Nuuskommentaar: Zuma se rasbenepenheid ontbloot verwysingsraamwerk

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Pres. Jacob Zuma se jongste rasbenepe opmerkings, dat hy nie kan verstaan hoe swart mense vir die DA kan stem, of dat die DA ʼn swart leier kan hê nie, maak ʼn bespotting van die ANC se aanspraak dat dit ʼn nie-rassige party is, of dat dit uiteindelik nie-rassigheid voorstaan.

Zuma baseer sy argument op die feit dat die ou Demokratiese Party (wat hy nog die Progressiewe Party noem) met die Nasionale Party saamgesmelt het. Hy meen dit beteken die verdruktes is nou in dieselfde party as dié wat hulle verdruk het.

Behalwe dat dit ʼn baie simplistiese beskouing van die gebeure is, soos dat dit die NP, of dan die NNP-regering, was wat reeds voor 1994 alle apartheidswette verwyder het (wat die ANC in kwalik gewysigde vorm teruggebring het, terwyl daar dan nou so kort voor die uitspraak in die saak tussen Solidariteit en die DKD oorvereenvoudig word) is sy weergawe van die geskiedenis, soos gebruiklik, baie gebrekkig. Het hy dan vergeet die NNP het ophou bestaan deur in die ANC opgeneem te word en die Wes-Kaap so pasella gekry het? Iets wat die ANC eiehandig gaan verslons het.

Ja, die Natte het in effek nie op groot skaal op grondvlak en eintlik net deels regionaal, saam met hul destydse kortbroek-leier, Marthinus van Schalkwyk, uit die DA weggebreek (op grond daarvan dat die DP hoofsaaklik liberaal-demokraties was en die NP Christelik-demokraties, aldus Marthinus) en nie lank daarna nie, geen probleem daarmee gehad het om met die sosialisties-kommunisties georiënteerde ANC saam te smelt nie.

Dit behoef geen Einstein om tot ʼn waarde-oordeel te kom oor waar die meeste of minste moraliteit en die minste of meeste opportunisme aan die dag gelê is nie.

En kiesers wat wolle oor die oë getrek is, wat nou nog wag vir sekere politici “om jul stem” in die ANC te wees. ʼn Besonder stil stem inderdaad.

Zuma, met sy rasbenepenheid, het ʼn enorme rol gespeel daarin dat ʼn meningspeiling tydens die vorige algemene verkiesing in ʼn stadium letterlik geen blanke steun vir die ANC kon toon nie.

En wie was dit wat as hoofspreker by die hooffunksie van die onlangse regeringsveldtog teen rassisme na blankes as “white supremacists” verwys het? En hy is nie eens daaroor aangetree nie.

Onder Zuma se leiding is die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee op enkele gevalle na gestroop van wit, bruin en Asiër. Die meeste van dié wat nog daar is, is oorblyfsels van ou SAKP-stryders wat nog in die ANC se vernis vasgeverf sit.

Op Google het die naam Zuma 38 600 000 trefslae opgelewer. Die prez is nie die enigste Zuma-nuusmaker of skandemaker nie, maar wel by verre die oorheersende een. Word die woord “black” by Zuma in die soekenjin ingevoer, lewer dit ʼn verbluffende syfer van 36 100 000 trefslae op. Die trefwoorde, “Zuma” en “swart,” lewer 170 000 trefslae op. “Zuma” en “white supremacists” lewer 39 600 trefslae op. Hoewel die vertolking van sulke syfers met omsigtigheid gedoen moet word, gee dit tog ʼn beeld van iemand wat met ras op loop is.

Zuma se rasbenepe losbekkigheid stel wel ʼn belangrike aspek aan die orde, naamlik hoe moeilik dit is om ʼn nie-rassige party in die Suid-Afrikaanse konteks as sodanig lewensvatbaar te hou. Kort voor lank raak die druk op ʼn party om swart steun ter wille van groei te bekom, oorweldigend.

Daar was partye wat op die oog af belowend as nie-rassig uit die blokke weggespring het. Dit is vandag amper ondenkbaar dat die UDM so ʼn party kon wees, maar met Roelf Meyer aanvanklik as mede-leier, het die party inderdaad aanvanklik baie wit en bruin lede gehad en was dit ʼn nie-rassige party. Vandag is dit met genl. Bantu Holomisa grootliks ʼn Oos-Kaapse Xhosa-party.

Ook Cope het baie moeite gedoen om as nie-rassige en algemeen verteenwoordigende party van die monteerbaan af te kom. Die Shikota-Express het betreklik gou geskeur en met die Shilowa-faksie wat die onderspit gedelf het, het dit gelyk of die nie-rassige element sou voortleef, maar ook dié party kan nie veel nie-rassigheid demonstreer nie.

Weens die invloei van wit charismate behou die ACDP veral in die Wes-Kaap ʼn redelike nie-rassige baadjie, maar aktiewe pogings deur die leier, eerwaarde Kenneth Meshoe, om die party ʼn groter swart karakter met ANC-“aanwinste” te bied het ernstige foutlyne laat ontwikkel sodat die party onder groot druk is om nie weg te kwyn nie.

Verskillende kulturele gebruike plaas nie-rassige partye onder enorme druk as ʼn sekere kultuur die kantelpunt in die party bereik en die karakter daarvan “kaap.” Gereelde verkiesings (intern en op munisipale, nasionale en provinsiale vlak) beteken daar moet gereeld om posisies op die kandidatelyste meegeding word. Sommige gemeenskappe organiseer eenvoudig beter as ander, sodat posisies op die kandidatelyste nie noodwendig ooreenstem met daardie kandidate se vermoë om stemme te trek nie.

En in watter stadium sou ʼn party besluit dat sy swart karakter vereis dat dit die uitreik van mediaverklarings ook in Afrikaans opskort? Is dit nie per definisie ʼn terugwaartse stap van werklike nie-rassigheid nie?

Of, soos reeds gebeur het, die leier van ʼn sogenaamde nie-rassige party uit vrees vir wat die ANC van hom gaan dink, weier dat ʼn nuusverklaring oor ʼn plaasmoord onder sy naam uitgereik word?

Zuma sou as baie slinks kon deurgaan om met sy opmerkings ʼn baie komplekse kookpot nog deurmekaarder te klits, as dit nie was dat hy self die opvolgargitek van Mbeki was om van Suid-Afrika ʼn erg rasgepolariseerde land te maak nie. Die man, one hundred fourty eleventy million six thousand seven percent Zulu boy,  wat Zumafikasie en Zoeloefikasie tot min of meer sinonieme ontwikkel het, het die polariserende proses vervolmaak.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Will i am ·

Wat verwag mens van iemand wat net laerskool opleiding het. Hy weet nie wat hy sê nie

Poot ·

Will i am
Hy het nie eers laerskool kwalifikasies nie. Hy het tuis onderig ontvang. (Dis die waarheid. Nie thumbsuck nie)

Theressa ·

Nou heerlik gelees aan goeie Afrikaans. Dankie. EN die beskrywings is so in die kol.

Veritas ·

Los ou Oom Jacob tog net uit. Hy het in sy ampstermyn reggekry wat opposisieparty net kan droom om te doen. Watter opposisieparty kan daarmee spog dat hy die ANC gefragmenteer het? Dit lyk dalk nie so nie maar Oom Jacob en kie gaan dalk nog SA se redding wees.

Kortbroek ·

Lekker lees so op n vrydag. Ja daars min wit ANC ondersteuners, behalwe n korrupte verraaier sakeman of 2 op elke dorp wat vry na regeringsgeld, soos daardie faksmasjienman van polokwane wat toe uitgevang was.

hans brits ·

Net die Here kan ons red en Hy gaan ook binnekort.Sy beloftes kom HY getrou na.

humor ·

Hiert, kyk hoe kap onse pres die riel. Geen slapelose nagte!!!!!!! Dit gaan jollie met ons almal hier in die reenboognasie.

Wim Kotze ·

Onse President?? Ek’s nie een van die onse in daai pond nie.

cs ·

Maroela, moet asb nie ‘n foto van Zumpie opsit nie – dit bederf almal se naweek

Dirk Breytenbach ·

Nou weet ek hoekom ek so naar voel terwyl ek die berig gelees het – die foto

HEVW ·

Selfs die kerk het sederd 1987 in die navolging van die staat gepoog om n nie -rassige baadjie aan te trek en daarna onderskeid gemaak tussen apartheid en klein – apartheid om hom in n mate self te beskerm. Die nie – rassige ding wil ook maar net nie hier slaag nie.

Gerd Lourens ·

EISH!!! Stortkop gee ekonomiese advies aan Europeërs?

Theuns ·

Nog nooit in die geskiedenis van Suid Afrika was die toekoms so onduidelik of donker nie! waarheen is ons op pad? Baie van ons mense is verward maar kan ons hulle kwalik neem? Jy kan dit sien as hulle selfs die koning van Ateisme en kommuniste begin goed praat. Ek is ook verstom dat ons mense Zuma verdoem maar nie sy bedmaats nie? Wat word van ons? Lees Esegiel 38 en 39. Dankie Herman.

snoefie ·

as hy names homself praat hoop ek hy word aangekla en beboet met R500 000. onthou hy is no 1. hy ken die grondwet. as hy diskrimineer moet hy gestraf word. as hy die aanmerking names die anc gemaak het, beboet hulle x 10. die anc wil hulle beywer om rassisme met tronkstraf te vergeld. laat hulle daar ook voorloop. al die pad tronk toe.

Anti-Haas ·

Wel, gaan my verstand net so te bowe dat jy wit ANC mense kry???????
So wat is die punt ou Stortkop????

Theuns ·

Op ‘n ligter noot! Terwyl Zuma by Delville Bos gepraat het het hy nie een keer na die wit soldate verwys wat daar gesterf het nie. Dit het alles gegaan oor die swart soldate. Verwag dat ons geskiedenis binnekort herskryf gaan word! Dit gaan so iets wees. Die swart soldate is voorgestoot en moes die volle aanslag van die Duitse bombardement ” face”. Uiteindelikis ongeveer 3000 swart manskappe afgemaai. Toe die twee swart offisiere wat die Duitsers se aanslag oorleef het na oorlewendes gesoek het het hulle gevind dat al die wit soldate gedros het. Die 140 swart soldate het toe maar lee kiste begrawe in die plek van die wit soldate sodat SA nie te sleg moes lyk nie.Belaglik ne! Dit is nou ANC propaganda!

Wern ·

Is dit werklik wat hierdie rassistiese leunaar vertel?? Op grond van wat basseer hy die leun?

Jaycee ·

As dit Zuma se siening is dan kan by sekerlik nie fout vind daarmee dat hy en die ANC steeds in SA en internationaal as terroriste beskou word nie. Dit gee hom dus geen morele reg om die terroriste-daad in Nice, Frankryk, te veroordeel nie. Hy en die ANC is niks anders as ‘n klomp huigelaars nie.

Lance ·

Die man verderl net almal ….plaas hy net praat van South Africans …..maar nee anc praat net swart en wit ….groot rasiste eintlik ….shame maar pateties …veroorsaak meer verdeeltheid ….dalk nou SA se redding ….

Kom laat ons gesels! ·

Ek sien die sensuuroffisier is besig om te party, kom laat ons nou ons sê inkry uiteindelik!

maryna ·

mense gaan die Zuma nog weg wens soos Zimbabweans vir Mugabe haat

Winston ·

Hierdie is deel van n veel groter prentjie. Die seekoei se oortjies raak al groter. Rassisme is nog Zuma se enigste troefkaart vir stemme vir ANC en sy kiesers steun hom. Tye wat kom gaan moeilik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.