Nuuskommentaar: Zuma self die voornemende grondrower

Pres. Jacob Zuma. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Pres. Jacob Zuma. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Nadat ’n adjunkminister en ’n minister uitsprake gemaak het oor veranderinge aan die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding te doen, het pres. Jacob Zuma die bekendstelling van die landbougedeelte van projek Phakisa versuur deur ’n soortgelyke stelling te maak.

Wie nog gewag het dat pres. Jacob Zuma vir min. Gugile Nkwinti en adj.min. Ayanda Dlodlo gaan repudieer oor hul stellings dat die Grondwet aangepas moet word om grond sonder vergoeding te onteien, gaan lank wag. Zuma het pas ook hierdie voorneme uitgespreek, en om doodseker te maak dat hy nie verkeerd verstaan is nie, word die toepaslike gedeelte uit sy amptelike toespraak by ’n geleentheid van Operasie Phakisa hier geplak:

“How are we going to achieve all the goals mentioned in the State of the Nation Address and all the laws and policies that we are busy amending to enable faster land reform, including land expropriation without compensation as provided for in the Constitution?”

Die versekering dat die onteiening sonder vergoeding “ingevolge die Grondwet” versnel kan word, is uiteraard ʼn stukkie bog. Die Grondwet maak nié voorsiening vir onteiening sonder vergoeding – en behoorlike markverwante vergoeding – nie.

Artikel 25 (2) tot (4) lees soos volg:

(2) Property may be expropriated only in terms of law of general application –

(a) for a public purpose or in the public interest; and

(b) subject to compensation, the amount of which and the time and manner of

payment of which have either been agreed to by those affected or decided or

approved by a court.

(3) The amount of the compensation and the time and manner of payment must be just and equitable, reflecting an equitable balance between the public interest and the interests of those affected, having regard to all relevant circumstances, including –

(a) the current use of the property;

(b) the history of the acquisition and use of the property;

(c) the market value of the property;

(d) the extent of direct state investment and subsidy in the acquisition and beneficial capital improvement of the property; and

(e) the purpose of the expropriation.

(4) For the purposes of this section –

(a) the public interest includes the nation’s commitment to land reform, and to reforms to bring about equitable access to all South Africa’s natural resources;

and

(b) property is not limited to land.

Let daarop dat die Grondwet bepaal dat eiendom nie net grondbesit behels nie. Die deksel kan behoorlik gelig word as aan dié bepaling van die Grondwet getorring word.

Die enigste manier om dit moontlik te maak is om die Grondwet te wysig soos Nkwinti en Dlodlo in onsagkense terme gesê het, en nie gerepudieer is nie.

Phakisa is die Sotho-woord wat beteken dat haastig gewerk kan word. Phakisa is in 2011 van stapel gestuur, en die een sektor ná die ander is (na bewering) daarby betrek. Zuma het nou die amptelike intrek van landbou en grondhervorming hierby bekend gestel. Dit is boonop deel gemaak van die program van radikale ekonomiese transformasie, wat gewoon beteken dat die hele kwessie deel uitmaak van die regering se rasbenepenheid.

Oor of Zuma so nootvas by die waarheid gebly het met sy toespraak, is eintlik ’n heel ander kwessie. Dis egter ’n feit dat baie van die regering se planne met die landbou en grondbesit geskoei is op populistiese opvattings eerder as feite. So sou baie mense se ore getuit het met die volgende stelling van Zuma tydens die bekendstelling, en weer eens geplak om misverstande dat hy dit gesê het te voorkom:

“Over the past six years, employment in the agricultural sector has risen by almost three hundred thousand, even while farmworker wages were increasing.”

Statistiek Suid-Afrika het egter vroeg vanjaar in ’n publikasie oor landbou ’n heel ander stel feite gegee:

“The number of South African households engaged in agricultural activities decreased between 2011 and 2016. There were 550 000 (19,1%) fewer agricultural households in 2016 (2,33 million) than in 2011 (2,88 million).This decline was mainly due to the drought experienced throughout the country during 2014 and 2015. There has also been a decline of 6,6% in the proportion of households engaging in agricultural activities nationally. A fifth (19,9%) of all households in the country were agricultural households in 2011, this declined to only 13,8% in 2016.”

(Die aantal kommersiële boere het ook skerp afgeneem. In 1990 was daar 66 000 kommersiële boere in Suid-Afrika, en volgens ’n onlangse mediaverklaring van die Vryheidsfront Plus is daar nou reeds minder as 35 000 oor.)

Toegegee, ’n aantal bronne dui inderdaad aan dat die getal plaaswerkers vir ’n paar jaar effens toegeneem het, maar ook daar lê 300 000 wyd.

Dit laat die vraag ontstaan met hoeveel ander gegewens in sy toespraak het Zuma met die hooivurk die hooimied misgesteek?

Die ongemak met die omgaan met feite is juis tot groot mate daarin gesetel dat regeringsministers en Zuma self voortdurend sê of impliseer dat wit mense grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Oor Dlodlo se stellings in hierdie verband skryf TLU SA in ’n mediaverklaring soos volg: “President Jacob Zuma behoort onverwyld sy adjunk-minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, af te dank omdat sy onwaarhede verkondig rondom grondbesit en in die proses ‘n gevaarlike klimaat teen die grondbesitters van Suid-Afrika skep.”

Die eis word gestel deur TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, na aanleiding van opmerkings wat Dlodlo gemaak het by die grondberaad van die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban.

Dlodlo het in haar toespraak tydens die beraad gesê dat die ANC sy meerderheid moet gebruik om grond te onteien sonder vergoeding, want “dit was in die eerste plek gesteel”. Sy het die toespraak namens die ANC gelewer.

Die TLU SA het duidelik genoeg gehad van hierdie grondsteel-beskuldiging en gaan sy regspan opdrag gee om die moontlikheid te ondersoek om verdere stappe teen Dlodlo te onderneem. “Wie beweer, moet kan bewys, en Dlodlo, en by implikasie die ANC, sal dan nou hulle sogenaamde bewyse dat die grond gesteel is op die tafel moet neersit.”

Oor Zuma se toespraak het Agri SA ergerlik gereageer. Dié landbou-organisasie wys daarop dat verskeie rolspelers, waaronder Agri SA en die presidensie,  oor ’n tydperk van ses maande saamgewerk het om ’n werkbare plan vir Phakisa se landbousegment daar te stel, en te sorg dat dit in pas met die nasionale ontwikkelingspan is, maar dat Zuma in sy toespraak die goeie werk deur politieke retoriek ongedaan gemaak het.

Agri SA waarsku: “Agri SA is committed to the Phakisa process, but will not allow it to be hijacked for sectarian and narrow politically charged agendas either by President Zuma himself or any other politician. Neither will we allow it to be derailed by irresponsible political statements that are unconstitutional or any attempt to sneak laws in that will have a detrimental impact on agriculture through the back door of Phakisa. We will see the President in court if any such attempts are made.”

Hoewel Phakisa al in 2011 van stapel gestuur is, en veral die ontwikkeling van ’n see-ekonomie gereeld geopper is, was die ANC tydens verlede jaar se munisipale verkiesing nie baie verbaal hieroor nie. Dat die bekendstelling van die landbou- en grondsakegedeelte nou saamval met die program vir radikale ekonomiese transformasie, het vir ’n klompie nuusdekking gesorg. Gaan ook hierdie gedeelte eersdaags onder die stof op die rak begin raak soos die nuutjie uitgebak geraak het, of gaan daar ’n daadwerklike poging wees om dit ter wille van 2019 se verkiesing lewend te hou?

En gaan die aanslag op die Grondwet weerstaan word? Die EFF het immers vanuit die staanspoor verklaar dat hulle die ANC sal help om ’n verskanste meerderheid te verkry om grondonteiening sonder vergoeding (dus grondroof) moontlik te maak.

Vir diegene wat dit nog nie weet nie: Zuma het heeltemal in ’n populis probeer ontaard om sy steunbasis te probeer behou. Hy doen ook wat die ANC doen as dit benoud raak – blaas die kole van die rassekwessie aan.

As Phakisa misluk, kan die oorsaak maar by Zuma gesoek word.

Dis ou nuus, maar die land kan Zuma nie bekostig nie. Net so min soos die miljoene rande wat aan sy veiligheid onder meer by die parlementsopening bestee word, as die standbeeld van miljoene rande wat die regering van Noordwes in ’n armlastige gemeenskap wil oprig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AL ·

Dringende buitelandse ingryping is nodig. Zuma moet aangekla word vir die wreedaardige plaasmoorde, sy rasse aanhitsing ens. Verder moet die munisipaliteit werknemers aangekla word wie RDP huise besit en uitverhuur. Die swartes besit reeds grond. Waarvoor hul nie betaal het nie.
Tweedens wie gaan die boere/grond eienaars se skuld aflos by die banke – aangesien die banke eerste eienaars van grond is.
Die man moet vasgevat word, hyself is die oorsaak dat SA nie vorentoe beweeg met die biljoene geld uit staatskas wat gesteel is.

jj ·

Jy weet die man dink hy is mugabe *Tjom* jy is nie. Hoekom koop en werk jul nie soos die mense wat nou die grond vir dit nie. As jul so graag die grond wil he koop dit ons mense wat die grond het het dit met bloed en sweet gekoop. Daar is baie Swart, Bruin en Witmense wat grond koop en dit *reg* gebruik. Jy kan nie eers die ANC run nie, maar jy wil n wet verander wat jy niks eers van weet nie as dit vir jou was sou mense nog in strooihuise gebly het. Jy is so behep met wat witmense het dat jy nie sien dat ons almal se hande vat en n nasie te try bou wat hy heeltyd wil afkap nie. dit vat baie mense om op n plaas te werk.Daar is baie grond te koop.Tjom doen ons die eer en raak net weg Los die ANC los SA want jy beteken niks net mooi niks.

Leendert ·

Dat Zuma die grootste terugslag is wat die land in sy geskiedenis beleef het, ook sy kaders en die huidige onbevoegde kabinet, is gewis. Voeg dan hierby die begroting van onse minister van finansies en die reaksie van Dawie Roodt en ander ekonome die afgelope paar dae daarop, dan kan mens sien die land stuur net op ‘n al groter fiasko af. Dis geen plesier om van enigiets wat in die land gebeur te lees nie. Dat als nie al tot op die been gestroop is nie, is ‘n wonder.

Rita ·

Dit was nie ‘n goeie begroting nie, maar Pravin Gordon het nie veel van ‘n keuse gehad nie. Hy moes keer of hy word afgedank. En dan sit ons behoorlik in die pekel!

PvZ ·

Kan iemand asb. vir my die grondwet se telefoon nommer gee. Wys my asb. waar hy bly. In die Parlement? Hoekom het die grondwet nie gekeer dat Zuma sy staatsrede lewer nie. Waar is die grondwet se weermag? Wys my die grondwet, en ek wys jou ‘n brandende vuurhoutjie. Ek sal jou my toiletpapier by die huis ook wys….

gerhardt ·

Kan Gerrie Nel help om hierdie mens aan te kla want hier gaan nog oorlog in die land kom as die een nie gestop word nie. Ook met die plaasmoorde. Kan G Nel help?

w ·

Ou zuma wili die grond vi die armes gee ni. Dis vi hom en sy parlementslede wie ANC is. Die armes gan nix kry. Zuma voel vere vi hul

Verduidelik asb vir my ·

My vraag is het hulle al AKTIEF die boere probeer vergoed vir hulle plase? Het hulle al die boere bymekaar geroep of een een gaan sien en’ n billike prys vir hulle grond aangebied? Jy kannie se iets het nie gewerk as jy dit nie probeer het nie. Hulle gee voor dat dit nie werk nie, daarom VAT hulle nou net die grond. Daar is NERENS bewyse dat hulle die boere billike pryse aangebied het nie, ek praat nie van belaglike pryse nie, ek praat van ‘n prys wat deur onafhanklike waardeerders waardeer is, en daarna ‘n aanbod gemaak is? IS DIT GEDOEN? OF het julle die boere R20 000 vir ‘n wildsplaas aangebied en toe hy dit nie wou vat nie, gese DAARDIE konsep werk nie? Wie gaan almal die plase kry? Daar is ‘n handjievol sit boere en miljoene swartes wat staan en wag om ‘n Plaas te ontvang, net soos Hop Huise, hoekom is alle swartes nie al gevestig in hulle hop huise na 23 jaar nie?

Johannes Meintjes ·

Hoewel die roofdier regime se politieke kulkuns en ongeregtige optredes t.o.v. grond toeneem, gee die hele aangeleentheid wel ook na mening gulde geleentheid om elke bewering te ondersoek en teen te staan, en dit publiek gerug te maak in die nasionale en internasionale aena. So ontmasker die ANC hulself as skurke en hopelik kry die burgers van SA genoeg deurdagte perspektief om die rug styf te maak en beter tewerk te gaan rondom selfbestuur en selfbeskermingsvoorneme.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zuma verskyn gereeld op televisie om teen korrupsie uit te vaar. Wat het geword van al die sake teen hom waarvoor hy nog NOOIT in die hof verskyn het nie. Dis mos nie asof die publiek hom nooi vir koekies en tee nie! Hy moet sy onskuld in die hof kom bewys!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.