Nuuskommentaar: Zuma mag nie hiermee wegkom nie

Foto ter illustrasie van die nuuskommentaar. Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Foto ter illustrasie van die nuuskommentaar. Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Die nuwe jaar is nog nie twee weke oud nie, of pres. Jacob Zuma sit weer sy voet daarin, en haal hom dié keer ’n klag oor rassisme by die Menseregtekommissie op die hals. Tog word dit skynbaar in die media hanteer asof dit minder ernstig is as die Penny Sparrow-geval.

Terwyl as’t ware probeer word om ’n mossie met ’n voorhamer dood te slaan, stook pres. Jacob Zuma weer rassegevoelens aan en skaars ’n haan kraai daarna.

Dit is natuurlik ’n breër probleem as net Zuma se stelling dat “die grond” in Suid-Afrika van swart mense gesteel en daarom teruggevat moet word. Opnames toon dat tot ongeveer 85% van alle swart respondente dieselfde mening huldig, en dat hierdie persentasie geleidelik styg. Hierteenoor beskryf die ad hoc-komitee oor grondbesit wat verskeie belangrike organisasies insluit dit as “die groot leuen”.

Of Zuma self net oningelig of moedswillig is, is moeilik om te bepaal. Oor grondbesit het hy al verregaande goed kwytgeraak, soos dat tradisionele swart grond hoofsaaklik in die droër, onvrugbaarder dele van die land geleë is. Die reënvalkaarte van die land strook egter net so min daarmee as sy stelling dat Afrika die grootste kontinent is en dat die ander kontinente almal saam in Afrika kan inpas.

Nog ’n knelpunt, wat Zuma nou herhaal het, is dat hy sê grondbesit bring welvaart. Dis nie net buitengewoon grof veralgemenend nie, maar uiters ongevoelig in ’n tyd waar landbouers bykans landwyd noustrop trek weens die uitmergelende droogte. Boonop het hy al stellings gemaak oor klein stukkies grond wat armoede kan verdryf, grond wat hopeloos te klein is om in die konteks van die gebied se gemiddelde reënval gelyk te kan breek.

Daar is natuurlik maniere waarop ’n klein stukkie grond vooruit geboer kan word, maar dit verg baie water en groot kapitaaluitlegte soos die oprigting van tonnels en besproeiingstelsels, en baie kundigheid. En dan moet rampe soos hewige haelbuie en windstorms wyd hou.

Hy propageer dus “oplossings” wat armoede gaan verskans eerder as verlig.

Zuma se uitlatings het die Vryheidsfront Plus laat besluit om Zuma se uitlatings as klag van rassisme by die Menseregtekommissie in te dien: “Pres. Jacob Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is. Met hierdie opmerking teiken Zuma die wittes in Suid-Afrika asof hulle die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Daar word ook gereeld in die parlement gesê ‘wittes het die grond gesteel’. Dit stook rassehaat en die Vryheidsfront Plus gaan ʼn klagte van rassisme indien by die Menseregtekommissie (MRK) om Zuma te ondersoek,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor grondsake van die Vryheidsfront Plus.

Zuma self het die kwessie van rassisme in sy sogenaamde 8 Januarie-toespraak onder die loep geneem. Hy het dit gekoppel aan ’n klein persentasie mense wat na apartheid terugverlang. Hiermee het hy die regering se eie beleid, uitsprake en ander van rassisme “vrygestel” en dit weer as ’n “wit teenoor swart”-probleem aangebied.

Die breë indruk uit die hoofstroommedia die afgelope week toe die rasseherrie fel gewoed het, was ’n ergerlikheid met diegene wat verder wou kyk na die probleem as een van wit mense wat kwetsend teenoor swart mense optree. Daar is selfs ergerlik gereageer op stellings uit die publiek dat van die wit rassisme wat ervaar word, in reaksie op die regering se beleid is, met sake soos SEB en “regstellende aksie” wat by name genoem word.

Ja, daar is probleme soos die voorbeeld van die getjipte blikbord teenoor die fynste porselein. ’n Mens kan baie ander voorbeelde hierby voeg. En ja, om die braaivleisvuur word baie grappies gemaak wat ’n sterk rassistiese ondertoon het.

Maar daar is ook ’n ander kant.

En daar is oorgeërfde sensitiwiteite, soos die inkwisisie wat op koshuismeisies toegeslaan het wat hulle vir ’n kostuumpartytjie soos swart huiswerkers opgedollie het. Die kanse was bykans nul dat hulle sou weet dat die gevoeligheid terugdateer na ’n tyd in die VSA toe swart mense nie toegelaat is om die rolle van swart mense in toneelopvoerings te speel nie. Die wit akteurs wat vir die rolle swart gemaak is, het dikwels die swart karakters as laf, dom en met ander neerhalende eienskappe uitgebeeld.

Die sing van die ou volkslied het ’n (rasse-)herrie veroorsaak en daartoe gelei dat Steve Hofmeyr versoek is om nie aan die KKNK deel te neem nie. Die organiseerders het egter verskeie eksklusief swart kunste-organisasies met oop arms verwelkom.

Terwyl dit wat Penny Sparrow gedoen het (en natuurlik Vehaphi Khumalo) nie goedgepraat kan word nie, bly hulle klein vissies (of mossies) wat ten spyte van die internet beperkte skade kan aanrig. Kom dit by die president, word egter groter verantwoordbaarheid verwag. Stilswye, of ’n houding van “vat dit van wie dit kom” kom ongelukkig op ’n de facto-goedkeuring neer, terwyl die land skerp volgens rassegrense verdeel word. Dít moes eintlik die brandpunt van die rasseherrie gewees het.

Dit sal vir baie mense ’n groot denksprong wees om te aanvaar dat die huidige regeringsbeleid (veral die toepassing daarvan in die praktyk) minstens net so ’n groot impak op rasseverhoudinge het as die nalatenskap van apartheid.

Dat die neo-apartheid egter ’n groot impak het, blyk uit die volgende twee voorbeelde (en daar sal stellig nog baie ander wees, soos in huishoudings waar die broodwinner in ’n olielandjie iewers werk om sy gesin hier te onderhou).

Die opmerking van Jimmy Manyi dat bruin mense in die Wes-Kaap “oorverteenwoordig” is, het ’n dramatiese verskuiwing in die rubrieke van bruin meningsvormers gehad, in weerwil van duidelike pogings om nie te drasties met vorige benaderings te breek nie. Mettertyd het voorvalle soos die Solidariteit-DKD-saak die nuwe katvoet-benadering verskans, en onder meer het die Bruin Belangebeweging tot stand gekom.

’n Belangrike wit meningsvormer was voorheen oor sy rubrieke dikwels in die spervuur weens die “links-liberale” aard daarvan. By geleentheid skryf hy egter oor ’n vriend van sy seun wat weens sy velkleur nie keuring as vlieënier kon kry nie, en die gevolge daarvan. Daarna kon die rubriekskrywer nie meer as “links-liberaal” beskryf word nie, en kan aanvaar word dat die regering dikwels lekker dikbek is oor sy pennevrug. Hy kan egter steeds nie as rassisties beskryf word nie.

In ’n stadium is dikwels gehoor iemand sê: “Ek was nog nooit ‘n rassis nie tot …”

Of soos onlangs weer gesien is: “Ek sal ophou om ’n rassis te wees die dag wanneer daar nie meer ’n Black Lawers’ Association, ’n Black Journalist Association, ’n African Business Forum en ander is nie.”

Dit is ook waar dat ons nie met ’n eiesoortige situasie te kampe het nie. In die VSA het ’n beweging, Black Lives Do Matter, uit slagspreuke met hierdie strekking gemanifesteer, wat weer sy wortel gehad het in die talle gevalle waar swart mense deur die polisie tydens polisie-optrede doodgeskiet is. In reaksie hierop het die slagspreuk ontstaan, “All lives do matter”. Peilings toon inderdaad dat selfs die meerderheid swart mense nie akkoord gaan met die uitgangspunte van die “Black Lives Do Matter” nie.

So lank as wat rassegevoelens vanuit watter oord ook al gevoed word, so lank sal rassisme ’n probleem bly. Dit verg ’n ewehandige optrede, soos nou gesien is in die skorsing by sy werk van Velaphi Khumalo. Maar dan kom Zuma en keer weer die hele ossewa om.

Wat natuurlik nie beteken dat “wit teenoor swart”-rassisme nou regverdigbaar of minder ernstig is nie. Benewens die kwetsende aard daarvan het dit ook ’n impak op die veiligheid van ander.

Maar om net die mossies en ander kleinwild af te maai los nie die probleem op nie. Dis soos die drenkeling wat deur die lewensredders uit die see gesleep word, en met elke armpompslag kom daar nog water uit die drenkeling se mond. ’n Omstander wil iets sê, maar word elke keer stil gemaak. Uiteindelik kan die man dit nie meer hou nie, en skree: “Ek weet dalk niks van noodhulp nie, maar ek is ’n hidrouliese ingenieur, en ek sê nou vir julle as julle nie die man se agterent uit die see haal nie, gaan julle nog die see leegpomp!”

As rassisme nie in al sy herkomste aangespreek word nie, gaan die see ook as’t ware leeggepomp wees voor positiewe resultate behaal word.

Maar nou is dit belangrik dat Zuma vasgevat word. Hy is die president en het die ampseed in terme van die Grondwet afgelê. As hy nie self weet om die Grondwet na te kom nie, en eerder kla oor die opposisie die ANC se parlementêre werk “ontwrig” deur howe toe te hardloop, moet hy op die harde manier leer. As hy nie grondwetlik verkeerd getrap het nie, sou die opposisie nie so howe toe gehardloop en omtrent al die sake gewen het nie.

En ja, die media hét ’n belangrike rol. Die topmedia se swye oor die Keulen-voorval het die nuus nie gesmoor nie, net vertraag. Sonder die begeleiding van verantwoordelike media het die inligting via die sosiale media die probleem deeglik laat eskaleer.

Die ANC probeer tans haas elke minder gunstige verwikkeling as rassisme tipeer. Die Carien du Plessis-voorval en die DA se advertensieborde is voorbeelde hiervan.

Ons mag nie toelaat dat ’n situasie ontstaan waar enige kritiek op die ANC se wanbestuur met rassisme gelykgestel, en daarom as media-onderwerp taboe word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Manie ·

Zuma het maar net sy ware kleure gewys. Versoening en nasiebou is nie op sy Agenda nie. Hy wil hom alles toe eien en sal nou enige iets sê om stemme te wen.
Hy moet aangekla en verhoor word al is hy President.

Jacorien ·

Hier gaan weer niks van die saak kom nie, dis soos sy bedrog saak gaan so ruk in die hof wees dan word die persoon op die regsbank ‘n vet bonus betaal en als word net gelos.

Johann Marx ·

Wat mense uit die oog verloor is die volgende: Juliass het met hierdie “gesteelde grond moet terug gevat word” storie begin. Dit het hom baie populêr gemaak, want wie sou nou NIE ‘n stuk grond verniet wou kry nie? Die enigste manier wat Jakoppie het om Juliass te troef by die stembus….is om gestalte te gee aan Juliass se “dreigemente” om grond terug te vat, en ter wille van magsbehoud sal Jakoppie sowaar as vet, en selfs tot sy ondersteuners se totale ekonomiese ondergang, wragtag begin plase vat, ala Zim. Die Westerse wêreld het geen idee tot watter uiterstes Afrika regerings gaan om mag te behou nie. Luister mooi as hulle van mekaar praat….Nie “leaders” nie, want hulle lei nie. “Rulers”…want hulle “rule”, met ‘n ystervuis en ‘n AK.

Strandloper ·

Johann! Ek kan nie meer as net saamstem met jou nie! Om te dink ons “magtige Zuma” maak nou gebruik van Juliass se uitsprake om sy bas te red! Ai, hierdie uitlatings van die man maak mens moedeloos. Wanneer gaan daar iets daaraan gedoen word?? Ek weet nie meer vir watter party om te stem nie……Wens iemand wil vir my raadgee daaroor!

Mooi dag!

Hercules ·

Daar is so baie goed verkeerd in SA dit is moeilik om alles te noem .
Baie van dit wat fout is , is ons die wit mense se skuld, nie omdat Zuma so se nie maar om dat ons dit aan ons self doen.
Ons lees nie die koerante nie ons luister nie radio nie ons luister net die weer op die 7 uur nuus , en vir die res steek ons ons koppe in die sand . As ons iets sien of hoor wat die alarms in ons koppe moet laat afgaan vergeet ons daarvan in ‘n week want die Proteas het so sleg verloor of die Springbokke spring nie.
As mens ‘n lys moes maak van alles wat die ANC , Zuma , EFF alles kwyt raak en wat hulle doen en hoe hulle goed doen sal jy ‘n baie lang lys he van gebeure wat jou nek haare laat opstaan.
Ons almal sien die tekens en sien ons toekoms as die volgende Zimbabwe ons almal ken die Zim storie maar niemand doen enige iets nie , almal is vinnig om te se die DA en FF ondersteun die ANC net vir die stemme , maar niemand wil die “Big Picture” sien nie , want niemand wil die boot te veel skommel nie.

Zuma is besig om die land oor te vat deur wetgewing te gebruik deur al die instellings wat hom kan vervolg met sy mense te vervang en die toe te maak wat hy nie kan beheer nie.
Hy is besig om die ekonomie “aspris” skade aan te doen om die mense in arm moede te dompel sodat hy vir hulle lavenis kan beloof vir hulle arm moede en swaar kry as hy tog net die gesteelde land kan terug gee aan hulle as hy tog net in bewind kan bly.
Hy is besig om die DA en EFF se idees te steel want dit klink goed in toespraake maar het gee idee hoe om ander se idees reg toe te pas nie.
Hy is besig om die grond werk vir die nuwe anti rasisme wet te le wat gaan maak dat enige iets slegs wat van hom of die regering ge se word as rasisme gaan kwalifiseer .
Hy is besig om eskom onder druk te plaas om +-4000 wit werkers af te dank vir regstelende aksie , kan enige een onthou wat die blackouts aan die ekonomie ge doen het die winter wat verby is ?

Daar is so baie goed wat ons wit mense en ander rasse in Suid Afrika vir verskillende redes vergeet vergewe of plein maak of dit nie gebeur het nie.
Ons wit mense gaan dalk eerste seer en swaar kry maar as al die plaase weg ge vat is en al die boere dood of oor see is wat gaan enige iemand in SA eet ?
As ons geld eenheid R1 000 000 teen die US dollar is hoe gaan ons kos invoer ? Watse Afrika land gaan vir ons kos stuur soos ons vir Zim kos stuur ?

Mense word wakker …

Rynhardt ·

Zuma en Anc het daai rol goed gespeel dat blankes grond gesteel het, dit is al ingeprentjie by die massas en gaan nie hul denkwyse verander nie.Die menseregtekommisdie het n uiters power rekord m.b.t.Zuma en Anc!Ek glo ook nie dat die Penny Sparrow geval n klein foutjie was nie, maar dat haar rassisties uitlating beplan was om blankes verder te diskrediteer! Vanoggend het Radio Helderberg berig dat die Anc besig is om wetgewing voor te berei teen rassisme wat hy wil stoomroller deur parlement.Sparrow se yitlating en Anc se beplande wetgewing skakel mooi inmekaar.Tydsberekening is perfek! Nuwe wetgewing teen rassisme gaan gemik wees teen blankes.Selfs kritiek gaan ook beskou word as rassisme.Dit gaan eintlik daaroor om vryheid van spraak aan bande te le, en blankes se algehele vryheid heeltemal te beperk! Die kans dat swartmens wat hul skuldig maak aan rassisme , vervolg gaan word is uiters skaars weens Menseregtekommissie se power rekord teen Anc.Vir 22jaar handhaaf die Anc rassistiese wetgewing in die vorm van regstellendeaksie teen blankes.Die DA ondersteun dit asook EFF.Sparrow het haar rol goed gespeel en was selfs lid van DA.Die vraag is, wat het Sparrow vir haar aandeel gekry? Die DA speel nie n rol van opposisie soos wat hy voorgee nie, maar n groot rol van misleiding waarmee hy baie flous! Moenie verbaas wees as DA nuwe wetgewing van rassisme gaan steun nie! Hy gaan beslis dit doen!

Minnie Pretorius ·

1. By C-max het ‘n swart bewaarder aan my gese : ” Jou f****n wit rassis ! Ek haat julle soos Malema julle haat.
2. Gister het ‘n bruin vroue bewaarder my ontsettend getraumatiseer en voor almal vir my geskreeu dat ek lieg. Dit was so erg dat die senior swart bewaarders haar na die besoek vertrek gebring het om my om verskoning te vra.
Ek is nog altyd met respek behandel, maar hierdie vrou is daarop uit om ons te verneder en emosioneel te knak vir haar eie posisie en ook so haar mag te misbruik.

alida ·

Ag man die man weet nie waarvan hy praat nie. Verbeel jou ons oorreageer oor die afdanking van die minister van finansies. Hy is te dom om te besef die HELE WêRELD het gereageer en die Rand in sy #$%% in gestuur. Raak net onstlae van hierdie patetiese figuur wie ‘n verleentheid vir homself en die hele land is.

Le Roux Strydom ·

Baie dankie vir die sinvolle artikel, gelukkig is daar mense soos u wat albei kante van die skaal gebruik!

Knersus D ·

Ja Nee, nou is die bok oppasser die landboukundige. Ek glo nie hy is bewus van die statistiek van mislukkings van die opkomende boere nie. In Nelspruit het opkomende boere ‘n welvarende sitrus plaas 3 jaar terug oorgeneem en tot op hede, nog nie ‘n enkele oes suksesvol afgehaal nie. Die bokke wat hulle aanhou het ywerig leer lemoene vreet..

Meraai ·

…. en dit is nou wat jy kry van ‘n president wat sê dit is belangriker om lojaal teenoor die ANC te wees as teenoor jou land. Dit is hoog tyd dat hy weer sy ampseed t.o.v. die Grondwet lees. Hy is besig om hierdie land op ‘n slegte wipwarit te neem en die skroewe wat die spulletjie bymekaar hou spat met elke hik en stampie dat vonke vlieg!

Johanv ·

Hi, het jy dan nie geweet jy kan net n rasis wees as jy wit is. Verder dink ek Zuma weet van regeer wat n vark van wiskunde weet.

Atas ·

Kan Zuma nie maar net die koeël deur die kerk stuur en die Afrikaaners hulle eie tuisland gee en die res van Suid Afrika opdeel in “self-onderhoudende” lappies grond verdeel soos hy, homself voorgeneem het nie?

Kom Mnr Zuma…, kry nou rigting en stuur ons na ons eie tuisland… Jy kan ons duidleik nie voor jou oë verdra nie…

Eddie ·

Ek kan regtig nie verstaan hoe Zuma nog president kan wees nie. Om eerlik te wees behalwe vir Mugabe is hy seker een van die grootste rassiste wat ek nog van gehoor en beleef het. Kry hom uit daai stoel want hy verdien nie die naam van president nie. Hy wat Zuma is hoort nie in daai pos nie. Ek hoop regtig iets kom van die storie en hy sal aan die pen ry vir dit.

elmien ·

Man as jy dom is, is jy dom en soveel erger as commensense ontbreek. Daar kom die ware kleure nou navore, mooi man. Ou Mandela draai in sy graf om.

Otter ·

Impak van assistiese opmerkings (uit frustrasie met diskriminerende wetgewing teen wimense) om braaivleisvuur kan nie vergelyk word met impak van staatspropaganda v Zuma et al wat deur massamedia uitgesaai word nie.

Japie Botha ·

Gaan lees gerus die boek en julle sal besef wat aan die gang is. Zuma ofte wel die ANC is vinnig besig om steun te verloor en al troefkaart wat hulle nog kan speel is om die grond onteiening aan te wakker met die tiepe stellings wat hy maak. Hy is besig om tree vir tree in dieselfde voetspore te loop as ‘Robber’ Mugabe. En intussen plunder hy die land se ekonomie tot sy eie voordeel en die van sy binnekring. Maar moenie twyfel in sy voortbestaan nie. Hy gaan nog lank die septer swaai. Groetnis
https://books.google.com.au/books/about/Robert_Mugabe.html?id=Cr9yAAAAMAAJ&redir_esc=y

Elize ·

Genade, die man moet ons geskiedenis naslaan, of iemand moet hom na-uurs skool. Alles wat ons het, is met eerlikheid en mannemoed gekry en voor geveg. Hier by ons weet die ander nie niks van die blanke se herkoms en boere oorloë nie!

Anika ·

Hoekom word daar oor die algemeen in gesprekke van hierdie aard altyd verwys na kwetsende dinge wat om die “braaivleisvuur” gesê word, asof dieselfde nie ook geld vir wat in die “sjebeens” onder mekaar gesê word nie. Verwys na par. 11.

Jacoba ·

Ek sekondeer boertjie. Tyd kan BAIE beter op ons knieë voor DIE ALMAGTIGE gespandeer word. Ps 91. Amen.

Theresa ·

Ag tog, die man is regtig ‘n verleentheid en GLAD nie soos ‘n president hoort te wees nie: Altyd oopkop, regverdig teenoor almal en gedissiplineerd in sy optrede nie.
Het nie woorde om hom behoorlik te beskryf nie.

Frans ·

Om wat draai rassisme nou eintlik ? Gaan dit oor kleur of menswaardigheid?
in my matriekjaar het my wiskunde onderwyser opgemerk dat party ouens se werk darem besonder baie na mekaar lyk asof dit net oorgeskryf is.

Die standaard antwoord was dan altyd ‘Great minds think alike’ meneer , waarop die antwoord maar gewoonlik was ‘fools never differ’. My vraag is dan wie is die ‘great minds’ en wie is die ‘fools’ in hierdie rassedebat?

Lafras Steyn ·

Dit is baie hartseer om te sien wat die anc nou eintlik vir die mense voel wat hulle in bewind gestem het.” Baie dankie vir jou stem, hier is jou beloning. Beurtkrag- vuil drink water en Mnr Zuma”.

Realis ·

Verkiesing strategie en ek vermoed hy speel voetjie voetjie met malema. Dis al wat dit is en hy gaan wegkom met sy uitlatings. Hy is mos verhewe bo die wet.

Elizabeth Bosman ·

Ek will ook ‘n klag van rassehaat teen Zuma instel. Wat is die proses? Net n brief aan die MRK?

LS ·

Kom ons wees realisties Mnr Zuma is die President van die Republiek van Suid- Afrika.M.a.w hy en sy landgenote moet trots kan wees op die beeld en voorbeeld wat hy stel waarvoor hy dan ook uit die aard van die saak gerespekteer behoort te word. Laat Mnr Zuma se politieke assosiasie, sy rasgroep, sy huwelikstatus en laat sy styl van modus operandi buite rekening.
Die vraag aan die redelike man/vrou is dan dood eenvoudig. Kan jy enige woord wat die President van die Republiek van Suid Afrika oor sy lippe laat kom glo? Die antwoord kan net ja of nee wees. Noodgedwonge is die volgende vraag hoeveel redelike manne/vroue is daar in Suid Afrika om die anwoord op die bg. vraag verteenwoordigend van die land se bevolking te maak? Voor jy jou antwoord oorweeg op die aanvanklike vraag, hier is ‘n suggestie. Daar is statistiese bewyse dat by die meerderheid toesprake wat die President oor werkskepping en werkskeppings planne gehou het, werkloosheid direk en indirek as gevolg van sy optrede en uitsprake toegeneem. Werkskepping in ‘n land waar daar nie by die meerderheid van diegene wat in diens geneem kan word ‘n kultuur van produksie en betaling vir arbeid gelewer, bestaan nie is soos ‘n kragtige vloekwoord aanvanklik luister jy en wonder waarom die woord gebruik word naderhand dra dit geen betekenis nie. Die uitdaging om op te hou vloek is egter makliker om volhoubare werkgeleenthede te skep.
Duidelik kan die President nie wegkom indien die meerderheids-antwoord van die redelike man/vrou op die vraag hier bo Nee is en dit verteenwoordigend genoeg kan wees van respondente wat verteenwoodigend van die land se redelike bevolking is nie.
Om terug te keer na Suid Afrika, President Zuma en redelike landsgenote.
Suid Afrika was in wese nog altyd soos ‘n mooi vrou, hierdie mooi vrou het egter ontaard in ‘n bedorwe dogter wat tot gevolg het dat die vrou haar skoonheid en aantreklikhed verloor en dat onaangenaamheid waarmee huis gehou moet word al is wat oorbly. Daar is egter ‘n antwoord om die huishouding reg te ruk…

neelsie ·

Sien Zuma se praatjies as opsetlike benadeling van n minderheidsgroep.
Vryheid van spraak se grense word sodoende oorskry en is haatspraak ter srake.
Dis nou hoog tyd om op te tree teen sy moedswilige gedrag.

Johannes Meintjes ·

Met ‘n munisipale verkiessing voor die deur en talle ander nuwe orde drukgange word daar skynbaar na elke strooihlampie gegryp om die bevolking se aandag te verdeel en manipulerende politieke druk te plaas. Swak regering en ‘n gebrek aan konstruktiewe nasionale fokus is na mening ‘n groot oorsaak daarvan dat die SA bevolking met “rassime” reageer, en die betreurenswaardige voorbeeld van die SP se verwarrende uitlatings volg.

Nnn ·

Zuma dra net die wense van sy party oor. Dit is wat die ANC glo. Om Zuma te verwyder gaan niks help nie want dit is die hele ANC se mening. Die volgende een agter hom gaan net voortgaan waar Zuma opgehou het.
Zuma must fall en wat dan? Daar moet n debat gevoer word. En die regte dinge moet daar gese word. Die foute van die huidige regering moet duidelik uitgewys word, en hoe die ekonomie na onder gestuur word.

nig ·

Opskrif:” Zuma mag nie hiermee wegkom nie” – maar hy gaan en hy weet dit. Net soos al die ander kere…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.