Nuuskommentaar: Zuma trap Europa uit

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma het gister met groot fanfare ʼn byeenkoms van ambassadeurs en ander diplomate gehou om Suid-Afrika se buitelandse beleid te “verduidelik.” Die vertoon waarmee dit plaasgevind het, laat dit egter eerder na ʼn poging lyk om die president se statuur en spesifiek sy statuur buite die streng Afrika-konteks, ʼn hupstoot te gee.

Hy het, na berig word, Europese lande skerp oor die vlugtelingkrisis aangespreek en daarvan beskuldig dat hulle self die probleem geskep het. Oor die algemeen lyk dit of Zuma probeer om die bewind van die diktator, Basjir al-Assad,  in Sirië goed te praat.

Iemand wat nou nog nie weet dat dit baie moeilik is om in ʼn Midde-Oosterse land in te gryp nie, het inderdaad nie verstand nie. Veral as dit nog met ideale van ʼn westerse model van demokrasie gedoen word. Dit voldoen aan die internasionale reg se bepalings oor “die reg om te beskerm”, waar ʼn regering só oorboord gaan dat volksmoord en misdade teen die mensdom ʼn (feitlik) uitgemaakte saak is as nié ingegryp word nie.

Die groot moondhede het ook nie almal dieselfde soort belange nie. In die geval van Sirië is resolusies wat (dalk) verligting sou bring, telkemale deur Rusland en China geveto – twee lande wat as bondgenote van die diktatuur beskryf kan word.

Heel pikant swaai Zuma sy vinger vir die Weste kort nadat die Amerikaanse Nywerheidskamer in die Suid-Afrikaanse parlement gesê het beleggers  met ʼn gesamentlike waarde van R1,35 triljoen staan gereed om in Suid-Afrika te belê, maar solank die regering volhou met beleidsonsekerheid oor beleggings, hou hulle verby.

Ook die Europese Kamer van Handel en Nywerheid in Suid-Afrika het heel ondiplomaties sy stem bygevoeg en gesê buitelandse beleggings in Suid-Afrika is nie veilig nie. Suid-Afrika staan, ten spyte van reuse beleggings, vyandig teenoor die Weste ter wille van sy Brics-vennote.

Miskien is daar iets sinies te lese in die naam van die wetsontwerp wat nou die hare laat waai, naamlik die wetsontwerp op die beskerming en bevordering van beleggings. Volgens beleggers weerspreek die inhoud van die wetsontwerp die titel daarvan heeltemal. Die vingers word (al weer) na minister Rob Davies, ʼn ideologies harde kommunis, gewys.

Volgens die Vryheidsfront Plus gaan beleggers, as hulle uit die land padgee, ook sommer uit Afrika padgee.

Maar is dit nie baie voor op die wa om  oorsese diplomate die leviete voor te lees terwyl dit in die eie land brand nie? Op ongemaklik baie plekke, soos munisipaliteite en universiteite, word geboue en voertuie aan die brand gesteek. Daar is mos duidelik baie ruimte vir eers huis skoon maak voordat die land hom in ingewikkelde internasionale kwessies begeef.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters het pas bevind dat die meeste klein en medium grootte ondernemings vou weens kontantvloeiprobleme. Dit word minstens deels weer veroorsaak deur die staat wat lank neem om rekenings te betaal. Dit neem ʼn provinsiale regering gemiddeld 86 dae om sy rekening aan ʼn klein onderneming te betaal.

Maar Zuma het die vermetelheid om aan ander te vertel hoe hulle hul sake moet hanteer. Die sirkus duur ongelukkig voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

FJD ·

Ek dink dat Zuma sy volk van “klippe gooi, brand en moor” eers moet onder beheer kry voordat hy vingers kan wys na enigiemand anders. Die ANC regering moet begin besef die wittebrood van Suid Afrika met die res van die wereld is LANKAL verby!!

Armando ·

Dit is tipies en was voorspelbaar. Mens moet onthou dat dit makliker is om die splinter in ‘n ander ou se oog te sien as die balk in jou eie. Dit het m.i. ook te doen met dié dat afrikane wil wys dat hulle wéét, dat hulle getel behoort te word in sake van wêreldbelang. Daarmee wil hulle ook die feit verdoesel dat hulle nie eers hulle eie huis in orde kan hou nie, en SA is die sprekende voorbeeld daarvan.

Melt Olckers ·

Zuma is net kwaad omdat die geldkraantjie vanaf Gaddafi toegedraai het nadat hy onthef is. Gaddafi se val het ‘n groot invloed gehad op die skenkings wat die ANC ontvang het.

Pierre Celliers ·

Waarom die bohaai? Ons weet dit gaan niks help nie, en ons weet mos hoe Zuma en sy volgelinge irrasioneel dink en redeneer!

Jan maak n Plan ·

Nr 1 voel absoluut vere vir sy land en die Weste. Hyt sy bedjie lekker sag geveer met mamma Rusland en China. Al die kommunistiese lande. Hulle gaan hierdie land oorneem sonder om n skoot te skiet.

Swannie ·

‘N Mugabe die tweede? Ons land in anargie, en hy wys vinger? ??? Die een wil maller en astrander wees as die ander.

willie olivier ·

Dank die vader ek het n Namibia geboorte sertifikaat!

Jaco Smith ·

Ek was self lanklaas so bly en woon in NAM!! Ek het innige simpatie met die arme inwoners van SA. Sterkte mense!!

Manie ·

Ja en nou is daar sprake dat hy vir nog ‘n termyn wil aanbly as President

Gerhard Bezuidenhout ·

Swannie jy som dit baie raak op . Hy probeer inderdaad soos Mugabe vinger swaai maar hy is te onnosel om te besef watse skade hy aan ons land se beeld doen. Sy optrede gaan ons kos.

Dave ·

Dankie tog! Dit ws lànkal nodig dat iemand met Zuma se kennis en statuur Europa op die regte pad wys! Hopelik sal dinge nou beter gaan in die Europese lande en waarskynlik sal hy uitbrei met sy teregwysings en die Amerikas ook aanvat. Dinge gaan te erg in die wêreld. Daar is selfs lande waar staatshoofde maklik ‘n ¼ biljoen rand uit belastingsbydraes steel en ‘n klop op die skouer kry vanaf hul polisiehoofde. Zuma kan optree as ‘n leermeester waarmee min mafia-hoofde sal kan tred hou.

Philip Hanafey ·

Siestog die arme man is die kluts erg kwyt ! Dié wêreld staan seker ook verstom.

HEVW ·

Dave, jy is reg ons het n PRESIDENT soos min. Die hele Europa sidder en beef. Ismael, wilde esel sonder verstand, op hol en boonop met oogklappe aan.

Dave ·

Soos jy sê, HEVW, nou is die Europese staatshoofde op hul tone en miskien sal selfs die aandelemarkte nou weer kop optel. Jou vergelyking met ‘n wilde donkie is van pas.

Ludwig Visser ·

Zuma dink om as leier gekies te word, beteken dat jy hoog op jou troontjie kan sit, ‘n yslike salaris moet ontvang, en almal moet jou dien en bedien en nederig voor jou buig. Hy weet nie wat leierskap is nie, en sal dit ook nooit weet as dit hom soos ‘n slang aan die hakskeen kom pik nie!

HEVW ·

Jul onderskeidingsvermoe is regtig power, kan nie sien waarom jul my kommentaar nie plaas nie. Lees weer. Ismael beteken wilde esel.

Tjoks ·

Jakop kan nie sy eie land se probleme uitsorteer nie,wat soek hy daar.Cyril hardloop Lesotho toe,want die chief se lewe is in gevaar,wat van ons mense se veiligheid.Dis hoekom ons is waar ons is.

Griki ·

Zuma probeer om dieselfde truuk uit te haal met Westerse lande as wat hy met sy SA-ondersteuners doen: “Wys die vinger na ander en dan kyk hulle van jou af weg”. Hy is waarlik te onnosel om te besef dat hy nie nou met ‘n klomp naiewe, swakgeskoolde/ongeskoolde mense te doen het nie.

Janneman ·

‘n Sprekende voorbeeld van die groeiende swart-rasisme en haat vir blanke persone wat deur die ANC en ander soortgelyke rasistiese organinasies bedryf word.

Landie ·

Hy is net so groot pateet soos daai mamparra president van Zimbabwe!! En Zumpie moet eerder sy mond toehou, want alles wat daar uitkom is net twak!!!

Fourie ·

Zuma is die LAASTE EEN OM VINGER te wys. Hy moet eers orde in sy eie huis skep. Hys werklik arrogant die Zuma en vd anc praat ek nie eers nie.

Henk ·

So, dis van Riebeeck se skuld dat daar swart rassisme in SA is en dat SA besig is om die een Afrika land te word wat die vinnigste ooit na “demokrasie” sy gat sien!
En nou is dit van Riebeeck se afstammelinge daar in Europa se skuld dat Afrika besig is om uit te vrek omdat Afrika se lande deur korrupte amptenare en presidente regeer word.
Regerings wat NET na hul eie sakke omsien en hul eie Nkandlaville forte bou en die burgers laat doodgaan van honger of deur burgeroorlog wat deur “veterane” aan die gang gehou word onder die woord “struggle” wat voorduur.
Regerings wat weens hul onvermoe om lande op te bou veroorsaak dat Afrikane Europa toe stroom.
Zuma, buiten vir Botswana en Namibie tot ‘n mate, is elke land na “onafhanklikheid” deur korrupte diktators tot stof laat vergaan. Het elke diktator hom, sy familie en hulle vriendekring stinkryk gesteel uit die staatskas. Onder die vaandel van regstellende aksie en danksy apartheid.
Europa, het absoluut NIKS met die vloei van desperate mense na Europa te doen nie.
Buiten natuurlik dat hulle NOOIT na die “apartheidsregering” se mense wou luister nie – ek dink dit sal hulle eerder aanvaar is hul bydrae tot die chaos waarmee hulle nou te doen het.

Jacob ·

Ai tog miskien kan ons weer iemand anders blameer vir die toespraak. ” my broer Mugabe het my die verkeerde toespraak gestuur” haha

Rynhardt ·

Vryheidsfront Plus, word n slag wakker! Meeste beleggers is lankal weg uit SA.Myne het ook gesluit.Stakings vir buitensporige salarisse bly voortduur, terwyl vryheidmanifes met mening uitgevoer word vir SA! SA en Europa se groot ellende le voor met voos ekonomiee! Die seutjies in die Vryheidsfront Plus het nie n benul wat aangaan in SA nie!Seutjies, daar is reeds sprake dat SA verder afgegradeer gaan word.Zuma beskik oor geen towerstaf vir SA nie!

katryn ·

Kyk gerus wat die naam Jakob beteken – SKELM. Regtigwaar!!

ANDRÉ ·

Hierdie ou is nie net korrup nie, maar ook arrogant en onnosel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.