Nuuskommentaar: Zuma, Max en bekke wat moet jêm (of dalk kasterolie?) kry

max-du-preez-jacob-zumaPres. Jacob Zuma het hom met een van sy omstrede uitlatings weer ’n klag van haatspraak by die Menseregtekommissie op die lyf geloop. En vanuit ʼn ander oord spoel Max du Preez ook weer sy mond teenoor AfriForum en Solidariteit uit.

Dis amper verkiesing en baie mense, wat wissel van “gewone kiesers” tot meningsvormers, rubriekskrywers en politici raak oorverhit en raak dinge kwyt wat liefs moes gebly het.

Pas het pres. Zuma hom, al weer, ’n klag van rassistiese haatspraak by die Menseregtekommissie op die hals gehaal. Nou nie dat die MRK uitblink in sy optrede teen Zuma hieroor nie.

Dié keer het Zuma wel, volgens die Vryheidsfront Plus wat die klag gaan lê het nadat Zuma volgens Netwerk24 by ʼn verkiesingsaamtrek in Tembisa aan die Oos-Rand onder meer gesê het wittes is onderdrukkers en verantwoordelik vir swart mense se armoede.

Maar is Zuma se jongste tirades en stellings wat Maroela Media ook gister in sy nuuskommentaar onder die loep geneem het, nou “geesvangery met die verkiesing” of is dit bloot ’n probleem waarvan die president nie ontslae kan raak nie?

In ’n artikel vanoggend op Netwerk 24 beskryf Liezel de Lange Zuma se losbekkige en irrasionale optredes soos volg: “Wat wel sedert The Spear vier jaar gelede verander het, is dat die skandes en skandalige bewerings oor Zuma net al hoe meer en al hoe erger word. En dat al hoe meer politici en gewone Suid-Afrikaners dit weet.”

Maar het dit nie ook tot ’n soort afgestomptheid gelei nie?

’n Paar jaar gelede sou Zuma kwalik sy mond oor omstrede “godsdienskwessies” oopmaak, of nie net die publiek nie, maar ook kerkleiers en kerke as deel van hul profetiese roeping, het Zuma ernstig betig. Dieselfde het vir sy kornuite gegeld, soos die Vrystaatse premier, Ace Magashule, se stelling dat mense Zuma moet volg soos die mense Jesus gevolg het, en iewers nog ’n vergelyking tussen Jesus en Zuma se aardse lyding getref het.

Gwede Mantashe, kommunis en sekretaris-generaal van die ANC, is voor stok gekry omdat hy ’n vergelyking tussen God-Drie-eenheid en die ANC se drieparty-alliansie getref het.

Swyg die kerke nou, of berig die media nie meer daaroor nie omdat dit nie meer nuus is nie?

Die VF Plus se houding oor die haatspraak is eenvoudig dat voortgegaan sal word met die indien van klagtes totdat die MRK optree. Of gaan iemand daarmee ook fout vind?

Maar wat word gedoen met iemand soos Max du Preez, wat vandag op Netwerk 24 ’n siedende aanval op Solidariteit en sy “hoofspruit” AfriForum van stapel stuur?

Onder meer skryf Max: “AfriForum het Afrikaanse koerante ná die debakel van die Nazi-saluut op Potchefstroom so gedreig en geïntimideer dat van dié koerante deesdae by hulle witvoetjie soek en huiwer om negatiewe berigte oor hulle te plaas.”

Maar Max, was die debakel nie grootliks omdat ontken is dat die “saluut” ’n Nazi-saluut is nie? Daar is immers baie salute wat moeilik van die Nazi-saluut te onderskei is, waaronder die swartmag-saluut. Solidariteit en AfriForum sou, volgens Max se fiksasie met hierdie organisasies, met ’n staatskaping van die Afrikaner besig wees. Die artikel dra die tekens dat dit die swanesang van die Seunse Weenkoor kan wees.

Soos gebruiklik looi die lesers Max ook oor hierdie artikel. Maar Max daargelaat.

Wat effens onrusbarend is, is dat Zuma nou selde aangespreek word oor hy sy ampseed ingevolge die Grondwet oortree. Hiervolgens is hy veronderstel om in almal se belang te reageer, nie om sekere segmente as slange wat net aan slange geboorte kan skenk, “white supremacists”, onderdrukkers (sonder politieke en staatkundige mag), en allerhande ander liederlikhede uit te skel nie.

Bring tog daai blou bottel en sommer GROOT skeplepels sodat Zuma en ander se monde goed uitgespoel kan word. En kasterolie het juis so ’n goeie newe-effek ook.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Hendrik ·

Ek kry meer en meer die gevoel dat die uurglas vir ons aan die leegloop is. Ons het hard probeer bou, maar ons moeite word met wantroue en afguns bejeën. Dit word tyd dat ons die stof van ons voete afskud en aanbeweeg.

Ek lees tans Geknelde Land en dis duidelik dat hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle dieselfde.

JC ·

Uitstekende artikel Herman!
Sien asb ook my kommentaar by die artikel oor Solidariteit/Afriforum se sukses in die SAUK saak.
Afriforum/Solidariteit is “awesome”, ek kan dit nie genoeg se nie!!

JC ·

Hi Hendrik, waarom so negatief?
‘n Boer maak ‘n plan, ONS BOU!!MAAK NIE SAAK WAT NIE! DIT IS ONSE SUID-AFRIKA HIERDIE, EN HET ONS NOG BAIE OM VOOR DANKBAAR TE WEES. ONS MOET OM HEMELSNAAM NET AANHOU PARAAT WEES!

Gemsbok ·

Gaan na Orania en sien hoe hulle werk. Dan sal jy baie moed skep.

Sarie ·

Max skaam hom vir sy Afrikanerskap. Hy sal niks sê as ‘n Zoeloe of Indiër hul kultuur bewaar nie. Gister op die VIA program het hy weer sy mond uitgespoel teenoor die Taalbulle . Niks van die voordele van moedertaal onderwys nie. Dit wil voorkom of hy so vas geval het in sy stiksinnige liberale idees en sy haat vir Afrikanernasionalisme dat hy nie die kaf van die koring kan skei nie.

Attie ·

Ek dink cbc het kommentaar gelewer sonder om behoorlik te lees. In n land soos die verdedig party mense sonder dat hulle aangeval word, lol.

Tinus Prinsloo ·

Mooi gestel Marie en Suffels!! Sekere ouens sukkel maar met semels en sal hul Afrikanerskap letterlik verraai as dit moet. So het ons baie sulke persone waargeneem, totdat hul familie die slagoffer van vandalisme en plaasmoorde geword het. Toe swaai alles na die verre regs!!

Tyd stap aan en wag vir niemand! Wees net paraat my vriende en trotse Afrikaners!!

Patriot ·

Sarie, jy slaan die spyker op die kop! Max is ‘n verleentheid vir die Afrikaner. Herman is ‘n puik voorstander van ingeligte “Afrikanerisme” (is daar so ‘n woord?)-ons, as Afrikaners wat weet daar is tog iets om na te strewe, is trots op ‘n man wat sy man kan staan! In ‘n melieu van onverdraagsaamheid teenoor alles wat vir ons lief en dierbaar is, is daar darem nog stemme soos die van Herman wat soos ‘n lig in die doker tonnel skyn, dankie daarvoor!

s ·

Wonder net uit watter bus het cbc uitgeval ? Dink Max het ook uit die bus geval ??

Minx ·

Max doen aansoek vir ‘n RDP huis en praat jou snert daar ek ‘n wit vrou wat ‘n swak salaris verdien en 3 kinders is kwalifiseer nie al is ek enkel ma, kwalifiseer ook nie by ‘n bank om iets op my naam te kry nie bly in ‘n wendy by die familie kry nie grants nie want ek het ‘n werk. Sou ek my werk verloor of moet aftree waar gaan ek heen? Ons wit kinders kry ook nie skool klere of boeke as dit nie vir die paar mense wat vir ons omgee soos Steve, Sunette of oom Piet nie.
Al wat charity is gaan vir die vlugtelinge en voorheen te na gekomdes. Ek dink Max kruip net gat.

Lee-anne ·

waar kan ek my kinders se ‘ou’ klere gaan afgee sodat die regte mense dit kan ‘erf’?

lettie ·

Ek beskou Max du Preez in dieselfde lig as Julius Malema – gulsig vir aandag en ‘n manteldraaier – hang af van die gunstige posisie van die wind word die mantel gedraai. Kom ons wees eerlik – Max se rubrieke is sy brood en botter – as hy nie aandag trek nie gaan dit dalk nie finansieel so goed met hom nie.
Solidariteit en Afriforum jul is tops, jul maak Suid-Afrika n beter plek!
Wat doen jy Max vir die opbou van die land? Huh? Niks! Whining like a todler.

Floors ·

Max ek weet jy glimlag vir al die kommentaar oor jou ongevraagde opmerking. Weet een ding as jy dorings saai sal jy dorings maai. Ek het so pas jou naam uit my geheu gevee. Jou kommentaar benede my waarde-stelsel. Lees nooit weer iets uit jou pen.

pieter ·

Ag ou max los solidariteit en afriforum uit hul doen uitstekende werk en is al vir party mense om na op te sien ,hul skryf nie net nie maar laat dinge gebeur en dit tel

Pietie ·

Max du Preez weet hy is verkeerd gewees voor 1994 en dat alles waaroor regses in die verlede gewaarsku het sover waar geword het en selfs erger. Daar is al basies net soveel wit boere na 1994 op plase gemartel en vermoor as in 9/11 se terreuraanvalle. Ons president is ‘n groter grap as Donald trump en sy naakte model vrou. Maar tog hou ou Maxie aan. Shame hy is skaamkwaad vir homself en hy weet nie eintlik meer waaroor om anti-wit op te tree nie. Shame is al wat ek vir hom kan se.

Hein ·

Ek neem kennis van hierdie negatiwiteit teenoor die Afrikaner maar ek het myself geleer hoe kyk en gaan ek verby die probleem. Geldsake werk glo dat jy eers oor ses maande vandat jy ‘n verander/besluit gemaak het die effek/gevolge ondervind wat jy gemaak het. Ek dink dat ons werk eenvoudig net nie hard/slim genoeg om ons voortbestaan te verseker nie. Waar koop ons/wie ondersteun ons/waar staan ons styf teenoor aksies teen ons. Alles maak saak en almal moet saamwerk (nie saam rondstaan en praat nie). Baie mense gaan saam ons in die stroom van sukses spring.

Ou Vlakvark, Ou Bosvark, Ou Erdvark en Ou Krimpvark ·

Ons vier wens die bekende selfaangestelde guru kommentatore en ware leiers kom betyds in rat om alle Suid-Afrikaners behoorlik in te lig oor die idealogiese grondslag van die “National Democratic Revolution” en die “National Democratic Society (NDS)” en die geweldige impak wat ‘n NDS op ons elkeen en as nasie se bestaan mag inhou. Ons sal slawe van die NDS-idealogie wees.

Afrikaner ·

Ek stem saam jou Hein – ons doen dit lankal so jaar terug begin om net besighede te ondersteun (ons mense) en ons gee maandeliks geld vir Soldariteit en Afriforum sodat daar hopelik ‘n beter toekoms vir ons kleinkinders gaan wees

Bruno Stef ·

Die armsalige Max du Preez het vir baie jare die Afrikanervolk verkleineer maar kry nou net terug wat hy uitgedeel het.Dit verskaf vir my n groot plesier om n opperste liberaal so te hoor tjank saam met sy Seunse Weenkoor kry vir jou. As hy wil praat van intimidasie wag daar n onaangename verrasing op jou my persoonlike raad aan diesulkes is ontrek julle heeltemal van die Afrikanervolk ons kan werklikwaar sonder julle klaarkom.

leon - Centurion ·

Ag ou Max, wie het jou mening gevra. Jou aanval op Afriforum is misplaas. Die suksesvolle verdediging van mede juoernaliste deur Solidariteit is ‘n bitter pil vir jou om te sluk. Dinge het drasties verander sedert die tagtigs en negentigs. Die boelies is die Zumas, Mantashes, Lesufis maar ook De Villiers en De la Rey. Jy kritiseer die verkeerde mense. Die mense wat hardwerkend is, hul kinders na die beste van hul vermoe grootmaak, belasting betaal, die wet gehoorsaam, ‘n verskil prober maak aan omgewing en ja behoort aan Afriforum.

Dehan Jv ·

Max is net verveeld van 94 af is sy kommentaar nie meer veel werd nie, ek kry die idee hy haat sy eie volk dit is liberale mense soos hy wat eendag die hardste gaan huil as hulle persoonlik ervaar hoe onregverdig die afrikaner en wit man in hierdie land behandel word.

TTh ·

Die ANC eerste en die EFF en die DA en al die KerkOrganisasies in die RSA het hul plig versuim teenoor die Blanke Afrikaner Groep ten opsigte van hul basiese lewensbestaan in al sy fasette. Die gesag wat daar is en wat aan die ANC toebedeel/verkoop/verruil is, is en word steeds misbruik teen al die burgers van die RSA. Dit bly vir my ‘n absolute gruwel wat gestop moet word. Debatte en woorde gaan dit ongelukkig nie verander nie, ‘n verkiesing ook nie, die RSA stuur tragies op ‘n multifront burgeroorlog af en is klaar by die omdraaipunt verby – die massas is gebreinspoel teenoor mekaar op soveel aspekte, oningelig oor die bestek van die RSA finansiele krisis, en al die ander vergrype in terme van grond, plaasmoorde, misdaad ens ens. – Ek sou se Max is niks in hierdie vergelyking nie en hou van die reaksie wat hy kry, niks sal hom ooit tevrede stel nie, Zuma en Malema dieselfde, hulle is eintlik niks in die groter arena nie, maar het ongelukkig mag wat hulle terdee misbruik en geniet om te doen vir al die aandag – so ook met al die kerkorganisasies – spookasem !!!

Santie ·

Dankie vir julle almal se insae want ja dit bly maar ‘n feit – Max jy is so vervelig en irriterend dat ek regtig nie die blou bottel benodig wanneer ek klaar jou strooi gelees het nie! Ek kon nog nooit uitmaak wat jou probleem is nie en om die waarheid te se stel ek ook nie belang nie behalwe dat jy so anti – wit is dat ek wonder waar kom jy vandaan. Los die witmense uit en gaan bly met jou familie waar jy dalk tuis sal voel. Ek is net nie so seker hulle gaan jou verwelkom nie. Ek praat nie eers oor Zuma nie want wil nie nou in die tronk beland nie!

Flippie ·

Iemand moet vir Max laat weet dat daar min verskil is tussen ‘n narcis en ‘n rassis is. ‘n Narcis bekou hom verhewe bo almal terwyl ‘n rassis dink sy ras is beter as ander rasse.

Max is eersgenoemde en verstik ons in sy eiewaan.

Basson ·

Max probeer hard om nog relevant te wees, maar helaas kon hy homself nie vernuwe soos wat AF en Solidariteit wel inderdaad baie goed doen. (Wat fantasties is volgens die dinamiek van vernuwing!) Hy is lankal verby sy ‘verkoop teen’ datum.

Iets anders – die storie agter die saluut situasie is ‘n bewys van hoe eenogig en subjektief jy is Max? Ek is seker daarvan dat met jou ‘ondersoekende joernalistieke’ agtergrond tog agter die kap van die byl sou kon kom wat werklik agter die skerms plaasgevind het? Selfde muntstuk Max, selfde munstuk, net ‘n ander kant! Of sal ons dit ook 30 sikkels silwer noem?

Drikus ·

Die arme Max. Hy kon nie ‘n slegter dag gekies het om Soladiriteit/Afriforum aan te val nie. Hulle vlag wapper hoog na die hofuitspraak ten gunste van die SABC Vier.

lettie ·

News 24 het kommentaar lewering verbied, maar tog dit oopgemaak vir die Max rubriek. Gaan dit nou weer in n rassistiese bakleiery ontaard. En News 24 stook net weer gemoedere op.

Johan ·

Weet een van julle of Max getroud is en of hy kinders het……hy klink maar na n ou alleen siel….

Theuns ·

Johan, ja die man is getroud en hy bly langs ‘n begraafplaas!

Harry ·

Volgens my het Max een probleem: Hy besef nog nie dat daar ander menings as sy eie is nie. Hoe reg of verkeerd hulle mag wees. Dit wil voorkom asof hy reken dat enige mening wat nie nie 100% met syne ooreenstem nie; dat sulke menings verkeerd moet wees. ‘n Baie eng siening sou ek sê.

rr ·

Dit is nie die wittes wat die onderdrukkers is nie,maar wel die A.N.C self. Hulle het hul mense beveel om aan tewas en kinders tekry, Nou ontplof dit in hul gesig en moet daar gesorg word vir hul mense. Wat Max betref hy is wat hy is.

Minx ·

Hi Lee-ann helpende hand sal enige skenkings by die regte mense uit kry of miljoen stemme vir Steve hulle is op face book

George ·

Max vir President ! Geen organisasie in S.A. verteenwoordig afrikaanse christene nie. Sela.

Wern ·

Max is gereduseer tot iemand wat ekstreme goed sê net om aandag te trek vir sy artikels, net soos Jakaranda se Rian mense moet irriteer om aandag en luisteraars te trek. Ongelukkig vir max het hy nie Rian se humorsin nie en min indien enige hou van hom. Tot die swart gemeenskap by wie hy nog altyd so kruip skop hom.

Pietman ·

Ai ou Max alweer! Hy is so belaglik . Ek lag nie eens meer vir sy artikels nie. Kry hom jammer. Wonder of hy ooit medikasie neem? Iemand help hom asb!!

Henk ·

Op n program nou die aand het Max in sy eie woorde bely dat hy nie”eintlik gelowig” is nie,dit is waar die probleem lê,ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie,vol bitterheid,sal graag met hom n persoonlikke Geestelikke gesprek wou gehad,verlorenheid is n baie slegte situasie

Min ·

Kwynende Max is nie meer groot, Maximus nie, hy is nou Min, minimaal oor in sy vervelige selfde stories en kwynende steun. Min du Preez.

Daan ·

Waarom al die bohaai oor onse MAX. Ignoreer hom eerder soos die taxis stopstrate ignoreer.

P J ·

Max is in die woestyn, hy het gedink die ANC gaan hom omhels na apartheid maar nou word hy steeds as die vyand beskou (verwerpte liefde). As opperste liberalis kon hy nie dit voorsien het nie nou is hy kwaad vir almal behalwe vir homself. Deur Afroforum en Solidariteit te kap hoop hy die ANC base sal hom begenadig en omhels. Hy smag na ANC liefde maar daar is nuus vir hom ……… hy is te wit!

Koster ·

Hierdie sogenaamde liberaliste leer maar stadig. Wanneer die ANC of watter wettelose organisasie ookal oorneem wil hulle maximum loot, en niks oorlos vir die wat die baan vir hulle oopgemaak het nie.

Cherokee ·

Du Preez, jy is nie die aandag werd wat nou op jou gefokus is nie.

Jaloers ·

Max is jaloers op Maroela omdat dit baie meer lesers het en meer dinamies is as wat sy vrye weekblad ooit was.

Vraag aan Max ·

Max, wat het jy ooit gedoen vir jou gemeenskap? Het jy ooit enigiets prakties gedoen vir die gemeenskap soos wat Afriforum doen, anders as praat praat?

Niel ·

Ons land se mense sal geen vordering kan maak of selfs hul morele standaarde kan lig as ons mense soos die het wat net polities korrek wil wees. Ek steur my geensins meer aan Max se uitlatings nie. Ek sal nie toelaat dat hy of sy ANC se korupte spil kriminele my negatief maak nie. Die wiel draai darm ook. Dankie maroela media vir jul uitstekende diens wat julle ons Afrikaners gee.

Patriot ·

Ai, lekker gelag nou vir Max se manewales en die kommentare! Dankie vir ‘n forum soos Maroela. Cherokee is ook altyd pittig. Herman se sinvolle berigte is ‘n riem onder die hart!

Albert Marais ·

Ag ou Max jy moet soos n verlore seun in jou eie land voel. Nie tuis by die Afrikaner en ook nie by enige ander landsburger nie. Gaan skryf liewer stories in Zimbabwese media miskien kan Bob na jou luister

Zumie ·

Jaaa los asb vir “Max “(eintlik “Minimus”) daar is werklik min mense wat sy mening as enigiets anders as die gevolg van sy skewe sieninge beskou, ons is mos nou al van laaankaaal aan sy galbrake gewoond.

Zumie ·

Jaaa los asb vir “Max “(eintlik “Minimus”) daar is werklik min mense wat sy mening as enigiets anders as die gevolg van sy skewe sieninge beskou, ons is mos nou al van laaankaaal aan sy galbrake gewoond.

GES ·

Ou Max, jy is op die selfde pad as Piet Kopdoek. Dit is net ‘n kwessie van tyd en jy faseer jou self uit. Binne Afrikaner geledere is daar weinig mense wat jou ernstig opneem en mense ervaar jou op en aanmerkings slegs as ruis.

Gideon Jones ·

Du Preez tokkel net op een snaar, anti Afrikaner. Hy het eintlik niks anders in sy arsenaal nie. Daarby drup hy negatiwiteit. En dit wat hom die mees negatiefste maak – sy utopia was al die tyd toe dit, ‘n droom.

lewies ·

Ek stem nogal saam met baie sake waaroor Max kommentaar lewer. Van gister af weet ek nou nie meer, want nadat my vrou vir my gese het om die betekenis van die woord “naiwiteit” in die HAT te gaan naslaan, verstaan ek hom baie beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.