Nuuskommentaar: Zuma maak weer Van Riebeeck en Kie. die sondaars

President Jacob Zuma op 17 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

President Jacob Zuma op 17 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor die staatsrede Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Daar is net geen salf aan Jacob Zuma te smeer nie. Met sy toespraak ter viering van Afrikadag raak hy die bog kwyt oor in watter vrede Afrikane met mekaar geleef en baie pret gehad het voordat “die ander” opgedaag het en als verander het. En toe lag hy weer te lekker vir sy “spitsvondigheid”.

So berig die “soms oordrewe negatiewe media,” soos Zuma hulle noem.

Zuma se stelling dat almal in vrede geleef en pret gehad het, gaan nie die toets van werklikheid deurstaan nie. Maroela Media het op 16 Julie berig oor die fonds van wat waarskynlik die oudste rasse-oorlog was – sowat 13 000 jaar gelede aan die Nyl in die teenswoordige Soedan. Die slagoffers was hoofsaaklik die voorlopers van Afrika se swart mense, en die aanvallers waarskynlik die voorouers van mense wat al om die Middellandse See woon. Klimaatsverandering en die inkrimping van kosproduksiepotensiaal het waarskynlik hiertoe gelei.

In die Algerynse woestyn by Tassili N’Ajjer is rotstekeninge gevind wat tot ongeveer 4 000 tot 6 000 jaar gelede strek, met die jongste tekeninge wat ook mans op gevegswaentjies (chariots) uitbeeld – stellig nie om te kom handel dryf nie. Dit dateer so lank terug dat dit voor die huidige droë fase van die Sahara was. Destyds was daar ook nog geen swart stamme in die teenswoordige Suid-Afrika nie. Die eerstes het eers sowat 2 000 jaar gelede die land drupsgewys ingekom, wat toe reeds duisende jare lank deur die voorouers van die San bewoon is.

Die swart mense se meer gevorderde ystertydperkse beskawing het dit maklik gemaak om die KhoiSan te verdryf, te verdring of te assimileer.

Vroeg in die 19de eeu het die Zoeloes ’n veroweringstog begin wat ’n bloedbad afgegee het. Die Sotho-sprekendes noem dit die difaqane (gedwonge migrasie) en die Zoeloes noem dit mfecane (vermorseling).

Dit klink nie na vreedsaam of dat almal baie pret gehad het voordat die wit mense ook in daardie gewestes hul opwagting gemaak het nie.

Tipies aan die hand van Zuma se styl van blaampolitiek lees hy te veel in die “oordrewe negatiewe” skets van kolonialisme. Hiervoor vind hy ’n ontvanklike oor by baie Afrikaleiers wat hul eie korrupte bewinde se gevolge ook op kolonialisme se brood probeer smeer.

Wat Zuma betref, is korrupsie ’n “Westerse konsep”.

In sy 1942-werk, Die Suid-Afrikaanse visnywerheid, skryf C von Bonde dat Van Riebeeck, volgens sy dagregister, ’n amptelike bevel uitgereik het dat die koloniste hulle nie met visvang besig moes hou nie. Vrygestelde Oosterse slawe is later toegelaat om met nette vis te vang. Kortom, die eerste tekens van hulpbronbewaring het reeds in Jan van Riebeeck se tyd begin geld, en hy is nie die beste voorbeeld van “koloniale stroping van hulpbronne” nie.

Kortom, die rasbenepe Zuma weet niks van die demokrasie af nie, wat insluit dat die regeringshoof in algemene belang, en nie net in belang van sy ondersteuners nie, moet kan regeer.

Sy korttermyn-doelwitte is nou om die skade wat Suid-Afrika by ander Afrikalande gely het oor xenofobiese aanvalle, ongedaan te maak. Dat hy “die ander” (oftewel dié wat nie African Africans is nie) in die proses soos vreemdelinge in hul eie land laat voel, is ’n probleem vir ’n ander dag.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek reeds ’n klag van haatspraak wat die Vryheidsfront Plus teen Zuma aanhangig gemaak het oor sy Van Riebeeck-uitlatings. Zuma moes juis teen 8 Mei aan die kommissie antwoord oor die klag.

Uit Zuma se Afrikadag-reaksie lyk dit of hy die kwessie nog as ’n groot grap beskou.

Zuma leef egter binne ’n perseptiewe werklikheidsomgewing, en daar word onderling warm gebroei. Op News24 voices skryf Mo Mbindwane dat die klag van rassisme wat Solidariteit by die VN teen die regering aanhangig gaan maak “immoreel en onpatrioties” is. Hy haal flink aan uit die geledere van Martin Luther King en geesgenote, maar verswyg dat daar in die VSA ook ’n ander kant van die munt is. Die staat Michigan het “affirmative action” as kriterium vir die toelating van studente aan universiteite belet, en dié verbod is deur die VSA se hoogste hof, die Supreme Court, bekragtig. Die stap is deur talle swart meningsvormers met selfrespek verwelkom.

Die natuurlike gevolg van wat Zuma aanvang, is dat die middelpuntvliedende kragte in die land al sterker word. Al meer “van die ander” gaan begin opstaan en sê hulle stel nie (meer) in versoening belang nie.

Dan het Zuma gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

kobus smit ·

Ek stel lankal nie meer belang in versoening nie. Dit kan nie heel tyd net van die wit kant kom nie. Ons was al een keer onderdruk deur die engelse en kyk wat het gebeur. Hulle leer mos nie geskiedenis nie. Hier kom n ding. En ek is nie bang nie

J.Z ·

Ek stem saam, hulle stel gladnie belang in versoening nie of nasie bou nie ,al wat hulle n wit mens voor sien is om hom vir n melk koei te gebruik.Soos jy se in die geval is dit net hulle wat lippetaal gebruik .

Pierre Booysen ·

Dit is jammer dat die westerse konsep van korrupsie saam met beskawing en vooruitgang gekom het. Dit is jammer dat iemand in so n belangrike posisie sy dwaasheid op internasionale vlak wys. Asof ons nie ons eie geskiedenis ken nie.
Sy ANC geskiedenis handboek is geskryf sodat hulle koffers kan voordeel trek uit mense wat so desperate hulp nodig het.
Skaam jou Mnr Zuma. Terwyl jy jou snert kweit raak sukkel die meeste van ons land se mense terwyl jy jou vol eet en drink en en lag en jou pret het.
Dat jy nie n verantwoordelikheids sin het vir waar en hoe ons land is nie, is maar kennend aan iemand net aan homself, sy maag en drange dink. Sies vir jou.

Elize ·

Ons edele president, is die ongewildste president ooit!!!!!!!!!!!! Hy is n skade vir SA.

david ras ·

Ek wil graag hierdie ware gebeurtenis oorvertel:
In die sewentigs werk ek by ‘n baie groot maatskappy in Johannesburg.
Daar het ons ‘n swartman gehad wat daagliks met ‘n trollie jou koppie tee gebring het. Hy was ‘n Zoeloe genaamd Joseph.
Een oggend daag Joseph nie gewone tyd op nie. Eers later teen omtrent 11 uur daag hy op. Op ons vraag vertel hy dat hy saam met ‘n goeie vriend elke dag dieselfde bus gehaal het, en by West straat afgeklim het elkeen op pad na sy werk toe.
Die spesifieke oggend . net toe hulle afklim, skiet iemand Joseph se vriend langs hom dood.
Volgens Joseph, het die motief vir die moord sy oorsprong ongeveer ‘n honderd jaar tevore toe ‘n jong meisie van een dorpie water gaan haal het by ‘n spruit, en ‘n jong man van ‘n ander dorpie haar daar aangeval en verkrag het.
Van daardie tyd af word daardie daad gewreek.
Dit word ‘n oor en weer moordery. Elke moord word dan weer gewreek.
Ek wil vir Pres. Zuma herinner aan die feitlik elke Maandag se Radio Nuusberigte oor die afgelope naweek se stamgevegte van destyds, in Zuma se geliefde Zoeloeland en in Mandela se tuiste die Transkei .

Danie ·

Die pret wat hulle gehad het, was om mekaar uit te moor! Dink maar aan Shaka en ander.

Gerhard Bezuidenhout ·

En Zuma dink dat hy wonderlik is Ek het vir hom nuus dat baie buitelanders wat SA besoek prontuit se dat ons president n nar en n verleentheid is.Ek ondersteun vir Elize dat Zuma die swakste president is wat ons ooit gehad het . En dom.

Grassie ·

Ek is moeg daarvoor om hier in my eie land as ‘n indringer, ‘n vreemdeling uitgekryt te word. My stamvader het in 1679 in die land aangekom, so my voorsate woon al 336 jaar hier en ons is hier om te bly. Zoempas moet maar sy machini wami, waarvan hy altyd sing, gaan haal as hy so voel. Ek
wil saam met Kobus Smit hier bo sê “ek is nie bang nie.”
Ek dink nie enige versoening is meer moontlik nie.

Rynhardt ·

Prez.Zuma jou afrikane het so in vrede gelewe dat hulle in hul onderskeie Afrika-lande oorlog teen mekaar gemaak het.Die oorblywende vlugtelinge(nie eens wettige inwoners van SA nie) het gevlug na SA waar koning Shaka talle swartstamme uitgemoor het!Zuma,ek sou se dit is n eienaardige vrede wat y afrikane gehandhaaf het.Vir die rekord,die blankes het nie die vrede versteur nie.As die voortrekkers by bloedrivier hul nie teen die Zoeloes verdedig het nie,was hul almal uitgemoor!Zuma,jy slaag nie om skuldgevoelens by Afrikaners te skep nie.Vandag is die afrika-kontinent in meer oorloe gedompel,waarvoor korrupte Afrika-diktators self verantwoordelik is.Zuma,”die ander”(wittes) het so die vrede versteur dat jy met standard3,R2,7miljoen jaarliks van hul kry,terwyl jy diskrimminerende wetgewing teen ons toepas.Prez, jy gaan my oor niks skuldig laat voel nie.

Leendert van Oostrum ·

Mnr Zuma is besig met “die groot leuen”, net soos Hitler en Goebels. – Die mense gaan die grootste leuen glo as jy dit genoeg herhaal.

En skynbaar is sy doelwit dieselfde as dié van Hitler en Goebels – massamoord.

david ras ·

Steun jou stelling 100% Leendert. Trouens, Zuma en die ANC is nader aan volslae Nazisme as wat meeste mense besef.
Affirmative Action is die Afrika weergawe van Hitler se stelsel teen die Joodse minderheid.
Sy Nuremberg deklarasie spel dit deeglik uit–opgesom in: “kein arbeit fur Juden” (geen werk vir Jode)
Hy het ook geeis dat alles die bevolkingsamestelling moes weerspieel–presies dieselfde as wat die ANC vandag hie by ons eis.
Ons is in dieselfde booitjie as die Jode in Nazi Duitsland destyds. Die enigste verskil is dat wat hier staan–veral die infrastruktuur van die land, deur die wittes beplan, befonds en gebou is. Eintlik is ons die wettige eienaars van elke dam, kragsentrale, paaie , skole en universiteite.
Om Regstellende aksie se ontstellende ooreenkoms met die Nazi weergawe te sien, gaan Google net Affirmative Action in Nazi Germany,
Dit is soos die Engelse spreekwoord–a real eye opener

Rynhard ·

Prez,voordat ek vergeet.Ons het so die vrede versteur dat jy R30miljard van Afrikaners se belastinggeld gebruik om jou wit raadgewers te betaal om valse propagande teen ons te bevorder!Mense,kan ons sien,hoe siek dit is?Dit is tyd dat die geldkraantjie toegedraai word in n land,waar die Afrikaner/Boervolk onderdruk en uitgemoor word.Die nuwe leuse by ons moet wees,”No more mr.Nice guy!”

Pieter ·

F.W.De Klerk en sy onderhandelaars het mos nie geweld laat afsweer nie en ook nie `n vir die Blankes `n plek verseker in die sogenaamde Nuwe Suid Afrika nie (Bv, Propersionele verteenwoordeging).Daarom beskou ek hom en sy mede onderhandellaars as die grootste verraaiers van die Blankes,Bruinmense,Indiërs en ander minderhede.Nou bie De Klerk kans om die ANC te kritiseer.Hy het sy kans gehad en moet liewer om verskoning vra vir sy gemors wat hy aangevang het.

Dave ·

Hoe op aarde weet Zuma van Jan van Riebeeck, mens leer eers in hoër grade op skool van Van Riebeeck. Eers in graad 5!

Dries ·

Ons moet maar die ou man los laat hy aangaan met sy streke, die hele wereld ken hom as donkie wat dink hy kan die July wen….. lag maar net want daar is niks wat ons kan doen nie. Die kere wat ons wel iets kan doen of as die kans kom, gebruik dit. Die wielietjie draai mos maar in die rondte, beurte sal ons kry…

Eliza-beth ·

Haha Dave – goeie een! Eintlik moet mens jou glad nie aan die grapgat steur nie, sy gebrabbel is ongeveer dieselfde klank as ‘n brommer aan die binnekant van ‘n venster – beteken ook net so min! Hy probeer hard om ons om te krap met sy ou stellinkies en mens moet net glad nie reageer want dis wat hy wil hê. Dit laat hom belangrik voel. Ek meen IETS moet hom laat belangrik voel nie waar nie want andersins steur niemand hulle enigsins aan hom nie.

Gideon Roos ·

Daar is ongelukkig geen tekort an on-opgevoede ANC aanhangers wat alles wat Zuma hulle vertel glo asof God dit self in die natuur gegraveer het nie.

annie ·

Zuma jy is n grapgat vir almal en ja jy is reg as dit nie. Van Riebeek was nie sou die land n beter land gewees het grapgat

Lappop, die Ashoop ·

Jes. 1:21 Ag, hoe het die getroue vesting (land) ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag – en nou moordenaars! Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na.
Deut. 28:66 En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
Deut.28:43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoer en hoer opklim; en jy sal laer en laer afsak.

Rynhardt ·

Elke keer wanneer Zuma uitvaar teen die blankes,dan bly die liberale DA tjoepstil!Selfs die DA se “nuwe Obama”,Mmusi Maimane is ook tjoepstil.Dit wys weereens hoe anti-afrikaner hul is,want hul wil vir ouboet(Anc nr.1),nie aanstoot gee nie.

Sollie ·

Rynhardt – hulle mors nie hul tyd met twak nie. Daar is beter en belangriker dinge om te doen as om op elke sotlike uitspraak van stortkop te reageer. Mens moet jou glad nie deur hom laat opwerk nie, dis presies wat hy wil hê.

Henry ·

Almal noem Zuma dom en rassisties en skelm ens. Ongelukkig word hy deur soortgelyke dommes en rassiste aan bewind gehou en nie Afriforum of DA of soortgelyke organisasies sal dit kan verander nie. Ons wit mene sal mettertyd oor die volgende 40 of 50 jaar minder word en uiteindelik verspreid oor die wereld heen sit net soos in al die Afrika lande voorheen gebeur het. Dit is n feit en mense bluf hul self as hulle dink Suid Afrika is ‘anders’ soos mens baie hoor. Soos Jan hier kom land het is dit tyd dat die nagedlag vir hulle n nuwe plekkie in die son gaan soek. En vir die mense wat se ons is nie bang nie en reg vir baklei, dink maar weer…..swart weermag, lugmag, polisie miljoene onwettige wapens in swart hande (en wettiges) en dan nog hul maatjies van Zimbabwe en Angola

badie ·

Moenie veralgemeen as jy sê polisie,weermag ens,ons is dalk bittermin en ons mag nie veel sê nie maar glo my as dit ooit op konfrontasie uitloop is daar meer as genoeg bevoegde polisie,weermag ens wat vir ons land sal opstaan

Janine du Plessis ·

In 1488, toe die eerste geskiedenis in SA opgeteken is, was dit Khoi teen San en andersom. Toe die Xhosas 200 jaar later die Visrivier bereik, was dit Khoi teen Xhosa, Xhosa teen Blank en Xhosa, Khoi en Blank teen San en andersom. Dan was almal nog in stamme verdeel en het die stamme mekaar ook uitgewis (nie die Blankes nie, hulle was reeds 6000 jaar beskaafd). Toe die Zulu kom…. moet ek aangaan? Ek ken regtig my geskiedenis en ou zoempies maak net ‘n “fool” van homself. As Jan net 200 jaar later gekom het, sou hy die land leeg gevind het. Maar toe arriveer die Engelse en wie tjop af? Die Afrikanervolk! En ons betaal steeds ‘n baie duur prys vir die “voorreg” om hier te kan woon.

Leendert van Oostrum ·

Oepsie,

“Die blankes het mekaar nie uitgewis nie, want hulle was reeds 6000 jaar beskaafd”.

Huh?

“Beskaafde” massamoordenaars soos Milner en Kitchener, soos Hitler. Mussolini, Stalin (en Churchill)?

En sy beweer sy ken haar geskiedenis “regtig”!

Peet Schabort ·

Jy is reg Janine. Ook by Bloedrivier het die Voortrekkers se christenskap gemaak dat hulle nie die verslane Zoeloes agternagesit het en uitgemoor het nie. Jy pleeg moord as jy die vyand wat vlug begin doodmaak. Daar is ook gevalle waar die blankes tot die redding gekom het van swartes wat deur ander swartes uitgemoor was. Ek dink hier aan Alexander Merensky, die Duitse evangelis wat tesame met Heinrich Grütner Botshabelo naby Middelburg begin het om sodoende skuiling EN OPVOEDING te bied.
Botshabelo wat teruggegee is aan die swartes en stelselmatig agteruitgaan. Ja, ek was daar 9dae gelede en weet hoe dit daar lyk.
Lees ook F.W. Strydom se “Die Swart Verskrikking” ISBN 0 628 01211 X. Dit gaan oor ‘Die Verhaal van Tsjaka en sy Volk van die Hemele’ soos verwys na op die stofomslag van die boek.

jaycee ·

Dit is vreeslik as ‘n man op Zuma se ouderdom met reg as ‘n sot uitgekryt word en dit skeel hom nie in die minste nie.

Anoniem ·

Zuma was ook een wat bande en skole afgebrand het in 1970/80 teen Afrikaans as onderrig taal op skool, en daarna “ge-deplooi” is na die buiteland vir verdere opvoeding en opleiding aangesien hy nie verder as std 3 in SA kon behaal nie en later geeindig het op Robert eiland. Daar het hy geleer om te manupileer en skelm te wees teenoor almal wat vandag in die parlement vir die ANC sit.

Blanche ·

Ons het nou genoeg gedebatteer oor als wat Zuma ensy gespuis praat en ons van beskuldig. dis dalk tyd om op te hou met debat en ons land terug te vat

neelsie ·

Jakob se optrede word in die Woord beskryf in
Gen 27;
Die geskiedenis herhaal homself!
Bedrog blyk n heldedaad te wees!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.