nie-Vlaamse afkoms was nie. Meeste kon geen woord Nederlands praat op die eerste skooldag nie. Die ouers praat ook nie Nederlands nie en dag nie op vir verpligte ouervergaderings nie.

Eish ·

Weereens n raakvat artikel wat die probleem baie duidelik in die laaste paragraaf van die skrywe uitstekend definieer!
Soos Kommunisme, soek die huidige regering n klomp zombies wat ongelooflik gelukkig met uitbuiting saamleef en die praatpatriotte in die stoele van mag anker.

marous ·

Doodreg. Die fluitspelers wat die rotte oor die afgrond lok.

marous ·

As dwase ‘n volk lei , sal dit een van die gevolge wees.

Stella ·

Die “Rainbow books ” wat skole verplig is om te doen, maak almal “gelyk”. Dit los geen ruimte om elke leerder tot sy volle potensiaal te ontwikkel nie. Praat en baklei teen hoër gesag bring onderwysers nêrens nie. Kinders het glad nie nodig om te kan lees om boeke te kan doen nie. Indien leerders hul assessering druip moet hy/ sy ‘n herassessering skryf. Leerders word oorgeplaas na volgende graad en punte word aangepas en daarom het niema nodig om te kan lees of somme te kan doen nie. Die departement van onderwys kan die probleme slegs op hul eie skouers neerlê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.