Nuuskommentaar: Zuma en Mandela en die varkpakke

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Min mense sal stry dat pres. Jacob Zuma die vernederende uitjouery voor die oë van wêreldleiers wat hom tydens die gedenkdiens vir die ontslape oud-president Nelson Mandela te beurt geval het, oor homself gebring het. Selfs ‘n wêreld-muishond soos Mugabe is toegejuig, en so ook oud-president FW de Klerk wat destyds as president druipstert voet in die wind uit Boïpatong moes slaan. Ook oud-pres. Thabo Mbeki wat vernederend deur Zuma onttroon is, is toegejuig.

Die “spreekwoord” lui immers dat as jy jou vir ‘n toffie uitgee, moet jy verwag om gekou te word. As jy ‘n hoë profiel politikus is en boonop nie as staatsman oortuig nie…

Maar was die gedenkdiens van Mandela die regte geleentheid om die varkpak uit die kas te gaan haal?

Dit sou ‘n lywige dokument word om al die wangedrag op te teken wat “gepleeg” is sedert die nuus bekend geword het dat Mandela dood is. Die kuberruim is vol varkerighede geskryf, onder meer deur mense wat die Afrikaner se beeld in die proses deur die modder gesleep het. Aan die ander kant het mense in hul mensverheerliking van Mandela skokkend oorboord gegaan. Mandela was immers ook net ‘n mens en het ook foute gemaak – groot foute.

Die feit is, dit is duidelik dat bitter baie mense hulle heerlik in Zuma se vernedering verlustig het. Dit herinner aan die Bybelse Haman se einde aan dieselfde galg as wat hy vir die Jode laat oprig het. Die Jode vier dit steeds. Baie mense sal voel Zuma het sy verdiende loon gery – dit is net die geleentheid wat in swak smaak gekies is.

Vir die ANC het die uitjouery die eenvoudige les ingehou dat die politiek hom wreek op die opdis van ‘n leier as prima-kwaliteit na sy vervaldatum verstryk het.

Na Zuma se herverkiesing as president van die ANC het die Nederlandse koerant, Trouw, ‘n spesiale hoofartikel geplaas om goed gemotiveer te toon hoekom die ANC die land in die proses ‘n groot onreg aangedoen het.

Die lys van verleenthede wat Zuma vir die land ingehou het, is bitter lank.

Onder die bekendstes was tydens sy Davos-onderhoud toe hy die wêreld ingelig het dat die tipe gewelddadige protes wat Suid-Afrika ervaar, algemeen in demokratiese lande voorkom, maar dat die media dit net nie rapporteer nie. Sy sogenaamde honde-uitspraak het diereliefhebbers oor die ganse wêreld die josie in gehad. Met die stof nog in die lug kondig hy ‘n nasionale reinigingseremonie aan, wat hy wou hê deur emeritus aartsbiskop Desmond Tutu gelei moes word terwyl die Anglikaanse Kerk nie deel in sulke animistiese praktyke nie. Boonop het Zuma Christene oor die wêreld ontstel deur te sê mense in Suid-Afrika wat nie aan die seremonie wil meedoen nie, dra nie versoening op die hart nie.

Elke keer het hy Google se trefslae in die miljoene in gejaag.

Op plaaslike bodem is sy gedurige misbruik van godsdiens op maniere wat in baie kringe as godslastering beskryf word, gereeld ‘n warm onderwerp in die nuus. Hy is dikwels daarvan beskuldig dat hy owerheidsaksies wat deur die belastingbetalers gefinansier is misbruik vir ANC-propaganda.

Dan is daar sy verhoor wat op omstrede wyse opgeskort is en waarmee die howe sedertdien spook, en Guptagate, die wapenskandaal en Nkandla.

Hy het owerspel suksesvol as verweer teen ‘n aanklag van verkragting ingespan, en daarna ‘n familievriend se dogter in die ander tyd gesit…

Van Zuma president geword het, het die land met byna 20 plekke op die korrupsiepersepsie-indeks teruggesak – ook pas kort voor Mandela se dood weer ‘n slag die kreeftegang gegaan. Ironies is hierdie verswakte posisie bepaal voor die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag uitgelek het, tesame met ander verdoemende voorlopige verslae, en nog twee verdoemende verslae bekend gemaak is wat ‘n minister en gewese minister die vloer mee vee. Boonop daal Suid-Afrika onder Zuma se bewind ook op ander belangrike indekse soos die persvryheidsindeks, die innovasie-indeks, die geweldsindeks en sommer die indeks vir mislukte state ook.

Selfs al sou die lysie volledig wees, is dit meer as genoeg om ernstige vrae te vra oor sy geskiktheid as president.

Het Zuma en die ANC nie dalk nou die slagoffer geword van hul eie ingesteldheid teenoor openbare protes wat hande uitruk nie? Kan die gedrag dalk teruggevoer word na die slagspreuk van “first liberation, then education”?

Hoe behoort Zuma op die gebeure te reageer?

Die eerbare ding sou wees om in sy politieke swaard te val en te bedank.

Dit is klaarblyklik die een opsie wat Zuma nie self sal kies nie.

Of die ANC die risiko van rollende massa-aksie voor aanstaande jaar se verkiesing wil loop, sal binnekort blyk. Die aanduidings is dat Zuma hom so deeglik in ‘n kokon van lojaliste bevind, dat dit nie baie waarskynlik lyk dat Zuma “herontplooi” sal word nie.

Ten spyte van tekens van afsplintering van die ANC lyk dit nie of veel van diegene wat nou keelvol vir Zuma is, teen die ANC – met Zuma en al – sal stem wanneer die geleentheid met die verkiesing aanbreek nie. En hierin lê die geaar … oproer wat met plundery gepaard gaan is nie ‘n goeie plaasvervanger vir demokrasie nie.

Nou moet gewag word om te sien of die uitjouery gister die vonk was wat ‘n beduidende anti-Zuma rollende massa-aksie aan die gang gaan sit. Op 15 Julie vanjaar het Maroela in ‘n nuuskommentaar reeds die vraag gevra: “Gaan Mandela vir Zuma pos?” Die beredenering is steeds toepaslik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize Mans ·

Ek dink dit is Malema se mense wat Zuma uit gejou het,maar dat op n verkeerde tyd gedoen is,dis waar.

Marius Vermaak ·

Ek wil die person wat hierdie artikel gesbryf het komplimenteer. Dit is nou baie raak gevat.

Of Zuma gaan waai, ek dink die ANC het ‘n baie moeilike keuse. Bly hy lyk die regering soos ‘n piesangrepubliek. Ry hy is die Desember NEC vertroue in hom tot niet verklaar deur diegene wat met 75% hom gekies het.
Interessant om te sien wie het dit gister reggekry om die mense tot bedaring te bring.
Hopelik kan verskeie kleiner partye hieruit baat vind. Sal ʼn koalisie regering nie die land uitstekend doen nie!

Marius Vermaak ·

Ek wil die persoon wat hierdie artikel geskryf het komplimenteer. Dit is nou baie raak gevat.
Of Zuma gaan waai, ek dink die ANC het ‘n baie moeilike keuse. Bly hy lyk die regering soos ‘n piesangrepubliek. Ry hy is die Desember NEC vertroue in hom tot niet verklaar deur diegene wat met 75% hom gekies het.
Interessant om te sien wie het dit gister reggekry om die mense tot bedaring te bring.
Hopelik kan verskeie kleiner partye hieruit baat vind. Sal ʼn koalisie regering nie die land uitstekend doen nie!

hansie Neethling ·

Dit is vir my nog steeds verbasend dat die korrupte weet nie wat om hom te noem nie nog steeds alles van n stuk papier af moet lees wat iemand inteligent vir hom geskryf het waar ander lande se regeerders uit die mond uit praat en nie nodig het om nog moeilike woorde the probeer uitspreek terwyl hulle praat nie. Dit is sy verdiende loon om uitgejou te word maar hy is skelmer as die duiwel en dit sal moeilik wees om hom van sy troontjie af te kry. Hoekom is ons eie wonderlike vet opgeblaasde Julius so stil, beplan hy n groot braai en paty???
Beste groete vir ons eie mense.

hansie Neethling ·

Dit is vir my nog steeds verbasend dat die korrupte weet nie wat om hom te noem nie nog steeds alles van n stuk papier af moet lees wat iemand inteligent vir hom geskryf het waar ander lande se regeerders uit die mond uit praat en nie nodig het om nog moeilike woorde the probeer uitspreek terwyl hulle praat nie. Dit is sy verdiende loon om uitgejou te word maar hy is skelmer as die duiwel en dit sal moeilik wees om hom van sy troontjie af te kry. Hoekom is ons eie wonderlike vet opgeblaasde Julius so stil, beplan hy n groot braai en party???
Beste groete vir ons eie mense.

Engela J M Britz ·

My ervaring die afgelope jare is dat die opgevoede jeug reeds teen die ANC en Zuma is. Die waarheid is mooi beskryf in hierdie skrywe – die vraag is egter of Zuma en die ANC werklik gaan verstaan wat die inhoud beteken.
Dit kan dalk eerder dieselfde effek hê as wat die vertaler vir die dowes gister gehad het. Ek glo ook nie braille gaan help nie.
Niemand is so stoksiening, hardhorend of selfs stom wanneer dit by eie korrupsie kom nie.
Die ANC en Zuma is in algehele ontkenning oor die verkeerde pad wat die Vryheidsmanifes deur hul in gedwing is nie.
Die enigste pad terug – is die pad van waarheid, erkenning (ook aan Madiba) en die wil om te verbeter.
Daarsonder? Nee wat, dan moet ons smeek vir anargie – want dit is waarskynlik ‘n pynlike pad, maar een wat sal aansluit by Hegel se dialektiek.
Daar is ‘n einde aan elke proses – en dit is die regte tyd vir die omdraai.

henk venter ·

Ons moenie uit die oog verloor dat seker 90% van die mense wat die geleentheid bygewoon het daar was omdat hulle op die belastigbetaler se onkoste deur die anc aangery is MET die belofte van gratis kos en drank as bonus nie.
Dat Zuma hierdie tipe van gedrag verdien is uit en uit waar. Dat dit seker nie die regte plek en tyd was nie, is ook waar.
MAAR wat belangrik is, is om te sien hoe die situasie gaan ontvou in die paar maande tot die verkiesing.
Mandela se dood was gewis weereens ‘n gapende agterdeur vir Zuma. Soos wat die kaping van Polokwane (wat eintlik ‘n staatsgreep was) vir Zuma ‘n agterdeur was.
Ek dink egter die enigste verskil hier is dat die geleentheid in die stadion egter ‘n duidelike riglyn was dat die mense op straat nie meer gemaklik is met hulle eie verteenwoordigers se keuse as president vir die land nie.
En ek dink nie ons moet die gedrag van die mense uitsluitlik voor malema aanhangers se deur le nie….

Sonja ·

Hulle moes mos maar geweet het wat gaan gebeur as hulle vir Zuma hoofspreker maak, die mense is gatvol! Daar was nie ‘n beter geleenheid as juis toe nie, Mandela het juis gesé, as die ANC Regering aan jou doen wat die Apartheids Regering aan jou gedoen het, doen dan dieselfde aan hulle. Hoe durf hulle so ‘n pateet van ‘n leier op so ‘n wonderbaarlike ikoon se begrafnis hoofspreker wees!

Andre' ·

Segotso is darem een eerlike raadslid wat erken dat die President net aan die ANC behoort en nie

aan die res van die bevolking verantwoordelik is nie soos ons lankal weet! Die benaming Staats-

president moet afgeskaf word en vervang word met Gewese -President en huidiglik Mafia- Presi-

dent!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.