Nuuskommentaar: Zimbabwe al nader aan die waarheid

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe saam met sy vrou Grace . Foto: GCIS

Pres. Robert Mugabe het die laaste ultimatum om te bedank in die wind geslaan, en slegs ’n staat van beskuldiging deur die parlement, ’n potensieel uitgerekte proses, bly oor sonder dat die weermag aan ’n staatsgreep skuldig is.

Met die gebeure in Zimbabwe is die een geluid wat nie sommer uit die buurland gekom het nie, dat Mugabe seniel is of ’n ander geestestoestand onder lede het. Vir Suid-Afrikaners was dit darem lankal duidelik, soos sy hanswors-optrede toe hy tydens ’n parade saam met pres. Jacob Zuma uitgeblaker het dat hy nie ’n onderhoud met ’n wit joernalis sal hou nie. (En terloops nie deur Zuma op ’n diplomatiese wyse aangespreek is oor wangedrag op Suid-Afrikaanse bodem nie.)

Dit was immers om politieke korrektheid baie ver te strek om nie tot die gevolgtrekking te kom dat Mugabe magsbelus en (semi-)seniel is nie. Wel is die tonge losser oor Grace Mugabe wat gereeld as “sertifiseerbaar mal” bestempel word.

Nou het Christopher Mutsvangwa, leier van die oorlogsveterane wat in Suid-Afrika skuilgehou het, reguit verklaar dat Mugabe sy kop (en land) verloor het. Ook ander geluide oor Mugabe se geestestoestand word nog gehoor, tegnies ’n wetsoortreding, want met die samesmelting van die eersteministerspos (wat deur Mugabe gehou is) en die presidentskap, het Mugabe die ongehoorde gedoen om die bepaling dat die belediging van die president strafbaar sou wees, behou. Dit word gewoonlik net vir seremoniële presidente en diktators gehou, asook nie-uitvoerende konings (die ou leer van die King can do no wrong).

Hiermee bewapen was dit moeilik om enigsins iets oor die president se geestestoestand te sê, tensy hy so gesertifiseer sou wees.

In die VSA het ’n groep sielkundiges en psigiaters in Januarie met ’n petisie begin waarin ’n beroep op Trump gedoen is om te bedank of hom in ’n staat van beskuldiging te plaas omdat hy gevaarlik psigoties sou wees en aan ander afwykings sou ly. Slegs kollegas kon teken en onlangs het die petisie byna 70 000 handtekeninge versamel (’n oop petisie het ’n miljoen handtekeninge verwerf).

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Geestesongesteldheid is een van die gronde waarop die parlement vir Mugabe in ’n staat van beskuldiging kan plaas, noudat Mugabe ook die laaste ultimatum om te bedank geïgnoreer het. Die parlement sal waarskynlik ’n makliker opsie volg. Dit kan ’n lang proses wees, hoewel daar druk sal wees dat dit onder druk van die weermag, Zanu-PF, die opposisie en die publiek so gou moontlik afgehandel word. Die tempo waarteen die staatskaping hier ondersoek word, is baie onwaarskynlik.

Die weermag hou nou nog vol dat dit nie ’n staatsgreep is nie. In werklikheid word geargumenteer dat dit die weermag se werk is om die grondwet te beskerm (en ’n staatsgreep wil nie heeltemal inpas nie). Hoewel die kans nie uitgesluit is nie, sal ongrondwetlike ingryping vermy word. Die weermag sal probeer voorkom dat die SAOG of die AU inmeng om ’n “staatsgreep” tot niet te maak.

Dit sal ook interessant wees om te sien hoe die nuwe bedeling, as oorgangsmaatreël, die opposisie, veral onder leiding van Morgan Tsvangarai, huisves. Tsvangarai was in Suid-Afrika toe die gebeure hulle begin afspeel het. Hy het in daardie stadium kankerbehandeling ontvang.

Verder is daar nog heelwat heling tussen die Shona-meerderheid en die Matabeles.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Miskien moet hulle die oompie se selfoon konfiskeer want daar is net te veel mense wat hom sal aanspoor om steeds ‘n krater van homself te maak. Daar is beslis mense hier wat angstig is weens die voortydige lugspieelings… Ons pap weermag kry dalk ook skielik goeie bonusse… vir dienste nog nie gelewer nie…

Liegstories ·

WAARHEID? EK dink niemand in die ZANU PF Is in staat om die WAARHEID te praat nie. Hulle het vir 38 jaar vir die wereld en hulle eie burgers gelieg. Hulle het so gelieg dat Mugabe ‘n volle 38 jaar in die tuig was en daar steeds ‘n groot massa is wat hom ondersteun. Hy kry nogsteeds die een toekenning na die ander vir die WONDERLIKE werk wat hy in ZIMBABWE gedoen het, selfs die Westerse lande dink hy is DIVINE!! Hy lieg dus nog steeds die beste .. Die feit dat hulle hom nie afgesit kry nie, beteken daar is STEEDS iemand wat sy liegstories glo . waar in jou lewe verloor jy ‘n verkiesing maar jy sit . daarna gooi hulle jou regering met ‘n staatsgreep omver MAAR JY SIT??

ne ·

Hoop die ou fossiel besef die tronk kan dalk sy voorland wees! Maar vroulief wil mos liewer sterf voordat sy oorgee. Die stoel waarop sy sit is te lekker. Hoop hulle gaan altwee tronk toe sonder byvoordele. Zim het darem iets probeer……. is hier ook iemand wat dalk iets in gedagte het??

bgj van der westhuizen ·

hy sal niks oor kom nie dit sal n mors van geld wees om hom te vehoor wand hy is al reeds oor 90 tig vir straf sit hom in huis ares en neem sy geld weg dat hy soos n gewone mens moet lewe dit sal in baie goter straf wees as om tronk te te gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.