Zindzi Mandela, oudste dogter van Nelson Mandela en Winnie Madikizela-Mandela, se dood is volgens sommige kommentators uiters ontydig. Nadat sy van erge haatspraak, nogal as ambassadeur, beskuldig is, het sy haar effektief van haar pa se nalatenskap gedistansieer en haar by dié van haar ewe omstrede ma geskaar – al word sy as die groot gees agter die totstandkoming van die Nelson Mandela-stigting beskou.
Nou het Zindzi gesterf en na berig word, word sy in kommunikasie veral op sosiale media tot heldin verhef en geprys. In effek word haar woorde, wat reeds soveel polarisasie tot gevolg gehad het, net groter impak gegee. Maroela Media het omvattend berig oor Zindzi se gewraakte woorde, Lees gerus hier en hier.
Zindzi se dood kom te midde van raspolarisering in groot dele van die wêreld, wat saamval met die sleurstroom wat die Black Lives Matter-beweging bied. Black Lives Matter het ook ’n impak op Suid-Afrika, wat juis nie nog ’n rytuig vir polarisering nodig het nie. Die regering het skynbaar instinktief sy steun aan die beweging toegesê, terwyl dit “toevallig” met ’n nuwe vlaag van plaasmoorde, of plaasaanvalle met gruwelike wreedhede saamgeval het.
Haar dood val ook saam met die regering se planne, gelaai met rasse-ondertone, om grondonteiening sonder vergoeding af te dwing. Dit val ook saam met diskriminasie teenoor wit mense wanneer dit verband hou met noodhulp as gevolg van Covid-19.
Pres. Cyril Ramaphosa het ’n dure grondwetlike plig om doeltreffend aandag te gee aan die polarisasie. In sy toespraak vir die nasie Sondagaand het dit trouens geklink of hy besef in watter dilemma hy homself bevind, en wou hy skynbaar begin regmaak toe hy sy toespraak met ’n Afrikaanse “goeie naand” begin het. Maar toe sterf Zindzi, en gaan veel, veel meer van Ramaphosa verwag word.
Hoe moet ons, die slagoffers van Zindzi se kubertong, nou optree?
Met standvastige ordentlikheid. Terwyl dit nou so mode is dat miljoene rande gesteel word om ’n deel vir peperduur begrafnisse te betaal, sal ons en ons burgerlike organisasies, stellig moet gereed wees om te praat as geld wat baie nodig is om die slagoffers van Covid-19 te help, gespandeer word op iemand wat die land soveel skade berokken het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
En waaraan / waarvan sy oorlede is, is skynbaar ‘n geheim?
Die feit dat slegs Black Lives Matter vir onse regering en ons geagte president is hoogs onrusbarend!
Hier kom nog n’ staats begrafnis van miljoene SA het mos baie geld en met ekonomie gaan dit so goed dat gisteraand weer miljoene mense sonder salaris sit.
Stem saam wat hier staan. Sy was of Is geen held nie. Sy was en is een van die groot rassiste nes Eff en baie ander in Anc. Versoening kom nie deur Gal Wat hulle braak nie, maar so sal dit altyd gaan.
Ek sien die op EWN : PRESIDENT RAMAPHOSA MOURNS ‘ICON OF TRANSFORMATION’ ZINDZI MANDELA. Op die 05de Julie is ‘n Indier swanger vrou op ‘n plaas in KwaZulu-Natal keel afgesny Cyril. Net vir jou sal ek haar naam in groot letter skryf ZAKIYYAH AHMEDJAN ISMAIL. Weet nie of sy al ‘n naam vir haar 4 maande ou ongebore baba uitgekies het nie. Miskien kan jy ook vir die Suid Afrikaanse vrou “MOURN”, en vir al die ander mans, vrouens en kinders wat geweldadig dood is op plaase in Suid Afrika.
Om die aandag van ‘n mens se eie onvermoë te verbloem is dit die beste manier om all ander mense rondom jou te beskuldig en sleg te sê