Nuuskommentaar: Zuma se standbeeld neem vorm aan op beplanningskets

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Alvorens ’n standbeeld van ’n bekende opgerig word, moet die vernaamste eienskappe van daardie persoon bepaal word en besluit word oor hoe dit in die standbeeld uitgebeeld gaan word. Maar nadat genoeg eienskappe van pres. Jacob Zuma uitgesoek is, is daar nog genoeg (nie juis positief nie) om in elke provinsie ’n standbeeld van die president op te rig.

Eintlik is hierdie die onderwerp vir ’n humorskrywer, maar weens die erns daarvan moet ernstige kommentators ook kennis neem – en wat is nou fout met ’n bietjie draakstekery in ’n nuuskommentaar?

Die ANC in Noordwes beplan ’n ses meter hoë standbeeld van pres. Jacob Zuma in die provinsie wat R6 miljoen gaan kos. Dit sal in Groot Marico opgerig word.

’n Goeie standbeeld is nie net ’n presiese fisieke weergawe van die persoon wat só vereer word nie – dis ook gelaai met simboliek wat onder meer die vernaamste karaktereienskappe van die persoon weergee. ’n Gewilde eienskap om in te bou, is byvoorbeeld versiendheid, met die standbeeld wat stip en met skerp blik die verte inkyk. Die naasbestaandes van die afgestorwe ANC-leiersfiguur Sol Plaatjie was byvoorbeeld beswaard omdat die ANC hom in die standbeeld met ’n swartmagsaluut uitgebeeld het. Hulle het aangedring dat dit verander word, want die vereerde was nie so nie.

Nou hoe moet Zuma uitgebeeld word? Sy vernaamste steunbasis is onder tradisionele gemeenskappe waar hy ook gereeld in sy, soos Ouboet van Orkney snork nie in ’n effe ander verband klei getrap het, tiertertleotert dans dat die stowwe so staan. Dit sal dus gepas wees om die standbeeld in ’n tradisionele uitrusting te klee, maar die kleed onder, voorlangs, moet asseblief tog net groot genoeg wees want as daar weer ’n lelike ding sy kop uitsteek sal baie mense weke lank naar wees.

Natuurlik moet die stortkop aangebring word, want daarsonder sal baie mense hom nie herken nie. Daar is ook diegene wat voel die kop-gedeelte moet hol wees, met luggate om te wys dis leeg. Sommige ontleders meen die tong moet gesplete wees, soos die chaos wat hy nou weer saai oor grondroof nadat hy baie onlangs nog die versekering gegee het onteiening sal ingevolge die Grondwet, en met kompensasie, geskied.

Hy het ook ’n stip blik, glo om sy oog op die tesourie gevestig te hou.

In die een hand swaai hy dan ook sy masjiengeweer wat iemand nou uiteindelik opgespoor het nadat hy al soveel jare daaroor neul. In sy gordel is ’n ligte voorhamer waarmee hy die ekonomie moker die oomblik as dit wil kop optel.

Volgens Middeleeuse gebruik het elke hand ook ses vingers. Destyds was dit glo bedoel om ’n sesde sintuig of besondere eienskappe van leiersfigure of besondere mense uit te beeld. Die twaalf vingers is almal besonder lank, maar niemand weet skynbaar waarom nie.

Hy sleep ook een van daai klein tassies met wieletjies agter hom aan vir sy periodieke blitsbesoeke aan Suid-Afrika. Onder elke voet is ’n arme waarop getrap word.

Die voetstuk van die standbeeld is ’n veiligheidsvoertuig (sy hele kavalkade sou te veel plek opneem), en dit is omring deur veiligheidspersoneel met donkerbrille.

So ’n ontwerp laat nog baie ruimte vir ander eienskappe wat gebruik kan word sou ander provinsies ook op standbeelde vir Zuma besluit, soos sittend, in ’n pak klere om hom uit te beeld waar hy in die parlement ’n uiltjie knip. Of Zuma wat viool speel terwyl die etse van groot vlamme van sy lyf geprojekteer word.

En die geldjies. Baie van die Afrikanerbeelde en -monumente is opgerig in tye wat dit bitter swaar gegaan het, en letterlik pennies ingesamel is. Vroue het hulle afgesloof om koeksisters en pannekoek te bak en te verkoop.

Dit lyk nie of daar ’n soortgelyke poging gaan kom om geld deur die verkoop van magwenyas (klein vetkoekies) en kaboemielies is te samel nie. Die publiek by wie Jan Taks nie verbyloop nie sal maar (weer) opdok.

Die skynbare vreemdheid is dat daar nog nie werklik in die media ’n groot ophef was oor Zuma se voorgenome grondroof nie. Rapport bespreek die kwessie wel in sy hoofartikel, maar verder is kommentaar, veral alarmistiese kommentaar, maar skraps. Die rand het selfs ná Zuma se duidelikste grondroof-uitspaak (in die Huis van Tradisionele leiers) effens versterk.

Dui binne-inligting daarop dat Zuma nooit sy sin hieroor gaan kry nie? Uit ANC-geledere word immers daarop gewys dat Zuma hom tegnies aan wangedrag skuldig maak deur iets te verkondig wat (nog) nie ANC-beleid is nie. So ’n verandering van beleid sou eers deur ’n beleidskongres gevoer moet word.

Die Sassa-krisis kom ook nie van vandag af nie, maar hoewel daar uitstekende berigte was wat op die komende krisis dui, het die werklike paniek eers in ’n baie laat stadium ontwikkel. Nou oorskadu dit byna alles. Bykomend tot die probleem is dat die minister sowel as Zuma (wat nou oplaas bietjie ingryp) nie een geloofwaardigheid het nie. Minder as ’n maand voor D-dag weet die publiek steeds nie na watter oplossing gewerk word nie.

En, o ja, die krisis is die media se skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

BS ·

Nou wat het die omgedraaide lord gedoen om n standbeeld te verdien? Hulle moet hom uitbeeld as die vernietiger. Gaan hul nou van elke kamstige president n standbeeld oprig?

jorie ·

Hulle kan daai foto waar hy slaap in die parlement gebruik om ‘n standbeeld te maak.

(ek hoop ook net sy broek se rits is toe in die beeld)

Stefaans ·

Gewoonlik word ‘n standbeeld opgerig na die oorlye van ‘n persoon……………………

LOSKOP ·

Maklike standbeeld om te maak , n lang water pyp met n stort kop bo aan en sie daar zuma standbeeld

Whosme ·

Die baie geld kan eerder aangewend word vir werk skepping – Of selfs om die pensionarisse ‘n beter pensioen verhoging te kon gee dat hulle darem vir hulle self beter kan sorg. Ons geld word aangewend vir die verkeerde goed

Lizl ·

Ek dink hulle kan `n ou met `n balaklava op die kop en `n sak vol munstukke ook gebruik , almal sal weet dis hy

Gideon ·

‘n Laggende Zuma wat ‘n geldkoffer vashou en dan ‘n magdom mense wat krepeer van ellende!! Dit moet wit, swart en Indiërs insluit!! Hoekom kan solidariteit nie ‘n sms lyn open waarin ons kan geld skenk om so beeld te maak nie!! Ons kan dit op enige privaat grond laat oprig!! Julle het my eerste R1000.00 vir so beeld!

Standbeeld ·

En hy is nis eers n “iets” om na op te kyk nie!!!!! Duscusting!!!

snoefie ·

het die noordwes revering al verduidelik how hulle vir die beeld gaan betaal? moet hulle nie alreeds groot geld aan die marikana slagoffers betaal nie?

Johann ·

Sou die middelvinger ene, of is dit nou die neuskrap een nie die ideale een wees nie???

AL ·

Een swart rubriekskrywer het vandag n rubriek geplaas oor radikale transformasie van grond.
Almal trap ligweg op grondhervorming deur te se dis nodig ( net om nie ongewild te wees nie). Tog het hy die versiendheid gehad om te noem dat boerdery al hoe meer gemeganiseer word. Dat groente ens. Danksy nuwe tegnologie dit moontlik maak om op kleiner skaal te produseer.
Ons almal weet dit sit nie in elke broek om te boer nie – so wat van kleiner hektare vir gemeenskappe gee wat hulself hul groente kan produseer. Hul produseer in elk geval net vir hul gesin – soos grondhervorming al in verlede uitgewys het.
In verskeie nedersettings is reeds veekrale en ons almal weet van bokke wat los rondloop oor die pad.
Dis beter as om groot stukke grond te gee wat net gaan braak le en die ekonomie knou.
Soos die ANC premier wie nie n boer werd is nie, haar varke mekaar geeet het en haar plaaswerker nie betaal het nie.
Ons kan nie sulke boere in ons land bekostig nie.
Wat Zuma betref die swart gemeenskap soek eerder die 6miljoen om hulself te bemagtig. Zuma sal nooit n ikoon wees soos Mandela – tyd dat hy dit face.

Adam Boshoff ·

Die standbeeld moet maar ook afgebreek word sodra dit opgerig is

Grassie ·

Ek hou van Herman se beeld. Dit kort net ‘n bord kerriekos in sy linkerhand, so half weggesteek,en ‘n katlagter op sy skouer.

Alida ·

Betaal die SASSA geld wat gesteel is met die standbeeld se geld of. Zuma is veronderstel om werk te skep nou wil hy die steenkool trokke se drywers van hul werk ontneem. Ek hoop hulle jaag met daai lorries dwarsdeur Nkandla !!

Verwonderd ·

Giftig… Wat ‘n MAN… Wat ‘n nalatenskap… En hy is NOG NIE klaar nie… Miskien moet hulle maar net die halwe fondasie met ‘n naambord daar laat, want hy het niks reg gekry behalwe te vernietig wat hy na moes omsien.

gerbrandt ·

Ai julle maak by Maandag -oggend met julle kommentare!
Dit is uitstekend!
Ek lag my ‘n papie!
Dankie!!

A Willemse ·

Gaan hy ook soos Mandela sy hande in die lug op gooi omdat nou dat hy ‘n voorvadergees is, daar nie ‘n manier is waarop hy die probleme wat nou sy kant toe kom kan hanteer nie? Die praaiwit sektor kan nie daarvandaan af bereik word nie.

Rerig! ·

Jislike in elke dorp! Hoeveel gaan dit ons almal nou weer kos! Eish

Johann ·

Nee mense? Wat van n “halogram”? Maar een wat met n tweepunt plug werk. Permanent op soek na n connectoer wat.pas….werk ook net as die kabels nie gesteel word nie…met so n munt masjien wat jy 10c moet ingooi dan jiga jiga die beeld…verskillende posisies…een wat sit en slaap….een wat met/sonder die lende vel dans en sing…met/sonder n masjien geweer…n weergawe van him as skaapwagter (moeilike een wat n skaap iis n skaap is n skaap)beslis MET soundclips..n hehehehehehe…listen carefully….NKANTLA…Jan v Riebeeck… en n Zulu mating call…als met die onvanpaste pouses tussen woorde. EK WEET! KRY TREVOR NOAH om hom na te maak en projekteer die beeld teen wat ook al nog nie in Marikana gesteel is nie…dalk n mynhoop? En leer AL die himde van die omgewing waars die beste beenlog plek! Ek sal hulle kom leer!

Pieterdp ·

Op die bors plaat kan ons vir hom sy nalatenskap vir SA uit een sit. Ek is te bang om als te sè. Die toe laat bare woorde op Maroela is hoopeloos te min.

Meraai ·

Dalk een van ‘n miskruier. Die man jaag gereeld ‘n bol mis aan!

Maklikste standbeeld ooit ·

Maklikste standbeeld, showerkop en brandkraan, hy weet mos nie hoe lyk ‘n blusser, hy bou toe ‘n “firepool”

Rynhardt ·

Hoe moet standbeeld lyk van Zuma? Dit is baie maklik.Hy moet uitgebeeld word met n stortkop waar hy hope banknote vashou, plus hy moet omring word met banknote en agter moet Nskandla wees.Voordat ek vergeet, n groot bord moet ook opgerig word by standbeeld dat al sy bewondetaars kan verstaan:Dit is al die geld van belastingbetalers wat ek geroof het om my luukse paleis te bou!

My tweesent bydrae ·

Dalk moet sy kop omgedraai op sy lyf wees . Simbolies wys sy lyf vorentoe en hy kyk vierhonderd jaar terug .

Leeutjie ·

Julle almal hierbo het my dag gemaak!!! Ons blankes het maar net ‘n humorsin wat geen ander nasie het nie!!! Wens almal kon om ‘n braai staan en hierdie humor deel….. ons sal nie ophou lag nie! Welgedaan!!!

humor ·

Dit is maar seker sy magsbasis is op die oorbevolkte massas waarin hy n groot aandeel het, geskoei. So dit sal maar baie moeilik wees om nie die waarheid daaraan verbonde nie onder sigbaar te maak nie.

John ·

Het Herman Charles Bosman nou herrys vandaar die skrywe? Dalk kom meer sulke boere na bowe om die petalje te bekyk. Miskien moet ‘n groot mampoerstookketel by die prentjie inwerk word, maar aan die anderkant kan so ‘n ingewikkelde kontrepsie dalk net weer al die Zoeloe-oom se nuwe grootse droomprojekte vir ons ou landjie net daar in die stof laat byt.

humor ·

Die simbool van sy magsbasis naamlik die oorbevolking waaraan hy n groot aandeel het kan maar onder sy zulokleed uithang maar moet wragtig net nie daar uitsteek nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Enige siel wat soveel ongerympdhede agter sy naam kan skryf, vier, vyf of ses vroue en dan nog buite-egtelike (?) kinders of ‘n kind by sy beste vriend se dogter, besigheidsvenootkinders by Guptas, by die 100 sake wat vir hom le en wag vir wanneer hy as president uittree/aftree.
HOE OP DEES AARDE SO ‘N SIEL (?) VEREER MET ‘N STANDBEELD? Behoede ons!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.