Nuuskommentaar: Zim-grondgryp – probeer SA méér soos Afrika wees as Afrika self?

Argieffoto

Terwyl ’n verflenterde Zimbabwe die gevolge van sy grondgryp-ramp probeer ontdaan, verkwansel Suid-Afrika steeds die mite dat grondgryp sonder vergoeding – heel eufemisties en misleidend grondhervorming genoem – ekonomiese voorspoed gaan bring.

Iets waarvan die Suid-Afrikaanse regering dringend en met aandag kennis moet begin neem, is die internasionale gemeenskap se reaksie op die gronddiefstal in Zimbabwe. Pas het die regering in Harare besluit boere wie se grond afgevat is, kan hul, intussen verwoeste, plase terugkry.

Dit geskied te midde van twee opponerende internasionale prosesse – een waar Zimbabwe potensieel nog meer teenspoed in onder meer die vorm van regshandelinge en sanksies te wagte kan wees namate regsprosesse in Suid-Afrika en elders ter wêreld onverbiddelik daarop aandring dat die onregte ongedaan gemaak moet word.

Aan die ander kant ’n proses gelei deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) waardeur die lidlande, Suid-Afrika inkluis, aandring dat sanksies teen Zimbabwe laat vaar moet word omdat dié buurland glo aan internasionale standaarde vir menseregte voldoen. Die oë word blatant gesluit vir die grondgrypproses wat ’n hele aantal wit boere hul lewe gekos het, asof dit nooit gebeur het nie en daar niks met die proses en afloop verkeerd was nie. Die SAOG-tribunaal wat teen Zimbabwe bevind het, is Mugabe ter wille ontbind. Die Suid-Afrikaanse regering beveg elke stap van onder andere AfriForum deur die Suid-Afrikaanse howe vir ’n regverdige uitkoms en verloor soos klokslag.

Lees gerus Willie Spies, regsadviseur van AfriForum, se artikel op Netwerk 24 as agtergrond hier. Die opskrif, “SA kan leer by buurman se pyn”, is self baie ophelderend.

Sedert 1994 was dit vir die ANC belangrik om so sigbaar moontlik “deel van Afrika” te wees. In die praktyk sou dit egter “deel van swart Afrika” moes wees. In die proses is die land as’t ware vir vlugtelinge veral uit Afrika oopgegooi. Terwyl dit vir voornemende Europese immigrante na Suid-Afrika bykans onmoontlik is om die nodige dokumente te bekom om permanent na Suid-Afrika te verhuis, neem die vlugtelinge uit Afrika hand oor hand toe en plaas enorme eise aan Suid-Afrika se reeds skaars (en selfs niebestaande) hulpbronne.

So selftoe-eienend het van hierdie groepe geword dat hulle die behuising wat hulle gekry het, met die rugkant van die hand weggeklap het, en Kaapstad se strate beset het om beter behuising te kry (wat baie Suid-Afrikaners nie beskore is nie). Uiteindelik word vanuit regeringskringe gedreig om diegene wat nie tevrede is nie na hul lande van herkoms terug te stuur.

Hierteenoor moes ’n Nederlands gebore hoogleraar in teologie wat ’n spesiale projek by die UV vir die destydse rektor, prof Jonathan Jansen, afgehandel het, met gesin en al die land verlaat omdat die regering volstrek geweier het om aan hulle die nodige visums uit te reik om hulle permanent in die land te vestig.

Maak nie saak hoe erg menseregtevergrype in Zimbabwe was nie, die Suid-Afrikaanse regering was flou van al die kniebuigings voor Mugabe maak. Pas ná Verslaggewers sonder Grense ’n verslag oor al die vergrype teen persvryheid tydens ’n Zimbabwiese verkiesingsveldtog bekend gemaak het, het Suid-Afrika oudergewoonte die verkiesing as “vry en regverdig” verklaar. Die term “voldoende vry en regverdig” is geskep en het die onderwerp van bespotting geword.

Suid-Afrika het hom ook beywer daarvoor en geslaag om die tuiste van die Pan-Afrika-parlement te word. Te midde van die Zille-ophef oor kolonialisme het ’n afgevaardigde van Ethiopië in wese die ander Afrikalande van bevoordeling weens kolonialisme verwyt omdat Ethiopië net ’n kort rukkie deur Italië beset was, en dus ’n groot agterstand by die voormalige kolonies het wat infrastruktuur betref.

Dit sal die regering loon om kennis te neem van ’n artikel vandag in die Afrika-uitgawe van The Conversation. Die skrywer, prof. Danny Bradlow  van die UP, skryf onder meer soos volg: “The purpose of national economic reform is to change the structure and overall direction of an economy. Reforms therefore can affect the amount of resources available to a country. They can also affect human rights.

“South Africa desperately needs to reform its economy. Its capacity to deal with its tragic problems of unemployment, poverty and inequality is diminishing. State owned enterprises like the power utility Eskom, public transport group Prasa and South African Airways, are failing to deliver adequate services. They are also draining public resources away from more productive and socially beneficial purposes.

“And the country’s economy is too carbon intensive …

“The South African government’s proposed responses to these challenges are controversial. They involve job losses and cuts in social services. Government claims that over time the reforms will yield more jobs, better services and a growing economy that is environmentally sustainable …”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan Venter ·

Herman, jou laaste paragraaf verwys. So ken ons die ANC regering en sy president, als sal mos met die tyd bewys word, maar hulle kan nie ‘n sperdatum daaraan koppel nie, so hulle floreer in vaaghede dan hoef hulle nooit pa te staan en verantwoording te doen nie.

Ons het van 1994 af met die ANC regering se tyd aan beweeg, dis nou al 26 jaar later, hoe lank neem hul tyd dan voor mens die suksesse sien waarvan hulle so groot opgee?

Leon ·

Dit het die USSR 70 jaar geneem om wakker te skrik. Dit het China 40 jaar gevat om wakker te skrik. Gee so 80 jaar want die ANC dink stadiger.

Nie Verbaas ·

Zimbabwe gee please terug. Hoop die ANC leer iets hier.

Grassie ·

Ons kan redeneer oor wat reg en wat verkeerd is, wie vir wie waar benadeel het, dom en onredelike besluite aan die kant van die regering maar dit gaan geen verandering ten goede teweeg bring nie. “Ons mense”, dit is nou u en ek, weet almal diep in ons harte wat die ware dryfveer agter die regeringsoptrede is. Dit is “our people” se ongebreidelde, onblusbare haat teen die witmens wat sterker woed as enige rede of logika en nooit gaan verander nie. Die president se opmerkings die afgeope tyd, veral die afgelope jaar, is duidelike simptome daarvan. ‘n Mens durf dit nie sê nie want dit is nie polities korrek nie. Maar ons moet nie die waarheid verder verbloem nie.

ElizeK ·

Is daar eerlik na alles wat gebeur het, wit boere wat WIL terug gaan Zim toe!!!
Het ons dan nou ook ons ruggraat en trots verloor.
Hulle het wit boere vermoor en uit die land gedryf, net soos hul in SA wil doen om SELF te boer.
Nou dood hul van die honger en nooi wit boere terug.

Fedup ·

En wat dink zim moet die boere nou met daai dooie grond en afleefde huise op die plase doen. Hulle wou dit vat, so nou moet hulle dit maar hou. suid afrika gaan nie hieruit leer nie. Hulle gaan alles hier vat en vernietig. Dan? Dink hulle ons moet gou weer terug hardloop om hulle gemors reg te maak. Nee dankie. Verniel alles. Brand dit, breuk dit. Hulle sal maar self moet sien en klaar kom. Hulle gaan ń baie harder en swaarder les leer as wat zim nou moet leer.
Ons wit mense moet ophou om hulle kaings uit die vuur te krap. Dis nonsens die man.

Phillip ·

As die honjie die been gekry het weet hy nie wat om met hom temaak nie (As hulle die grond kry weet hulle nie wat om met dit te doen nie haal die sink van die dakka vensterraame en net n muurraasie staan oor gaan kyk hoe lyk Geluk in nw sonop gaan niks aan nie bosse neem oor .

marius ·

Zimbabwe se grype en vergrype is ‘n kleuter partytjie in vergelyking met die gemors wat reeds hier plaasgevind het . Dit wat kom sal nie beskryf kan word nie . Dis die waarheid .

Elize ·

Die kinderpartytjie in Zim is nou klaar en nou wag ons vir die groot dans wat hier in SA gaan plaasvind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.