Nuuskommentaar: Zuma versus Anti-Zuma?

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Soveel ontleders soos wat hul menings oor die vernaamste kenmerke van môre se plaaslike regeringsverkiesing lug, soveel menings is daar. Dit is arm teen ryk, meen een, ’n ander sê dit staan veral in die skadu van die ekonomie, nog een kyk by die proses verby na die verwagte uitslag en bou lugkastele oor moontlike (en onwaarskynlike koalisies). Trouens, een partytjie regverdig sy rol in die verkiesing aan die hand van sy reputasie in koalisies.

Die kwessie van gebrekkige dienslewering teenoor die ANC se aansprake op “’n mooi storie,” die hoë vlakke van korrupsie en wanbestuur, politieke geweld en vele meer het verskeie ontleders laat verklaar hierdie verkiesing is die belangrikste een in die land se geskiedenis sedert 1994. En klaarblyklik het die kiesers dit aangevoel, want byna ’n miljoen mense – die meeste nóg – het vir spesiale stemme geregistreer en is reeds flink aan’t stem.

Die kwessie van stemme vir klein partye kon (al weer) as tema vir ’n volle nuuskommentaar ingespan word.

Maar speel die Zuma-faktor nie ’n enorme rol nie? Is Zuma nie die grootste oorsaak dat die eenheid in die ANC onder besonder hoë druk is nie?

Niemand kan pres. Zuma daarvan beskuldig dat hy nie sy bes gedoen het om baie sentraal in die verkiesing te staan nie. Hy het bykans elke liewe sêding van hom wat hom al voorheen in die warm water laat beland het, weer opgerakel, wat wissel van godslasterlike uitsprake tot al weer dat die voorvaders diegene wat nie vir die ANC gaan stem nie, gaan ry. Trouens, die vorige keer het hy dit teenoor ’n betreklik afgesonderde landelike gemeenskap gemaak en het dit “per ongeluk” in die media beland – nou het hy die openbare mening openlik hieroor uitgedaag.

Zuma het nie geaarsel om die rassekaart te speel nie, en so groot polarisasie help aanstig. Hy het weer sy bedenklike kennis oor die geskiedenis ingespan, dié keer om swart mense daarop te wys hulle behoort nie DA te stem nie, want die DA het met die NP saamgesmelt – terwyl daardie “eer” eintlik die ANC self toekom.

In Bloemfontein beloof Zuma aan boere dat die regering sy grondwetlike plig teenoor die landbou sal doen – as die boere vir die ANC sou stem. Dit is maar die jongste in ’n reeks gevalle waar Zuma sy ampseed vir politieke toiletpapier ingespan het.

Zuma het die afgelope jaar of so ook verskeie klagtes van haatspraak by die Menseregtekommissie op die lyf geloop. Trouens, dit het die Menseregtekommissie onder druk genoop om stadigaan van sy eie rasbevooroordeeldheid te begin ontsnap.

Dan is daar Zuptagate, die bandesaak, Nkandla, Nenegate, die Solidariteit-DKD-saak, die SAUK, Omar al-Basjir, die Seriti-kommissie … seker maklik one hundred million eleventy six kwessies wat gewone Suid-Afrikaners hul kop in skaamte vir hul president laat sak het. Daar was (is?) selfs ’n #ZumaMustFall-veldtog.

Trouens, die president het soveel dinge gesê en gedoen wat mense verkeerd opgevryf het dat woede eintlik grootliks in absolute minagting omgesit het. En Zuma kon dit alleen doen omdat die ANC hom toegelaat het om dit te doen … al is dit omdat hy eers sy posisie in die ANC so vasgemessel het dat hy onaantasbaar is.

Daar is vanuit die staanspoor besef dat Zuma enorme steun in KwaZulu-Natal het, veral in die platteland. Dié steun is op sentiment, eerder as logika en kennis geskoei. Tot betreklik onlangs was daar volop berigte dat baie mense stadions begin verlaat het nog voor Zuma aan die beurt gekom het.

Daar is algemeen verwag dat Zuma glad nie, of slegs beperk, in gebiede aangewend sou word waar hy al voorheen die koue skouer gekry het, soos Marikana en Gauteng.

Maar Zuma is ’n ou politieke jakkals. Hy deel die ANC se vermoë om sterk eindpogings voor verkiesings meesterlik te benut om sodoende die golf tot in sogenaamde “Zuma No Go-areas” te ry. Die SAUK is meesterlik ingespan.

Oormôre en daarna, veral sou daar vir die ANC ongunstige verkiesingsuitslae wees, gaan baie mense weer so kwaad vir Zuma wees dat hulle giftige slange kan kou. Maar môre, op verkiesingsdag, is hulle nog gemesmeraais.

Die ANC het volgens die losbekkigheid van ’n minister sowat ’n miljard rand in die verkiesingsveldtog gepomp. Plek-plek was daar nog klagtes dat die ANC blatant staatsfunksies vir ANC-bemarking benut het, soos die bekendstelling van kandidate, en die “verkoop” van titelaktes in ruil vir stemme.

Tog, ons praat van iets wat ’n grondwetlike demokrasie behoort te weet. As die ANC nié in die verkiesing behoorlik vir die Zuma-faktor gestraf word nie, is die grondwetlike demokrasie nog meer in sy babaskoentjies as wat gevrees is. Johann Maarman, adjunkredakteur van Die Burger, skryf veelseggend in ’n artikel, “Tyd om Zuma terug te betaal”.

Smeer aan en kom, laat ons opruk na die stembus en die beste partye en mense instem. En onthou, elke stem tel.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan ·

Môre Herman. Jy sê aan die einde dat ons moet opruk en stem vir die beste kandidate. Dis juis die probleem met die demokrasie. Demokrasie stel namens die kiesers die kandidate. In ‘n stelsel van ware verteenwoordiging nomineer die kiesers hulle kandidate. Ek ken nie een van die partye se kandidate nie. Ek wyer om te gaan deelneem aan ‘n proses waar ek nie kon deel wees van die nominasie van kandidate nie. Moet ek blindelings my vertroue plaas in mense wat ek beskou as opportuniste. Ek verstaan die minderheid se frustrasie met die ANC. Maar dis die minderheid wat gepla is… Daar is nie eers ‘n waarborg van vry of regverdigheid nie. Ons Afrikaners het ‘n totale misplaaste vertroue stelsel. Hierdie verkiesing is weereens ‘n demonstrasie van misplaaste hoop.

Hein ·

Johan die ANC het met hulle “street commitee’s” verteenwoordiges gekies en uit die verskillende “street commitee’s” die “branch commitee” gekies. Die branch commitee’s het dan na die jaarlikse ANC byeenkomste gegaan waaar hulle die top leiers kies (exeecutive commitee). Hulle het natuurlik aanvaar almal in die straat is ANC lede en hulle seker wakker gemaak as hulle nie was nie. Ek voel as jy in gemeenskappe bly moet leiers gekies word wat hulle in die stadsrade verteenwoordig en nie politieke partye. Die gemeenskap kan sy verteenwoordiger terug trek as hy nie sy kant bring nie. Die politieke partye sal nie vir so iets staan nie en daarom gaan dit nie werk nie. Ek voel soos jy dat ek nie ‘n blanko tjek aan iemand gee om my te verteenwoordig nie, veral nie as jy wetgewing steun wat teen my diskrimineer nie.

Frederik Eloff ·

Jy is reg Johan. Daar is plekke en areas waar dit sin maak om te gaan stem, soos Orania waar die EFF wil kyk of hulle kan oorneem. maar uiteindelik bly die top struktuur ‘n korrupte gemors. Kyk maar wat nou onlanks met Valhalla in Pretoria gebeur het. Daar gaan ‘n moskee in ‘n hoofsaaklike Christelike woonbuurt gebou word, ongeag enige sogenaamde demokrasie. Die groot verskil hier is dat die ANC maande gevat het om die moskee bouery goed te keer. Die DA sou dit in 2 dae goed gekeer gehad het.

Loeis ·

Johan, jy maak ‘n goeie punt, maar daar is meer daaraan.

Kom ons neem twee ekstreme voorbeelde:
1 Die Amerikaanse presidentsverkiesing. Die twee grootste partye bied hul kandidate aan en dit is die keuses wie die mense het, al het jy niks met daardie partye of hul kandidate in gemeen nie (en al is beide karakters oor wie daar ernstige vraagtekens hang).
2 ‘n Heeltemaal ander sisteem waar daar nie politieke partye bestaan nie en waar elke gemeenskap / wyk sy leiers kies. So iets het natuurlik ook die voordeel dat die mense hul kandidaat waarskynlik ken, en dat die kandidaat nie opdragte van bo in ‘n party uitvoer nie.

In die stelsel wat ons het, kan jy deel wees van die proses om die proporsionele kandidatelys van ‘n party aan te wys deur lid van ‘n party se tak in jou om gewing te wees. Die wykskandidate kom (teoreties) gewoonlik ook uit die tak in daardie wyk. Om dus by die aanwys van kandidate betrokke te wees moet jy dus by die party waarmee jy assosieer se plaaslike tak aansluit. Dan moet mens hoop dat jou party se leiers hul takke respekteer en nie kandidate aanwys nie (meer as een party maak homself daaraan skuldig).

Gaan kyk na partye se beleid, besluit wie vir jou belange staan, en vind uit wie jou plaaslike tak is. Dan kan jy binne jou party stem vir wie vir jou in die verkiesing staan.

Wern ·

Die probleem is dat die people baie swak geheu het en dat hulle nie verstaan wat die impak van swak regering en korrupsie op hulle persoonlike omstandighede is nie. Ek gee op met die mense. Ek weet nie of dit swak opvoeding of net plein domgheid is nie maar daar is nie hoop vir hulle nie en hulle sal maar vir ewig in armoede voortbestaan. As jy dom is sal jy sukkel.

christine ·

Hi Herman dit gaan my verstand te bowe hoe laakbaar Zuma die boere probeer afpers stem vir ons dan gee ons hulp. Een het tot vir Zuma bedank omdat hy hier kan boer, pleks Zuma hom bedank dat hy nog wil boer en vir sy vyande kos op die tafel wil sit, waars sy trots mapstiek.

Theuns ·

Christine ek stem ook saam met jou! Zuma het die Boere besoek as die President van die land en nie as die President van die ANC nie. Vir die rede is dit sy plig om na die veiligheid van die Boere om te sien. Zuma is ‘n absolute idioot om te se die Boere moet eers vir die ANC stem voordat hy na hulle belange sal omsien? Wat my erg grief is dat die Boere ook vir hom Ontbyt gegee het. Ontbyt wat deur ‘n Boer(e) geproduseer is wat dalk more VERMOOR kan word!? Wat ‘n grap!

Theuns ·

Wern soos jy se ek sukkel ook om die mentaliteit van ANC mense te verstaan nie maar ook van ons eie mense wat nie wil stem nie. Ek wil daarom ‘ n pleitdooi aan ons mense, inkluis die kommentators rig, om asb te gaan stem. Ek gaan vir VF+stem! Kom ons staan saam en stem vir die VF+ om die Afrikaner sterker te maak!!!

Kaufman ·

Ek stem saam met jou Theuns! Die VF+ is die enigste party wat witmense nie as scapegoat gebruik nie.

Johan ·

Theuns. As ek sê ek gaan nie stem nie, het dit niks te doen met my, soos jy dit noem, onverstaanbare mentaliteit nie. Ek is baie besorg oor die toekoms van die land. Ek kan nie verstaan hoe hierdie een mens een stem verkiesings vir, meestal onbekende opertuniste, iets is waarvan ek deel wil wees nie. Moet my nie etiketteer as iemand wat nie omgee vir my land en al sy mense, net omdat ek nie aan hierdie lukrake, onduidelike, eenrigting proses wil betrokke wees nie. Glo my hierdie gemanipuleerde proses sal nie my deelname waardeer of mis nie. Die proses boesem geen vertroue by my in nie. Moet ek ter wille van jou nou ontrou wees aan myself? Terwyl jy nie my, soos jy dit noem, mentaliteit verstaan nie, verstaan ek nie hoe om ontrou aan myself en ‘n egte eerlike toekoms vir my land te wees nie.

pieter ·

ons stem vir wie die werk kan doen ,hulle stem vir n t hempie

snoefie ·

Johan met ander woorde jy het nog nooit gestem nie. na my wete, in geen land kies die stemgeregtigdes n kandidaat nie. daar word vir die party gestem en nes nou, kies die party self n leier/s. so jammer om te se jou ekskusie maak van jou ook n oppertunis. niemand wie n ekskuus gesien het (wat nie bestaan nie) om nie te gaan stem nie. net vrydag gaan jy kliphard teem en teef oor wat fout is in die land sonder dat jy jou plig teenoor jou nasate of medelandsburgers ooit nagekom het. so gaan braaiers berus.

christine ·

JA more stem ek met n vet glimlag vir VF+ want ek bly nie meer in Kaap nie. Ek werk ook nie meer vir nasionale party nie. Hoe lekker.

Theuns ·

Dankie Kaufman, christine en pieter dat julle gaan stem. Ons is n paar miljoen witmense en tel jy die bruinmense by kan ons die grootste opposisie party word wie weet dalk die regering?!!!

Theuns ·

Johan , nee ek wil nie he jy moet ontrou wees aan jou self nie en allermins wil ek jou ettikeer! Maar na jou jongste kommentaar virstaan ek jou nog minder omdat ek nie verstaan dat jy deur nie te stem nie dink jy kan ‘n verskil maak nie? As jy die land liefhet vra ek aseblief dat jy gaan stem!

Theuns ·

Johan , nee ek wil nie he jy moet ontrou wees aan jou self nie en allermins wil ek jou ettikeer! Maar na jou jongste kommentaar verstaan ek jou nog minder omdat ek nie verstaan dat jy deur nie te stem nie dink jy kan ‘n verskil maak nie? As jy die land liefhet vra ek aseblief dat jy gaan stem!

Francois ·

Dit is so ironies dat die mense wat nie wil stem nie, altyd die meeste kla.

As ‘n mens nie stem nie, dan laat jy die besluit mos oor aan ander, en hulle sal dan vir jou ‘n regering kies.

Iemand wat die kans om te stem vrywillig prysgee, moet maar die mense wat wel gaan stem het se besluit respekteer en tevrede wees met die wenner. Jy het more jou kans om ‘n verskil te maak as jy nie met die huidige regering tevrede is nie. Gebruik dit, of hou op kla – kies.

Hein ·

Dit nie nodig om te kla nie want almal om my kla en doen niks daaraan. O ja hulle gaan stem en dan het hulle hul plig gedoen vir nog 5 jaar. Hulle gaan weer net voor die volgende verkiesing uitkom en dan weer politiek politiek speel en se dat as jy nie gaan stem nie dan kan jy nie kla nie. Intussen het ons, wat die werklikhede sien, ons eie strukture met ons eie geld opgebou. Ons doen iets tussen verkiesings en dit begin resultate wys. Ons het nie swak dienslewering nie, ons het nie beurtkrag nie, ons het genoeg water, ons kies ons eie verteenwoordiges en ons het ‘n veilige woongebied. Die metros gee ons nie swak dienslewering nie maar hulle gee ons geen dienslewering nie. Volgende verkiesing as julle ons hulp nodig het met ‘n paar duisend stemme in Pta kom praat met ons. Julle is met hierdie een op julle eie!

Theuns ·

Hein, ek kan nie glo dat jy so tevrede is met die Plek nie! Dit klink volgens jou of hulle ‘n goeie job doen in Pretoria. Is jy op n eiland of wat? Waar is die plek? Maar ek raai jou nog aan gaan stem. Die VF+ HET JOU NODIG!

Hein ·

Geen eiland of so iets nie. 18km wes van Silver lakes. Inwonerstal : 1400 mense, huise 400. Ons kla nie, ons werk vir alternatiewe oplossings. Dis jou reg in ‘n vrye land om dit te doen. Deur nie te stem gee is jou reg en ook ‘n keuse soos jy jou keuse gemaak het op jou beginsels. Onthou om na die verkiesing jou kandidaat te vra wat hy vermag in die volgende paar jaar. Volgens my mening het burgerregtegroepe soos Afriforum ‘n baie groter effek op die huidge stand van sake as politieke partye omdat S.A. ‘n regstaat is.

Hein ·

Geen eiland of so iets nie. 18km wes van Silver lakes. Inwonerstal : 1400 mense, huise 400. Ons kla nie, ons werk vir alternatiewe oplossings. Dis jou reg in ‘n vrye land om dit te doen. Deur nie te stem gee is jou reg en ook ‘n keuse soos jy jou keuse gemaak het op jou beginsels. Onthou om na die verkiesing jou kandidaat te vra wat hy vermag in die volgende paar jaar. Volgens my mening het burgerregtegroepe soos Afriforum ‘n baie groter effek op die huidge stand van sake as politieke partye omdat S.A. ‘n regstaat is.

Ben Prinsloo ·

Na aanleiding van die kommentare hierbo wil dit vir my voorkom asof min of meer almal dieselfe denkwyse het rondom die poletiek maar die groot verskil lê by die persoonlike gevoel om te gaan stem of nie. Die groot vraag egter is dat watse verskil gaan dit maak as die VF+ 1% of 5% van die stemme gaan kry want my logika sê vir my dat met n 1 man 1 stem sal die VF+ of enige ander party wat dink soos die party nooit aan bewind gaan kom nie, inteendeel ek glo nie eers dat hulle n kans staan om die amptelike oposissie gaan wees nie alhoewel ek dit as tot dusvêr die enigste party beskou wat SA weer kan herstel. Ek is dan ook redelik seker dat die meeste van ons ondersteun die afrikanerbewegings met hart en siel en geld. Die stem tel vir my punte maar die denkwyse rondom die poletieke sienswyse weeg vir my swaarder as die stem.

Theuns ·

Ben ek weet jy sal more stem. Die VF+ HET JOU NODIG. Groete.

John ·

Theuns, my stem en my vinger bly more tuis. Die koue is genoeg rede. Die VFPlus is die laaste party waarvoor ek ooit sal stem. My voorsate het uit die Kaap getrek en die Kaapse dominees en Engelse regering kwaad agtergelaat. My voorsate is deur Zoeloes vermoor en ander vir dood agtergelaat. Voor ons voorsate in die Kaap aangeland het, is hulle vir hul geloof gejag en voor dit… Hoekom sal ek hulle nou versaak en kapituleer voor die VFPlus, die luiste party in die land. Hulle wag net vir angstige onnugterdes en die kloppe aan die voordeur deur Kaapse akteurs. Nooit word die belange van sukkelende Afrikaners gemeld nie. Hul soek nie die stemme van die gepeupel nie, vreemde party verwerdig hulle wel. Die ‘tweeling’ ken nie die woord sukkel nie, toegewikkel in die knusse arms van bang Afrikaners en nuwe opwindende anderses. Orania het wys besluit. Moenie bekommer nie, ek sal nie na die tyd kla oor swak diens nie, julle wat gestem het sal wel.

dirk ·

Stem – dit neutraliseer ten minste een stem van die opposisie (ANC). Ek stem vir die mense wat n goeie geskiedenis het van munisipaliteite wat werk en van samewerking . as daar by jou nie so iets is nie, stem vir ‘n party met integriteit in daai geval -persoonlike keuse ook VF+. moet net nie Nie stem nie. dis sinneloos

Theuns ·

Dankie Dirk, ek wens ek kon John oortuig! Miskien net kom hy tot ander insigte voor moreoggend. As hy dit nie doen nie respekteer ek sy keuse! Lekker aand vir julle almal en laat ons more rol!!

Theuns ·

More John, Tyd om te gaan stem! Kom kom, nou het jy die kans om ‘ verandering te maak!

John ·

Theuns, ek het ‘n antwoord gegee, maar Maroela se swartsak vir bedorwe stembriewe het hom opgeslurp. Ek gee jou toestemming om ook sommer namens my, my stembriewe te x. Ooooh?… sorry… ek hoor jy mag nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.