Nuuskommentaar: Zuma se ‘verjaardaggeskenk’ – hy speel die rassekaart

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, in Boksburg (10 April 2017). Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het pas op onoortuigende wyse die rassekaart probeer speel in die protesoptrede teen hom, en veral wit mense met die teerkwas bygekom. Die verantwoordelikheid bly egter groot dat protes teen die president te alle tye fatsoenlik, al is dit skerp, sal bly.

Môre, op die president se verjaardag, vind weer groot landwye byeenkomste plaas met die doel om genoeg druk te mobiliseer om pres. Jacob Zuma uit die presidentsamp te dwing. Die volgende groot optogte sal na verwagting weer op 18 April wees wanneer ’n mosie van wantroue in Zuma voor die parlement dien.

Die vorige landwye optogte het nie in Zuma se klere gaan sit nie, en hy sien stellig baie min uit na die “verjaardagpresent” wat môre op hom wag. Verwysend na die vorige optogte het hy dit ook met rassisme probeer kleur – iets wat aan die kant van die betogers seker die laaste ding is waarvan hulle beskuldig kan word. Die optogte was voor die voet veelrassig, en die enigste rasse-voorvalle was waarskynlik ANC-jeugligalede wat onder andere ’n bejaarde wit man ná ’n optog onderweg huis toe aangeval het. Hy moes deur die polisie gered word.

Tog mik Zuma sy beskuldiging by ’n Chris Hani-gedenkgeleentheid teen wit mense, wat ook aan die betogings deelgeneem het, en wat plakkate sou hê wat swart mense as ape sou uitbeeld. Hy toon geen bewyse nie en noem nie sy bronne nie. Dit lyk of die president en sy getrouste aanhangers die enigste mense is wat van die plakkate weet, want die teenwoordigheid van sulke plakkate sou groot teenspoed by die optoggangers en hul organiseerders gekry het. Hulle het dit ook voor die voet ontken.

Die president behoort te weet dat hy nou weer ’n reuse-onwaarskynlikheid opgedis het, en dit met die uitsluitlike doel om rassepolarisasie in die protes aan te blaas. In die proses trap hy weer op sy ampseed.

Ook die burgemeester van Ekurhuleni, Mzandile Masina, gebruik in sy toespraak die geleentheid om nie net die vinger na wit mense te wys nie, maar die wit mense sommer te waarsku ook om eintlik nie by die opstand teen Zuma betrokke te wees nie. Volgens hom moet die selfvertroue wat wit mense nou gekry het, en wat hulle “gesonde rasseverhoudinge die middelvinger laat gee”, end kry. Ook hy beweer dat daar plakkate was wat swart mense as ape uitbeeld.

Kortom, die president en Masina maak van die opstand  teen Zuma ’n swart-wit-ding en probeer wit mense uit die protes intimideer. Terselfdertyd probeer Zuma deur die skep van persepsies swart steun agter hom verenig.

Dit is egter geen wit party nie wat die konstitusionele hof nou regstreeks probeer nader om tydens mosies van wantroue die stemme in die geheim te laat plaasvind nie. Die aansoek word deur die UDM, gesteun deur ’n aantal ander partye, gebring. So ’n aansoek is nodig omdat die Wes-Kaapse hooggeregshof tevore so ’n aansoek afgekeur het. Die grondwet kan nie uitspraak hieroor lewer nie. Daarom kan ’n mens net hoop dat die regters van die Konstitusionele Hof sal insien dat die gedagte dat stemme slegs vry kan wees as dit in die geheim uitgebring word, en dat die koukusstelsel wat deel van die Suid-Afrikaanse tradisie is, ’n erge vergryp hierteen is. In werklikheid word LP’s gedwing om (soms) hul gewete te verkrag en vir iets te stem waarteen hulle heeltemal gekant is. ’n Skeibrekery lei tot dissiplinêre optrede en ’n skorsing kan tot ontslag as LP lei. Dit is in wese intimidasie wat ook vreemd aan die grondwetlike demokrasie behoort te wees. Vanselfsprekend is daar ’n saak uit te maak dat die tradisie van koukusgebondenheid (wat byvoorbeeld nie volkome in die VSA geld nie) ordelikheid veroorsaak, en verseker dat kiesers vir die duur van ’n parlementsitting verteenwoordig word deur ’n verkose verteenwoordiger wat gebonde bly aan die mandaat waarmee hy parlement toe gestuur word.

Tog moet daar uitsonderings wees, soos juis met ’n mosie van wantroue, sodat dié tradisie nie bloot ’n numeriese klug bly nie, maar veranderings in kiesersentimente, of waar ’n president / regering die kluts kwyt raak, se veranderende temperatuur met sinvolle tussenposes gemeet kan word, en sinvol daarvolgens reageer kan word. Anders hou die stemreg-demokrasie immers halfpad tussen verkiesings op met bestaan en is die laaste deel van die termyn in werklikheid ’n diktatuur.

Al manier is om LP’s in daardie uitsonderlike gevalle toe te laat om volgens hul eie gewete in die geheim te stem. Hoe meer dikwels partye hul lede toelaat om in sensitiewe kwessies soos aborsie volgens hul gewete te stem, hoe meer word die demokrasie verdiep.

Hoewel Zuma vir Dipuo Peters as minister van vervoer uit sy kabinet weggelaat het, moet die hofuitspraak teen haar afdanking van die Prasa-raad ook ingeryg word in die lang stok van sake waarin die president, sy kabinetslede en sy meelopers die spit afbyt. Die hof het die tussentydse raad as onwettig bevind en gelas dat die ou raad weer aangestel word.

Min Suid-Afrikaners verwag dat die inspekteur-generaal van Intelligensiedienste iets anders gaan bevind as dat die “intelligensie”-verslag wat Zuma as grondslag sou gebruik het om Pravin Gordhan en sy adjunk af te dank, iets anders as prulwerk is. In dié verslag word beweer Gordhan en sy adjunk, Jonas, sou op hul besoeke aan Brittanje en die VSA belangrike persone in die buiteland teen Zuma probeer mobiliseer het. Volgens mediaberigte word die vingers hier ook na die Guptas gewys, en meer bepaald ’n beeldpoetser wat bande met die Guptas het.

Ongelukkig vir Zuma het sy jongste rassebeskuldigings dieselfde ongeloofwaardigheid. Dis boonop onoorspronklik, met die aanskyn dat die eerste en beste voorbeeld, dié van Penny Sparrow, in ’n ander gedaante en konteks geherkonstrueer is. Sou dit geloofwaardigheid hê, sou dit inderdaad sterk emosies wakker maak. Dit dwing in werklikheid die organiseerders om van die president ’n leuenaar te maak. Tensy dit natuurlik die waarheid sou blyk te wees – iets wat vreemd sou wees omdat so iets kwalik sekondes sou neem om in die plakkaatdraer se gesig te ontplof. Teen hierdie tyd sal fotobewyse omtrent dieselfde geloofwaardigheid as Zuma se “intelligensie”-verslag hê, want daar was ruim tyd vir “photoshop” van hoë kwaliteit.

Dit beteken nie dat diegene wat môre en later aan die protesoptredes teen Zuma deelneem, nie die beste voet moet voorsit nie. Dit geld elke optrede, soos die skryf van ’n lesersbrief of leserskommentaar aan die media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anoniem ·

moet witmense die skuld dra vir alles wat verkeerd gaan in die land sjoe!!!!vra maar net

Koos1 ·

Anoniem. Ongelukkig moet iets die skuld kry volgens zuma en sy maatjies, en ongelukking is dit een van twee opsies volgens hom(zuma): Ek is verkeerd of hulle is rasisties.
Herman as ek ‘n swart person was wat betoog het sou ek baie die blik…… in gewees het. Hier kom ‘n swart man en sê vir my ek is rasisties!!!!
Maar nou weet ons gelukkig ook dat swart, bruin en indier mense rasisties kan wees, zuma het dit dan nou vir ons gesê.

Alida ·

Uitstekende rubriek. Die hele wereld weet by hierdie tyd dat daardie man onsin praat. Bring die bewyse!! Maar soos ons hom ken sal hy ‘n paar plakkate laat druk en versprei. Hy en sy kaders is skelm genoeg om so laag te daal. Vrydag se optog wat veelrassig en ‘n nasie het saamgestaan soos nooit tevore nie. Mooi SA en sy reenboognasie !!!!

Frieda Muller ·

Rassisme bestaan bet im die regering. Hulle wakker dit aan en hou dit as verskoning vir hulle korrupsie.

PJ ·

Darem snaaks hoe die liberale mense hulle menings verander sien vandag op Nuus 24 hoe Max du Preez sè dat zuma alhoemeer na mugabe se leierskap mik sal nie sè selfde ou wat n jaar of wat terug gesè in Pietersburg by n gedenk diens vir Van Zyl Slabbert gesè het mense wat dink soos ek wat sè ons gaan dieselfde pad as Zimbabwe is die tipe mense wat eintlik die land moet verlaat want met ons fantastiese grondwet sal dit nooit gebeur. Nou hoe nou ou max?

Ek stem PJ ·

Ja siestog ou max was nog altyd ‘n liberale kruiper. Hulle sien nou een na die ander die LIG uiteindelik, dieselfde mense wat hulle aangehang en voor geveg het skop hulle nou in die tande en laat hulle vreeslik in die steek. Kannie glo dat iemand nog sy goed lees nie, hy is’n manteldraaier, maar steeds ‘n groot kritikus van die Afrikaner, ek dink al wat hy meer haat as Zuma is die Afrikaner.

zis ·

Ja, as my hond kleintjies kry, dan is dit ook die witmense se skuld. Jammer, maar ek kon nie my kleur kies nie. Die Vader het die kleur aan my gegee en ek is trots op die kleur.

Stem saam ·

Ek stem 100% met jou saam! Ons wit mense het nie gekies om wit te wees nie ons is so geskape en baie trots daarop! Dankie liewe Heer vir die voorreg om n wit vel te kan he. Amen

Hans ·

Hy gaan al die leuens in die boek fabriseer sodat dit soos die waarheid lyk om homself te bevoordeel.Selfs nie sy eie mense wil hom he nie.

tyrenaier ·

Hoekom sit julle n foto van Thabo Mbeki op as julle n berig skryf oor Jacob straightup?

Marina ·

Dit kan jy weer se! Sy eie mense wil hom nie meer he nie maar hy wil die skuld op die witmense plaas vir alles wat hy wat Zuma is verkeerd doen!!! Die wiel draai verseker Jacob Zuma jy gaan nog met karma te doen kry omdat jy die witmense so vals beskuldig! Wakker word Zuma!!!

Hasie ·

Behalwe dat die man dom dinge sê is hy nog kleurblind ook.

al ·

Ek dink dit was vir hom n swaar pil om te sluk om te sien hoe massas mense ongeag swart, wit, bruin of indier opgeruk het met duidelike verset met sy presidentskap.
Hoe meer hy n rassistiese kleurtjie aan n ding gee, hoe vinniger gaan dit afgewater en sonder betekenis raak.
Ons almal weet op voetsoolvlak dat rassisme net deur politieke leiers, media en onbevoegde amptenare gedryf word.

Anonymous58390 ·

Aangesien hy als rasisties maak…My vraag is hoekom het al die verskillende rasse saam mekaar gestaan die laaste 2weke en begin veg vir wat reg is vir die land vir n beter toekoms vir hulle kinders en familie??? Hoekom moet rasse en rassisme altyd ter sprake wees as hulle al 20jaar gehad het om die land reg te kry. Hoekom moet rasse altyd ingebring word om mense se gro d weg te neem wat hard daarvoor gewerk het waar die regering ander planne in werking kon sit om van hulle duisende hektaar staatsgronde wat vergaan te omskep het in woonbuurte met huise op vir die minder bevoorregdes. Arrogansie, disrespek en onkunde is die groot oorsaak van die wanbestuur van regerings institute wat geen belange van die land uitvoer, als is n groot grap vir hulle, geen werklike kwessie van staats korrupsie word strafregtelik deurgevoer want hulle maaitjies beskerm mekaar te veel. Kry die staats instansies in orde en stel bekwame mense in poste aan

Goeie kommentaar Anonymous ·

Goeie kommentaar, in die kol. Hy fokus steeds op rassisme en die wegneem van eiendom van wittes, terwyl hulle swart elite al swem in die geld en niks deel met die massas nie. Daarom wag die massas nogsteeds vir die minderheid wittes se plase, minwetend dat dit net ‘n paar duisend is en nie ‘n paar miljoen nie. Hulle moes poste skep, HULLE moes RDP huise bou, HULLE moes die onbewerkte staatsgrond aan swart boere gee om te bewerk! Nou wil hulle alles vat wat werk, en binnekort werk niks meer nie, kyk hoe lyk die hoenderplase en varkplase en sitrusplase wat reeds dmv BEE aan swart “boere” gegee is. Net gister het hulle gese hulle gaan almal van die plase afskop wat nie daar boer nie en ‘n gemors van die plase maak . nou dis dieselfde wat gaan gebeur met die ander duisende plase waarop daar tans miljoene se wild en vee en gesaaides is.

Janie Monsieur ·

Dagsê Louw,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Ja TOE ·

Dis is die ENIGSTE kaart wat vir die uneducated masses werk. Hy sal sy eie swartmense rassisties noem as hulle hom teegaan, hy het ‘n saak. Ek hoop regtig hy het AL die posters gelees, want daar was interessante goed daarop wat NIE rassisties is nie, maar wat hom presies sal vertel wat die HELE NASIE van hom dink, swart en wit. Die RASSEKAART Is al wat jy nog het om te speel, “apaathaait en colounialism””whaait monopoly” en racism .. dit is al hoe hy daar gekom het en nou in die magsposisie bly, hy bly mense opstook teen wittes want hy het NIKS meer om te gee behalwe die WITTES se grond en eiendom nie . NIKS NIE!

Theresa ·

Genade tog. Om darem so te gryp na alles en nog wat om kop bo te hou wat lankal heeltemal in die modder lê. Geen respek vir ‘n leier wat so onneutraal is nie.

Mielie ·

Ek kan nie wag vir die dag wanneer die Zuptas teen mekaar in op stand kom nie…..

MANIE ·

Hierdie man en sy party is van die ergste politieke rassiste wat die land nog gesien het. Sy uitsprake is al lank vol rassisme

Peet ·

Masina moet aangekla word van haatspraak en aanhitsing tot geweld. So ook Zumps.

Blits ·

Op msn nuus het die Ekurhuleni Burgemeester die volgende te sê gehad.
Mayor Mzwandile Masina has issued an ominous warning to WHITE South Africans and the Save SA campaign
Masina says if they don’t participate in nation building, things might get tough for them.
He was speaking at the Chris Hani lecture on Monday night,
“The thing of being showing the middle finger by WHITE people because they ‘ve gained confidence must come to an end” said Masina

Jean ·

Ag sy dinges, dinge is REEDS moeilik vir WITTES< en die feit dat hy wittes uitsonder beteken hy is 'n RASSIS. Hy maak WEER WITTES bang, so asof dit nie al sleg genoeg met 'n groot persentasie wittes gaan agv RASSISTIESE beleide soos BEE en die uitsluiting uit baie organisasies en besighede en universiteite nie. Kom ek se vir jou Burgemeester, die wittes is NIE meer so bang soos wat hulle was nie .. julle het ons nou met die MEERDERHEID en met die dood en met die afneem van al ons eiendom gedreig, sodanig dat ons nou al gewoond geraak het daaraan. Julle het egter vergeet daar is ook 'n opkomende swart middelklas wat geleerd is en nie meer julle TWAK en beloftes glo wat julle vir die agtergeblewenes verkondig nie . julle moenie so seker wees dat dit 'n SWART op WIT fight gaan wees nie … Julle eie mense gaan julle sterte vastrap.

Loeis ·

”n Uitstekende samevatting, soos gewoonlik, Herman.

Ek wil wel uitwys dat die rassekaart ‘n ou een van die ANC is (dalk al kaart wat hulle het). ‘n Minister in Mbeki se kabinet het bv eenkeer gekerm dat dit net blankes is wie oor swak minuspale dienste kla. Hy het natuurlikk die pot misgesit: net in my direkte werksomgewing is daar heelwat middelklas swart persone wie net so vies soos enige blanke is oor dienste waarvoor hulle betaal, maar wat nie aan verwagtings voldoen nie. Dit het verlede jaar by die stembus begin sigbaar word.

Maar, helaas, werk Zuma se storie soos ‘n bom onder die arm massas. Dit is nou diegene wie nie aan die ekonomie deelneem nie, en nie eens weet wat die afgradering beteken nie.

Nakkie ·

Ek dink nie daai woord beteken wat hy dink dit beteken nie. Ek dink daai woord beteken vir hom “enigiemand wat nie doen wat ek vir hom sê nie”

Blits ·

Gaan lees gou bietjie die MSN news en gaan kyk wat het Masina te sê oor wit mense

Johannes ·

Merk ander mense ook op dat die vinger al hoe meer na blankes gewys word? Blankes word al hoe meer in die openbaar en deur leiers beskuldig vir alles wat fout is. Haatspraak teen blankes is ook aan die toeneem. Is hierdie dalk die begin van ‘n volksmoord?

Scalla ·

Dit wat ek van hom en sy mede rassistiese trawante dink kan ek in detail beskryf maar MM sal dit nie toelaat nie.

Chekoree ·

Dit is uitstekende taktiek van VF+ en Solidariteit om ‘n lae profile te handhaaf, want die boodskap oor die land se gemors is soveel sterker as dit nie weer as ‘n blanke insiatief gemerk (“labeled”) kan word nie. In elk geval maak hulle, hulle stemme dik wanneer dit nodig is om die belange van minderhede te beskerm.

Trots Afrikaans ·

Ja almal was wit.

Daar was European wittes, Indian wittes, African wittes, Coloured wittes, en nog baie ander wittes……

Mooi! ·

???baie baie goed gese trots afrikaans! Ek dink as die paw paw die fan strike en hulle oorlog aankindig teen die wit mense gaan daar tog wel baie baie ander kleuriges saam ons wit mense staan glo my maar. Nie almal gaan teen ons wees nie julle sal sien.

BOLANDER ·

Ek kan aan net een verjaardag geskenk dink vir stortkop. Maar ek waag dit nie hier noem nie, want dit sal nie geplaas word nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Marie Visser ·

Zuma volg die oud kommunistiese slagspreuk: ‘Devide and rule.’ Dit is hoekom hy nie vrede tussen wit en swart in ons land wil help teweeg bring nie. Uitgeslape kalant.

My mening ·

Die enigste rasisme wat daar nou bestaan is politieke rasisme. Die anc teen die res van die land. En snaaks genoeg…..ek het nie enige wapens gewaar by betogers behalwe by die anc se mense nie. Hulle betoog met die doel vir beskadiging, vernietiging en geweld.

Liza ·

Hy is die grootste rassis JZ…… en hulle is uit om ons te tart en kwaad te maak want dit is wat hulle soek…… en dan word ons wittes as rassties genoem, JZ steek sy volk op……..ek praat baie met swart mense en hulle hou nie van hom nie……hulle se ook hy moet uit want hy is rassisties….

Johanna Botha ·

Sy persent is dat almal in ons kantoor so 10 plakkate geruk het en dit gaan opsit later vanaand want ons kannie more by die optog wees nie.

John ·

Dis dringend nodig dat die grondwethof bo die president moet staan om ‘n soortgelyke aanstelling van ‘n president deur ‘n paar kaders te verhoed anders gaan ons binnekort ‘n soortgelyke probleem ondervind met die aspirante in die tou na die troon. Hoe die grondwet gewysig kan word sal slim regsgeleerdes moet aandui. Dis dringend nodig. Die Zoeloes kan ook nie alleen die septer swaai nie.. ook hul maatjies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.