Nuuskommentaar: Word politieke korrektheid ’n groter of kleiner probleem?

Grafika: Pixabay

Op 29 Julie 2019 het Maroela Media, soos verskeie kere vantevore, die kwessie van politieke korrektheid onder die loep geneem.

Wat uit die jongste Amerikaanse literatuur duidelik is, is dat die persoon wat die pen oor dié kwessie opneem se begrip en houding hieroor, reg of verkeerd, deur sy posisie op die politieke spektrum beoordeel word. ’n Breë opvatting bestaan byvoorbeeld dat politieke inkorrektheid deur regses gebruik word om dinge vir die linkerkant van die politieke spektrum moeilik te maak.

Peilings toon egter dat sowat 71% van die Amerikaanse kiesers ’n opvatting deel dat politieke korrektheid ’n probleem is. Republikeine en Demokrate se gevoel hieroor verskil dikwels maar in die koers van 1%, terwyl ongeveer dieselfde vir wit en swart (onder wie mense van Latyns-Amerikaanse herkoms) geld.

Die meeste mense wat hulle menings egter op skrif stel, waaronder vakkundige publikasies, en positief oor politieke korrektheid is, is meer tot die linkerkant van die politieke spektrum verbind. Dit lyk na ’n terughunkering van die aanvangstyd van politieke korrektheid toe politieke korrektheid as ’n uitdrukking van beleefdheid beskou is, ’n weerhouding daarvan om kwetsend te wees en algeheel helend te spreek.

In 2015 skryf Thomas B Edsall in die NY Times onder die opskrif, “Trump, Obama and the Assault on Political Correctness”, soos volg: “So when they are told to bus their children to a school across town; when they hear that an African-American is getting an advantage in landing a good job or a spot in a good college because of an injustice that they themselves never committed; when they’re told that their fears about crime in urban neighborhoods are somehow prejudiced, resentment builds over time.”

Vroeër in sy artikel het hy pres. Donald Trump soos volg aangehaal: “I’m so tired of this politically correct crap,” Donald Trump told a cheering audience of South Carolina business leaders in September. “That’s called politicians’ speak.”

Edsall plaas hierna ’n paar stellings waarvan sommige hoogs betwisbaar is: “Opposition to political correctness has always been a weapon brandished by the right against what it sees as ‘multicultural’ liberalism, but Trump has taken this to new extremes.

“Trump’s resounding success with the reckless abandonment of the norms of political discourse suggests that he has tapped into a deep reservoir of antipathy to the culture of polite restraint.”

Uit ’n groot versameling literatuur blyk dit dat baie Amerikaners politieke korrektheid as euwel beskou weens die gevolglik onvermydelike self- en sosiale sensuur, en wat boonop eintlik alle vorme van meningsvryheid aantas, waaronder om deur ’n oorvloed vitrioel ander standpunte te onderdruk. Dit is, ironies genoeg, ook ’n groot probleem op universiteite waar veral linkse dosente nie wil hoor dat daar ander menings kan wees nie.

In Suid-Afrika is die politiek korrekte sensuur skerp in die koerantwese wat op swart mense gerig is, gevoel – wit redakteurs het egter ook daaronder die koppe laag gehou. Dié kwessie is deur Tim du Plessis onder die loep geneem, en hy het ’n lysie swart redakteurs by die naam geloof. Volgens Du Plessis het wit redakteurs bevrydend gevolg. Ná Zuma se oorname was van dieselfde swart redakteurs se name egter ook op die lys wat wit mense gewaarsku het dat te veel kritiek op die ANC tot bloedvergieting kan lei. Vir minstens sommige, so het dit gelyk, was politieke inkorrektheid net ’n vlugge en taktiese gebeurtenis. Die ekonomie sou immers in ’n veel groter tamatiestraat gewees het as onder Zuma. Pres. Cyril Ramaphosa het ’n vakansie by baie wit kiesers gekry sodat hy sy posisie kon konsolideer.

In 2016 het Jacksonville.com onder die opskrif, “Het politieke korrektheid te ver gegaan?”, ’n soort peiling onder sy lesers gehou. Wyd uiteenlopende antwoorde is verskaf, maar die volwassenheid van die deelnemende lesers was insiggewend.

In Suid-Afrika kan kwalik ’n gebalanseerde gesprek verwag word – nie as selfs die Konstitusionele Hof die geskrewe Grondwet in effek ondergeskik aan “politieke korrektheid” plaas nie, as die Menseregtekommissie rassediskriminasie al dan nie aan politieke korrektheid onderhewig plaas en Julius Malema en ander ’n vrypas gee om rasseverhoudinge deur erge rassisme tot kookpunt te dryf.

Moet Ramanoccio se knaende kluitjies oor die Afrikaner onder politieke korrektheid begrawe word? Sy ontkenning van plaasaanvalle, sy steun aan die opvatting dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel, sy kwetsende kaf oor Bloedrivier en nou die beskuldiging dat die wit koloniste die Khoi-San aan pokke laat sterf het, maar self met ’n teenmiddel uit Java gedokter is – amper ’n eeu voor die teenmiddel ontdek is?

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC Venter

Dit blyk dat Cyril Ramaphosa het só ‘n erge weersin in die Afrikaner/witmense se suksesse en wat hul in die verlede vermag het, hy kan dit net nie weerstaan om hulle af te kraak deur hul geskiedenis te herskryf om by sy storie te pas nie en dit van die dakkie af verkondig sodat almal dit kan hoor, net soos die Demokrate in Amerika ‘n passie van weersin in Trump het. Maar, het Cyril en sy kabinet nie in die dae ‘n beraad wat hulle in Sjina moet bywoon nie? Dalk kan die linkses in Suid Afrika waarvan jy hier… Lees meer »

Leon

Dwars oor die wereld word politieke korrektheid gebruik wanneer ‘n wit persoon met ‘n swart persoon praat of na ‘n swart persoon verwys. Maar as ‘n swart persoon met ‘n wit persoon persoon praat of ‘n swart na ‘n wit persoon verwys bestaan politieke korrekheid nie. Dit vlieg by die venster uit. Politieke korrekheid is suiwer ras gedrewe.

JC Venter

Presidente het vele gesigte. Oral oor die wêreld heen staan sekers se gesigte uit, om welke rede hulle ook al onthou word en wat mens daarmee verbind, goed of sleg, soos bv Hitler of Ronald Reagan.

Hier by ons gaan dit eweneens nie anders nie:

DF Malan – grondlegger van apartheid

HF Verwoerd – stigter van die RSA in 1961

BJ Vorster – streng toepassing van apartheid

PW Botha – Piet Wapen, Die Groot Krokodil, die grondlegger vir die afskaffing van apartheid

FW De Klerk – die afskaffer van apartheid, party beskuldig hom al sou hy die Afrikaner verraai het.

Vervolg …

Piet

Mens sukkel om nie vies te word as die term politieke korrektheid los en vas rondgeslinger word nie. Dit grens meesal aan die miskenning van waarhede en soms sommer net plein leuens. ‘n Nuttige uitbreiding van PK is die verskynsel van “virtue signaling” waarvan ‘n groot deel van HSM vrot is. Kry soms die idee dat daar ‘n hele spul “play for pay” joernaliste (huursoldaat tipes) altyd regstaan om hulle egos blink te poets. Die huidige debat oor landbou is ‘n skreiende voorbeeld.
Weereens goeie navorsing Herman!

JC Venter

Maroel, mens verloor nou die effek omdat die twee kommentare nie onder makaar volg nie, maar hier probeer ek weer. Vervolg van vorige kommentaar: NR Mandela (Nelson) – Die eerste president van die Nuwe Suid-Afrika, hy was ANC leier in daardie tyd, ander onthou hom as ‘n terroris wat sekere opdragte vir die plant van bomme gemik teen burgerlikes gegee het, geweld voorgestaan het. TM Mbeki – implementering van SEB en Regstellende Aksie. JG Zuma – mag en geld dryf hom na bewering, word aan erge korrupsie verbind en daar is tans hofsake hangende. MC Ramaphosa – president sedert 2018.… Lees meer »