Spesiale nuuskommentaar: Alle wittes is rassiste, aldus Malema

(Foto: Aarón Blanco Tejedor/Unsplash)

Julius Malema se stelling dat alle wit Suid-Afrikaners moet aanvaar dat hulle rassiste is, kwalifiseer moontlik nie volgens die appèlhof se onlangse definisie as haatspraak nie, maar geoordeel aan lesersreaksies het hy nou die lont aangesteek van ’n ongewoon groot politieke bom wat sy potensie put uit die rassespanning in die land wat hy self help aanblaas het.

Maar gelukkig is daar ook talle bewyse dat dinge op grondvlak baie beter is as wat sekere leiers in die land dit gereeld uitbeeld. En omdat die grondvlak meestal uit die land se klein mensies bestaan, soos Mitah wat ’n jaar gelede die hoogste prys betaal het in haar pogings om ’n baie siek werkgewer (weens kanker) en sy outistiese seun van huisrowers te red, ook ’n sogenaamde klein mensie was, kry dit dikwels weinig tot geen nuusdekking nie.

Mitah was ’n uitsondering en het ’n vloedgolf reaksies van lesers van oor die wêreld gekry wat haar optrede geloof het. Maar die owerhede het geswyg en sy het nie soos sekere mense wat allerlei presidensiële toekennings kry, postuum enige erkenning gekry nie. Toegegee, nie alle ordes van die kremetart en die olifant en ander was onverdiend toegeken nie.

En al sou Malema se jongste verregaande stellings ook blyk om juridies nie haatspraak te wees nie, soos vorige kere ook geblyk het om hom skotvry met verbale moord te laat wegkom, is wat hy nou gesê het in realistiese beskouing gewoon haatspraak.

Dit het presies dieselfde uitwerking, indien nie groter nie, as dit wat juridies haatspraak sou wees, al sou die blote feit dat hy swart is, volgens uitsprake van die Menseregtekommissie, hom ook vryspreek daarvan dat hy ’n rassis sou wees.

Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Daar is eenvoudig te veel Suid-Afrikaners wat die historiese uitsprake van Fanon glo dat swart mense per definisie nie rassiste kan wees nie. ’n Stelling wat in eie “reg” kwalifiseer om die moeder van alle rassistiese uitsprake te wees en wat boonop haatspraak bevorder.

Maar gaan Malema ongestraf hiermee wegkom? Is daar genoeg juridiese gronde om Malema te stuit? Met die ANC en die EFF se huidige uitreik na mekaar om die bewind in ’n aantal metro’s by DA-geleide metrorade oor te neem, is dit moeilik om te sien hoe die ANC en sy strukture iets sal laat gebeur wat nou ongeleë vir Malema in die sop kan laat beland.

Boonop, soos sake nou staan, moet óf die ANC óf die EFF hul houdings oor grondgryp sonder vergoeding wysig om die vereiste tweederdemeerderheid te kan bymekaar skraap om drakoniese en ekonomie-verwoestende wetgewing te kan implementeer.

Malema sal al heel moontlik teenspoed kry as sy uitlatings teen die bepalings van sy eed as parlementslid opgeweeg word.

Met veral oudpresident Jacob Zuma wat sy presidensiële ampseed min of meer geïgnoreer het, en nooit enige sinvolle prys daarvoor betaal het nie, is dit uit ʼn leke-oogpunt moeilik om te sien dat Malema op hierdie gronde hom kan vasloop.

Met die OVK wat in die eerste plek die registrasie van die EFF goedgekeur het, in weerwil van ’n goed-gemotiveerde argument daarteen deur die VF Plus, was dit ook geen wonder nie dat die OVK die VF Plus weer eens in die tande geskop het deur aanvanklik die BLF se registrasie goed te keur, in weerwil van blatante miskenning van die Grondwet.

Eers onder appèl moes die OVK die handdoek ingooi.

Maar het Malema nie dalk nou die verkiesingskode oortree nie? Oppervlakkig beskou het Malema die kode in verskeie opsigte nou in die tande geskop. Die mees saakmakende aspek word aangehaal uit die VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, se proefskrif: “Die Kieswet (Wet 73 van 1998) van Suid-Afrika bepaal in artikel 99 dat alle politieke partye en hulle kandidate ʼn gedragskode moet onderteken en aanvaar om aan ʼn verkiesing deel te neem. Klousule 1 van die Gedragskode bepaal dat dit die doel van die kode is om omstandighede te skep wat bevorderlik is vir vry en regverdige verkiesings wat insluit verdraagsaamheid van politieke aktiwiteite. Klousule 9 van die Gedragskode bepaal onder andere dat geen politieke party of kandidaat enige ander kandidaat, lede van partye, verteenwoordigers van ander partye, ondersteuners van ander partye of enige kiesers mag intimideer of lasterlike bewerings teen hulle mag maak nie.”

Wat laster betref, sou dit waarskynlik beter wees om strafregtelike laster eerder as siviele laster te probeer. Die bewyslas van strafregtelike laster is hoër (bo redelike twyfel), maar die koste minder. Dit sou ook vanuit ’n hoek van morele verhewe posisie meer sin maak om die beweerde oortreder vir sy konflik‑soekende losbekkigheid te straf, eerder as om met ’n bondeltjie geld daarvan af te kom.

Die punt is: alle verantwoordelike kiesers en hul partye moet nou as prioriteit saamstaan om Malema as politieke rolspeler verwyder te kry. Die fout om ʼn party wat openlik die Grondwet uitdaag te registreer, is nou te ene male gemaak, maar kan nie maar net so gelaat word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Johann cb ·

Mnr Malema ontvang soveel publisiteit, dat hy genot put daaruit en meer rassespanning aanblaas!

koos ·

Johann, jy is 100% reg. Die probleem is dat nuus moet verkoop, daarom kry hy soveel lugtyd.
Ek het net een vraag, daar is duisende gemengde ras paartjies in SA. Is die wit persoon in die verhouding ook rassisties?
Malena praat soveel twak dat hy homself glo en nadat hy homself oortuig het, gebruik hy dit om die aandag van die groter issues af te lei. Hy is bitter goed daarin want hy het by sy vorige politieke base geleer.

Santie ·

Dan kan die land se wit mense almal n saak gaan maak mos teen Malema vir rasse haat Ek is nie n rassis nie ek kom met alle rasse en geslagde oor die weg. En hulle kom met my ook oor die weg.
Nou verstaan ek nie. Hy het mos ook n wit man by hulle EFF party.

Frm ·

Is dit haatspraak as almal se hy is n nar en al sy ondersteuners is puppets.?

Rassi ·

Natuurlik is ons Julius. Wat verwag jy dan nou anders as mens kyk na wat julle met die land aanvang?

Ronel ·

As hy die reg het om te sê alle witmense is rasisties, dan kan ons mos ook sê alle swartes is rassisties. Wie maak hom god om weg te k9m met als en te dink hy is ontasbaar. What is good for the goose, is good for the gander!! Finish and klaar!!!!

De Villiers ·

‘n Dwase man maak stellings oor ongegronde feite asof dit die waarheid is, en hy glo dit. Hierdie tipe intelligensie dui op ń lae vorm van denke met ń bedenklike IK.

Ekke ·

En koppel dan nog boonop die DUNNING-KRUGER EFFEK aan die youtube video (wat ek geplaas het), en viola, daar is jou antwoord! Taking special kind of stupid to the next level!

NELIS ·

HOE LANK NOG MOET DIE MAN MEDIA DEKKING KRY VIR SY DUIDELIKE POGINGS OM N WIG TUSSEN SWART EN WIT TE MAAK, ONWETTIGE GRONDVERGRYPINGS AANMOEDIG ENS ? MEDIA IS DIREK VERANTWOORDELIK VIR DIE AANDAG EN SENSASIE WAT MALEMA VEROORSAAK

humor ·

De Villiers daar is nie so iets soos n ongegronde feit nie maar wel soos ongegronde stellings.

Willie ·

Humor wat het jou taal korreksie te doen met die prys van eiers?

Antoinette Burger ·

Hoekom het hy dan ‘n wit (Afrikaanse) lyfwag?

Wonder ·

Wit prokureur en advokaat
Kind is in n meerderheid wit skool
Hy is rerig MALema

Trojaanse Donkie ·

Kan jy jouself indink hoe hy tekere sal gaan as hy eendag die president gaan wees.Hy oorheers noual die hele regstelsel.

Adam ·

Indien Julius MM lees of gereeld saam met blankes braai, is daar versagtende omstandighede vir sy stelling. Dit is min of meer gelyk aan die opvatting van blankes dat alle swartes korrup is. Malema moet bloot geignoreer word; einde van die storie.

Phil ·

Hoekom ry hy dan n voertuig wat in die buiteland deur wittes vervaardig is?

Johan ·

Om te te sê alle Witmense rassiste is, is net so ‘n groot leuen as om te sê alle donker mense bv skelm of korrup is. Feit is dat die EFF onbeskaamd self uiterste 100 % rassiste is. .. Hulle is ‘n skande vir die samelewing

daniel ·

Geen person met n intelligensie van meer as 20 behoort hom of haar aan Malema se kinderlike uitlatings te steur nie.

Natan ·

Definieer rassis. Ek is ‘n realis. Ek is ‘n Christen Witman en onderhou die Gelofte. Hou my nie besig met die Lord of the Flies nie.

Nel ·

Ek klink teen dié tyd seker al soos ‘n plaat wat vasgehaak het, maar gaan dit tog weer sê – weier om die man enige media publisiteit te gee – hy teer daarop – moet hom nie voer nie.

Guve ·

Baie bly ek werk nie vir hom nie, hy maak die lewe vir homself en sy kleur mense moeilik , want hy dink nie eers self die stellings uit nie, shame!!!

Vince ·

Kan blankes nie n klas-aksie loots nie, synde dat hy haatspraak besig teenoor hulle.

HPV ·

Sy dag ten opsigte van internasionale vervolging kom, direkte en indirekte opsweping en aanhitsing tot misdade teen die mensdom. Hy gaan sy dag in die hof kry.

Jackie ·

Ai Malema dit is nie blankes wat rassisties is….kry dit nou eens on jou hoof!!!!

Swannie ·

As hy sê ek is een, sal ek dit nie ontken nie. So What ???

Jax ·

Elkeen op aarde het n stuk rassisme in hom/haar. Dis wat ons daaraan doen, wat die verskil maak.

André-Chris ·

Die laaste woord hieroor en Julius is nog nie gespreek nie, daarvoor wag ons vir Hoofregter Mogoeng Mogoeng.

André-Chris ·

Hy het wel die bok oor Afrikaans misgeskiet, maar gee hom weer ‘n kans, dalk was die visier net nie reg ingestel nie.

Burger Erdvarkietjie ·

Onthou u die drywers vir Hitler se opkoms? Wat het ons daaruit geleer? En wat het joernaliste daaruit geleer? En wat het Christene daaruit geleer? En wat besigheidslui daaruit geleer? Quo vadis goeie Suid-Afrikaners? Quo vadis inderdaad.

Liefdevolle Bosvarkietjie ·

Haai Erdvarkietjie, wanneer verskyn jou kommentaar? Mooi naweek.

Burger Erdvarkietjie ·

Liefdevolle Bosvarkietjie, my kommentaar het reeds verskyn! Maroela Media is reeds op spoed met die 4de Industrieële Revolusie, doeltreffend, effektief en vinnig met plasing van kommentare!

En wat gaan ons doen om naasteliefde in Suid-Afrika te bevorder? Laat ons eers begin om ons medemense wat ons menswaardigheid aangetas het, te vergewe. Ons wil mos nie slawe wees van onvergewensgesindheid nie. Lekker middadete.

Agnes ·

Ek wil dit anders stel. Alle EFF lede is rassiste en gemeen daarby.

JZ ·

STEM VOLKOME SAAM, !!! ongelukig is dit bo hul vermoe om dit te verstaan

Johanna Botha ·

Komende van hom ….hehe die ou raak net snaakser by die dag …altyd unhappy radikaal en wil afbreek …wat het hy al opgebou ….presies ….NIKS !

Karel Komposhoop ·

Solank as wat Julius swart is sal elke witmens n rassis wees…solank as wat n klip grond toe val as jy hom laat los sal die aarde in die pad wees.

Danie Bosman ·

Alle intelligente mense in SA is lankal bewus daarvan dat Malema een van die grootste swart rassiste in ons land is en steur hulle nie meer aan hom nie.

lewies ·

Die oorsprong van hierdie aanname van die leier van die EFF moet op ‘n ander vlak gesoek word. Dit is baie meer ingewikkeld en gevaarliker as die ooglopende en hoorbare.

Geen logika ·

Soos om met ‘n hondsdol hond te redeneer…..jy gaan net aansteek en op die ou end net so verwilderd en skuimend om die mond rondhardloop.

Michael P ·

Hy is skaam vir homself dit is hoekom hy heeltyd sulke uitlatings maak

PJC ·

ń Mens moet seker jou nie steur aan al sy snaakse opmerkings nie want dit is duidelik dat hy erg minderwaardig voel in die teenwoordigheid van wittes en om dit te probeer verdoesel raak hy kastig aggresief en rassisties om sy verleentheid weg te steek.

Lee ·

Ek wil nog die persoon ontmoet wat n suksesvolle saak @ hom sal wen en hom agter tralies laat land. Hy is onaantasbaar.

André-Chris ·

Julius het mos nou in die week vir John Steenhuisen geskakel en wou ‘n ooreenkoms met hom aangaan oor een van die metros. Steenhuisen was nie ge-intreseerd nie en ek het ‘n idee dis hoekom Julius hom nou gewip het, vandaar sy stelling.

George ·

Nou….neem jy hulle kwalik as hulle in rassiste verander?

Johan Maritz ·

As malema dit as n feit sien het dit definitief eers na 1994 gebeur.

HPV ·

Dit is ongelooflik dat Malema so op dieselfde ou rympie kan vashaak, vir al die jare hammer hy tot vervelens op dit. Mens wonder of dit weens beperkte denke, of blatante haat teenoor witmense of albei is?

Nico ·

Ek wou kwaad raak maar toe dink ek….wag n bietjie…..ja jys reg as jy van my praat! Agv mense soos jy

Nikita ·

Die eff moet ook gederegistreer word nes die blf hul bedmaatjies..hoe vinniger hoe beter vir almal in SA!! Finish en klaar!

André-Chris ·

Julius hou mos van die belangrike titel “commander in chief”, wat is dit?

“A commander-in-chief is the person that exercises supreme command and control over an armed forces or a military branch.”

Die enigste keer wat ek Julius met ‘n wapen gesien het, was die keer waarvoor hy nou deur Afriforum aangekla word omdat hy dit wederregtelik in die openbaar afgevuur het, die wapen was deur sy veiligheidswag aan hom gegee. Geeneen van sy rooi pette is ooit bewapen nie.

In ons jong dae was Trompie die leier van die Boksombende, hy het nie so ‘n ‘fancy’ titel gehad soos Julius nie, terwyl die bende met ketties en sulke goed bewapen was, beter voorbereid as die EFF.

En natuurlik het hulle planne gehad wat werk!

Allen ·

Hy is die grootste rassist….prober net aandag aftreek van say corruption status.

Hy is soos n robot…….gaan van rooi na orange overall …hoop gou. Verstaan nie groen nie.

Shameon you.

Tanya ·

Ai nee a Mnr Malema hou nou op met jou nonsens. Daar is nie meer wit en swart nie one nation. So asb stop dit jy maak dat ons nie van mekaar hou nie.

Hannetjie ·

Mnr Malema..ek is nie ‘n rassis nie..ek oefen net my reg uit..om my vriende self te kies…ek groet nie eers my wit buurman nie..ek hoef nie…dis my keuse met wie ek omgaan..dit maak nie van my ‘n rassis nie.So ‘back of’..en stop jou twak

George in Bloem ·

Attempting to debate any matter with Julius is very much like administering medicine to the dead. Futile. Period. Yawn……………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.