Nuuskommentaar: Zuma en kie dink ons is dom, maar is ons?

President Jacob Zuma op 17 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

President Jacob Zuma op 17 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Ná die bekendmaking van die minister van polisie se Nkandla-verslag spoel golf ná golf van verontwaardiging oor die land: “Dink die president ons is almal dom?” Min of meer terselfdertyd kom die skokgolf van die FBI wat die vinger diep in Suid-Afrika se oë druk oor beweerde omkopery om eers die 2006-Sokkerwêreldbekertoernooi los te slaan, en daarna die 2010-toernooi.

Wie is dan nog lus om te glo die gebroei op die Marikana-verslag voordat dit vrygestel word, het werklik veel daarmee te make dat die president eers sy “mind” wil “apply”?  Dit komende van die einste president wat reeds met ’n senior aanstelling die onderspit in die howe gedelf het omdat dit duidelik was dat hy nié sy “mind” ge-“apply” het met daardie aanstelling nie soos wat die Grondwet vereis.

Met die jongste Nkandla-verslag moes geskokte Suid-Afrikaners hoor die president hoef nie net nié vir die “veiligheidsopgraderings” te betaal nie, maar sal die hand selfs dieper in die sak moet steek omdat sommige beplande veiligheidsopgraderings weens die storm agterweë gebly het.

Hoeveel Suid-Afrikaners gaan byt kry aan die feëverhaal dat Suid-Afrika uit pure goedgesindheid $10 miljoen van die Fifa-toekenning wat hy gekry het om die Sokkerwêreldbeker aan te bied, na die Karibiese sokkerfederasie gekanaliseer het vir sokkerontwikkeling in die Karibiese See-gebied, is moeilik om te bepaal. Al wat ’n mens weet, is dat wat so milddadig aan die Karibiese See-gebied oorgedra is, weer dié kant uit die belastingbetalersakke gewurg moes word om die stadions en ander infrastruktuur mee te finansier. En volgens die FBI het daai geld in allerlei private oorsese rekenings beland waarop dié speurdiens beslag gelê het. Was Suid-Afrika werklik die enigste land ter wêreld wat nie geweet het Jack Warner het daardie rekening soos sy persoonlike rekening bedryf nie?

Die jongste Nkandla-verslag is ’n verleentheid. Die Openbare Beskermer het haar mond ook behoorlik daaroor uitgespoel.

Dit is ’n belediging, indien nie vir alle Suid-Afrikaners nie, dan minstens vir “die ander” wat sulke pretbederwers is.

Net soos oor die Nkandla-verslag, het die laaste skoot oor die Fifa-affêre nog lank nie geklap nie. Ondersoekende joernaliste in die buiteland het ontstellende inligting na vore gebring, soos bekentenisse wat reeds deur van die verdagtes gemaak is. Natuurlik doem allerlei samesweringsteorieë op oor hoekom “die nare” VSA nou so ’n ondersoek sou doen, maar dié “teorie” sneuwel in die wegspringblokke omdat die VSA nie die volgende toernooie aan Rusland en Katar ondersoek nie – wat die VSA glo self wou aanbied. Daardie ondersoek word deur die Switsers gedoen.

Niemand kan stry dat dit al behoorlik beseringstyd was om Fifa ’n slag uit te skud nie. Sokker is behoorlik korrupsie-deurdrenk met minstens een magnaat wat in Singapoer tronkstraf uitdien vir wedstrydknoeiery – ’n omvattende saak waar Suid-Afrika ook ter sprake gekom het. Verskeie spelers is lewenslank uit die sport geskors hieroor. En solank wedstrydknoeiery plaasvind, so lank sal ’n donker wolkie oor bykans enige wedstryd se uitslag hang.

Op ’n manier maak Nathi Nhleko se Nkandla-verslag van Zuma die groot verloorder. Zuma het voor die bekendmaking behoorlik soos ’n hanswors in die parlement aangegaan en die opposisie oor Nkandla getart. Toe moes die land in verbystering waarneem met welke kaf die minister die president probeer verontskuldig het. In sy hoofartikel doop Rapport sy pen behoorlik in gal, onder die opskrif: “Zuma spoeg op ons. Die rubriek word afgesluit met: “Ons minag jou, want jy praat nie namens ons nie, al het 37% van stemgeregtigdes in 2014 vir die ANC gestem. Ons sal ons teen jou verset.”

Volksblad se hoofartikel vandag, “Hoe dom dink ANC is SA?”, vertel ’n verhaal op sy eie. “Omdat hulle en hul gewillige meelopers dit (Nhleko se verslag) glo, beteken dit nie die hele volk sluk dit nie.”

Dis kras woorde, maar ons sien ’n deel van die media wat sy waghondfunksie na behore vervul. Trouens, te oordeel na sommige media en burgerlike strukture, soos AfriForum, se optrede moes grondwetlike demokrasie in die land kerngesond wees.

Maar waar faal die demokrasie dan? Die eerste is by “die kiesers”. Ontleders skud steeds die kop oor die ontsaglik baie diensleweringbetogings wat plaasvind, wat dikwels op geweld uitloop, en waartydens miljoene rande se skade aangerig word, maar is dit verkiesing, stem die einste ontevredenes vir die ANC. Daar is hoopvolle ontledings soos dat verstedelikte swart mense anders begin dink en stem, dat die EFF se blote bestaan die swart = ANC-konsep ’n harde hou op die maag toedien en andere ’n impak begin uitoefen.

Maar soos ’n Springbok wat nie juis vir sy keurige Engels bekend was nie, vir ’n ontevrede teenstander gesê het: “Loeks êt de skôrbord.” Daar staan dat die kiesers steeds genoeg stemme ten gunste van die ANC uitbring, en dit waarskynlik ook nog in die volgende twee verkiesings sal doen.

Nou wag die land op die Marikana-verslag. Niemand meen Zuma sal waag om aan die verslag te peuter nie, maar eerder dat die president besin oor hoe hy die maksimale politieke munt daaruit kan slaan. Die groot vraag is of die hoof van polisie, Riah Phiyega, gaan oorleef. Maar belangriker nog – gaan Zuma die geleentheid benut om Cyril Ramaphosa te pos sodat Zuma sy hande losser sal hê om ’n “gewenste” opvolgstruktuur te bou wat sal toesien dat hy nie uiteindelik sy dag in die hof sal beleef nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wouter Kirstein ·

Imagine if we can share this idea and take the power back… I propose a total strike where we stop everything even e-toll and get government to resolve our president e-toll Nkandla and all corrupt aspects we have to deal with. I believe we should call a strike of people and tax payers until this is resolved. I’m tired of being patronized as a tax payer. Having to pay more while billions are stolen. Zuma doesn’t need to account and is forcing us to pay more so that they can steal more! I suggest we go on a strike from Next Monday get 1 000 000 people to join and its a stay away from work and switch the economy off for a while

Leendert van Oostrum ·

Hierdie opmerkings volg nogal uit Rapportse kommentaar.

Die ARME Naspes – dekadeslank het hulle met die pedantiese vingertjie omhoog sedelessies vir die Afrikaner gepreek.

Nou verkondig hulle openlik verset. En dit in die spoegretoriek van ‘n Terreblanche.

Intussen kekkel Mnr Zuma voort soos wafferse heks uit Macbeth – Sy naam moet eintlik wees: Umtagati!

eunice ·

Natuurlik is ons dom, miljoene is gemors op ‘n ondersoek wat enige regdenkende mens geweet het op niks gaan afstuur nie.

alex ·

Zuma het alle rede om te dink ons is dom. Niemand het nog werklik opgestaan in die Hof teenoor hom aangaande Nkandla en al sy vorige eskapades nie. Mooi zuma go!

Berhalet Beukes ·

Net ‘n dom president soos Zuma dink sy regering se dom leuens kan met nóg ‘n sarsie dommer leuens verbloem word. Hy slaan sy naam elke keer wat hy sy mond oopmaak met ‘n plank!

chris ·

Hierdie “ontleders en Rapport”joernaliste”sit die pot weereens mis op baie plekke.
1.Daar bestaan nie so iets soos ‘n Suid-afrika volk nie.
2.Volksblad verstaan ook nie.Dit pla die ANC glad nie wat die blanke kieser dink nie.Hulle is baie slimmer as dit, 10% teen 90% gaan maak self die somme.
3.Die demokrasie faal nie.Die mense stem vir wie hulle wil.Dit is een man een stem.Nou wil die skrywers van naspers gal braak oor kiesers nie stem soos hulle(naspers) wil he hulle moet stem nie?Dit is mos die demokrasie waarvoor hulle so geveg het.Baie raak mos kwaad en skud ook hul kop oor oom Robert hierbo ,jy’s ook demokraties verkies.Wat van Afrika verstaan die mense nog steeds nie?
4.Swartmense begin dalk anders dink(verseker nie soos die naarpers wil he nie) maar wie kry die meeste van hierdie andersdenkende swart-stemme,nie die DA nie.Die Da praat nou al lank van hierdie anderdenkendes ,die ANC los hulle maar net en net so voor die verkiesing dan vertel hulle die kiesers die DA is wit rassiste of “coconuts” en siedaar 63%+ stemme .
Gaan kyk gerus wie is die kern en meerderheid by die EFF dit is die jongmense en baie is of op universiteit(slimmes)of reeds afgestudeer.Hier faal die argument ook dat dit onderig is wat die oorsaak van die “dom”kiesers is.By verre die meeste stemme wat die ANC verloor het is na die EFF dis hierheen waar die andersdenkendes beweeg.Hoe kan Naspers dit nie raaksien nie, die syfers is daar vir almal om te sien?Nou wonder ek wie is dom?

Jy kan nie uit ‘n westerse verwysing Afrika oordeel of probeer verstaan nie, dit werk bloot nie.Die mense dink en verstaan die wereld heel anders as die westerling en dit is ‘n feit.Wie nou reg is is debateerbaar en hang grootliks af vanaf watter verwysingsraamwerk jy gebruik maak.Dit is die rede waarom Naspers hul koppe skud ,hulle oordeel die kieser volgens die westerse standaard en sal daarom aanhou kopskud.

En so kan ek aangaan.

Herman Toerien ·

Hallo Chris, dit het my ook in die oog gespring dat Volksblad die term “volk” in die betrokke hoofartikel verkeerd gebruik het. Ek dink nie dis moedswillig gedoen nie – as ‘n mens so iets skryf waar ‘n mens navorsing moet doen, vertolkings moet doen, dit leesbaar moet neerpen ens, dan glip daar maklik iets deur wat ‘n mens andersins sou ondervang. Die punt wat ek wou maak is dat twee Afrikaanse koerante basies die punt bereik het van die voet op ‘n manier neergesit het wat nou nie juis oorloop van respek vir die regeringshoof nie. Wat ons wel nog mis is die insig dat sulke optrede noodwendig tot polarisasie lei, en dit weer tot groter simpatie van die “ander” vir die een of ander vorm van selfstandigheid lei. Ek self is taamlik oortuig Media 24 is “gedrop” deur ‘n joernalis by die Solidariteit-beraad wat nie die terminologie verstaan het nie, en met die hoor van “selfstandigheid” op loop gegaan het met ‘n onafhanklike volkstaat wat bepleit sou wees. Min of meer, in elk geval, soos blyk uit prof. Marinus Wiechers se reaksie wat duidelik op foutiewe verskafte inligting gebaseer was. Die ander koerante, bv Volksblad en Die Burger, is uitgelewer deurdat hulle van Beeld se beriggewing vir Guatengse goed afhanklik is. Tot Volksblad se krediet het hulle van die mees ooglopende foute en knypies (soos om goed tussen aanhalingstekens te plaas asof dit lawwighede is, reggemaak. Daarna was daar egter steeds minstens twee plasings waaruit dit blyk dat Volksblad dit steeds nie heeltemal reggehad het nie.
Met ‘n nuuskommentaar kan ek nie aanmekaar dieselfde voorbeelde herhaal nie. Hoe Zuma bv “demokrasie” ervaar is al herhaalde kere aangespreek, juis met die Zim-voorbeeld ter hand. Daar was trouens al reguit klagtes van ANC-leiers oor die grondwet wat te veel inbreuk maak op die “wil van die meerderheid.” Ironies vergeet hulle dat Mandela tydens sy verhoor gesê het hy veg teen wit dominansie, maar hy sal ook teen swart dominansie veg. As hy vandag nog sou geleef het en nog helder van verstand was, sou dit interessant wees om te sien of hy hom inderdaad daarby sou hou.

piet ·

‘n Ander voorstel, wat nie die beste is nie. Ek weet nie hoeveel het Zuma bygedra tot die ontwikkeling van Nkandla nie, maar se nou maar dis R20mil, dan kan die tax betalers hom R20mil gee en dan word Nkandla staats besit en nie Zuma besit nie. Dan beland die eiendom ten minste nie in sy hande nie. Anders is sy R20M dan R500M werd as hy klaar is as president, ons wil dit nie he nie!

Herman Toerien ·

Hallo Piet, die idee het meriete maar die groot probleem is dat die grond waarop dit gebou is nie aan Zuma of die staat behoort nie, maar aan ‘n trust. Dit maak enige moontlike oplossing amper onmoontlik. Tegnies, dus, is die trust, en nie Zuma nie, onregmatig verryk, maar die trust het waarskynlik geen aandeel van enige aard gehad in die verrykingsproses wat plaasgevind het nie. Ek is nie seker wat die duur van die huurooreenkoms met die trust is nie, maar ek glo die idee is dat dit onbepaald hernu kan word wanneer die ooreenkoms verstryk. Ek weet ook nie hoe dié situasie die erfgename gaan raak as Zuma wegval nie, maar ek is taamlik seker Zuma se regsadviseurs sou nie daarop “opgeslip” het nie.

Chris v R ·

Meer as 30 jaar gelede het ek ‘n geleenthied bygewoon waar ‘n geleerde swartman die volgende gese het ( verkort). Die witmens verstaan noe die swartmens nie , omdat; 1) die swartmens kyk nie die woord of begrip “demokrasie ” . Vir hulle is die sterkste een “baas” en hulle volg hom totdat ‘n ander een hom stterker bewys , dan sal hulle die een volg. 2) dieomkoop van ‘n persoon ,veral iemand belangriker as jy is normale gebruik. Om iemand se guns te verkry moet jy ” sy hand oopmaak” met ‘n geskenk. 3) Huuel totale eindverbruikers . Gebruik dus iets totdat gedaan is en maak dus nie voorsiening vir die toekams nie.
Bg inaggenome is dit wat in die RSA gebeur niks vreemds nie

Cathy Kotze ·

Ek het my verkneukel toe ek lees dat Nkandla nou wel daardie peperduur swembad het vir brandbestryding, maar nie ‘n inkelte brandblusser nie.

En oor die sokker debakel vra die Minister van Sport, Fikile Mbalula: “Wie glo julle? Julle eie mense, of die dom Amerikaners?”

Ek is bevrees hy sal nie hou van die antwoord nie: Die Amerikaners natuurlik!

Kaaiman ·

Ai, uiteindelik sin ná soveel onsinnighede in vorige kommentaar oor hierdie onderwerp van die die verskil in denke tussen westerlinge en swart bevolkings. Ek is al gekruisig omdat ek in die destydse referendum NEE gestem het. Ek het nie nee gestem omdat ek nie verandering wou hê nie. Ek het nee gestem omdat die De Klerk-manne wat moes onderhandel, niks geweet het van hierdie verskillende denkpatrone hierbo nie. Dit was tog vir ons wat hulle verstaan, vooraf duidelik dat dit nie gaan werk om met die Afrika-swarte te onderhandel nie. Waaroor onderhandel? Hulle verstaan en leef demokarsie dan totaal anders uit as ons westerlinge! Hulle het die “nuwe” Suid Afrika met sy vrede en alles totaal anders gesien as ons wittes. Daarom het ek nee gestem! Die bloedbad waarmee ons banggemaak is, duur al langer as 20 jaar. Go figure!

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien die regering die mag het om ons grond te gryp kan hulle mos vir Nkandla ook gryp en dit Staatsbesit maak. Wat is die spul Zoeloe kapteins wat heeldag sit en loaf beter as ons hardwerkende boere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.