Nuuskommentaar: Zuma op die rooi tapyt

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Môre breek die langverwagte dag aan wanneer pres. Jacob Zuma uiteindelik weer vrae aan die parlement sal beantwoord. Hoewel Zuma volgens die parlementêre reëls veronderstel is om vier keer per jaar vrae te beantwoord, het dit verlede jaar nie gebeur nie. Boonop het die laaste probeerslag in chaos geëindig toe die EFF met sy nou reeds bekende “Pay back the money” begin het. In werklikheid doen die president nou die eerste keer sedert 21 Augustus verlede jaar verantwoording.

Maar is “alle oë môre op die parlement gerig” soos sommige rubriekskrywers dit wil hê?

Palings kan by Zuma kom les neem oor hoe om uit ongemaklike situasies te kom (en dan daaroor te giggel). Hy het die ganse ANC-topstruktuur in rolle ingedeel om te sorg dat hy so geïsoleer en beskerm moontlik is. Die speaker, en ANC-voorsitter, Baleka Mbete, speel hierin ʼn baie belangrike rol.

Die kanse is baie goed om eerder te sien tot watter wanordelikheid die sitting kan ontaard as om te hoor watter antwoorde die president dalk sal verskaf.

En daar is enorm baie vrae, maar na berig word, gaan die president net ses beantwoord, en dan ook nie eens voorheen onbeantwoorde vrae nie. Staan nader, palings, vir ʼn Houdini-les.

ʼn Mens hoef maar net ʼn oppervlakkige oorsig te doen oor die land se vernaamste nuus om te weet waaroor die publiek graag antwoorde wil hoor. Daar is Eskom se nuwe steenkoolkontrakte, voornemende afleggings op grond van ras wat ook ontken word, vrae oor die president wie se persoonlike raadgewer skynbaar as voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie gestoomroller word, ʼn ambassadeur met ʼn vervalste doktorsgraad, polisielede met baie ernstige kriminele rekords, die president se uitsprake oor grondhervorming wat groot ontsteltenis veroorsaak, spioenasiesake, woelinge op kampusse wat nie so lekker met grondwetlike bepalings strook nie, en vele meer.

Zuma sal, nie sonder meriete nie, voel dat van hierdie vrae eintlik aan sy ministers gevra moet word. Maar met alle respek, dan sou Zuma ook meer aandag daaraan moes skenk om gehalteministers aan te stel. Heelwat van die ministers in sy super-kabinet straal nie juis ’n beeld van bekwaamheid uit nie.

Die onlangse mosie van wantroue wat weens onbeholpenheid van Agang in die slag gebly het, sal byna vir seker veroorsaak dat die vraegeleentheid nou pa sal moet staan daarvoor. Heelwat “Zuma-bashing” kan verwag word.

Vanuit ʼn oorhoofse hoek is die gebeure nogtans baie belangrik. Almal betrokke moet so optree dat die publiek nie vertroue in die parlement verloor nie. Gly die vertroue verder terug, raak opposisiepolitiek nog meer irrelevant juis noudat dit in belangrikheid en statuur moet toeneem. Op kort termyn het die EFF se optrede weer lewe in die belangstelling in die parlement ingeblaas, maar terselfdertyd het ʼn weersin teen die styl begin ontwikkel.

Môre se sitting bied die geleentheid om ʼn strategie van stapel te stuur wat die aandag van die publiek sal boei, en terselfdertyd ook nie so platvloers is dat dit weersin wek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Enige een met verstand sal nie die snert glo wat hy kwyt raak nie. Dit wat hy gaan antwoord is in elk geval vir hom gesê om te antwoord. Hulle oefen al dae aan die antwoorde. Urgh!!

Jaco ·

Hi T, ek stem saam met jou. Hy antwoord net wat hy wil, en ons arme spesie gaan dit soos altyd gemoedsrus aanvaar. Dink jy nie ook ons kort iemand wat kan voor loop en die ‘praatjies’ kan stopsit nie. Nie iemand soos Julius Malema nie (Barbaar),maar iemand wat kan lei en daad by die woord kan voeg.

Johan ·

Die man se lewe is een groot kaartspel. Hy laat die beste kulkunstenaars in die wêreld na amateurs lyk. Die klomp snert wat hy praat maak my naar. Om so te staan en gorrel by elke openbare geleentheid sonder om te blik of bloos, is mos ‘n teken dat hy ‘n “professional” is op die gebied. So hou die ANC hoës die man in stand. Hulle beskerm die “koning”. Al is hy lankal kaal.

Jean ·

Ek kyk so die foto van die man wat daar staan en homself die president van die Rsa noem en ek bid vir krag sommer baie baie baie krag want die toekoms lyk donker pik giet swart donker…

zahn ·

Moet net nie bid vir eskom krag nie, hy het dit ook al gesteel..

Jakes ·

Die f…. n bantoe doen net wat hy wil. Belaglik verby, die buiteland skater vir ons. En glo my, hy gaan bly bedrieg want dit werk so in sy kultuur.

HEVW ·

Hieraan is niks kunstenaars verbonde nie. Dit is blood dom gorilla – mentaliteit. Net so min as wat n dwaas sy eie ore kan raaksien net so min kan hy sy dwaasheid insien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.