Nuuskommentaar: Zuma se geheime siekte – die boemerang-effek van geheimhouding

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Ondanks ’n politieke landmynveld moet daar oplossings gevind word vir die probleme wat oudpres. Jacob Zuma se hoof van sy mediese span met die beoogde geheime getuienisaflegging voor die Zondo-kommissie tot gevolg gaan hê. Die komplekse regsgevolge en politieke belange gaan die bevolking wantrouig maak en ander probleme veroorsaak.

’n Spotprent het in Daily Maverick verskyn waarin die spot gedryf word oor oudpres. Zuma se geheime siekte wat sy geskiktheid om voor die Zondo-kommissie te getuig glo onmoontlik maak. Zuma se regspan sal slegs die sluier teenoor Zondo kan lig as die leier van die mediese span privaat en vertroulik verslag aan Zondo kan lewer, waartoe Zondo ingestem het. Die probleem is egter dat die kommissie, soos ander kommissies, ingestel is om die waarheid rakende ’n sekere saak te bepaal en openbaar te maak, soos wat die Seriti-kommissie veronderstel was om met die wapenskandaal te maak.

Volgens die spotprent ly Zuma aan ’n stewige lys siektes, waaronder “Acute Excusemia, Truthophobia, Bosasa Virus, Guptoid Infection en Nkandla Miasma”, en is die leier van die mediese span ene dr. Schabir Schaik.

Op ’n ernstiger noot. Volg Zuma se regspan nou ’n briljante strategie of sleep hulle Zuma se reeds gehawende reputasie net nog dieper die gemors in? Is die aansoek nie maar ’n tipe de facto-skulderkenning nie? Die stilbly-deel van die ooreenkoms kan omtrent oor net een aspek op geldigheid aanspraak maak, naamlik ontoerekeningsvatbaarheid, geen verstandelike of geestesvermoë. Omdat opset deel van aanspreeklikheid vir ’n misdaad is, is dronkenskap tydens die pleeg van die misdaad dikwels ’n belangrike verweer teen aanspreeklikheid. Ons ken almal die tipiese voorbeeld van iemand wat dronk bestuur, en dan in ’n ongeluk betrokke was.

Die dronkbestuurder se turf behoort te sit, want “om te drink om nie te weet wat aangaan nie” gaan nie werk nie, omdat dronkbestuur self ’n ernstige misdaad is. Dus is verkas van die ongelukstoneel en eers weer meer as twee uur ná die ongeluk terugkeer ’n “oplossing” omdat die bloed se alkoholvlak binne twee uur ná die ongeluk gemeet moet word.

Dit is nou ’n misdaad om ’n ongelukstoneel te verlaat wanneer daar beserings of sterftes was voor die polisie opgedaag het. Iewers gaan iemand se turf sit. Om die essensie van die gebeure te probeer geheim hou, gaan byna geheel boemerang. Feitlik enigiemand kan maak of hy/sy getuies is, en dan ’n wolhaarstorie opdis wat weens die geheimhouding ryp is vir die publiek se behoefte aan die souserige weergawes.

In Zuma se geval moet die redes tot die mediese velde beperk bly. Zuma se mediese en regspanne kan dus nie aanvoer Zuma se getuienis kan die werklike skuldiges motiveer om Zuma te vermoor nie.

Kortom, dit is moeilik om jou ’n ander scenario in te dink as waar geldige redes slegs binne die raamwerk van die geestesgesondheid van die getuie kan wees.

Van oudsher was dit ’n groot probleem om van ’n leier, veral ’n diktator, ontslae te raak as die leier se verstand hom verlaat het. In ’n studie deur prof. Francois Retief en andere is bevind dat Julius Caesar ten tyde van Brutus se moordaanval op hom ’n breingewas gehad het. Lees meer hier. Soortgelyke vrae word gevra oor ander leiers wie se optrede later irrasioneel begin raak het (dikwels wreedheid ingesluit) soos Alexander die Grote en Herodes.

Die ooreenkomste tussen hierdie optredes en die simptome van onder meer gewasse op bepaalde plekke in die brein is ondersoek. Een van twee eietydse voorbeelde is oudpres. Ronald Reagan van die VSA wat uiteindelik aan Alzheimer se siekte dood is. Met pres. Donald Trump se verkiesing as president het ’n psigiater met ’n petisie onder psigiaters en sielkundiges begin om Trump se afsetting op grond van beweerde geestesongesteldheid te eis. Dit het gou die handtekeninge van 60 000 psigiaters en sielkundiges gehad. In Suid-Afrika was daar sterk gerugte dat ’n statutêre staatsgreep op oudpres. PW Botha uitgevoer is omdat veral een neurochirurg verskil het van PW dat die dokters hom 100% gesond sou verklaar het ná sy beroerte. Verskeie gesaghebbende en betroubare bronne betwis dit egter.

Die algemene reël dat dokters nie ’n diagnose van ’n pasiënt sonder die pasiënt se instemming bekend mag maak nie, skep potensieel probleme, soos landsburgers se grondregtelike reg om te weet teenoor die pasiënt se reg op privaatheid. Veral in gevalle soos selftoegediende demensie kan die pasiënt en sy naasbestaandes openbaarmaking erg vernederend ervaar, veral omdat selftoegediende demensie byna uitsluitlik die gevolg van alkoholisme is.

Tog kan geen land bekostig dat hy deur ’n ontoerekenbare leier regeer word nie.

Zuma is wel reeds afgesit, maar in die komplekse nepotisme-ring en patronaatskap het Zuma steeds enorme invloed onder die skare van bedenklikes wat niks goeds vir die land inhou nie. ’n Manier moet gevind word dat die publiek weet wat die politici se agendas is, dat hulle goed ingelig is oor die planne van die bepaalde politikus (of politici), en hoe uitvoerbaar dit is. En die politici moenie hul lywe (en neuse) Pinocchio kom hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Se maar net ·

Ons kan maar net wens……… as ek meer se sluit hul my ook toe….. siek of de not!!!

Wielspore ·

Die mediese term vir die siekte is “post political prolapse” of beter bekend as “brein sak af tot in die maag”

JohanR ·

Toe Zuma voor die Zondo-kommisie verskyn het het hy eintlik ietsie gese? Maar net die hele tyd keel skoongemaak, en geproes. Die ou moet in die tronk wees. Daar is al mense in die tronk wat veel minder aan gevang het. Wens Zondo will ook soe bietjie ‘n V12 enjin kry. Die ou is ook maar stadig! Het Zondo nie die mag om Zuma by die huis te gaan haal nie, en hof toe te bring al is dit op ‘n bed?

Ja nee ·

Als leuns, zuma word beskerm deur sy kaders die waarheid sal eer uit wanneer hy dood is… tot dan sal daar niks van kom nie

Sê-maar-net ·

Ek sou sê dat hy deur ‘n span onafhanklike geneeshere ondersoek moet word en nie sy eie span nie. Waarom moet hy oorsee gaan vir behandeling? Ons het van die beste medici in die wêreld en baie Europeërs kom hiernatoe vir goeie diens teen lae pryse. As die Egiptiese eks-predsident op ‘n hospitaalbed kon getuig, kan Z dit ook doen! Die waarheid maak mens vry!

Hanlie ·

Dis net ‘n “Gezum” van die bye. Hy makeer niks. Hulle se slim vang sy baas.

Johan ·

Zuma het dalk die onbekende Wildebees-boeppens-agteroorval-siekte. Arme man!

Johan Venter ·

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het mos nou in dié dae geweier om die kostes te verskaf van die huurvlug om pres. Cyril Ramaphosa en sy geselskap na Japan te vervoer vir die eindstryd van die Rugbywêreldbeker verlede jaar, waartydens die Springbokke Engeland afgeransel het.

Mapisa-Nqakula het ‘n ou jakkalsdraai van die ANC-regering uitgehaal om verantwoordbaarheid te ontduik toe sy in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA se Kobus Marais gesê het om nasionale sekuriteitsredes en veiligheidsredes kan die koste van die vlug nie bekend gemaak word nie.

Dalk moet Zuma haar ook kry om namens hom redes aan die Zondo-kommissie te verskaf waarom dit lewensgevaarlik vir hom sal wees om te getuig.

Johan Venter ·

Dalk het Zuma sy hand tydens ‘n paar putjies golf met Schabir Shaik beseer.

Leon ·

Dit is maklik. Zuma het ‘n oog siekte. Hy kan nie homself voor die Zondo Komissie sien nie. Hy kan nie homself in ‘n oranje pak sien nie en hy kan nie homself in ‘n kamertjie met tralies sien nie. Sien, maklik.

Ingeligte ·

Jammer om dit te sê, maar meeste kommentare gelewer is lukraak, emosioneel gelaai en sonder feite.
Dit skeel die ANC bitter min of SA floreer of oor die afgrond stort. In beide gevalle is hul nog steeds suksesvol op pad om hul resolusies van die 50 er jare te implimenteer. Omdat SA op ‘n baie sterk kapitalistiese fondament gebou is,en hulle besef dit terdeë, het hulle besluit op ‘n langtermyn plan om die land eers stelselmatig na sosialisties te omvorm. Tans het hulle met die hulp van Cosato en die Kommunistiese party, deels geslaag.
Sodra bogenoemde stadium bereik is, sal daar daadwerklik en vinnig gewerk word om die land ‘n totalitêre kommunistiese staatsbestel te dwing. ( lees maar gerus Dr. Jefferies se boek,”The Peoples War”.)
So, wat ek die lesers wil sê, en waarsku, is dat die politieke en ekonomiese toestand waarin ons land tans is, is BAIE MEER ERNSTIG as wat die gewone publiek, m.a.w. die man op straat, weet.
Nou, na al hierdie swaarmoedige nuus, wat is die oplossing.? Dit lê in goed ingeligte publiek, ‘n sterk juridiese stelsel, BAIE ondersoekende joernaliste, en baie bekwame forensiese ouditeure.
Op die ou end, moet die waarheid seevier.

Sic? ·

@ingeligte
N ander boek is “how to be a good comunist ” deur N Mandela

Walesa ·

Madiba die vierde is maar nes Madiba die vyfde , net die tydgleuf verskil . Wah samo , samo

JP vd Merwe ·

Die artikel laat die vraag by my opkom dat indien Mnr Zuma ontoerekensbaar of geestes siek of enige iets was wat maak dat hy nie vervolg kan word nie is die ANC nie dan skuldig en verantwoordelik omdat hulle ‘n onbekwame/siek persoon wat nie in staat was omregdenkend op te tree in die pos van President verkies het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.