Nuuskommentaar: Zuma is SA se eie Trump-skok

Die foto word wyd op sosiale media gedeel.

Die foto word wyd op sosiale media gedeel.

Die ANC doen sy bes om skade te voorkom deur die veldslag voor vandag se wantrouedebat met die teerkwas te wen. Anders as in die VSA waar ontleders van die Demokrate en Republikeine klinies diep sny om die oorsake van die Trump-skok te vind, probeer die ANC die vroeëre Zuma-skok met die munisipale verkiesing te verdoesel deur versiersuiker oor ’n miskoek te smeer.

Die ANC is erg langlippie vir die DA oor die mosie van wantroue wat vandag in die parlement teen pres. Jacob Zuma gestel word. Die ANC se parlementêre koukus kla dat dit die sewende mosie van wantroue in net meer as twee jaar is, en dat dit misbruik van die stelsel is.

Soos gebruiklik smeer die ANC versiersuiker oor die verdeeldheid in eie geledere.

Dit werk nie juis nie, want Zuma het die gewoonte om soos ’n ontkleedanser(es) op die mees ongeleë oomblik deur die versiersuiker te bars, en een van sy “jives” uit te voer.

Nou nie juis ’n strelende prentjie op die oog nie.

Die ANC hou nie van mosies van wantroue nie, en het dit selfs by geleentheid stil-stil geskrap, en die saak was op pad hof toe.

’n Mosie van wantroue is nie ’n vreemde verskynsel aan die demokrasie nie. Die ouer geslag sal onthou hoe pligsgetrou die destydse leier van die opposisie, Sir de Villiers Graaff, jaarliks sy mosie van wantroue gestel het. In die praktyk het die Natte hul meerderheid gebruik om Graaff met die teerkwas by te kom, en dikwels op ’n manier wat die stoerste Nat skaam gemaak het.

Maar tradisie was tradisie.

Nou word ’n mosie van wantroue aangevra wanneer ’n ernstige saak op die lappe kom. In hierdie geval is dit die openbare beskermer se staatskaping-verslag – iets wat die groot verdeeldheid in die ANC soos nog nooit tevore aan die kaak gestel het nie.

Die mosie kom uiters ongeleë, want dit kom midde-in die ANC se jongste beeldbou-aksie om Zuma presidensieel te laat voorkom. Soos gebruiklik staan ’n oorsese besoek en SABC 3 sentraal in hierdie aksie.

Die feit dat die DA in bietjie meer as twee jaar reeds sewe keer die hou van ’n wantrouemosiedebat teen die president kon motiveer, vertel ook ’n storie wat eintlik die ANC tot nadenke behoort te ruk.

Die ANC het met die onlangse landwye munisipale verkiesing sy eie pre-Trumpskok beleef. Waar Republikeinse en Demokratiese ontleders die ontleedmes diep insteek en selfs tot erg kwetsende gevolgtrekkings kom, verkies die ANC om blind vir die werklikheid te wees, en wyd om die eintlike probleem, Zuma, te kyk. Al meer mense binne die ANC word egter nie meer geflous nie.

In die besprekings van die Amerikaanse verkiesing deur Michelle Malkin en Charles Hurt word genadeloos onder Hillary Clinton en die Demokratiese Party ingeklim. Die Demokratiese Party word onder meer as ’n korrupte sindikaat beskryf. Malking wys daarop dat die rap-liedjie van Jay-Z (Beyonce se man) slegs ten dele deur Clinton voor ’n hoofsaaklik swart gehoor voorgedra is. Malkin plaas die res van die liedjie wat erg rassistiese taal teen wit mense insluit.

Hello Miss America, hey pretty lady
Red, white, and blue flag, wave for me baby
Never thought I’d say this s—, baby I’m good
You can keep your p—, I don’t want no more Bush
No more war, no more Iraq
No more white lies, the President is black

(Lees gerus die twee artikels om te sien hoe politiek korrek die openbare diskoers eintlik nog in Suid-Afrika is. As die trant van die twee mense se artikels verteenwoordigend van die Amerikaanse diskoers sou wees, sou Zuma daar nog veel erger as hier deurgeloop het.)

Weens die koukusgebonde stelsel in Suid-Afrika is dit vooraf seker dat die mosie van wantroue gaan misluk. Dit is egter kwalik die punt. Daar is steeds  verskeie maniere hoe die krake in die ANC se selfverklaarde eenheid na vore kom. Onder parlementêre privilegie kan inligting wat tot dusver nie in die openbare domein was nie, nou aan ’n gehoor vol joernaliste bekend gemaak word. Die sosiale media sal baljaar met daardie inligting.

Die ANC se tegniese oorwinning kan maar bitterlik hol wees.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johann ·

Ek dink jy beledig nogal vir Trump erg hier bo, ook met die foto. Trump gaan ‘n nuwe wêreldorde laat ontstaan. Kyk maar na Engeland, wat gaan nou in Europa gebeur, Frankryk, Duitsland, Holland, Italië. Kom ons hou vorentoe dop.

John ·

Zuma sou nogal beter lyk met hare, maar dis sover die vergelyking water hou. Hierdie is ‘n beleding vir Trump en ‘n vingerwys na joernaliste wat aanhou om soos skape oor gevaarlike snelwee te storm en nou wonder hoekom hul menings in wit en swart gedokumenteer skielik so belaglik lyk.

Maria Van Dieweeck ·

Sug, hoe wens ek ons kon n mnr “Tromp” kry, met n blonde kop en n lekker ou ekonomiese plan…

Herman Toerien ·

Daar word in hierdie nuuskommentaar geen vergelyking tussen die persone van Zuma en Trump getref nie. Die Trump-skok is die feit dat baie regerings ens geskok was dat hulle op sterkte van meningspeilings skielik met Trump as feit sit. Maar die Amerikaanse ontleders delf nou regtig diep om vas te stel hoe die peilings so verkerd kon wees (en twee skakels is voorsien). Hier smeer die ANC net versiersuiker oor Zuma en soek die rede vir sy verliese en verdeeldheid anders.
Dis geen vergelyking tussen die persone van Zuma en Trump nie.

Michael ·

Moet dan nie ‘n foto by jou artikel plaas om Zuma soos Trump te laat lyk nie. Trump is die beste ding wat in lang met VSA en wêreld gebeur het. Die gewone mense wat altyd deur ontleders en politici op neergekyk word het nou uiteindelik hul stem laat hoor.

Koos1 ·

Aai Herman, ek het dit ook al beleef. Van ons komentators lees nie die woorde wat geskryf staan nie, maar wel die woorde wat hulle wil lees en dan, volgens hulle eie gelvolgtrekkings geintrepreteer word.
Ek het al probeer om van my kommentaar te verduidelik, waaroor ek gruwelik beledig is (deur mede lesers en wat MM ook verwyder het), maar herlaas, die lesers het hulle eie opinie.
Hou asb aan met wat jy doen, ek geniet jou stukke baie, en leer ook daar uit.

Anne ·

Ek moet dan groot omverskoning vra as ek ook mis gelees het!

Ian ·

Belaglik vernederende foto. Totaal onvanpas.
Daar is net ‘n Trump-skok vir oningeligte mense wat die bree media se leuens glo.
Vir miljoene ander mense was dit geen skok of verrassing nie

Sonja ·

Stuur Trump vir ons, Amerika kan vir Zuma kry, ons kan sommer paar ministers ingooi as bonusse.

kat ·

Jy sien nou beledig jy n man met hoee standaard waardes ,dis nou Donald Trump en dis waarvan ek praat julle medianiete is n klomp parasiete wat op nuus lewe en suig julle medianiete het die wereld regeer tot nou toe .Ongelukig vir julle het julle nou n tier teen julle namens Donald Trump so lekker

Se Maar Net!!!! ·

Hy sal in sy hele lewe NOOIT ‘n Trump wees nie. Moet asb nie verward raak nie. Trump weet wat hy doen en waarvoor hy staan. Kan nooit dieselfde se van Zuma nie. Net ooit NIE!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê SeMaarNet

In die nuuskommentaar word NIE ‘n vergelyking tussen Trump en Zuma getref of geïmpliseer nie. Die skok verwys na die reaksie van regerings, individue en partye wat op sterkte van die peilings geglo het Cinton gaan wen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jakobus ·

Ongeag, hierdie is nie die eerste keer dat daar raakpunte tussen Zuma en Trump gesoek word nie.

Joh. 3:16 ·

Hallo Suné. Daar is drie metodes om ‘n geskrewe stuk te interpreteer. Dis universeel. Drie filosowe het beredeneer hoe mense by die betekenis van ‘n geskrewe stuk uitkom:
1. Hans-Georg Gademer(1900): verstaan vind plaas hoe die leser die teks ontmoet. Kort, die leser bepaal self wat hy lees en daarvan wil verstaan.
2. Paul Richoeur(1913): Van praat na skryf verander die wese van kommunikasie. Sodra iets geskryf word lees elkeen dit binne eie konteks en omstandighede, want dit oortref die omstandighede toe dit geskryf is. M.a.w. ‘n geskrewe stuk bepaal in enige konteks wat dit wil kommunikeer, sonder dat die ontstaan konteks van die stuk verken hoef te word.
3. E.D. Hirsch Jr(1928): die outeur bepaal die betekenis en die leser moet gaan vasstel wat die outeur oorspronklik, in sy konteks, bedoel het.
Die meeste mense lees hulle Bybels volgens punt 1 en 2, want dis die minste moeite en groter vryheid van interpretasie. (Jy kan nie die Bybel lees sonder die Outeur se Gees wat vir jou sy bedoeling met sy Skrywe verklaar nie). Nou as mense so omgaan met die Bybel, moet julle joernaliste asseblief ontspan. Dankie vir julle harde werk.

Henk ·

AL daardie ANC lede in die parlement gaan teen die mosie stem en sal dit in die toekoms steeds doen. Die rede, moenie vergeet dat Zuma hulle aangestel het en derhalwe kan afdank ook nie! Buiten natuurlik as jy soos Nene en Gordhan nie na sy pype dans nie. Solank as wat die korrupte keiser die septer swaai, sal die korrupte volgelinge verseker wees van staatsinkomste, staatsvoordele, staatspensioen, privaat medies op staatskoste sodat hulle nie in staatshospitale kan gaan doodgaan nie en al die byvoordele soos die tjeks wat deur die guptas van die samelewing verseker word natuurlik as bonus. Met die bestaande stelsel in die parlement waar die stemminge derhalwe met die opsteek van ‘n hand gehou word, sal die eerbares in ANC geledere natuurlik hul hande vir Zuma opsteek, want hy het hulle reeds bewus gemaak van Nene en Gordhan ……

Delia ·

Baie swak smaak van julle MM, om so !n foto te plaas…..skaam julle!

Elle ·

Jy maak my dag Mnr. Toerien. Veral jou skreeusnaakse beskrywing van ‘n ‘jivende’ Zuma wat soos ‘n wafferse stripper deur die icing bars waarmee die ANC die miskoek probeer toesmeer. Puik artikel. Jammer tog dat mense net prentjies wil kyk en te lui is om te lees wat jy skryf.

Knersus D ·

LMGA!! Ek gaan hierdie foto vergroot en in my kroeg ophang – dis prysloos!!
Maar, dis onbillik om die twee te vergelyk – Zoempie is glad nie eers op die map nie.

Maureen ·

Baie geluk President Donald Trump.Kom ons kyk wat doen jy as skole brand universiteite afgebreek en verwoes word historiese monumente afgebreek word en jou boere wat sorg dat daar kos op jou tafel is vermoor word. O ja en wat gaan jy doen met die boosdoeners wat mens afval by publieke plekke gooi en asblikke omkeer in strate oor verhogings? Hoe gemaak met feesmustfall? En mense wat by myne nou sonder werk sit agv the rich must get richer en the poor poorer?ens ens ens .Hou op om Trump en Zuma se persoon te beledig ons is nie almal beauty queens nie en gaan lees die definisie van haat spraak weer ‘n keer. Sê maar net.

HV ·

Laat jul nie laat bluf deur die kamstige selfondersoek van hoe die menings peilings so verkeerd kon wees nie. Daar was nooit menings peilings, slegs rekenaar inskrywings, dit was politieke propaganda. Al die leuens en verdraaiings en verdag makery deur die hoofstroom media het toe sleg geboomerang , die publiek was toe nie heeltemal so onnosel soos hul gedink het nie.

Grassie ·

Ons weet nog nie hoe goeie president Trump gaan wees nie. Hy moet darem eers ‘n kans kry om sy vermoëns te wys voordat ‘n foto wat aanstoot gee op MM vertoon word.

Jakobus ·

Dis hoekom ek elders ook gemeld het dat daar is raakpunte (of dan ‘n raakpunt) tussen Zuma en Trump gesoek. En dit is toe gekry.

marie visser ·

Dit wys nou maar net, die ontleders en die media het vir Clinton gesteun en haar beeld opgeblaas om sodoende te probeer om die man op straat te beïnvloed. Soos wat dit maar in ons samelewing gaan. Nou weet die slimmes kwansius nie wat verkeerd gegaan het nie. Die regte persoon het gewen, dis wat! Ek is soooo bly Trump het gewen.

Johan ·

Ja Marie ek het met die verkiessing op CNN gekyk dan wys hulle Clinton ver voor dan skakel oor na Fox News en dan wys hulle Trump ver voor. Wys jou maar net hoe is die media maar geregtigheid het geskied.

Lance ·

Verskil is net Trump het sy eie geld gemaak en sy eie huus gebou met sy EIE geld en nie dit gesteel uit die staatskas met n klomp vriende met wie hy diep en onderduims gekonkel het nie ….O en Trump kan groot bedrae geld self maak en dit nogal reg uitspreek !

Theo B ·

Ek is altyd geamuseerd as ek die negatiewe retroriek op ‘n platform soos Maroela Media lees deur die politieke wetenskaplikes. Waarom is almal so teen Trump? Wereldwyd dryf die media ‘n agenda wat oenskynlik globalisering voorhou. Die gradient waarteen Trump gekritiseer word is opmerklik en van objektiwiteit min sprake. Die Republikeine is meer kapitalisties en die demokrate meer sosialisties (waarom hulle die naam “Demokrate” gebruik is nogal eintlik ironies want mense se regte word juis ingeperk deur wetgwing om die massas te bevoordeel ten koste van die individu; bv Obamacare. Hulle is niks meer as ‘n Sosialistiese party nie. Waarom word die Republikeine/Trump dan so gekritiseer? Hulle verteenwoordig dan die meerderheid Amerikaners. Lees gerus bietjie meer en praat met Amerikaners oor die VSA heen – en nie net n paar in Washington of NY nie – en jy sal gou agterkom dat Trump se verkiesing dalk nie so onverwags was nie. Naelskraap miskien.
Aan die heer Zuma is daar egter nie vet aan te smeer nie.

ai tog ·

Trump hou nie van aborsies nie..’n volk wat sy die babas Vermoor Sal ten gronde gaan.. Hy is pro -life en het geen probleem dat mense hulself met wapens beskerm nie.. Ek wens so hy was ons leier..die media het Lekker op hul neus gekyk. Ek het daai fake smile van sy opponent gehaat..viva Trump..viva

Theuns ·

Puik Kommentaar Herman. Jy skryf in jou artikel hoe polities korrek die obenbare diskoers in Suid Afrika nog steeds is laat my dink aan wat ‘n Amerikaanse President, George Washington, gedurende sy leeftyd gese het nl:

“IF THE FREEDOM OF
SPEECH IS TAKEN AWAY
THEN DUMP AND SILENT
WE MAY BE LED AWAY, LIKE
SHEEP TO THE SLAUGHTER!”

Ns: Ek probeer om in jou artikel iets te lees wat sommige van die kommentators oor repliek lewer maar ek sien dit nie eers tussen die lyne nie? Groetnis!

Lola ·

Jong Maroela, seker julle die ‘libs’ loslaat om te skryf wat hulle wil? Kan julle dalk seermaak en ons almal is lief vir julle.

Ekke ·

LMGA! Baie dankie MM vir die goeie sin van humor met Zuma se foto . Dit het my dag gemaak. Ons moet liewer fokus wat in ons eie land aangaan en ons eie probleme in ons land probeer oplos en ophou om soos die engelse spreekwoord se:”Never judge a book by its cover read the text then deside to judge” mense se verbeelding hardloop met hulle weg. Wie weet dalk lewer Trump iets nuuts en iets goeds op? Kom ons sit almal rustig agter oor in ons lazyboys stoele met n laaaang glaas koeldrank ek groot bakke popcorn en kyk wat gebeur en wees bietjie positief mense!

Johann ·

My aarde! Het Amerika n verkiesing gehad? Wou wou opgewonde raak toe ek die kiekie sien…verbeel my alte ewe die Trompop man sê vir Zumpi….your fired!!! Hahahahahaahhaha

Ena Diedericks ·

Man! Ek is so beïndruk met die volk se kennis oor die media veldtog teen Trump! Ja, ons is nie so onnosel soos die skaduregerings dink nie. Ons is natuurlik heeltemal van die belangrike onderwerp af. Maar dis die fotokullery se skuld Herman. Onvergeeflik, vriend. Die man is nou genoeg beledig – hy verdien beter. Ek is so in die Engels in hier noord in Kanada, dit was verfrissend om jou berig in keurige en sprankelende Afrikaans te lees. Tel my by as gereelde leser van nou-af. Sien, die VSA verkiesingstryd van die afgelope agtien maande het ons land ook aangeraak en baie glo die media retoriek en is nou onnodig bevrees .

Marius ·

Kom ons vergeet nie dat Clinton meer as 200 000 stemme meer as Trump gekry het nie. Trump het nie gewen nie. Die stelsel het hom laat wen agv hulle kiesstelsel. Ietwat bizar as jy my vra. Die man is net te immoreel om enigsins my respek te hê. Clinton is net so erg. Die arme Amerikaners

Pietman ·

Wat ‘n belaglike vergelyking! Ek is teleurgesteld.

Ek sou ‘n duisend maal eerder ‘n Trump aan bewind van Suid-Afrika wou hê as vir Zuma.

Trump is geen engeltjie nie, maar hy is ‘n soveel beter opsie as die korrupte beroepspolitikuste.

Het gehoop MM se rubriekskrywers sal eerder die eensydigheid van die wêreldwye hoofstroommedia uitlig eerder as om hulle klakkeloos na te boots.

Mariné Lourens ·

Dagsê Pietman

In die nuuskommentaar word NIE ‘n vergelyking tussen Trump en Zuma getref of geïmpliseer nie. Die skok verwys na die reaksie van regerings, individue en partye wat op sterkte van die peilings geglo het Clinton gaan wen.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Marius ·

Jacob Tronk. Gogga maak vir baba bang. Ek wil hom nie in die nag raakloop nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.